![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Julius Caesar is vasbeslote om Asterix-hulle se woud te ontbos en te omskep in 'n moderne woonkompleks vir die Romeine met die naam die speelplek van die Gode. Cosinus is die talentvolle jong argitek wat die projek onderneem en hy dryf die slawe om die bome uit te trek en te begin bou. Eers probeer Asterix-hulle die bouproses verhinder, maar besef dat die slawe benadeel word. Die Speelplek van die Gode word gebou en die Romeine trek in. Hoe gaan die Galliers hul geliefde woud met wildevarke terugkry?
Met Die beste kinderverse van Tienie Holloway kan jonk en oud van voor af die vreugde van Tienie Holloway-verse ontdek en in die proses terugkeer na die eenvoud van doodgewone dinge – padkos, pannekoek, pantoffels wat slof, touspring, ’n windpomp, waatlemoen, ’n toktokkie wat klop, of sommer net appelkooskonfyt op ’n sny brood! Vandag is daar amper nie ’n generasie wat nie hier en daar ’n versreël of strofe uit ’n Tienie Holloway-vers onthou nie. Ongelukkig is haar bundels dun gesaai en nog net hier en daar op ’n biblioteekrak in ’n plattelandse dorp te vinde. Die beste kinderverse van Tienie Holloway is saamgestel deur Wendy Maartens en van pragtige volkleurillustrasies voorsien deur Alida Bothma.
Die heks en haar kat vlieg gelukkig deur die lug op haar besemstok. Maar dan kom raap die wind die heks se hoed, toe haar strik en toe haar towerstaf op. In die soektog na hierdie toor-noodsaaklikhede ontmoet die heks en haar kat talle hulpvaardige diere wat saam op haar besemstok wil ry. Maar is daar plek vir soveel diere op haar stok? En sal die nuwe vriende haar kan red wanneer gevaar dreig? ’n Verhaal oor die vreugde van vriendskap en om met ander te deel.
Op meesterlike wyse fnuik die Swart Kat selfs die mees formidabele aanslag. Ontvoering, terrorisme, gemene spel – waar avontuur ook al aan 't broei is, betree die Swart Kat onverskrokke en naamloos die misdaadarena. In hierdie aflewering moet hy keer dat kosbare diamante gesteel word. Die polisie sal natuurlik ook voorbereidings tref, maar hy weet uit ervaring dat dit die Swart Kat sal wees wat die kastaiings uit die vuur sal moet krap.
Tyl Uilspieel se storie is reeds vir honderde jare bekend aan Europeers. Het hy regtig geleef? Niemand weet nie, maar daar is talle stede in Europa waar 'n mens sy spore kan navolg. Feit bly staan dat kinders dol sal wees oor sy avonture, flaters en foppery. Ouer lesers sal weer die pikareske aard van die vertelling waardeer - en glimlag vir die universele waarheid wat daaragter skuil.
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou)
is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu
verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60
tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese
verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie
avonture.
Ná ’n maand in Rietvallei Hoër is Daniël du Randt ’n Rietrot tot in sy kleintoontjienael se voorste punt. Peet Pretorius het egter steeds nie die boodskap gekry dat ontgroening, oftewel oriëntering, nie meer plaasvind nie en Daniël-hulle moet mooi loop om uit sy kloue te bly. Dat hulle boonop die kwaai juffrou Faure, wat saam met haar man ’n spioen in een of ander oorlog was, se papegaai moet oppas, maak die lewe nie juis makliker nie. Tussendeur oefen die seuns kliphard vir die groot atletiekbyeenkoms in Johannesburg. Dié uitstappie ontaard egter in iets wat Daniël nie in sy heel wildste verbeelding sou kon voorstel nie. Hoërskool is nie vir sissies nie!
Daar is groot fout met Obelix! Hy eet net twee wildevarke op 'n keer en dwaal rusteloos rond. Die druide sien 'n nuweling in die Galliese dorpie en sit dadelik twee en twee bymekaar. Die beeldskone Tierlantyn het kom kuier – en Obelix is dolverlief. Ongelukkig is Tierlantyn reeds verloof, en baie hartseer, want haar verloofde, Melodramatix, het as legioensoldaat in Afrika soek geraak. Natuurlik bied ons helde, gebroke hart maar dapper gemoed, die tog na Afrika aan om haar geliefde te red.
Britannie is in die mag van die Romeine, maar een dorpie bied nog dapper weerstand. Hulle posisie is egter benard. Asterix en Obelix is natuurlik gretig om te help en hulle reis met ’n vaatjie vol van Kasterolix se brousel saam met Sturefax, 'n kleinneef van Asterix, na Britannie. Hulle trotseer mis, reen, lou garsbier en gekookte wildevark met kruisementsous. Ongelukkig verloor hulle die vat met towerdoepa en dit is ’n stryd teen die Romeinse goewerneur Cosus Oppiprimus oor wie eerste die vat in die hande gaan kry...
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is
een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn
en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale
vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese
verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie
avonture.
Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.
Jy kry allerhande soorte pa’s. Daar is vettes en maeres, langes en kortes. Daar is lawwe pa’s en ernstige pa’s, pa’s wat bulder en pa’s wat sag praat. Daar is natuurlik goeie pa’s. En daar is slegte pa’s … Frank se pa was ’n kampioen-stampkarrenjaer, die koning van die renbaan. Gilbert die Grote! Maar ná ’n aaklige ongeluk noem mense hierdie topjaer ’n flopjaer. Nou is Frank en Gilbert platsak – en in ’n wrede boewebaas en sy trawante se kloue. En wanneer Gilbert in die tronk gegooi word, kan net Frank hom red … David Walliams se tiende roman is ’n doller-as-kopaf-rit saam met ’n pa en seun op ’n opwindende avontuur om die bose meneer Groot op sy plek te sit!
Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.
Tiaan het so baie vrae, maar sy mamma is heeltyd besig met die baba en al wat sy sê is: “Husse met lang ore”. Sy pappa praat van gaan “vakansie” hou, maar Tiaan weet nie wat dit is nie, en dit klink nie lekker nie – hy mag nie eens sy trokke saamneem om te speel nie! Husse met lang ore is vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.
Grobbelaartjie, 'n jong bosvarkie, is van sy ouers se plaas af op pad na Velskoendorp om sy fortuin te soek. Op sy reis ontmoet hy verskeie uiteenlopende karakters, maak nuwe vriende (en vyande) en beland in talle vreemde situasies. Met hierdie speelse en verbeeldingryke teks skep die skrywer 'n fantasiewereld waar dier en mens saam kan boer en waar 'n bosvarkie 'n reuseverskil kan maak. Die volwasse leser sal die tong-in-die-kies sosiale kommentaar waardeer, terwyl jonger lesers hulle sal inleef in die asemrowende avonture van dapper Grobbelaartjie.
Ouma het vir Doortjie ’n pragtige rooi rok vir Krismis gemaak. Sy is so opgewonde dat sy besluit om die rok sommer al ’n dag vroeer aan te trek om water by die windpomp te gaan haal en haar skilpad te voer. Maar toe die rok erg verniel, moet Doortjie dringend planne beraam sodat Ouma nie agterkom sy het dit skelm gedra nie.
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou)
is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu
verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60
tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese
verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie
avonture.
|
![]() ![]() You may like...
|