![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die eerste vyf boeke in die Stalmaats-reeks verskyn nou vir die eerste keer saam in een lekkerlees-omnibus! Anri se lewe word onverwags op sy kop gekeer toe haar pa verplaas word en hulle moet verhuis. Sy mis haar beste maat en haar ou ryskool. Maar gelukkig ontmoet sy vir Megan en Karen, twee ruiters by haar nuwe ryskool. Sommer gou word Anri deel van die opwinding by die Dagbreek-ryskool waar sy gekies word om saam met die res van die Stalmaats die beginnerruiters te help. Daar wag hope avonture vir haar saam met Sugarplum, die spierwit merrie wat dadelik diep in haar hart kruip, en al die ander ongelooflike perde wat deel is van die ryskool. Die katterige Vinette is gedurig besig met allerlei planne om die lewe vir Anri, Megan en Karen moeilik te maak. En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou oë, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop. Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats! Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: 1. Perdedrome 2. Totsiens, Sugarplum (ATKV-kinderboektoekenning 2007) 3. Anri se plan 4. Die spookperd (ATKV-kinderboektoekenning 2008) 5. Die beroemde ruiter
Ster bly by haar broer en sy vrou op 'n plaas. Een nag word sy wakker en 'n erdvark staan langs haar bed, sy snoet op die lakens."Kom verken die wêreld saam met my," nooi hy. En so neem die erdvark vir Ster op 'n nag van snuffel en ontdek. Hulle gaan op ander nagtelike ontdekkingstogte daarna, want die erdvark wil vir Ster die ander skaam diere wys, die skugter vyf: die erdvark, oewerkonyn, Kaapse luiperd, ietermagog, en wit leeu.
Dit is nie net Wolf wat onder Jakkals se streke deurloop nie, maar die ganse diereryk - van koning Leeu tot die kleinste diertjie ry aan die pen. Niemand is bestand teen die uitgeslape Jakkals se poetse nie, en die een wat hom probeer terugkry, kom steeds die slegste daarvan af. Maar soms loop Jakkals tog sy rieme styf en dan moet hy net bontstaan met sy slim bek om uit die moeilikheid te kom, want dis gewoonlik diep moeilikheid!
Pandimonium en opstand wink op die horison! Die berugte Galliese hoofman Vercinegetorix se dogter word deur die Romeine gesoek. Sy gaan kruip weg in 'n klompie ontembare Galliërs se dorpie - die enigste plek waar sy veilig is. Natuurlik sorg hierdie tienermeisie, Adrenalien, vir naelbytoomblikke! Die Vercingetorix Se Dogter is die 38ste boek in die gewilde Asterix-reeks.
Lotta Liebenberg is tien jaar oud. Haar beste vriendin se naam is Chantelle, sy hou van pannekoek en sy is MAL oor diere. Maar eintlik is sy net doodgewoon. Baie meer doodgewoon as haar ouers en haar tweelingraasbekboeties. Die dagboekstyl en skeeusnaakse illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind. In die elfde boek van die Lotta se lewereeks moet Lotta se klas 'n VERSKEIDENHEIDSKONSERT hou! Juffrou Knacker het besluit wie saam met wie moet werk – en Lotta se spanmaat is Benni! ’n Rocker! Chantelle doen saam met die Skaapkop LeighAnne (verraaier!) ’n klomp cool hondetoertjies en Rémi ry op ’n eenwielfiets, maar Lotta moet HANSWORSSTREKE uithaal. Dis onregverdig! Dankie tog sy het haar blokfluit om te probeer keer dat haar naam voor die hele skool met ’n plank geslaan word! Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings.
Skatlam is g’n gewone skaap nie. O, nee, vir haar is die weiveld nie genoeg nie. Sy’t ’n droom – 'n wonderlike droom ... al is sy baie lief vir haar raserige familie. Skatlam wil haar eie hotel he! Sy trotseer baie gevare op pad na die hotel toe – die honger wolf en 'n sissende slang. En dan’s daar nog die draak agter die hotel ... Geniet Skatlam se soeke om haar droom te bewaarheid in die pragboek. En leer hoe belangrik dit is om jou drome na te volg...
Josh is ingehuldig as die nuwe koning van Kalimbula. Hy sukkel sonder sy ma en met die idee van koning wees, maar met die ondersteuning van Njeri en Ngandu begin hy moed kry. Silvia, sy ma, is egter nie dood nie. Sy word deur haar eie suster op die plaas aangehou. Sy slaag daarin om te ontsnap en probeer Kalimbula bereik. Intussen maak 'n misterieuse kryger haar verskyning in Kalimbula. Sy dra 'n donker verlede met haar saam en saai verwoesting so ver soos sy gaan. Josh se koningskap word tot die uiterste beproef. Hy vra die hulp van die geheimsinnige sifashama met hul rooi mantels en diep stemme, maar nie een plan werk nie. Op Ngandu se aandrang, besluit Josh om sy aartsvyand – Masjeba, die bose heks – in die tronk te besoek. Masjeba gee hom antwoorde oor die kryger en hoe om haar te verslaan, maar teen 'n prys. Intussen versterk die professor sy magte. Maar waar in Silvia? Sal sy Kalimbula bereik voor dit te laat is en alles om Josh in duie stort?
Daniel weier om te glo wat almal sê: dat hy ’n skelm is, nes sy pa . . . Wanneer hy egter ’n meisie in ’n rolstoel op Simonstad se kaai raaksien en besluit om haar pêrelhangertjie te steel, beland hy onverwags op ’n skip wat hom wegvoer na Skulpiesbaai en die rykman Robert Stanford se plaas. Hy maak kennis met Malgas, ’n visser wat in die kliphuis bokant die melkhoutbos woon, en Gertjie, die diensmeisie wat die venynige juffrou Caitlin in haar rolstoel versorg. Maar wie is die vreemde ou vrou wat saam met die strandjutwolf langs die see verskyn? En waarom tree Caitlin so boosaardig op, terwyl sy vrees dat die Seevrou haar gaan kom haal? Hou dit dalk verband met die wrak van die slaweskip wat daar op die rotse geloop het? ’n Spannende historiese jeugroman wat tegelykertyd fantasie, avontuur en spookverhaal is.
AHOOI DAAR, SKARMINKELS! Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Elke maand met volmaan verskyn daar ’n geheimsinnige skip aan die kus van Grootgaapbaai en dan kom plunder seerowers die dorp. Kan Matilda en Basjan die gesteelde buit terugkry en die bose seerowers uitoorlê, of gaan hulle gevangenes aan boord van die spookskip bly . . . Dalk vir ewig?
Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, maak hierdie reeks perfek geskik vir vroeë lesers. In Leesboek 8 het Liewe Heksie en haar maats groot pret in die sneeu, die kabouters help om ’n swembad te grawe en Heksie betrap ’n dief wat koning Rosekrans se forelle steel.
Frances en Helene, haar modeontwerper-stiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Helene wil haar reeks eko-vriendelike handsakke by 'n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou begin die moeilikheid. Sy luister per toeval ’n ontstellende gesprek af. Boonop word die twaalf balrokke wat Amie vir haar nuwe baas moet oppas, ontvoer!
Vanessa se ouers was eens skatryk, maar wanneer haar pa alles verloor moet hulle trek na 'n piepklein huisie op 'n skrootwerf waar haar pa as bestuurder van 'n insleepwa gaan werk. Die motorongeluk waarin Vanessa betrokke was, spook steeds by haar. En al die gruwelike motorwrakke in die skrootwerf gee haar die horries. Wanneer sy die eienaardige Wayne ontmoet, vind sy boonop uit dat die skrootwerf meer as een spokerige geheim wegsteek . . .
Dagboek van 'n dork is vir almal wat al ooit soos die grootste dork in die wereld gevoel het. 'n Reeks oor Nikki Maxwell en haar lewe vol drama en dinge. Nikki se wenke vir ’n perfekte skaatsmaraton: #1 Kry ’n verdienstelike saak om voor te skaats (Hoe meer Brandon daarvan hou, hoe beter.) #2 Hê vet pret saam met Chloe en Zoey #3 Maak seker jy kan skaats . . . In Dagboek van 'n dork: Stories oor 'n niesoelegante ysprinses doen Brandon vrywilligerwerk by ’n diereskuiling en dit verbaas Nikki nie. Hy’s so oulik – natuurlik sal hy die arme honde wil help. Maar dan hoor sy hulle wil die skuiling toemaak. Binnekort gaan al die diere dakloos wees! Wanneer haar skool ’n skaatskompetisie hou om geld vir liefdadigheid in te samel, besluit Nikki sy en Chloe en Zoey moet die skuiling help. Kan sy betyds van ’n dorkopys na ’n prinsesopys verander om die kompetisie te wen en die diere te red? Lees Nikki se dagboek en maak reg om die dork in jou ’n drukkie te gee!
Josh (13) woon by sy tannie Verona en haar gesin op 'n plaas in OosAfrika nadat sy ma twee jaar gelede skielik verdwyn het. Op 'n dag daag 'n vreemdeling by die plaas op en probeer Josh ontvoer. Gelukkig red Doris, die huishulp, hom uit die kloue van die bose man. Sy vertel hom dat 'n groep mense sy bloed soek en dat hy moet vlug na 'n magiese geheime vallei, Kalimbula, waar hy veiliger sal wees. Hy moet die wyseman, Ngandu, in sy grot gaan spreek. Josh en Njeri, 'n kanniedood 15jarige meisie, se paaie kruis. Sy help hom om die wyseman te vind – en Josh word met 'n opdrag weggestuur: die opsporing van die goue kalbas. Josh weet dat al sy vrae beantwoord sal word wanneer hy die kalbas kry en hy pak die reis deur Kalimbula alleen aan. Hy ontmoet Masjeba, die heks, wat hom help om die legkaartstukkies van sy ma se verdwyning bymekaar te sit. Wanneer die kalbas uiteindelik oopgemaak word om die naam van die volgende troonopvolger te onthul, kry Josh die verrassing van sy lewe . . .
Nikki se skool hou ’n talentkompetisie en sy kan nie wag om saam met Chloe en Zoey ’n dans uit te werk en Brandon met haar mooi stem te bekoor nie! Maar Nikki vind uit dat haar aartsvyand, MacKenzie, ook vir die kompetisie gaan inskryf en vasberade is om die kollig te steel. Kan ’n dork soos Nikki vir die gewildste meisie in die skool ore aansit? Laat die katgeveg vir die kollig begin . . .
Christien Neser neem die vyfjarige Micha uit Amper Einstein (Tafelberg, 2013) se storie op ’n verrassende wyse verder. In Absoluut Einstein is hy in graad 9, met MatriekIT onder die knie. Maar sy outisme het hom tot nou uit ’n “gewone” skool gehou. As hy egter aan ’n universiteit wil studeer, moet hy leer sosialiseer, en daarom begin Micha in graad 9 vir die eerste keer by Parkrand Hoërskool skoolgaan. Dylicia word gevra om ’n ogie oor Micha te hou. Sy’s die enigste meisie in die skool se Robotikagroep, wat vir die Grottobot Fest ’n robot bou en programmeer. Eers lyk dit asof die Vuilhonde en Micha koppe gaan stamp, maar Micha en Bees vorm ’n onwaarskynlike vriendskap, en gou lyk dit vir Dylicia asof die groep seuns, Micha inkluis, haar nie meer nodig het nie.
Billy is one of four teens chosen as the finalists in the Wild2Save Eco competition. They get to spend a long weekend in the Kruger National Park, competing to win a bursary to study conservation. But even on their first night in the bushveld, they run into a group of rhino poachers and land in grave danger. With the help of a mysterious "boy" and the Whistleblower, the four friends are able to thwart the poachers' plan and expose the villains.
Wim Vermaak se lewe is onderstebo. Hy is op die punt om Graad 9 te dop, omdat sy aandag in die LO-klas afgetrek word deur 'n meisie. Sy tweelingsussie wil opsluit deel word van Mars One sending na Mars. Hul verstrooide ouma val vir 'n internetslenter en dan is daar Harold, sy ma wat kuns doseer se menslike geraamte, wat die studente in opstand bring en konflik tussen sy ouers saai. Dalk is Wim se LO-taak die antwoord om dinge weer op koers te kry.
Jou ses gunstelingplaasstories nou in een boek! Boer Frans se plaas le lekker knus langs ’n klein stroompie ver van die stad af. Op die plaas bly baie diere gelukkig saam. Lees in hierdie pragtige boek met sy kleurvolle illustrasies van al die diere se avonture. Stories in hierdie bundel: Gertjie se uitstappie; Hansie vlieg weg!; Manie Muis skrik groot; Boel en Dolla; Ses stoute varkies; ’n Indringer op die plaas.
In die laaste omnibus in hierdie reeks, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Saartjie verdedig haar boetie, Apie, wanneer hy van diefstal beskuldig word, sy moet ook tussen haar boesemvriendin en 'n koshuismeisie kies as kaptein van die netbalspan en sy neem deel aan 'n groot kompetisie wat 'n reis na Amerika as prys aanbied.
I am a CURIOUS brown boy. |
![]() ![]() You may like...
Computational Intelligence for…
Arun Kumar Sangaiah, Zhiyong Z,Zhang, …
Paperback
Innovations in Artificial Intelligence…
Surbhi Bhatia, Suyel Namasudra, …
Paperback
|