![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
Die Flixies maak kennis met ’n nuwe begrip – biodiversiteit – die verskeidenheid van alle vorme van lewe. Hoekom moet daar so baie soorte wees? Is al hierdie vorme van lewe nodig? Sou Ruimteskip Aarde nie net so goed gewerk het as daar net 'n paar soorte superdiere en superplante op Aarde geleef het nie? Dux vertel vir Blox dat daar eenhonderdmiljoen verskillende soorte plante en diere bestaan waaraan mense al name gegee het – en dan is daar nog plekke op Aarde waar daar heel waarskynlik soorte leef wat nog ontdek en beskryf moet word! Facto kan nie wag om meer hieroor uit te vind nie...
Kwax is die vleiland-spesialis, want dis die plek waar hy die graagste sy tyd deurbring. Hy vertel van 'n groot verskeidenheid plante wat in die klammigheid rondom en ook in die water van die vleilande groei. Die vleiland-bioom is baie klein, maar het ’n baie hoë biodiversiteit. Ongelukkig is omtrent al ons vleilande onder groot druk, veral daardie wat naby die kus geleë is. Facto het altyd gedink vleilande is sommer net modderpoele met plante, maar hy vind by die Flixies uit dat vleilande baie, baie belangrik vir mense en diere is!
Facto hoor by die Flixies van 'n smal strokie land naby die kus van Wes- en Suid-Kaapland waar die merkwaardigste bioom in die hele wêreld voorkom. Dis ’n bioom wat so spesiaal en eiesoortig is dat dit as een van die sewe Plantkoninkryke van die wêreld beskou word. Ouma Flox maak vir die Flixies spesiale reënboogsosaties om aan te peusel terwyl hulle aandagtig luister na die storie van die Kaapse Fynbostuin!
Facto vind uit hoe die derduisende soorte plante en diere oor die verskillende aardrykskundige streke in Suid-Afrika versprei is. Dis amper soos reuse tuine met verskillende spesies wat daarby aanpas. Die Flixies is opgewonde oor die wonderlike biodiversiteit van Suid-Afrika en hulle dink dis 'n wêreldrekord as jy in ag neem dat Suid-Afrika maar net 'n klein landjie is!
'n Klein briefie fladder deur die lug en beland tussen Facto se voete terwyl hy onder sy gunstelingboom vir die Flixies sit en wag. Dis ’n afskeidsbriefie – van die Flixies. Facto is verslae, maar hy is ook opgewonde oor al die nuwe feite wat hy by die Flixies geleer het en die kennis wat hy opgedoen het oor ons wonderlike planeet, Aarde. Facto kyk nou met nuwe oë na al die lewende goedjies rondom hom en hy besef dat elkeen 'n belangrike rol het om te speel op hierdie wonderplek wat ons Aarde noem.
In die laaste omnibus in hierdie reeks, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Saartjie verdedig haar boetie, Apie, wanneer hy van diefstal beskuldig word, sy moet ook tussen haar boesemvriendin en 'n koshuismeisie kies as kaptein van die netbalspan en sy neem deel aan 'n groot kompetisie wat 'n reis na Amerika as prys aanbied.
Die geheimenisse van die kinderkamer is vol towerkrag, en net speelgoed wat oud en wys en ervare is soos die hobbelperd, verstaan alles daarvan. Wanneer die fluweelhasie in die kinderkamer kom woon, kyk die ander speelgoed neer op hom. Maar die hobbelperd verduidelik hoe 'n speelding "Rêrigwaar" kan word as iemand hulle genoeg liefhet. En toe die kind op 'n dag baie siek raak en die hasie verlaat, vind hy uit wat dit beteken om Rêrigwaar te wees.
Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde.
Bennie Boekwurm woon in sy tonnelhuisie in die Wielie Walie-parkie, waar hy vir die kinders boeke lees. In hierdie pragtig-geillustreerde boek vertel Bennie nog vier heerlike stories: Miesie Muis bak 'n verjaardagkoek, Ouma kry 'n hondjie, Babet By leer dans en Tokka Kabouter maak grappies! 'n Heerlike opvolg op die eerste topverkoper ?Bennie Boekwurm vertel lekker stories? met een van Suid-Afrika se gewildste en mees ikoniese kinderkarakters.
Leonardo word groot in ’n arm, maar liefdevolle gesin. Wanneer sy pa en
kleinboetie in ’n ongeluk sterf, verander alles. Leonardo loop weg en
beland by ’n groep straatbewoners. Rodger, ’n ou Engelsman, word vir
hom soos ’n vaderfiguur. Wanneer Rodger siek word en Leonardo hom in
die hospitaal besoek, ontdek hy iets onverwags.
Prinses Minna is mal daaroor om moles in haar koninkryk uit te sorteer! Maar hoe gaan sy ’n vreeslike verwarring opklaar? Hierdie kort, snaakse stories is perfek vir beginnerlesers.
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Daar kuier ’n seun in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.
Hierdie tweetalige (Afrikaans en Engels) badboeke kan ure se vermaak aan kleintjies verskaf. In hierdie badboek word kinders vertroud met verskillende diere, soos 'n uil, kuiken, hond, olifant, lama, dolfyn, sprinkaan en haas terwyl hulle die Afrikaans en Engels kan leer lees. Die boeke is perfek vir badtyd en gewone speeltyd!
As jy iemand baie, baie liefhet, wil jy graag sê presies hoe jy voel. Maar soos Klein Neutbruin Hasie en Groot Neutbruin Haas ook moes leer, laat liefde hom nie maklik meet nie! Die allerheerlikste boek om met kinders en ander geliefdes van alle ouderdomme te deel. Die Britse uitgawe was uit die staanspoor ’n internasionale sukses en sedert die hardebanduitgawe in 1994 verskyn het, is dit in 57 tale vertaal en byna 43 miljoen boeke is verkoop.
Gretha maak ’n groot fout wanneer sy haar stiefsussie se sprokiesboek uit wraak vernietig. Want nou bevind sy en haar beste vriend, Hannes, hulle in die koninkryk van Fantastorië, waar ongekende gevare wag. Saam met die iesegrimmige kabouter Kabous moet hulle die sprokieswêreld deursoek vir vyf unieke legkaartstukke, sodat die Towerspieël hulle dalk sal toelaat om terug te keer huis toe . . . 'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! Titels in hierdie omnibus: Trompie die kragman, Trompie die hartedief en Trompie die held. Die ondeunde Trompie het n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!
In hierdie omnibus, wat drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe. Titels in hierdie omnibus: Saartjie se papegaai, Saartjie se held en Saartjie se geveg. Saartjie het n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!
Daniel weier om te glo wat almal sê: dat hy ’n skelm is, nes sy pa . . . Wanneer hy egter ’n meisie in ’n rolstoel op Simonstad se kaai raaksien en besluit om haar pêrelhangertjie te steel, beland hy onverwags op ’n skip wat hom wegvoer na Skulpiesbaai en die rykman Robert Stanford se plaas. Hy maak kennis met Malgas, ’n visser wat in die kliphuis bokant die melkhoutbos woon, en Gertjie, die diensmeisie wat die venynige juffrou Caitlin in haar rolstoel versorg. Maar wie is die vreemde ou vrou wat saam met die strandjutwolf langs die see verskyn? En waarom tree Caitlin so boosaardig op, terwyl sy vrees dat die Seevrou haar gaan kom haal? Hou dit dalk verband met die wrak van die slaweskip wat daar op die rotse geloop het? ’n Spannende historiese jeugroman wat tegelykertyd fantasie, avontuur en spookverhaal is.
Frances en Helene, haar modeontwerper-stiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Helene wil haar reeks eko-vriendelike handsakke by 'n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou begin die moeilikheid. Sy luister per toeval ’n ontstellende gesprek af. Boonop word die twaalf balrokke wat Amie vir haar nuwe baas moet oppas, ontvoer!
Josh (13) woon by sy tannie Verona en haar gesin op 'n plaas in OosAfrika nadat sy ma twee jaar gelede skielik verdwyn het. Op 'n dag daag 'n vreemdeling by die plaas op en probeer Josh ontvoer. Gelukkig red Doris, die huishulp, hom uit die kloue van die bose man. Sy vertel hom dat 'n groep mense sy bloed soek en dat hy moet vlug na 'n magiese geheime vallei, Kalimbula, waar hy veiliger sal wees. Hy moet die wyseman, Ngandu, in sy grot gaan spreek. Josh en Njeri, 'n kanniedood 15jarige meisie, se paaie kruis. Sy help hom om die wyseman te vind – en Josh word met 'n opdrag weggestuur: die opsporing van die goue kalbas. Josh weet dat al sy vrae beantwoord sal word wanneer hy die kalbas kry en hy pak die reis deur Kalimbula alleen aan. Hy ontmoet Masjeba, die heks, wat hom help om die legkaartstukkies van sy ma se verdwyning bymekaar te sit. Wanneer die kalbas uiteindelik oopgemaak word om die naam van die volgende troonopvolger te onthul, kry Josh die verrassing van sy lewe . . .
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."
Here comes Thoko again! Thoko is resourceful! Thoko is full of fun! Thoko is kind-hearted! Niki Daly makes reading about life as a kid entertaining and realistic with his delightful new local heroine, Thoko. Thoko skips through life, leaving behind a trail of laughter. With adorable illustrations and four heart-warming easy-to-read stories, Niki Daly has created a second book about Thoko - who is sure to become one of his most beloved characters. Look out for Hooray! Thoko.
Maya kan nie glo hulle trek Bloemfontein toe nie en dit omdat haar ma 'n langverlore tante se huis en katte geërf het. Simon is gewoond daaraan om met mishandelde perde te werk, maar Lynx lyk nie asof sy ooit haar slegte ervaring sal afskud nie. Dalk sal Lynx se nuwe stalmaats haar help beter word? Maya pas ook moeilik aan by die nuwe skool en stalle. Dit help nie dat tante Jacquette maar 'n vreemde karakter was en haar ongewone huis en tuin boonop in Bloemfontein berug is nie.
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor." |
You may like...
Skooluitgawe: Pad Na Jou Hart - 'n…
Ivan Botha, Donnalee Roberts
Paperback
R185
Discovery Miles 1 850
|