Die driejarige seuntjie van Elias en Barta van Rooyen raak spoorloos weg in die
Knysna-bos. In die Lange Kloof, anderkant die berg, ontferm Fiela Komoetie haar
oor ’n weggooilam wat een nag voor haar deur kom huil. Die een kind is Lukas,
die ander Benjamin. Is dit dieselfde kind? Dié raaisel word nege jaar later
oopgekrap deur twee sensusmanne wat die wit kind met die blou oë by ’n bruin
gesin in die Lange Kloof kry.
Fiela se kind is ’n boek met ’n warm hartklop, dit is ’n boek oor moederliefde, oor
liefde wat oor alle grense heen strek.
“Hierdie roman bevestig op skitterende wyse dat min mense by Dalene Matthee
kan kers vashou as dit by die vertelkuns op sy eerste en onderhoudendste
kom.” - André P. Brink, Rapport
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!