0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (37)
  • R50 - R100 (236)
  • R100 - R250 (979)
  • R250 - R500 (186)
  • R500+ (29)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Twa Die Tydloper (Afrikaans, Paperback): Anoeschka Von Meck Twa Die Tydloper (Afrikaans, Paperback)
Anoeschka Von Meck
R320 R295 Discovery Miles 2 950 Save R25 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Daar is mense wie se lewens van die begin af anders verloop. Sulke mense se liefde lê nie op die gewone plekke en paaie nie, maar juis daar waar min ooit die moed sal hê om hul toekoms te gaan haal.

Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ’n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ’n geharde, eenkant gesin vol geheime. Twalie se pa verwerp haar en haar ma maak haar gedurig stil.

Dan red die Namavrou Letgoed haar uit ’n sandstorm en leer haar die geheime van Die Poort, wat tydens die heuningmaan ’n magiese plek word. Hier maak tyd soms ’n deur agtertoe oop …

Twa die Tydloper is ’n aangrypende roman oor een mens se groei wat lesers sal meevoer en met nuwe oë na die wêreld om hulle sal laat kyk.

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan daar gebeur. En vreeslike dinge gebeur inderdaad. Dit is Harry se tweede jaar op Hogwarts en nuwe probleme wag op hom. Hy hoor vreemde fluisterstemme deur leë gange – en dan begin die aanvalle . . .

Anderkant Die Blou (Afrikaans, Paperback): Zelda Bezuidenhout Anderkant Die Blou (Afrikaans, Paperback)
Zelda Bezuidenhout
R170 R152 Discovery Miles 1 520 Save R18 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Lienke en Dezi beleef die vakansie van hulle lewe in Kalkbaai.

By die hotel ontmoet hulle Danroy, 'n kelner wat vakansiewerk doen, wat hulle na al die mooiste plekke in die baai vat. Hulle leer ken Danroy se "skwad" en sy geliefde Uncle Kaz. Dan is daar 'n tragedie op see wat Danroy en sy ma se lewe omkeer.

Soos Uncle Kaz altyd sê: "Mens het net drie goete nodig om gelukkig te wees: iemand om lief te hê, iets om jou hande mee besig te hou, en iets om na uit te sien."

Asterix in Korsika (Afrikaans, Paperback): R. Goscinny Asterix in Korsika (Afrikaans, Paperback)
R. Goscinny; Illustrated by A. Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 6 - 10 working days

Vendettas, liggeraakte, trotse stamme en rebelle wat die Romeine in die maquis ontduik – dit is 50 v.C. in Korsika. Asterix en Obelix help hoofman Verinniwereldkitikitikitix om praetor Opsysenuvius se planne te fnuik en om teen Julius Caesar se leër op te staan. Want die Korsikane hou vol dat hulle net ’n Korsikaan as keiser sal aanvaar …

Asterix in Korsika is die 20ste boek in die gewilde Asterix-reeks.

Hartklop - Die Ontwaking Van Winter: Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Sunel Combrinck Hartklop - Die Ontwaking Van Winter: Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Sunel Combrinck
R285 Discovery Miles 2 850 Ships in 2 - 4 working days

Die dood. Dis al waaraan Lumi kan dink en in ’n poging om seker te maak dat sy verder as haar sewentiende verjaarsdag leef, word sy deur haar peetouers in ’n kosskool vir tienerfae gesit. Hier vind sy haarself vasgevang in ’n web van onbeheerbare faemagte, nuwe vriende en ’n vyand wat net nie wil los nie.

En dan is daar Colden Breakspear. Die ligtekop, blou-oog Kruisfae wat haar gedagtes gevangene hou, maar iets pla.

Waarom is hy amper belangriker as wat sy is vir twee van die sterkste faemonarge in Tír na hÓige? En wat presies het hulle ouers met alles te doen?

Harry Potter en die Halfbloed Prins (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Halfbloed Prins (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer Dumbledore een nag in Ligusterlaan aankom om Harry Potter te kom oplaai, is sy hand swart en verskrompel, asof die vleis weggebrand is. Geheime en gerugte versprei deur die towenaarswêreld, en selfs Hogwarts is nie veilig nie. Harry is oortuig dat Malfoy die Donker Merk dra: daar is ’n Doodseter tussen hulle. Harry gaan kragtige towerkuns en egte vriende nodig hê terwyl hy Voldemort se donkerste geheime ondersoek, en Dumbledore berei hom voor vir die lot wat nog altyd op hom wag . . .

Dagboek Van 'n Wimpy Kid 18 - Leekoppie (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek Van 'n Wimpy Kid 18 - Leekoppie (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney
R195 R180 Discovery Miles 1 800 Save R15 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Tot nou toe was hoërskool nie eintlik ’n pretrit vir Greg Heffley nie. Wanneer die dorp dreig om die vervalle gebou toe te maak, is hy min gespin.

Maar toe Greg besef hy sal na ’n ander skool as sy beste vriend, Rowley Jefferson, gestuur word, sing hy ’n ander deuntjie.

Kan Greg en sy klasmaats die skool red voordat die deure finaal gesluit word? Of is dit die begin van ’n splinternuwe hoofstuk in Greg se lewe?

Skooluitgawe: Pad Na Jou Hart - 'n Rolprentdrama Vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Ivan Botha,... Skooluitgawe: Pad Na Jou Hart - 'n Rolprentdrama Vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Ivan Botha, Donnalee Roberts
R185 Discovery Miles 1 850 Ships in 5 - 10 working days

Wanneer die aantreklike en selfvoldane Basson van Rensburg se pa sterf, aanvaar hy dat hy die baie suksesvolle familie­onderneming sal erf. Tot sy skok ontdek hy daar is voorwaardes. Hy het vyf dae om in die Kaap te kom en daar is ’n take om tydens sy reis te voltooi.

Langs die pad wag ’n beeldskone, boheemse meisie. Amory gaan ook Kaapstad toe, maar is op ’n missie van haar eie. En sy het sekere vaste reëls, nes Basson. Nie een van hulle is ingestel op hartsake nie, maar wie weet wat wag op dié lang tog propvol avontuur en onthullings? Daar is gevaar ook, want wie is die motorfietsman wat so verbete agterna kom – en wat gebeur as hy hulle inhaal?

Kan liefde seëvier met soveel struikelblokke in sy pad?

Pad na jou hart – ’n rolprentdrama ?is gebaseer op die draaiboek en is aangepas volgens die vereistes van die KABV vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal met ’n inleiding tot die drama, kontekstuele vrae met antwoorde, ’n konsepvraestel en glossarium van woorde en literêre begrippe.

Asterix En Die Trans-Italiese Wawedren (Afrikaans, Paperback): R. Goscinny, A. Uderzo Asterix En Die Trans-Italiese Wawedren (Afrikaans, Paperback)
R. Goscinny, A. Uderzo
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 6 - 10 working days

In hierdie album neem Asterix en Obelix deel aan die groot Trans-Italiese wawedren.

Alle volke van die Bekende Wêreld kan deelneem. Die gunstelingdeelnemer is die auriga van Rome: die gemaskerderde grote Coronavirus! Olyfolie op die pad en ’n gepeuter aan padaanwysings is enkele van die uitdagings wat die deelnemers moet trotseer, maar Asterix en Obelix was nog altyd opgewonde oor ’n lekker resies.

Asterix en die Trans-Italiese wawedren is die37ste boek in die gewilde Asterix-reeks.

Kattemaai 1: Die Bure Se Nuwe Dogter (Afrikaans, Paperback): Betsie Vos Kattemaai 1: Die Bure Se Nuwe Dogter (Afrikaans, Paperback)
Betsie Vos; Illustrated by Shayna Olivier
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 5 - 7 working days

Die bure het ’n nuwe dogter. Waar kom sy vandaan, en hoekom lyk sy so baie na Annabel, die kat wat weggeraak het? Boonop is hierdie buurmeisie se naam óók Annabel ...

Mila besluit om ondersoek in te stel. Maar haar boetie Jannus spring haar voor en steel Annabel se mens-word-middel. Hy voer dit vir sy aaklige troeteldier, Rottes, net om te kyk wat gebeur.

Katastrofe!

Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe (Afrikaans, Paperback): Betsie Vos Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe (Afrikaans, Paperback)
Betsie Vos; Illustrated by Shayna Olivier
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 5 - 7 working days

Mila se nuwe maat moet skool toe gaan. Maar sal sy weet hoe om haar soos ’n regte dogtertjie te gedra?

Juffrou Kadawer jaag Annabel sommer dadelik uit die klas oor haar vreemde kat-maniere. Maar waar kom hierdie nuwe juffrou vandaan, en hoekom is sy op Rottes se spoor?

Die toorpolisie keer die maats vas, en dan laat val Jannus ’n vuurhoutjie op die verkeerde plek ...

Kanniedood - Branderjaer-Sage: Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Joha van Dyk Kanniedood - Branderjaer-Sage: Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Joha van Dyk
R335 R299 Discovery Miles 2 990 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dis die Branderjaers se matriekjaar en Ben wou sy kop laag hou. Maar dinge loop van die begin skeef.

‘n Ou bendeleier is terug in Breekwater en Ben en sy suster Kalla word gekonfronteer met ’n legacy waarvoor hulle nooit gevra het nie; met oorlog. Die nag wat Kalla in die niemandsland aangeval is het alles verander.

Nou het sy dalk 'n kans om dinge reg te stel. Om seker te maak daar is nie nog ’n slagoffer nie. Al moet sy alles om haar afbrand.

Die Sproetebessies En Die Hart Van Die Swart Roos (Afrikaans, Paperback): Troula Goosen Die Sproetebessies En Die Hart Van Die Swart Roos (Afrikaans, Paperback)
Troula Goosen
R210 R188 Discovery Miles 1 880 Save R22 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Milan, Andante en Nova gaan na ’n musiekfees om die beroemde popster, Tyrion, te sien optree, maar daar wag ’n groter avontuur . . .

Milan beland op die verhoog saam met die Kaalbas Kitare en uit die bloute ontvang hulle ’n uitnodiging om ’n slypskool by te woon by ’n eksklusiewe superster-akademie.

Maar daar skuil ’n donker geheim op Die Swart Roos en die drie van hulle moet vinnig plan maak – net soos toe hulle eens die bekende Sproetebessie-bende was.

Katkenades (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Katkenades (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey; Translated by Kobus Geldenhuys
R275 R246 Discovery Miles 2 460 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die superspeurder kom weer te staan teen sy groot vyand, Ramkat, wat die lewe vir die polisie moeilik maak.

Ramkat ontsnap uit die tronk en breek in by ’n laboratorium. Hy steel ’n masjien en maak ’n miniatuurkloon van homself, Kleinkat. Intussen ontvries ’n professor ’n psigokentiese vis om sy brein te bestudeer, maar Hondman breek per ongeluk al die grate in sy lyf.

Die professor opereer die vis en maak ’n supervis.

Onderwereld (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Onderwereld (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R245 R129 Discovery Miles 1 290 Save R116 (47%) In Stock

Sanlamprys vir jeuglektuur 2008: silwer ’n Spannende jeugspeurverhaal wat in die onderwêreld van kuberkrakers afspeel, deur ’n veelbekroonde skrywer. Greg Owen is die hoofseun by Lawson Kollege, waar Eckardt in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm ’n band tussen hulle. Eckardt is ’n bedrewe rekenaarkraker en lei Greg in die geheime van dié onderwêreld in. Onwillekeurig word hy in ’n gevaarlike avontuur ingetrek. Wanneer Ekhardt skielik verdwyn, begin Greg alles wat hy voorheen as vanselfsprekend aanvaar het, bevraagteken.

Saterdag Val Ek Vir Jou (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Saterdag Val Ek Vir Jou (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Donker Delia, soos haar vriende haar noem, glo nie in die liefde nie. Sy bewaar haar hart veilig agter ysmure, nes die planeet Saturnus waarna haar geboortedag, Saterdag, vernoem is. Toe sy haarself een Saterdag op Valentynsdag op ’n troue bevind, ontmoet sy vir Phoebe: ’n hopeless romantic wat met haar hart in plaas van haar kop dink. Vyf weke, belowe Phoebe. Dis al wat sy nodig het om vir Delia op ’n meisie verlief te maak. Daar volg ’n reeks warrelwind afsprake en ’n weddenskap wat haar hele lewensuitkyk kan maak of breek. Delia het net nie in ag geneem dat die meisie wat uit sonskyn en reënboë aanmekaargesit is dalk die een kan wees wat haar hart gaan steel nie.

Die Wandelende Geraamte - En Ander Spooksprokies (Afrikaans, Paperback): C. J. Langenhoven Die Wandelende Geraamte - En Ander Spooksprokies (Afrikaans, Paperback)
C. J. Langenhoven; Compiled by Wendy Maartens
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Hierdie bundel het ontstaan na aanleiding van ’n gesoute bibliotekaresse se vreugde oor kinders wat ’n ou hardebandbundel met Langenhoven se spookstories uit die volwasse afdeling smokkel om in die kinderafdeling voos te lees.

Die spookverhale is versigtig uitgekies en hervertel deur Wendy Maartens om by die oorspronklike teks aan te sluit, en terselfdertyd ook tot die kind van vandag te spreek.

Rommel Die Ruimtehondjie (Afrikaans, Paperback): Nico Meyer Rommel Die Ruimtehondjie (Afrikaans, Paperback)
Nico Meyer
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Dis nie maklik om in die ruimte te kom nie, maar met verbeelding, vindingrykheid en beplanning is alles moontlik. Kom ons help Rommel om sy droom te bereik ... om in die ruimte te kom, en dalk tot so ver as die maan.

Die Seun Wat Drake Kweek - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Andy Shepherd Die Seun Wat Drake Kweek - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Andy Shepherd; Illustrated by Sara Ogilvie; Translated by Kobus Geldenhuys
R170 Discovery Miles 1 700 Ships in 4 - 6 working days

Wanneer Tomas ’n draakvrugboom in sy oupa se tuin ontdek en ’n klein drakie uit een van die vrugte bars, ontdek hy dat drake baie meer moeite is as komkommers! Daar is ontploffende draakbolle oral ‒ selfs eenkeer in Oupa se ontbytgraan ‒ die huiskat word gedurig rondgejaag en Tomas se tandeborsel (en ander persoonlike items) word gereeld brandgesteek. Maar dis darem nie net chaos en ontploffende draakbolle nie! Die eerste keer toe Flikker sy stert om Tomas se nek krul en hom met sy groot diamant-oë kyk, kom Tomas agter dat daar heelwat meer as net towerkrag in drake steek. Maar as jy ’n draak het moet jy dit geheim hou, want wie wil nie hulle eie draak hê nie?

Katastrofe (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Katastrofe (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R170 R152 Discovery Miles 1 520 Save R18 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Katastrofe het Katjiesfontein getref! Die geld wat mevrou Mynie Koen vir die talentkompetisie geskenk het, is van juffrou Katoliek se lessenaar af gesteel. Leo is seker dit was daardie boelie, Spiertier. Tiere soek mos altyd skoor! Of dalk het dit iets te doen met Gato, die vreemde nuwe leerling in Laerskool Katedraal wat van Katalonië af kom. Maar skielik dink almal Leo was die dief! Hoe gaan hy sy onskuld bewys en vir Spiertier uitvang? En wie gaan die talentkompetisie wen?

Toe Ons In Ghrieshuis Was (Afrikaans, Paperback): Maretha Maartens Toe Ons In Ghrieshuis Was (Afrikaans, Paperback)
Maretha Maartens
R275 Discovery Miles 2 750 Ships in 4 - 6 working days

Gaan Kayla se lewe ooit weer oukei wees na Die Ramp?

Die Ramp waarin hulle geliefde huis, Miernes, heeltemal afgebrand het en nou moet haar hele groot gesin in haar pa se ou werkswinkel, Ghrieshuis, gaan bly. Die Ramp waarin haar pa, motorwerktuigkundige en kranige fotograaf, sy sig verloor het en nou nie meer kan werk nie. Die Ramp wat alles verander het.

Maretha Maartens skryf met haar ervare skrywershand ’n deernisvolle verhaal oor verlies, hoop en geloof.

Ben en die Boelies (Afrikaans, Paperback): Zuleka Smit Ben en die Boelies (Afrikaans, Paperback)
Zuleka Smit; Illustrated by Johann Strauss
R239 Discovery Miles 2 390 Ships in 2 - 4 working days

Ben word geteister deur nie net een nie, maar twee boelies by die skool. Die rooikop-tweeling maak hom baie bang en ongelukkig en hy wil nie eers meer skool toe gaan nie. Mamma herinner Ben dat hy nooit hoef bang te wees as Jesus by hom is nie en dat daar ander maniere is om boelies te hanteer.

Zuléka Smit se pragtige storie bespreek die sensitiewe tema van boelies, veral by skole, en is gebaseer op haar baie jare van ondervinding in die onderwys en ook haar ervaring met haar eie kinders.

Anderkind (Afrikaans, Paperback): Betsie van Niekerk Anderkind (Afrikaans, Paperback)
Betsie van Niekerk
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Storie oor twee dapper tieners, Johannes en Dina, tydens die dodelike griepepidemie van 1918.

As die enigste oorlewendes uit hul gesinne op twee buurplase in die Sandveld kruis hul paaie met oom Andries, 'n dorpenaar wat ook sy hele gesin verloor het. Tesame met Lya, wat vir Johannes help grootmaak het, durf hulle verskeie aanslae aan - van wilde diere en boewe tot die regering se beleid oor weeskinders en die eienaarskap van plase.

Maltrap (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Maltrap (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R140 R127 Discovery Miles 1 270 Save R13 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Maak jou sitplekgordel vas vir 'n monster-avontuur!

Adriaan hou van karre. En motorfietse. En vliegtuie. Hoe groter en vinniger, hoe beter.

Op 'n dag ontdek hy en sy pa die wrak van 'n ou monsterbakkie in 'n stowwerige motorhuis.

Sy pa besluit om die monsterbakkie reg te maak ... en dit is die begin van 'n maltrap - avontuur!

Geraamte In Die Klas (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Fanie Viljoen Geraamte In Die Klas (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Fanie Viljoen
R185 R165 Discovery Miles 1 650 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Stephan en sy vriend, Cobus, is in groot moeilikheid. Hulle het per ongeluk hulle onderwyser, juffrou Beneke, in ’n geraamte verander! Maar dit is net die begin van die storie . . . want dan moet hulle haar op die skoolbus smokkel sodat hulle op 'n Graadsewe-toer kan gaan. En dan is daar boonop 'n wildejaagtog op 'n spoedvarkie, ’n geveg met 'n seekat, gevaarlike rekspronge, wilde ape en wie weet wat nog alles! En wat gaan Stephan en Cobus omtrent juffrou Beneke doen?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Ourselves Unborn - A History of the…
Sara Dubow Hardcover R1,300 Discovery Miles 13 000
Stabilo Swing Cool Highlighter Set…
R128 Discovery Miles 1 280
The Precipice - Neoliberalism, The…
Noam Chomsky Paperback R258 R235 Discovery Miles 2 350
Adel Hexagonal Oil Pastels (18 Colours)
R83 Discovery Miles 830
'n Vrou Staan Op
Ilse Verster Paperback R320 R149 Discovery Miles 1 490
The Many Faces of Judge Lynch…
C Waldrep Hardcover R1,427 Discovery Miles 14 270
Pentel XXL Oil Pastels (12 Pack)
R56 Discovery Miles 560
King Tony Wrench Offset Heavy Duty…
We're Going To Need More Wine
Gabrielle Union Paperback  (3)
R330 R295 Discovery Miles 2 950
Fighting Hurt - Rule and Exception in…
Henry Shue Hardcover R2,391 Discovery Miles 23 910

 

Partners