0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (50)
  • R100 - R250 (468)
  • R250 - R500 (66)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children

Twa Die Tydloper (Afrikaans, Paperback): Anoeschka Von Meck Twa Die Tydloper (Afrikaans, Paperback)
Anoeschka Von Meck
R320 R295 Discovery Miles 2 950 Save R25 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Daar is mense wie se lewens van die begin af anders verloop. Sulke mense se liefde lê nie op die gewone plekke en paaie nie, maar juis daar waar min ooit die moed sal hê om hul toekoms te gaan haal.

Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ’n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ’n geharde, eenkant gesin vol geheime. Twalie se pa verwerp haar en haar ma maak haar gedurig stil.

Dan red die Namavrou Letgoed haar uit ’n sandstorm en leer haar die geheime van Die Poort, wat tydens die heuningmaan ’n magiese plek word. Hier maak tyd soms ’n deur agtertoe oop …

Twa die Tydloper is ’n aangrypende roman oor een mens se groei wat lesers sal meevoer en met nuwe oë na die wêreld om hulle sal laat kyk.

Anderkant Die Blou (Afrikaans, Paperback): Zelda Bezuidenhout Anderkant Die Blou (Afrikaans, Paperback)
Zelda Bezuidenhout
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Lienke en Dezi beleef die vakansie van hulle lewe in Kalkbaai.

By die hotel ontmoet hulle Danroy, 'n kelner wat vakansiewerk doen, wat hulle na al die mooiste plekke in die baai vat. Hulle leer ken Danroy se "skwad" en sy geliefde Uncle Kaz. Dan is daar 'n tragedie op see wat Danroy en sy ma se lewe omkeer.

Soos Uncle Kaz altyd sê: "Mens het net drie goete nodig om gelukkig te wees: iemand om lief te hê, iets om jou hande mee besig te hou, en iets om na uit te sien."

Quinn se Jaar van Kwik (Afrikaans, Paperback): Zelda Bezuidenhout Quinn se Jaar van Kwik (Afrikaans, Paperback)
Zelda Bezuidenhout
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Excellentia is g’n gewone skool nie. Die plek is vol geheime en tradisies wat Quinn se hare laat rys. Maar sy is nie daar om te integreer nie – sy is daar om te leer. Ongelukkig is die lewe nie so voorspelbaar soos ’n chemie-eksperiment nie. En soms maak dit nie saak wat jy doen nie, die moeilikheid kom soek jou.

Die Woud Van Sneeu & Ys (Afrikaans, Paperback): Frenette van Wyk Die Woud Van Sneeu & Ys (Afrikaans, Paperback)
Frenette van Wyk
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“ … Ons noem jou Mysti,†sê Ravka, “dit pas by jou ... dis misterieus en mooi.†Mysti word in die sneeu in Lapland wakker. Verkluim. Met geen idee wie sy is of waar presies sy is nie. Ravka ontferm hom oor haar. Hy en sy ma Tóva neem Mysti onder hulle vlerk terwyl sy haar geheue probeer herwin. Intussen help sy Ravka by die rendiersentrum in Menetetty om getraumatiseerde rendiere te versorg, en raak al liewer vir hom. Maar iets onverklaarbaar gebeur in die nag met haar. Haar lyf verander en vervorm. Sy verstaan nie wat met haar gebeur nie. Mysti besluit om die raad van ’n heks in die vervloekte Iselande woud te gaan opsoek – voor Ravka uitvind daar is iets fout met haar. Wanneer Mysti moet kies waar sy wil bly, daag Cosmo, iemand uit haar verlede, op. Hy het haar kom haal om terug te neem na die woud waar sy vandaan kom. Saam met hom onthou sy al meer wie sy is. Is Ravka regtig wie hy sê hy is? Wie is Ozymoz? En hoe pas die legende van Joulupukki by die raaisel in?

Dit Is Nie 'n Boek Nie (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Dit Is Nie 'n Boek Nie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Zinelda McDonald
R300 R272 Discovery Miles 2 720 Save R28 (9%) Ships in 5 - 10 working days
Hartklop - Die Ontwaking Van Winter: Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Sunel Combrinck Hartklop - Die Ontwaking Van Winter: Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Sunel Combrinck
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die dood. Dis al waaraan Lumi kan dink en in ’n poging om seker te maak dat sy verder as haar sewentiende verjaarsdag leef, word sy deur haar peetouers in ’n kosskool vir tienerfae gesit. Hier vind sy haarself vasgevang in ’n web van onbeheerbare faemagte, nuwe vriende en ’n vyand wat net nie wil los nie.

En dan is daar Colden Breakspear. Die ligtekop, blou-oog Kruisfae wat haar gedagtes gevangene hou, maar iets pla.

Waarom is hy amper belangriker as wat sy is vir twee van die sterkste faemonarge in Tír na hÓige? En wat presies het hulle ouers met alles te doen?

Die Spaghettiboom (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Die Spaghettiboom (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Pippa Pereira
R256 Discovery Miles 2 560 Ships in 2 - 4 working days

In Mika-hulle se tuin is daar ’n boom. Dit het ’n dik stam vol knoetse en knoppe en dit is die perfekte boom vir boomklim. Maar dit is eintlik nie ’n doodgewone boom nie.

Party dae word die boom ’n seerowerskip. Ander dae word dit ’n besige restaurant. Sommige dae dra die boom die vreemdste vrugte, soos verfkwaste, ou sokkies of stringe spaghetti. Die boom is Mika se beste maat, tot daar op ’n dag nuwe bure intrek...

Hierdie is ’n verhaal vol verbeelding met klem op die waarde van vriendskap.

Die Mooiste Sprokies Van Grimm (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Marita van der Vyver Die Mooiste Sprokies Van Grimm (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Marita van der Vyver
R445 R417 Discovery Miles 4 170 Save R28 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die sprokies van Grimm is bekend en geliefd oor die wêreld heen.

Marita van der Vyver stel in hierdie pragbundel ’n persoonlike keur saam van veertig van die Grimmbroers se mooiste sprokies, wat sy self uit Duits vertaal het. Hier is bekendes soos Rooikappie, Die wolf en die sewe bokkies, Die musikante van Bremen, Klein Duimpie, Die Paddaprins, Raponsie en Sneeuwitjie, asook minder bekende sprokies soos Die ganswagtertjie, Beervel, Die goue voël en Ysterhans. Die internasionaal bekroonde kunstenaar Piet Grobler se onweerstaanbare illustrasies skenk nuwe dimensie aan ’n skatkis van magiese verhale wat oud en jonk sal betower. 'n Herdruk in sagteband.

Jakkals en Wolf 1 - 6 Lekkerlag Stories van Twee Skarminkels (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Jakkals en Wolf 1 - 6 Lekkerlag Stories van Twee Skarminkels (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Gerda Smit
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Afrikaanse kinders word al geslagte lank vermaak deur die skelmstreke van Jakkals en Wolf. Jakkals probeer Wolf om elke hoek en draai ’n streep trek, tog is hulle beste maats.

Beleef die opwindende avonture van hierdie twee geliefde skarminkels opnuut en lag saam oor dié twee se skreeusnaakse avonture.

Hierdie bundel sluit ses pragtig geillustreerde stories in:

  • Jakkals en Wolf steel botter
  • Jakkals en Wolf pas Tier se kinders op
  • Jakkals en Wolf vang vis
  • Jakkals en Wolf kerjakker in Boer se kraal
  • Jakkals en Wolf en die rondekop dier
  • Wolf kry lus om skaapsklere te dra
Donkerster (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard Donkerster (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Carli Kirstein is 17 en so toegewyd aan wildbewaring dat sy soms van gevaar vergeet. Met twee veeartse as ouers was dit eintlik onvermydelik, maar haar passie maak haar nie juis deel van die gewilde groep nie.

Die drie ouens in haar lewe maak ook dinge moeiliker. Wouter, toekomstige hoofseun en sterkrieketspeler; Stef, die sjarmante ouer buurseun; en Xander, ’n hardwerkende dromer en doring in haar vlees.

Paaie kruis en die gevaar styg wanneer Carli uitvind dat wildstropers die naburige rehabilitasiesentrum vir leeus en ander groot katte teiken. Carli, haar vriende en haar jonger boetie, Julian, besluit om ’n paar aande te help waghou sonder dat hulle ouers weet. Toe dinge skeefloop is almal in gevaar, en dis Carli se skuld. Is daar vir hulle uitkoms?

Die Beste Raaiselboek - Speletjies Wat Jou Brein Sal Laat Bollemakiesie Slaan (Afrikaans, Paperback): Heidri Mittendorf Die Beste Raaiselboek - Speletjies Wat Jou Brein Sal Laat Bollemakiesie Slaan (Afrikaans, Paperback)
Heidri Mittendorf; Illustrated by Tumi K. Steyn
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die beste manier om jouself uit te daag en pret te hê is deur hierdie boek te koop; jou brein is gewaarborg om bollemakiesie te slaan!

In hierdie prettige aktiwiteitsboek is daar blokraaispeletjies, syferspeletjies en ander raaisels wat perfek is vir ouer kinders in die laerskool!

Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe (Afrikaans, Paperback): Betsie Vos Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe (Afrikaans, Paperback)
Betsie Vos; Illustrated by Shayna Olivier
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Mila se nuwe maat moet skool toe gaan. Maar sal sy weet hoe om haar soos ’n regte dogtertjie te gedra?

Juffrou Kadawer jaag Annabel sommer dadelik uit die klas oor haar vreemde kat-maniere. Maar waar kom hierdie nuwe juffrou vandaan, en hoekom is sy op Rottes se spoor?

Die toorpolisie keer die maats vas, en dan laat val Jannus ’n vuurhoutjie op die verkeerde plek ...

Kattemaai 1: Die Bure Se Nuwe Dogter (Afrikaans, Paperback): Betsie Vos Kattemaai 1: Die Bure Se Nuwe Dogter (Afrikaans, Paperback)
Betsie Vos; Illustrated by Shayna Olivier
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die bure het ’n nuwe dogter. Waar kom sy vandaan, en hoekom lyk sy so baie na Annabel, die kat wat weggeraak het? Boonop is hierdie buurmeisie se naam óók Annabel ...

Mila besluit om ondersoek in te stel. Maar haar boetie Jannus spring haar voor en steel Annabel se mens-word-middel. Hy voer dit vir sy aaklige troeteldier, Rottes, net om te kyk wat gebeur.

Katastrofe!

Perde-omnibus 1: 3-in-1 - Sonder Chocolate Charlie en ander gunstelinge (Afrikaans, Paperback): Marga Jonker Perde-omnibus 1: 3-in-1 - Sonder Chocolate Charlie en ander gunstelinge (Afrikaans, Paperback)
Marga Jonker
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In Sonder Chocolate Charlie moet Nell die ongeluk wat haar geliefde Charlie se lewe geëis het, verwerk.

Brigadier en die raaiselponie is die verhaal van susters Zahn en Alex en hulle pa se stram verhouding, met 'n raaisel wat in die Knysna-bos ontrafel word deur Zahn en Brigadier.

In City Girl en die swart hings is Nicole teen haar sin saam met haar ma aan die Kaapse Weskus terwyl haar vriendinne foto's van hulle glansvakansies deel.

Reënboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1) (Afrikaans, Paperback): Maritha Snyman, Lorraine Hattingh Reënboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1) (Afrikaans, Paperback)
Maritha Snyman, Lorraine Hattingh
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kom deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare!

Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwindende avonture – van ’n geheimsinnige hanswors wat sy verskyning tydens ’n skooluitstappie maak, tot ’n wetenskap-ekspo wat lelik skeefloop.

Hierdie omnibus bevat die volgende drie titels uit dié gewilde reeks:

- ’n Nag van angs

- Die hanswors

- Teddie se geheim

Kanniedood - Branderjaer-Sage: Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Joha van Dyk Kanniedood - Branderjaer-Sage: Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Joha van Dyk
R335 R314 Discovery Miles 3 140 Save R21 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dis die Branderjaers se matriekjaar en Ben wou sy kop laag hou. Maar dinge loop van die begin skeef.

‘n Ou bendeleier is terug in Breekwater en Ben en sy suster Kalla word gekonfronteer met ’n legacy waarvoor hulle nooit gevra het nie; met oorlog. Die nag wat Kalla in die niemandsland aangeval is het alles verander.

Nou het sy dalk 'n kans om dinge reg te stel. Om seker te maak daar is nie nog ’n slagoffer nie. Al moet sy alles om haar afbrand.

Die Sproetebessies En Die Hart Van Die Swart Roos (Afrikaans, Paperback): Troula Goosen Die Sproetebessies En Die Hart Van Die Swart Roos (Afrikaans, Paperback)
Troula Goosen
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Milan, Andante en Nova gaan na ’n musiekfees om die beroemde popster, Tyrion, te sien optree, maar daar wag ’n groter avontuur . . .

Milan beland op die verhoog saam met die Kaalbas Kitare en uit die bloute ontvang hulle ’n uitnodiging om ’n slypskool by te woon by ’n eksklusiewe superster-akademie.

Maar daar skuil ’n donker geheim op Die Swart Roos en die drie van hulle moet vinnig plan maak – net soos toe hulle eens die bekende Sproetebessie-bende was.

Die Tantes van Atlantis - plus 99 ander limericke vir vrypostige kinders (Afrikaans, Hardcover): Philip de Vos Die Tantes van Atlantis - plus 99 ander limericke vir vrypostige kinders (Afrikaans, Hardcover)
Philip de Vos; Illustrated by Piet Grobler
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) In Stock

Ontdek die betowerende wêreld van limericke saam met Philip de Vos en Piet Grobler in hierdie splinternuwe bundel! Laat jou verbeelding bokspring terwyl jy deur die kleurryke bladsye blaai wat vol grappige, soms tong-in-die-kies avonture en vrolike verse is.

Philip de Vos leer in die voorwoord vir lesers wat presies ’n limerick is, hoe dit rym, en die spesifieke ritme wat elke limerick so uniek maak. Met eiesoortige, kleurryke illustrasies deur Piet Grobler is daar iets vir elke leser om te geniet.

Die tantes van Atlantis is ’n boek wat oud en jonk nie net sal laat glimlag nie, maar ook laat besef hoe vermaaklik limericke kan wees. Hierdie boek is ’n fees vir almal wat hou van lag en lees!

Die Wilde Wereld Van Afrika - 'n Safari-Gids Vir Jong Verkenners (Afrikaans, Paperback): Owen Hendry Die Wilde Wereld Van Afrika - 'n Safari-Gids Vir Jong Verkenners (Afrikaans, Paperback)
Owen Hendry
R210 R194 Discovery Miles 1 940 Save R16 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Hoe bly gemsbokke koel in die woestyn? Waarom moet jy nooit ’n brulpadda optel nie? Watter roofdiere het die slimste jagtaktieke? Waar los wie hul dieremis?

Ontdek die antwoorde tot dié vrae (en baie ander) in hierdie interessante, prettige boek vir jong natuurliefhebbers. Propvol feite, foto’s van Afrika se diverse natuurlewe (van soogdiere en voëls tot reptiele en insekte) en toets-jou-kennis-aktiwiteite.

’n Interessante, lekkerlees-boek wat die jongspan oor en oor kan geniet – by die huis of in die wildtuin.

Samboksalf en ?n Draaktraan (Afrikaans, Paperback): A.M. Holder Samboksalf en ’n Draaktraan (Afrikaans, Paperback)
A.M. Holder
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Iets vreemd is in Rhynsburg aan die gang.

Lizelle het nie avontuur verwag toe sy een middag tydens haar Desembervakansie buite Stina’s Café vir die koerant gewag het met sambaksalf en ’n pakkie sigarette in die hand nie. Niks gebeur dan ooit in hierdie kurkdroeë klein Karoodorpie waar sy nou sit te danke aan haar pa se afdanking en haar ma se gebrek aan selfbeheer nie.

Maar sy kom vinnig agter iets is nie pluis nie. Die wit rose in almal se tuine steek iets baie meer onheilspellend weg – iets wat haar een aand aanval!

Lizelle het niks behalwe tyd nie, en sy is vasberade om uit te vind wat aangaan. Die koster en sy kerkklokke weet meer as wat hy voorgee, en so ook Wilma – die misterieuse bibliotekaresse wat deur die res van die dorp vermy word.

Sy is net glad nie voorbereid vir wat sy vind nie.

Drake ... in die Karoo.

Sankind Lees Die Wind (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Sankind Lees Die Wind (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ontdek die wonderlike wêreld van die Sanmense in hierdie asemrowende bundel van kortverhale.

Wendy Maartens leer jou van die skerp wysheid wat skuil in die dans van die Kwagga en die fluister van die wind. Neem ʼn reis na ʼn tyd toe die diere nog kon praat en die mense ʼn besondere verhouding met die natuur gehad het. Dwaal saam met diere en mense in ʼn tyd waar elke ding ʼn betekenis het, en waar die verbintenis met die natuur die grootste skat is. Hierdie stories is nie net oor die diere nie, maar oor die erfenis en kultuur van die Sanmense wat die hart van hierdie unieke boek vorm.

Kom ontdek die geheime van mitologie, volksverhale en die ou San-geskiedenis.

Saterdag Val Ek Vir Jou (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Saterdag Val Ek Vir Jou (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Donker Delia, soos haar vriende haar noem, glo nie in die liefde nie. Sy bewaar haar hart veilig agter ysmure, nes die planeet Saturnus waarna haar geboortedag, Saterdag, vernoem is. Toe sy haarself een Saterdag op Valentynsdag op ’n troue bevind, ontmoet sy vir Phoebe: ’n hopeless romantic wat met haar hart in plaas van haar kop dink. Vyf weke, belowe Phoebe. Dis al wat sy nodig het om vir Delia op ’n meisie verlief te maak. Daar volg ’n reeks warrelwind afsprake en ’n weddenskap wat haar hele lewensuitkyk kan maak of breek. Delia het net nie in ag geneem dat die meisie wat uit sonskyn en reënboë aanmekaargesit is dalk die een kan wees wat haar hart gaan steel nie.

Onderwereld (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Onderwereld (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) In Stock

Sanlamprys vir jeuglektuur 2008: silwer ’n Spannende jeugspeurverhaal wat in die onderwêreld van kuberkrakers afspeel, deur ’n veelbekroonde skrywer. Greg Owen is die hoofseun by Lawson Kollege, waar Eckardt in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm ’n band tussen hulle. Eckardt is ’n bedrewe rekenaarkraker en lei Greg in die geheime van dié onderwêreld in. Onwillekeurig word hy in ’n gevaarlike avontuur ingetrek. Wanneer Ekhardt skielik verdwyn, begin Greg alles wat hy voorheen as vanselfsprekend aanvaar het, bevraagteken.

Die Wandelende Geraamte - En Ander Spooksprokies (Afrikaans, Paperback): C. J. Langenhoven Die Wandelende Geraamte - En Ander Spooksprokies (Afrikaans, Paperback)
C. J. Langenhoven; Compiled by Wendy Maartens
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 4 - 8 working days

Hierdie bundel het ontstaan na aanleiding van ’n gesoute bibliotekaresse se vreugde oor kinders wat ’n ou hardebandbundel met Langenhoven se spookstories uit die volwasse afdeling smokkel om in die kinderafdeling voos te lees.

Die spookverhale is versigtig uitgekies en hervertel deur Wendy Maartens om by die oorspronklike teks aan te sluit, en terselfdertyd ook tot die kind van vandag te spreek.

Rommel Die Ruimtehondjie (Afrikaans, Paperback): Nico Meyer Rommel Die Ruimtehondjie (Afrikaans, Paperback)
Nico Meyer
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Dis nie maklik om in die ruimte te kom nie, maar met verbeelding, vindingrykheid en beplanning is alles moontlik. Kom ons help Rommel om sy droom te bereik ... om in die ruimte te kom, en dalk tot so ver as die maan.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Katastrofe
De Wet Hugo Paperback R170 R160 Discovery Miles 1 600
Sondag Steel jy my Hart
Cecilia Steyn Paperback R220 R206 Discovery Miles 2 060
Ben en die Boelies
Zuleka Smit Paperback R180 R169 Discovery Miles 1 690
Anderkind
Betsie van Niekerk Paperback R235 R221 Discovery Miles 2 210
Maltrap
Jaco Jacobs Paperback R140 R127 Discovery Miles 1 270
Spel
Annerle Barnard Paperback R240 R225 Discovery Miles 2 250
Kompleks
Louis Pretorius Paperback R240 R225 Discovery Miles 2 250
Kantiga Vind Die Perfekte Naam
Mabel Mnensa Paperback R145 R134 Discovery Miles 1 340
Geraamte In Die Klas
Fanie Viljoen Paperback R250 Discovery Miles 2 500
Donkerbloed
Elrien Scheepers Paperback R240 R225 Discovery Miles 2 250

 

Partners