![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Kan Harwarrus ’n onmoontlike taak verrig, teen Berserks baklei, keer dat hy en Visbene vir die Gedrog gevoer word EN die geheim van die verlore troon ontrafel? Dis moeilik om ’n held te wees! Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde was ’n swaardvegter, draak¬fluisteraar en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Maar die reeks gaan oor toe hy nog gesukkel het om ’n held te wees. Kinders wat DreamWorks se film How To Train your Dragon uit 2010 onthou, kan Hiccup (oftewel Harwarrus) se avonture nou in Afrikaans lees!
Baie jare gelede was Oupa 'n bobaasvlieenier in die Tweede Wereldoorlog. Maar sedertdien is hy na die ouetehuis Twilight Towers toe gestuur waar die onheilspellende matrone Swine die septer swaai. Oupa en sy kleinseun, Jack, moet 'n waaghalsige plan beraam om te ontsnap. Min weet hulle dat die bose matrone hulle fyn dophou ...
Rorisang en haar tweelingbroer, Mo, moet die skooljaar by ’n nuwe skool begin nadat hulle ma besluit het dat die gesin uit hulle gemaksone moet kom. Die tweeling is al sedert hulle kleuters was in die skool oorkant die pad. Al hulle vriende is daar en die skoolhoof is hulle pa se beste vriend. Die nuwe skool is ver van hulle huis af en soggens sit hulle in die verkeer vas. Die buitemuurse aktiwiteite wat aangebied word, is dinge waarvan Rorisang nog nooit eens gehoor het nie, en alhoewel sy goed gevaar het in atletiek in haar ou skool, verloor sy ver teen haar nuwe klasmaats. Maar gelukkig maak sy sommer vinnig vriende, leer hoe om sagtebal te speel en neem deel aan die Eisteddfod. Sy oorleef selfs die lang ritte in die motor saam met haar irriterende broer deur speellyste saam te speel wat in elke lid van die gesin se musieksmaak val! ’n Storie oor die belangrikheid van vriendskap en familie en om jou stem te vind te midde van verandering. Die boek is ook beskikbaar in isiZulu en Engels.
Ysterklou, kaptein van die seerowerskip, Die Verwarde Meermin, het ’n groot reputasie onder sy mede-seerowers. Hy is helaas nie berug omdat hy so vreesaanjaend is nie, maar eerder omdat hy so ’n ongeluksvoël is. Hy en sy sjarmante broer, Silwerswaard, het albei ’n skatkaart en jaag teen tyd en die elemente om eerste die skat te vind. Gelukkig vir Ysterklou stel hy die slimme en vlugvoetige Robbie aan om hom te help. Die vraag is net: Weet die broers van die verrassing wat op hulle wag?
Robbie Ramkat is die nuwe suksesreeks van die uiters gewilde jeugskrywer Marc de Bel. Die Robbie ramkat-reeks (Roesty Spetter in Nederlands) was vanaf hierdie eerste boek 'n groot sukses in Nederland en Vlaandere. Met die vertaling in Afrikaans gaan die effens vet maar dapper kat – op sy dag die “Kampioenkat van die jaar” – nou ook die harte van jong Suid-Afrikaanse lesers verower. Die bal van Bil Jart is die tweede boek in die geillustreerde reeks van Marc de Bel. Kieta, Robbie se vriendinnetjie, gaan trek. Haar eienaar moet die huurhuis verlaat omdat hy nie geld het om dit te koop nie. 'n Groot jammerte, want dit hoef glad nie 'n probleem te gewees het nie. Die man besit iets baie waardevols: Die bal van Bil Jart, 'n unieke tennisbal met 'n handtekening daarop. Hierdie kosbare bal is egter gesteel. Kieta is raadop...en Robbie is reg vir aksie.
Oom Fanie se plaas het te klein geword vir al sy seuns en vir Martiens en Piet, die twee oudstes, was dit tyd om uit te spring en hulle eie potjie te gaan krap. Nou moet hulle hul eie plaas van die grond af opbou, paaie en kampe aanle, opstalle bou en heelwat uitdagings trotseer. Gelukkig is hulle nie alleen nie: 'n Vriendelike sersant genaamd oom Lafras en sy regterhand Phefeni gaan kom aftree op die plaas. Maar sal die leeu wat elke nag sy teenwoordigheid bekend maak, vir hulle een uitdaging te veel wees?
Die vier Pevensie-kinders sit nog ewe mismoedig op die stasie en wag vir die trein wat hulle moet terugneem skool toe, toe Lucy skielik 'n pluk voel. Dan voel Edmund dit ook, en 'n minuut later Susan en Peter ook. In 'n ommesientjie verdwyn die stasie en bevind die kinders hulle in 'n ruie woud langs die see, naby die bouval van wat vroeer hulle kasteel, Kair Paravel, was. Hulle is terug in die magiese land Narnia, waar hulle as konings en koninginne geheers het in Die leeu, die heks en die klerekas. Iets is egter nie pluis nie. Hulle eens majesteuese kasteel is 'n ruine en dis oral vreemd stil en leeg. Deur Troempels die dwerg leer hulle van die tragiese lot wat Narnia getref het: Burgeroorlog is besig om die land te verwoes en die dapper Prins Kaspian probeer moedig om sy regmatige koninkryk uit sy bose oom Miraz se kloue te red. Kaspian het egter hulp nodig en met Aslan se leiding aanvaar die kinders die uitdaging om Narnia weer 'n vrolike en vry land te maak.
Die Mak Maniere van Wilde Diere is ’n boek om kinders deur die avonture van Suid-Afrika se wild te inspireer. Met stories van olifante wat trou of slange wat in knope vasgebind word, ontlok hierdie plaaslike kindertitel 'n gevoel van verwondering. Hierdie vier kortverhale, wat gemik is op ouderdomme 5-10 jaar, vorm 'n prettige wêreld van dieremanewales. Met pragtige illustrasies van Annerina de Beer; die verhale is geskryf deur 'n ma van twee met die doel om 'n liefde vir stories by Suid-Afrika se jong generasie te kweek.
Met hierdie klassieke verhaal oor die lewe van ’n mossiegemeenskap skep Hickey ’n werk vir oud en jonk. Kuif Kwaster en sy familie – ’n voorbeeldige en vername mossiegesin in die bodorp – neem die leser op ’n reis wat nie vir mense beskore is nie. Saam met Skeel At en Kuif verdedig lesers die mossie-eer teen die wraaksugtige en rebelse Beatnik-bende; en saam met Meks en Maja word daar vir die mannetjies in die bodorp flikkers gegooi. Oor die ontstaan van hierdie uitmuntende werk skryf Hickey: “Gedurende April 1961 het ek by my skryftafel gesit. Deur die oop venster kyk ek na die doen en late van ’n elftal mossies. Hulle is bra baie vir ’n enkele gesin, maar daar is tog ’n intimiteit wat die indruk skep dat hulle meer is as terloopse kennisse. Die groepie is verteenwoordigend van enige gemeenskap (daardie vaal, verkeerdeveer-wyfietjie lyk juis soos ’n skinderbek!) met die goeies en die minder goeies …” Die sukses van hierdie eiesoortige werk kan gemeet word aan die feit dat die boek vanaf 1961 drie-en-twintig keer herdruk is.
In ’n oorloggeteisterde Angola, word kaptein Piet Prinsloo gekonfronteer met meer as terroriste uit die Kongo wanneer sy verlede hom op Oukersaand inhaal. ’n Span bankrowers kom hul moses teë in die Chuosberge. ’n Veldwagter is op sy hoede toe twee uiters verdagte karakters by Etosha opdaag. Drie boesemvriende raak verlief op een meisie. En ’n skrywer en ’n beeldskone filmster is gestrand op die Kaitschavlei. In vyf stories skets Doc Immelman wêrelde waar hardebaarde kan liefhê, helde nog met die vuis kan slaan en kameeldoringbome arabesk teen die laaste bietjie lig van die dag geëts is.
Mamma stuur vir Mila en Pappa winkel toe om melk te gaan koop. Wat gewoonlik ’n vervelige en voorspelbare uitstappie is, word ’n onvergeetlike avontuur. Hulle ry op ’n eenhoring, vlieg in ’n ruimtetuig, koop kos vir Mila se troeteldraak koop en kom soos wafferse superhelde tot die redding toe ’n reuse-toring blikkieskos amper omval. Daar is net een probleem – hulle het sowaar die melk vergeet!
Natuurlik wil ons almal graag gewild wees. Maar Clemens die kat wil regtig he ALMAL moet van hom hou – en daarom is dit vir die ander diere op die werf kinderspeletjies om hom met flikflooiery en komplimente ’n gat in die kop te praat. Clemens doen alles om hulle guns te wen … maar teen watter prys? ’n Storie oor gewildheid, groepsdruk, selfvertroue en ware geluk.
Die Swart Kat het sy hande vol met 'n skurk in 'n onverwagse gedaante: 'n dief wat homself Die Nar noem en boonop hou van publisiteit! Sal die gemaskerde held die raaisel kan oplos voor die simpel sersant Kobus Bril dit regkry – en gaan almal hierdie keer weet dat die Swart Kat toegeslaan het?
Jakkals word wakker met 'n stert wat nie wil swaai nie. Is sy dalk siek? Kan 'n hond se stert net skielik breek? Haar mense is bekommerd, maar dis Lolliepop, Jakkals se beste maat, wat raai wat fout is. Hulle twee swem mos graag in die dam, waar Jakkals duik en rol soos 'n wafferse walvis. Al wat Jakkals nodig het om beter te word, is iemand wat verstaan, soos Lolliepop! Die scenario van troeteldiere wat hulle eienaars soggens kom wakker maak, is aan baie huishoudings bekend, en kinders sal maklik hiermee identifiseer en assosiasies maak. Die teikenmark (3 – 7 jaar oud) kan op dié ouderdom al met ander simpatiseer en veral wanneer assosiasies gemaak word met gebeure of karakters wat vir hulle emosionele betekenis inhou. Jakkals se dilemma sal jong verbeeldings aanwakker om redes en oplossings te probeer vind. Kreatiewe denke word ook so gestimuleer. Die skrywer maak dit verder vanuit die staanspoor duidelik dat die ouers (volwassenes) nie Honds verstaan nie, en in hierdie geval dus nie sal kan help nie. Deur op ’n kind te fokus om die saak te beredder, word kinders (’n jong voorleesgehoor) dadelik by die verhaal betrek. Kleuters sal hulle aan die kant van die kind en Jakkals skaar en die verhaal enduit, en waarskynlik herhaaldelik, wil hoor om by die oplossing en gelukkige einde te kom. Ten spyte van Jakkals se bekommernis, slaag die skrywer daarin om met humor en kreatiewe taalgebruik die verhaal lig en positief te hou. Humor stimuleer kreatiwiteit en waar baie boeke deesdae opvoedkundige of morele boodskappe oordra, is Die hond met die stert sonder swaai ’n lekker storie met baie geleenthede vir prettige interaksie tussen voorleser en kind om aangename boek- en leesherinneringe te skep. Alle lesers het ’n paar boeke uit hulle vroeë kinderjare wat kosbare herinneringe oproep. Prenteboeke kan lewenslange boekliefhebbers skep.
Robbie Ramkat is die nuwe suksesreeks van die uiters gewilde jeugskrywer Marc de Bel. Die Robbie Ramkat-reeks (Roesty Spetter in Nederlands) was vanaf hierdie eerste boek 'n groot sukses in Nederland en Vlaandere. Met die vertaling in Afrikaans gaan die effens vet maar dapper kat - op sy dag die "Kampioenkat van die jaar" - nou ook die harte van jong Suid-Afrikaanse lesers verower. In die eerste boek in die reeks - Katskenades onder die volmaan! - ontmoet die jong leser die lekkerbek Robbie Ramkat, sy mooi vriendinnetjie Kieta, die gevaarlike labrador Bamboes en die brandmaer rot, Vaalwillem. Ten spyte van die ekstra gewig wat hierdie eks-kampioenkat opgetel het, wink avontuur nog steeds om elke draai. Kort voor lank is hy weer kaatjie van die baan. Veral as sy vriendinnetjie Kieta op die toneel verskyn! Dan is geen muur te hoog, geen spruit te breed, geen see te diep, geen plek te ver, geen rondloperhond te groot, geen braaiwors te warm nie...
Matilda se ouers het haar al baie verskriklike dinge genome. Maar sy is eintlik 'n genie en dis hulle wat onnosel is. Vind uit hoe sy hulle en haar bose skoolhoof, juffrou Trunchbull, laat les opsê en boonop ontdek dat sy oor 'n baie spesiale gawe beskik . . . Nuwe uitgawes herdenk Roald Dahl se 100ste verjaardag in 2016.
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke van dié gewilde reeks. Hierdie is die tweede titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! Jasper het nog altyd geweet hy is lief vir rugby, maar hy het nie besef dat hy ’n rugbyheld sou word nie! Kom deel in die avonture van Jasper!
Hulle is in dieselfde skool, maar lewe in twee teenoorgestelde wêrelde. Sy is vet en vaal; hy is ‘n joller en die skoolhartebreker. Deur ’n simpele insident vang en hou Evie per ongeluk Joshua se aandag. Tyd om haar te bekommer oor die lang lys gebroke harte op Joshua se kerfstok is daar nie, want om soos ‘n voëltjie te eet en terselfdertyd te oefen vir ‘n onmoontlike halfmarathon is blerrie harde werk. Tog begin die lewe baie interessant lyk. Maar dan daag Joshua se dinamiese, befoeterde ouer broer op om ‘n breek te neem van sy mediese studies en Evie se wêreld draai heeltemal op sy kop. Hierdie splinternuwe jeugroman is ‘n goed verdoeselde hardloopgids geskryf vir enige tiener wat moed, kennis of motivering nodig het om na ‘n paar tekkies te reik!
Hierdie fris, lewendige vertaling deur Marita van der Vyver is om verskillende redes uniek. Dit is die eerste keer dat die volledige Grimm in Afrikaans in een band verskyn. Ook die herkoms van elk van die 210 sprokies wat aan die hand van verskeie bronne nagegaan is, word vir die eerste keer in Afrikaans opgeteken. Daarby is dit die eerste keer dat die klassieke negentiende-eeuse tekeninge van die drie groot Grimm-illustreerders – Hermann Vogel, P. Grot Johann en R. Leinweber – in ’n Afrikaanse uitgawe gebruik word.
Die derde boek in die reeks oor Agent Alex se avonture by Spioenkop Akademie. Die verfoeilike POEV-organisasie het 'n geheime basis onder die visdam by Alex se skool ingerig en bied nou kammakastig visvanglesse aan om inligting te versamel! Alex en sy vriende ruik sommer dadelik rot (of eerder: vis!) - maar kan hulle 'n plan beraam om POEV se geheime sending in die wiele te ry?! |
![]() ![]() You may like...
Study Guide for Fundamental Concepts and…
Patricia A Williams
Paperback
The Unresolved National Question - Left…
Edward Webster, Karin Pampallis
Paperback
![]()
|