0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (36)
  • R50 - R100 (204)
  • R100 - R250 (1,097)
  • R250 - R500 (220)
  • R500+ (30)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

I Love to Keep My Room Clean (Afrikaans Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition):... I Love to Keep My Room Clean (Afrikaans Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R710 Discovery Miles 7 100 Ships in 10 - 15 working days
Asterix en die Noormanne (Afrikaans, Paperback): Rene Goscinny Asterix en die Noormanne (Afrikaans, Paperback)
Rene Goscinny; Illustrated by Albert Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois 1
R190 R173 Discovery Miles 1 730 Save R17 (9%) Ships in 4 - 8 working days

Olaf Grotentaf, die gevreesde leier van die Noormanne, ken geen vrees nie. Daarom wil by 'n bangbroek leer wat vrees is, want hy dink dit laat 'n mens vlieg. Hy en sy manne doen aan by die Galliese kus en ontvoer vir Spiekerix, Allamapstix se kleinneef. Hy moet hulle leer wat vrees is. Weer eens moet Asterix en Obelix inspring om hul hoofman se nefie te red.

Die Rietrotte En Die Raaisel - Die Rietrotte: Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Die Rietrotte En Die Raaisel - Die Rietrotte: Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 4 - 8 working days

Dis die eerste oop naweek vir die graad 8’s. Maar Daniël, Malebo en Antonie is gehok, met juffrou Faure van alle mense as die onderwyseres aan diens! Almal weet sy is so koud soos ’n vrieskas. Reg om jou plat te vee sonder om ’n oog te knip. Wat as Joachim reg is en sy Pieter laat verdwyn het?

En dan is daar die mans met die swart pakke – wat niemand wat iets van hulle af weet lewend sal los nie … Wat sou dit wees waarna hulle soek?

Hoërskool is nie vir sissies nie!

Harry Potter en die Towenaar se Steen (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Towenaar se Steen (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R265 R249 Discovery Miles 2 490 Save R16 (6%) In Stock

Harry Potter se lewe verander op die dag wat 'n posuil 'n geheimsinnige brief by die Dursleys aflewer: 'n brief wat Harry nooi na 'n ongelooflike plek wat hy – en almal wat oor hom lees – nooit sal vergeet nie. Dit is juis op Harry se elfde verjaardag wat hy die verstommende nuus kry: Hy is 'n towenaar en hy word genooi na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery. 'n Ongelooflike avontuur is op die punt om te begin!

Minki Se Skoolkonsert (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Minki Se Skoolkonsert (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R130 R118 Discovery Miles 1 180 Save R12 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Minki en haar maats is opgewonde oor die skoolkonsert wat voorlê. Hulle klas gaan Aspoestertjie opvoer, en dit gaan fantasties wees! Minki en Natalie is seker Lara gaan die hoofrol kry. Sy kan baie goed dans, en boonop is Aspoestertjie haar gunstelingsprokiesprinses. Hulle kan nie wag om te sien hoe sy in haar droomrok lyk nie! Maar by die oudisie loop dinge onverwags skeef … Gaan Minki dit regkry om soos ’n regte Goeie Fee haar towerstaffie te swaai en die konsert te red?

Valk in die kraaines (Afrikaans, Paperback): Gerrie Radloff Valk in die kraaines (Afrikaans, Paperback)
Gerrie Radloff; Illustrated by Douw van Heerden; Edited by Talita van Graan
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.

Merlyn die seemannetjie (Afrikaans, CD): Lochner De Kock Merlyn die seemannetjie (Afrikaans, CD)
Lochner De Kock; Illustrated by Nico Meyer; Edited by Fantasi Fantasi
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Het jy geweet daar's 'n gaatjie in die middel van die see? En het jy al gehoor van Gaggavrotstad? Die stories vol byklanke en liedjies is 'n ware belewenis. Kom deel in al Merlyn se pret en avonture! Stories op die CD: Onder die see, ja; Atlantis; Merlyn - die Begin; Oom Oktavius; Skooldae; Gaggavrotstad; Opsaal; Walvis-avontuur; Die Springbokkems; Poseidon.

Oupa Zombie (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Oupa Zombie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R220 R200 Discovery Miles 2 000 Save R20 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Alex se oupa het grys hare, dra valstande en kyk graag na reisprogramme op TV. Maar op ’n dag raak hy skielik mal oor …

BREIIINNNSSS! Dit is duidelik dat Oupa besig is om in ’n zombie te verander. As Alex hom van dr. Zuurman en die zombiepolisie wil red, gaan hy ’n paar briljante planne, goeie vriende en hope broccoli nodig hê. En miskien kan hulle op die koop toe ook hulle droom bewaarheid om die Zambia en Egipte te siene kry!

Met Jacobs se sonderlinge kombinasie van humor en die deernisvolle uitbeelding van gesins- en ander verhoudinge, is dit nie moeilik om te verstaan waarom hy die topverkoperkinderboekskrywer in Suid-Afrika is nie.

Die Avonture van Kuifie: Bestemming Maan (Afrikaans, Paperback): Herge Die Avonture van Kuifie: Bestemming Maan (Afrikaans, Paperback)
Herge; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 4 - 8 working days

Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.

Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as ’n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).

In Die avonture van Kuifie – Bestemming maan word Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn onverwags deur professor Sonneblom na die Sbrodjse Atoomnavorsingsentrum in Sildawië ontbied. Groot is hul verbasing toe hulle uitvind dat professor Sonneblom besig is om ’n reis na die maan te organiseer en van plan is om hulle saam te neem. Ná maande se voorbereiding vertrek hulle op die gevaarlikste reis wat nog ooit deur mense aangepak is …

Geliefde sprokies (Afrikaans, CD): Madeleine Mansiet Geliefde sprokies (Afrikaans, CD)
Madeleine Mansiet; Illustrated by Valentine Iokem; Edited by Fantasi Fantasi
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Kom deel in die wonderwereld van sprokies ... ’n hele fantasiewereld saamgevat in ses klassieke stories vir ure se lees- en kykgenot vir jonk en oud. Die besondere illustrasies deur Valentine Iokem verryk die teks en voer die kind mee op ’n onvergeetlike ontdekkingsreis diep die verbeeldingswereld in … Eendag, lank, lank gelede ...

Super Boeta (Afrikaans, Paperback): Super Boeta (Afrikaans, Paperback)
R80 R74 Discovery Miles 740 Save R6 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Klop Drie Keer - Die Towenaars Van Toeka: Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Klop Drie Keer - Die Towenaars Van Toeka: Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 4 - 8 working days

Wens en Xar moet nou soos misdadigers vlug. Almal maak op hulle jag: krygers, towenaars en die ergste van almal: HEKSE …

Kan hulle die geheime bestanddele vir die towerspreuk wat van hekse ontslae raak in die hande kry voordat die heksekoning sy kloue op towerkrag-wat-op-yster-werk kry?

Hulle volgende sending is nog meer skrikwekkend en gevaarlik as ooit … En iemand gaan hulle verraai … Is jy gereed om drie keer te klop?

Die Waarheid Oor Visvingers (Afrikaans, Paperback): Sarina Doenges Die Waarheid Oor Visvingers (Afrikaans, Paperback)
Sarina Doenges; Illustrated by Flip Hattingh
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 4 - 8 working days
Die Avonture van Kuifie: Verkenners op die Maan (Afrikaans, Paperback): Herge Die Avonture van Kuifie: Verkenners op die Maan (Afrikaans, Paperback)
Herge; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 4 - 8 working days

In hierdie opvolg tot Bestemming maan vlieg Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn onder leiding van professor Sonneblom die ruimte in met ’n vuurpyl. Hulle avontuur raak nóg gevaarliker wanneer hulle op die maan land. Ten spyte van ’n hele paar noue ontkomings maak hulle wel groot wetenskaplike ontdekkings. Hulle wonder egter of hulle ooit weer die aarde veilig sal bereik.

Juffrou Goth 2: Juffrou Goth en die Onfeestelike Fees (Afrikaans, Paperback): Chris Riddell Juffrou Goth 2: Juffrou Goth en die Onfeestelike Fees (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddell; Illustrated by Chris Riddell; Translated by Kobus Geldenhuys
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

Die opvolg van die bekroonde Juffrou Goth en die spookmuis. Daar word naarstiglik voorbereidings getref vir die volmaanfees en die groot Grommengrou-bakkompetisie.

Beroemde kokke daag vir die groot geleentheid op, en soos gewoonlik tree Maltravers verdag op. Om alles te kroon verras Ada se ontwykende kamermeisie, Martelina, haar met ’n groot geheim en dit lyk asof almal Ada se verjaarsdag vergeet het!

Dagboek van 'n Wimpy Kid 11: Kluitjies Bak (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 11: Kluitjies Bak (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney
R195 R180 Discovery Miles 1 800 Save R15 (8%) In Stock

Die druk laai op teen Greg Heffley. Sy ma dink videospeletjies maak souskluitjies van sy brein, en sy wil hê hy moet die kontroles wegpak en sy “kreatiewe sy” verken.

En asof dít nie vreesaanjaend genoeg is nie, is Halloween om die draai.

Sy lewe is ’n riller!

Dan ontdek hy ’n pakkie suurwurms, en dit gee hom ’n plan. Kan Greg sy ma paai met sy eie fliek, en kan dit hom sommer ook ryk en beroemd maak? Of gaan sy wit leuentjies hom inhaal en sy sorge vererger?

Redder Van Die Ryk (Afrikaans, Paperback): Mark Huckerby, Nick Ostler Redder Van Die Ryk (Afrikaans, Paperback)
Mark Huckerby, Nick Ostler; Translated by Kobus Geldenhuys
R219 Discovery Miles 2 190 Ships in 4 - 8 working days

Sê nou oeroue mites is glad nie mites nie, en daar bestaan regtig iets soos monsters en towerkuns?

Alfie is die troonopvolger, maar op veertien sukkel hy nog om skool te oorleef. Terwyl ’n oeroue vyand probeer om Brittanje in sy bose mag te kry, besef hy dit gaan baie meer gaan verg as wat hy ooit gedink het om koning te word: Alfie moet ook die Redder word: Die Redder van die Ryk.

Jasper In Die Koshuis (Afrikaans, Paperback): C.F. Beyers-Boshoff Jasper In Die Koshuis (Afrikaans, Paperback)
C.F. Beyers-Boshoff
R146 Discovery Miles 1 460 Ships in 4 - 8 working days

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke.

Hierdie is die negende titel in die reeks.

Jasper moet in die koshuis bly terwyl sy ouers oorsee reis. Dit voel of sy vlerke geknip is: Skielik moet hy op spesifieke tye eet, huiswerk doen en gaan slaap. Hy moet selfs sy eie bed opmaak. Die ergste van alles is dat hy – wat gewoond is aan sy eie buitekamer – nou ’n kamer met die skool se grootste boekwurm moet deel. Toe die Viermanskap uitgedaag word tot ’n fietsresies maar Jasper ’n verpligte debatvergadering moet bywoon, is dit een te veel vir hom. Hy begin planne beraam om skelm uit die koshuis te glip …

Juffrou Goth 1: Juffrou Goth en die Spookmuis (Afrikaans, Paperback): Chris Riddell Juffrou Goth 1: Juffrou Goth en die Spookmuis (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddell; Illustrated by Chris Riddell; Translated by Kobus Geldenhuys
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

Ada Goth is die enigste kind van Lord Goth. Hulle woon saam in die reusagtige Ghastly-Gorm Hall. Lord Goth glo dat kinders gehoor maar nie gesien mag word nie, en laat Ada groot lomp stewels dra sodat hy haar altyd kan hoor wanneer sy naderkom. Dit maak dir vir haar moeilik om vriende te maak en sy is eintlik baie eensaam. Een dag kom Emily en William Cabbage by hulle bly, en saam met ’n spookagtige muis met die naam Ishmael begin hulle om agter die kap van die byl te kom van dit wat die geheimsinnige opsigter Maltravers probeer konkel. Ada en haar vriende moet saamwerk om ’n stokkie voor sy nare planne te steek voordat dit te laat is!

Hondeskou Ramp Reader (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Dale Hondeskou Ramp Reader (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Dale; Edited by Veronica Montoya
R70 R65 Discovery Miles 650 Save R5 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Asterix in Spanje (Afrikaans, Paperback): Rene Goscinny Asterix in Spanje (Afrikaans, Paperback)
Rene Goscinny; Illustrated by Albert Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 4 - 8 working days

Die dapper Iberiers hou nog die fort teen Julias Caesar, net soos Asterix en sy vriende. Maar wanneer die Romeine Grootcoq y Dores se seun gevange neem, staan die Galliers reg om te help. Asterix en Obelix kry vir Pepe uit die kloue van die Romeine en moet hom Spanje toe neem. Langs die pad moet hulle egter teen ’n oeros baklei en die nukke van die astrante Pepe trotseer ... Asterix in Spanje is die 14de boek in die gewilde Asterix-reeks.

Die Geneser Kat - Afrikaans Edition of The Healer Cat (Afrikaans, Hardcover): Tuula Pere Die Geneser Kat - Afrikaans Edition of The Healer Cat (Afrikaans, Hardcover)
Tuula Pere; Illustrated by Klaudia Bezak; Translated by Victor Stols
R695 R619 Discovery Miles 6 190 Save R76 (11%) Ships in 10 - 15 working days
Die Omgee Krap (Afrikaans Edition of The Caring Crab) (Afrikaans, Hardcover): Tuula Pere Die Omgee Krap (Afrikaans Edition of The Caring Crab) (Afrikaans, Hardcover)
Tuula Pere; Illustrated by Roksolana Panchyshyn; Translated by Victor Stols
R736 R685 Discovery Miles 6 850 Save R51 (7%) Ships in 10 - 15 working days
Jasper se sirkusavontuur: Boek 11 (Afrikaans, Paperback): C.F. Beyers-Boshoff Jasper se sirkusavontuur: Boek 11 (Afrikaans, Paperback)
C.F. Beyers-Boshoff
R146 Discovery Miles 1 460 Ships in 4 - 8 working days

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die elfde titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! Jasper se pa wil weet wat hy eendag wil word. Die probleem is dat daar so baie opsies is. Soms wil hy ’n renmotorjaer word wat in ’n rooi Ferrari oor die aarde skeer, dan stel hy weer belang in rillerverhale skryf en net die volgende dag wil hy regte gaan studeer. Toe die sirkus egter ’n draai in Leliesvlei maak, besef Jasper dat hy eintlik ’n akrobaat wil word. Maar sal sy ouers sy besluit ondersteun? Kom deel in die avonture van Jasper.

Asterix en die Goue Sekel (Afrikaans, Paperback): Rene Goscinny Asterix en die Goue Sekel (Afrikaans, Paperback)
Rene Goscinny; Illustrated by Albert Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R190 R173 Discovery Miles 1 730 Save R17 (9%) Ships in 4 - 8 working days

'n Ramp het Asterix en Obelix se Galliese dorpie getref: Abrakadabrix, die druide, se goue sekel het gebreek. Sonder sy goue sekel kan hy nie die jaarlikse druide-saamtrek bywoon nie – of voelent oes vir die towerbrousel waarmee die Romeinse legioene afgeweer moet word nie. Asterix en Obelix word afgevaardig om al die pad Lutetia toe te reis om ’n nuwe sekel te gaan koop... maar die paadjie daarheen loop natuurlik nie sonder avontuurlike kronkels nie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Managing For Excellence In The Public…
Gerrit van der Waldt Paperback R888 R791 Discovery Miles 7 910
Islamic Marketing and Branding - Theory…
T. C. Melewar, S F Syed Alwi Paperback R1,379 Discovery Miles 13 790
A Seed Of A Dream - Morris Isaacson High…
Clive Glaser Paperback R280 R259 Discovery Miles 2 590
Muhammad - How He Can Make You…
Hesham Al-Awadi Paperback R277 Discovery Miles 2 770
Born In Chains - The Diary Of An Angry…
Clinton Chauke Paperback  (1)
R542 Discovery Miles 5 420
A Pilgrimage of Paradoxes - A…
Mark Clavier Hardcover R2,512 Discovery Miles 25 120
A Constant Heart - The War Diaries of…
Emily Russell Paperback R504 Discovery Miles 5 040
Plunged into the Trinity
Ernest Skublics Hardcover R862 R740 Discovery Miles 7 400
World War II Rhode Island
Christian McBurney, Brian L Wallin, … Paperback R561 R521 Discovery Miles 5 210
Canon EOS Rebel T7i/800D For Dummies
J.A. King Paperback R716 R659 Discovery Miles 6 590

 

Partners