Asterix by die Pikte is die 35ste boek in die gewilde
Asterix-reeks. Hierdie boek het vir die eerste keer van die begin
af ook in Afrikaans verskyn. Asterix en Obelix ontdek een bitter
koue oggend 'n blok ys op die strand...met 'n bevrore Pikt
binne-in. Kasterolix se doepa ruk hom weer reg en die twee vriende
vergesel die Pikt, MacLawaai, terug Pikteland toe om hom met sy
clan en sy verloofde te vereinig. Maar in Pikteland is alles ne
plus nie. Die bose MacAber hou homself baas. Hy het 'n ooreenkoms
gesluit met die Romeine, en doen alles in sy mag om as nuwe koning
verkies te word. Maar ons vriende sal wel 'n stokkie (of 'n paal?)
voor sy planne steek.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!