Henning van Aswegen skryf volkstories en kinderverhale oor die Vrystaat
se hartlike mense en interessante diertjies wat hy tydens sy ongebonde
grootwordjare langs Virginia se magtige Sandrivier teëgekom het.
In Vrystaatstories ontmoet die leser vir Mossieman en Geronkie die
Donkie wat die niksvermoedende inwoners van die Vrystaat onderwerp aan
avonture en poetse, meesal met onvoorspelbare en humoristiese gevolge.
Elke storie en elke skets is oorspronklik, uniek en humoristies – en is
geskik vir kinders van 8-80 jaar.
Kinders leer om nie ander kinders af te knou nie (bullying); om kinders
en diere met respek te behandel, om teen niemand te diskrimineer nie,
en nie lelik en afbrekend met ander te praat nie.
Selfs die kleinste diertjies in die stories soos Mys die Muis, Spinne
Spinnekop en ‘n Dowe Paddatjie word met respek en empatie behandel.
In Vrystaatstories word lesers deel van die karakters se koeterwaals en
manewales!
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!