![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
Volgens die skoolhoof is 4B die stoutste klas op aarde. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of pret hê nie. Dit gaan oor leer en dis hoogtyd dat 4B harder dáárin probeer uitblink. Maar Alex en Manjit het letterlik nie bedoel om hulle hele klas siek te maak met tuisgemaakte koekies nie. 4B is miskien die stoutste klas op aarde, maar jy sal nie enige ander plek wil wees nie.
Die Flixies kom by die see bymekaar omdat daar so baie verskillende soorte plante en diere langs die kuslyn is. Hulle hou ’n dinkskrum om die verskillende redes te bespreek waarom biodiversiteit so belangrik is en maak dan plakkate uit blare en skulpe om dit wat hulle geleer het met ander te deel.
Die Flixies maak kennis met ’n nuwe begrip – biodiversiteit – die verskeidenheid van alle vorme van lewe. Hoekom moet daar so baie soorte wees? Is al hierdie vorme van lewe nodig? Sou Ruimteskip Aarde nie net so goed gewerk het as daar net 'n paar soorte superdiere en superplante op Aarde geleef het nie? Dux vertel vir Blox dat daar eenhonderdmiljoen verskillende soorte plante en diere bestaan waaraan mense al name gegee het – en dan is daar nog plekke op Aarde waar daar heel waarskynlik soorte leef wat nog ontdek en beskryf moet word! Facto kan nie wag om meer hieroor uit te vind nie...
Kwax is die vleiland-spesialis, want dis die plek waar hy die graagste sy tyd deurbring. Hy vertel van 'n groot verskeidenheid plante wat in die klammigheid rondom en ook in die water van die vleilande groei. Die vleiland-bioom is baie klein, maar het ’n baie hoë biodiversiteit. Ongelukkig is omtrent al ons vleilande onder groot druk, veral daardie wat naby die kus geleë is. Facto het altyd gedink vleilande is sommer net modderpoele met plante, maar hy vind by die Flixies uit dat vleilande baie, baie belangrik vir mense en diere is!
Facto vind uit hoe die derduisende soorte plante en diere oor die verskillende aardrykskundige streke in Suid-Afrika versprei is. Dis amper soos reuse tuine met verskillende spesies wat daarby aanpas. Die Flixies is opgewonde oor die wonderlike biodiversiteit van Suid-Afrika en hulle dink dis 'n wêreldrekord as jy in ag neem dat Suid-Afrika maar net 'n klein landjie is!
Facto hoor by die Flixies van 'n smal strokie land naby die kus van Wes- en Suid-Kaapland waar die merkwaardigste bioom in die hele wêreld voorkom. Dis ’n bioom wat so spesiaal en eiesoortig is dat dit as een van die sewe Plantkoninkryke van die wêreld beskou word. Ouma Flox maak vir die Flixies spesiale reënboogsosaties om aan te peusel terwyl hulle aandagtig luister na die storie van die Kaapse Fynbostuin!
Lotta Liebenberg is tien jaar oud. Haar beste vriendin se naam is Chantelle, sy hou van pannekoek en sy is MAL oor diere. Maar eintlik is sy net doodgewoon. Baie meer doodgewoon as haar ouers en haar tweelingraasbekboeties. Die dagboekstyl en skeeusnaakse illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind. In die elfde boek van die Lotta se lewereeks moet Lotta se klas 'n VERSKEIDENHEIDSKONSERT hou! Juffrou Knacker het besluit wie saam met wie moet werk – en Lotta se spanmaat is Benni! ’n Rocker! Chantelle doen saam met die Skaapkop LeighAnne (verraaier!) ’n klomp cool hondetoertjies en Rémi ry op ’n eenwielfiets, maar Lotta moet HANSWORSSTREKE uithaal. Dis onregverdig! Dankie tog sy het haar blokfluit om te probeer keer dat haar naam voor die hele skool met ’n plank geslaan word! Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings.
'n Klein briefie fladder deur die lug en beland tussen Facto se voete terwyl hy onder sy gunstelingboom vir die Flixies sit en wag. Dis ’n afskeidsbriefie – van die Flixies. Facto is verslae, maar hy is ook opgewonde oor al die nuwe feite wat hy by die Flixies geleer het en die kennis wat hy opgedoen het oor ons wonderlike planeet, Aarde. Facto kyk nou met nuwe oë na al die lewende goedjies rondom hom en hy besef dat elkeen 'n belangrike rol het om te speel op hierdie wonderplek wat ons Aarde noem.
Christien Neser neem die vyfjarige Micha uit Amper Einstein (Tafelberg, 2013) se storie op ’n verrassende wyse verder. In Absoluut Einstein is hy in graad 9, met MatriekIT onder die knie. Maar sy outisme het hom tot nou uit ’n “gewone” skool gehou. As hy egter aan ’n universiteit wil studeer, moet hy leer sosialiseer, en daarom begin Micha in graad 9 vir die eerste keer by Parkrand Hoërskool skoolgaan. Dylicia word gevra om ’n ogie oor Micha te hou. Sy’s die enigste meisie in die skool se Robotikagroep, wat vir die Grottobot Fest ’n robot bou en programmeer. Eers lyk dit asof die Vuilhonde en Micha koppe gaan stamp, maar Micha en Bees vorm ’n onwaarskynlike vriendskap, en gou lyk dit vir Dylicia asof die groep seuns, Micha inkluis, haar nie meer nodig het nie.
In die laaste omnibus in hierdie reeks, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Saartjie verdedig haar boetie, Apie, wanneer hy van diefstal beskuldig word, sy moet ook tussen haar boesemvriendin en 'n koshuismeisie kies as kaptein van die netbalspan en sy neem deel aan 'n groot kompetisie wat 'n reis na Amerika as prys aanbied.
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag ontmoet hy twee maatjies wat presies dieselfde lyk. Maar hoe kan dit wees? Chewy en Lobo is 'n tweeling en hulle gaan Tjoppie leer hoe om mededeelsaam te wees. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."
Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde.
Vir sy 10de verjaardag wens Jaco net vir een ding: 'n hond! En hy wil 'n hondepartytjie hê, met hondekolwyntjies. Maar gaan sy ouers vir hom die geskenk van sy drome gee? Sal sy gunsteling-sanggroep, Wagter en die waghonde, by sy partytjie kan wees? En wie moet hy nooi: net sy maats wat van honde hou of almal in sy klas? En wat moet hy doen as sy partytjie skielik heeltemal skeef loop, of as die hond wat hy kry in iets eienaardigs verander? 'n Storie propvol kinkels en keuses!
Prinses Minna is mal daaroor om moles in haar koninkryk uit te sorteer! Maar hoe gaan sy die slapende prins wakkermaak? Hierdie kort, snaakse stories is perfek vir beginnerlesers.
Leonardo word groot in ’n arm, maar liefdevolle gesin. Wanneer sy pa en
kleinboetie in ’n ongeluk sterf, verander alles. Leonardo loop weg en
beland by ’n groep straatbewoners. Rodger, ’n ou Engelsman, word vir
hom soos ’n vaderfiguur. Wanneer Rodger siek word en Leonardo hom in
die hospitaal besoek, ontdek hy iets onverwags.
Mieke se lewe op Mtwana Wildlife Rescue, aan die oewer van die Limpopo, is alles behalwe saai. Tussen haar pa as die plaas se veearts, Fen se ouma Maggi wat die lodge bestuur en haar eksentrieke oupa Bosjan se natuur- en lewenswysheid kry sy skaars kans om haar ma te mis. Maar soms wel, veral noudat sy in Gr 7 is en haar tannie Sylvie ver weg is in Amsterdam. Gelukkig was Fen nog altyd daar: Haar boetie wat sy self kon kies, wat van dag een af saam met haar op 'n donkie skool toe ry.
Gretha maak ’n groot fout wanneer sy haar stiefsussie se sprokiesboek uit wraak vernietig. Want nou bevind sy en haar beste vriend, Hannes, hulle in die koninkryk van Fantastorië, waar ongekende gevare wag. Saam met die iesegrimmige kabouter Kabous moet hulle die sprokieswêreld deursoek vir vyf unieke legkaartstukke, sodat die Towerspieël hulle dalk sal toelaat om terug te keer huis toe . . . 'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is daar 'n aaklige gogga wat vir Tjoppie pla en steek. Dit jeuk oral! Gelukkig ontmoet hy ook vir Tonkie die spinnekop wat hom kan help. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Bennie Boekwurm woon diep onder die grond daar in die Wielie Walie-parkie. In sy tonnelhuisie is daar rakke en rakke vol storieboeke. Sy naam is nie verniet Bennie Boekwurm nie. Bennie hou baie daarvan om stories vir kinders te lees. Hy wag nou juis vir hulle om hom te roep. Hy het klaar die boek uitgesoek . . . Die stories is gebaseer op die bekende TV-reeks op SABC in die 80er jare. Illustrasies is helder en kleurvol en sal kleintjies sowel as hulle ouers bekoor.
Daniel weier om te glo wat almal sê: dat hy ’n skelm is, nes sy pa . . . Wanneer hy egter ’n meisie in ’n rolstoel op Simonstad se kaai raaksien en besluit om haar pêrelhangertjie te steel, beland hy onverwags op ’n skip wat hom wegvoer na Skulpiesbaai en die rykman Robert Stanford se plaas. Hy maak kennis met Malgas, ’n visser wat in die kliphuis bokant die melkhoutbos woon, en Gertjie, die diensmeisie wat die venynige juffrou Caitlin in haar rolstoel versorg. Maar wie is die vreemde ou vrou wat saam met die strandjutwolf langs die see verskyn? En waarom tree Caitlin so boosaardig op, terwyl sy vrees dat die Seevrou haar gaan kom haal? Hou dit dalk verband met die wrak van die slaweskip wat daar op die rotse geloop het? ’n Spannende historiese jeugroman wat tegelykertyd fantasie, avontuur en spookverhaal is.
Josh is ingehuldig as die nuwe koning van Kalimbula. Hy sukkel sonder sy ma en met die idee van koning wees, maar met die ondersteuning van Njeri en Ngandu begin hy moed kry. Silvia, sy ma, is egter nie dood nie. Sy word deur haar eie suster op die plaas aangehou. Sy slaag daarin om te ontsnap en probeer Kalimbula bereik. Intussen maak 'n misterieuse kryger haar verskyning in Kalimbula. Sy dra 'n donker verlede met haar saam en saai verwoesting so ver soos sy gaan. Josh se koningskap word tot die uiterste beproef. Hy vra die hulp van die geheimsinnige sifashama met hul rooi mantels en diep stemme, maar nie een plan werk nie. Op Ngandu se aandrang, besluit Josh om sy aartsvyand – Masjeba, die bose heks – in die tronk te besoek. Masjeba gee hom antwoorde oor die kryger en hoe om haar te verslaan, maar teen 'n prys. Intussen versterk die professor sy magte. Maar waar in Silvia? Sal sy Kalimbula bereik voor dit te laat is en alles om Josh in duie stort?
Frances en Helene, haar modeontwerper-stiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Helene wil haar reeks eko-vriendelike handsakke by 'n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou begin die moeilikheid. Sy luister per toeval ’n ontstellende gesprek af. Boonop word die twaalf balrokke wat Amie vir haar nuwe baas moet oppas, ontvoer!
Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, maak hierdie reeks perfek geskik vir vroeë lesers. In Leesboek 8 het Liewe Heksie en haar maats groot pret in die sneeu, die kabouters help om ’n swembad te grawe en Heksie betrap ’n dief wat koning Rosekrans se forelle steel. |
You may like...
|