![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
’n Nuwe gier trek deur die wildpark. Mensekaarte! Kallie die Kameelperd en sy vriende wil al die kaarte bymekaarmaak, maar hulle sal dalk moet saamwerk om die versameling vol te kry! Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.
Ons het gewens en gewens vir iemand net soos jy. ’n Spesiale iemand wat
by ons kan kom bly.
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag ontmoet hy twee maatjies wat presies dieselfde lyk. Maar hoe kan dit wees? Chewy en Lobo is 'n tweeling en hulle gaan Tjoppie leer hoe om mededeelsaam te wees. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Die geheimenisse van die kinderkamer is vol towerkrag, en net speelgoed wat oud en wys en ervare is soos die hobbelperd, verstaan alles daarvan. Wanneer die fluweelhasie in die kinderkamer kom woon, kyk die ander speelgoed neer op hom. Maar die hobbelperd verduidelik hoe 'n speelding "Ręrigwaar" kan word as iemand hulle genoeg liefhet. En toe die kind op 'n dag baie siek raak en die hasie verlaat, vind hy uit wat dit beteken om Ręrigwaar te wees.
Sprankel het baie maatjies op die koraalrif waar sy woon, maar sy wil so graag ’n ander seeperdjie ontmoet – ’n maatjie net soos sy … Sy begin in die wye oseaan na ’n seeperd-maatjie soek, maar niemand het al een gesien nie! Dan verander alles toe sy ’n vis-nar help...
Lotta kan ’n reis Australië toe wen en sy wil ontsettend graag soontoe gaan, want sy is mal oor koalas en sy mis haar niggies. Al wat sy nodig het om te wen, is ’n koeldrankdoppie, niks meer nie. Maar Mamma en Pappa glo gaskoeldrank is baie sleg vir jou, so sy mag nie eers een enkele bottel daarvan koop nie. Gelukkig sal Chantelle haar saamvat, as sy wen. Sy is seker hulle gaan dit regkry. Al moet sy ook ’n doppie met haar blokfluit hipnotiseer!
Kwaaikofski is ’n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski word deur ouens met kaalgeskeerde blou koppe ontvoer, hy vertel hoe sy pad vir die eerste keer met die van die Slang gekruis het en hy moet 'n vermiste hond opspoor.
Leopold se węreld stort in duie wanneer sy familie hul rykdom verloor. Hy sluit by ’n togryer aan op pad na die diamantvelde om sy fortuin te soek. Sara, vermom as ’n touleier, reis saam op soek na die merk van haar voormense. Maar wanneer hulle by die geheimsinnige tolhuis in Ceres gestrand raak, kom hulle ’n donker wese in die berge tee en ontdek dat hulle nog altyd bestem is om die skrikbewind van die Verdwaalding stop te sit . . .
Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, maak hierdie reeks perfek geskik vir vroeë lesers. In Leesboek 7 gee Karel Kat vir almal ’n rit in sy spoggerige helikopter, Liewe Heksie moet ook ’n musiekinstrument leer speel en sy toor per ongeluk vir Griet om koning Rosekrans van die Gifappeltjies te red.
Maya kan nie glo hulle trek Bloemfontein toe nie en dit omdat haar ma 'n langverlore tante se huis en katte geërf het. Simon is gewoond daaraan om met mishandelde perde te werk, maar Lynx lyk nie asof sy ooit haar slegte ervaring sal afskud nie. Dalk sal Lynx se nuwe stalmaats haar help beter word? Maya pas ook moeilik aan by die nuwe skool en stalle. Dit help nie dat tante Jacquette maar 'n vreemde karakter was en haar ongewone huis en tuin boonop in Bloemfontein berug is nie.
Lua Verwey is eintlik allergies vir seuns, maar sy is tog die enigste meisie wat saam met die krieketspan Kaap toe gaan toer. Mits sy voor die einde van die kwartaal genoeg name op haar borgvorm het om geld in te samel vir ’n vakansie langs die strand. En 'n vakansie het sy beslis nodig; want haar ma verwag 'n tweeling, haar boeties neem die huis op horings, haar oupa-hulle gaan by hulle kom intrek en haar beste vriendin is skielik superaaklig.
Paul en Alicia was op die verkeerde plek op die verkeerde tyd - Paul het 'n moord aanskou en Alicia het vir die eerste keer in haar lewe skool ge- bunk omdat sy ontsteld was oor iets wat gebeur het. Die twee hoërskoolleerders van Bloemfontein word saam met ander jongmense gevange gehou in 'n luukse huis vol gruwels. Uitkomkans is daar nie, maar dinge raak so erg dat hulle hul lewens gaan waag om weg te kom. 'n Spanningsvolle verhaal met temas mensehandel, dwelmhandel en moord.
Sara Sloot-Smit woon in 'n luukse huis in 'n welvarende buurt, gaan na 'n spogskool en het ouers wat baie belangrike werk doen. Maar hulle het min tyd vir Sara. Toe hulle 'n maand lank oorsee gaan, moet Sara by haar drie tannies in die stad gaan bly. Haar pa dink sy susters ken nie hul plek nie. Suzie giggel graag en maak grappies. Silvie is konstant met 'n nuwe kęrel of twee, en Sofia is wel suksesvol, maar sy's kwaai en gemeen en veels te luidrugtig. Sal Sara ooit die vakansie oorleef?
Kwaaikofski is al ’n privaatspeurder vandat hy kan onthou. Selfs as ’n baba het hy elke boublokkie weer gekry, en ook elke lekker wat iewers in die sandput verdwyn het. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep – wat sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibusuitgawe bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski moet uitvind waarom sy gunsteling-kougom uit Olga se winkel verdwyn, die geheim van ’n vlieënde blou rubberkoei ontrafel en 'n vreemde pienk spook op die skoolgronde vastrek.
Daniël-hulle kan dit amper nie glo nie: Hulle word genooi vir 'n naweek in Johannesburg deur Antonie se ma. Maar 'n cool video wat hulle neem van motorfietse wat agterin 'n meubelwa inry, veroorsaak dat hulle met die verkeerde mense deurmekaar raak. Die Rietrotte weet te veel en dinge raak vinnig gevaarlik vir hulle …
Hierdie wonderlike boek wat 12 stories bevat met pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters sal kinders bekendstel aan ’n skatkis van tydlose verhale.
Tom teken 'n tier na sy besoek aan die kunsgalery. Daardie nag stap die tier uit die prent teen die muur tot langs hom en spin: "Kom ons gaan stap!" Tom is bang, maar die tier stel hom gerus. Hierdie verhaal, geďnspireer deur Henri Rousseau se skildery Tier in 'n tropiese storm (Verras!) sal kinders help om vrese te oorkom, nes Tom op sy nagtelike uitstappie met 'n tier.
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie moet veg vir sy plek as spankamptein van die rugbyspan, veral wanneer sy vyand, Gerrit Moerdyk, almal teen hom draai. Trompie en sy maats bak ook vir die wetenskaponderwyser 'n poets en Trompie skryf in vir 'n kompetisie wat 'n reis Kaap toe as prys aanbied.
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, ontmoet Saartjie vir Clara, 'n dogtertjie met polio, en sy kruip sommer gou in Saartjie-hulle se harte. Daar kom ook 'n węreldberoemde sirkus na Linnekom en sorg vir groot opwinding. Saartjie dink ook dat sy haar droomman ontmoet het wanneer 'n beroemde rugbyspeler kom kuier.
Die sestienjarige Alicia word na Oxford gestuur om te gaan kyk hoe dit met haar suster gaan. Inez het innoverende nuwe programmatuur ontwikkel, maar 'n onderduimse professor probeer dit verkoop. Voor sy weet waarin sy haar begewe, steel Alicia die verlore dagboek van Charles L. Dodgson, beter bekend as Lewis Carroll. Dit bevat ’n formule wat Inez se werk ver kan laat vorder. Met SkyTech kort op haar hakke maak almal op Alicia staat om die Wonderland-program te beskerm . . .
Riek en Niek het ’n plan …
Lotta en haar hele familie gaan vir ’n naweek weg om Ouma en Oupa se goue bruilof te vier. Haar pa het lank beplan wat hulle alles daar gaan doen. Van ’n simpel skattejag tot ’n vervelige wandelpad deur ’n woud. Maar die ERGSTE van alles is dat sy en haar raasbekboeties ’n lied moet sing. Voor al die mense! Gelukkig gaan Lotta haar twee niggies wat in Australië bly ook daar ontmoet. Wie weet, dalk kuier hulle darem lekker saam . . .
Lank gelede was daar ’n man en sy vrou wat baie graag ’n kind wou hę. Ná 5 jaar het sy nog steeds nie ’n baba gehad nie en sy was siek van hartseer. Om haar te troos het haar man vir haar ’n heerlike slaai gemaak. Daarvoor het hy raponsieblare in hulle buurvrou se tuin gaan pluk. Maar toe vra ’n kwaai stem: "Hoekom steel jy my raponsies?" Hulle buurvou was ’n heks en sy was baie kwaad!
Gabriel skrik wakker in ’n donker kelder in ’n vreemde stad, sonder enige herinnering van hoe hy daar gekom het. Al wat hy weet is sy naam en dat hy in Amsterdam woon. Tot sy verbasing bevind hy hom in die Kaap van Storms, die VOC se ou halfwegstasie – en in die begrafplaas is ’n graf met sy naam en geboortedatum op. ’n Pragtige slawemeisie, Zytia, probeer hom help om uit te vind wie hy werklik is. Sy potloodsketse bring visioene van ’n Khoi seun en ’n vreemde klip. En Zytia se geheimsinnige meesteres soek sy bloed . . .
Die lewe op 'n eiland in die Indiese Oseaan is op die oog af idillies, maar Anna Atoom is eintlik nogal eensaam. Haar ma is dag in en dag uit aan die werk in die laboratorium, van waar sy die aarde monitor vir dreigende omgewingsrampe. Dis juis so 'n krisis wat Anna van haar pragtige eiland na die verste uithoeke van die planeet neem. Net sy kan die węreld red! |
![]() ![]() You may like...
Glory of the Lord VOL 4 - The Realm Of…
Hans Urs Von Balthasar
Hardcover
R5,623
Discovery Miles 56 230
Islands Level 1 Teacher's Test Pack
Susan Mcmanus, Kerry Powell
Undefined
R921
Discovery Miles 9 210
Focus 2e 4 Teacher's Book with PEP Pack
Arek Tkacz, Beata Trapnell
Undefined
R2,276
Discovery Miles 22 760
Frontiers of Shrimp Research, Volume 22
P.F. DeLoach, M.A. Davidson, …
Hardcover
R6,088
Discovery Miles 60 880
The Unresolved National Question - Left…
Edward Webster, Karin Pampallis
Paperback
![]()
The New World of Work - Challenges and…
Daniel Vaughan-Whitehead, Youcef Ghellab, …
Hardcover
R5,921
Discovery Miles 59 210
|