Wat is ’n menselewe werd as jy minder as niks op jou naam het nie?
Toe die regering besluit om ’n yslike dam in die diep, dorre Noord-Kaap te bou, is die skrif
teen die muur vir die vergete dorpie van Bitterwater. Inwoners het ’n jaar tyd om hul dorp
te ontruim en voor die groot water uit te vlug.
Konstabel Cheslin Fielies is die een wat moet seker maak die hele storie gebeur betyds. Pas
van die Cape Flats oorgeplaas, word hy gou in die dorpstories ingetrek: Hoekom verafsku
die gemeenskap die drankwinkeleienaar Braam Pens so? Wat het Jan Boklam een nag in die
dorpsdam sien gebeur? En spook dit regtig by die vervalle ou pastorie waar die Van
Helsdingens probeer oorleef?
Terwyl hy van sy eie spoke vlug en die Bitterwaters van die sondvloed probeer red, is dit sy
onverwagse vriendskap met die dominee se vrou, Miriam, wat die krake in Cheslin se
damwal blootlę. Want water is vergifnis, glo sy. Water is vergeet. Maar sommige geheime
sal nie deur die vloed weggespoel word nie.
Minder as water is ’n meesleurende tragikomedie wat jou gaan roer, jou gaan laat lag en
uiteindelik die vraag vra: Wat gebeur met die mens wanneer hy voor syeinde te staan kom?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!