Marc Schlosser, 'n huisdokter, begaan 'n mediese fout en as gevolg
daarvan sterf een van sy pasiente. Schlosser moet voor die Mediese
Raad verskyn om verantwoording te doen. Schlosser is nie te
bekommerd oor die Mediese Raad nie: Hy sal seker 'n paar maande
geskors word, wat nie te erg is nie. Wat die saak egter kompliseer,
is dat die pasient 'n baie bekende akteur, Ralph Meier, is, wat
miskien net te veel aandag gegee het aan Schlosser se pragtige
vrou, Caroline. Of hou die hele gedoente verband met wat by die
Meiers se vakansiehuis gebeur het toe die Schlosser-gesin daar op
besoek was? Soos in Die aandete is die hoofkarakter van die verhaal
ook die verteller wat net vertel wat hy wil he die leser moet weet
en so die leser aan die raai hou oor wat werklik gebeur het.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!