Lotta Liebenberg is tien jaar oud. Haar beste vriendin se naam is
Chantelle, sy hou van pannekoek en sy is MAL oor diere. Maar eintlik
is sy net doodgewoon. Baie meer doodgewoon as haar ouers en haar
tweelingraasbekboeties. Die dagboekstyl en skeeusnaakse
illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se
eskapades onweerstaanbaar vind.
In die elfde boek van die Lotta se lewereeks moet Lotta se klas
'n VERSKEIDENHEIDSKONSERT hou! Juffrou Knacker het besluit
wie saam met wie moet werk – en Lotta se spanmaat is Benni! ’n
Rocker! Chantelle doen saam met die Skaapkop LeighAnne
(verraaier!) ’n klomp cool hondetoertjies en Rémi ry op ’n eenwielfiets,
maar Lotta moet HANSWORSSTREKE uithaal. Dis onregverdig!
Dankie tog sy het haar blokfluit om te probeer keer dat haar naam
voor die hele skool met ’n plank geslaan word!
Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar
avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!