0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (187)
  • R100 - R250 (803)
  • R250 - R500 (258)
  • R500+ (23)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Trompie Omnibus 3 (Afrikaans, Paperback): Topsy Smith Trompie Omnibus 3 (Afrikaans, Paperback)
Topsy Smith
R265 Discovery Miles 2 650 Ships in 15 - 17 working days

In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! Titels in hierdie omnibus: Trompie die kragman, Trompie die hartedief en Trompie die held. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!

Paddington 2 - Paddington die kunstenaar; Paddington in die hospitaal; Paddington by die dieretuin (Afrikaans, Hardcover):... Paddington 2 - Paddington die kunstenaar; Paddington in die hospitaal; Paddington by die dieretuin (Afrikaans, Hardcover)
Michael Bond; Illustrated by R.W. Alley
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie is ’n drie-in-een boek! Afrikaanse vertaling van Paddington. (Paddington die kunstenaar; Paddington in die hospitaal & Paddington by die dieretuin) Paddington – die beertjie uit Donker Peru – en sy vriend besoek ’n kunsuitstalling, wat Paddington daar en dan laat besluit om ook te skilder. Hy hoop dat iemand sy skilderye sal koop, maar wag so lank dat hy uiteindelik aan die slaap raak. Toe hy wakker word, wag daar egter vir hom ’n groot verrassing. Op ’n dag beland Paddington in die hospitaal, maar hy lei aan geheueverlies en kan glad nie onthou hoe hy seergekry het nie. Sal hy ooit weer sy geheue herwin?. Paddington, Jonathan en Judy gaan dieretuin toe. Maar o wee: “Troeteldiere” word nie toegelaat nie! Paddington is tog nie ’n troeteldier nie? Hy is dan deel van die Brown-gesin!. Paddington-beer se stories vermaak kinders regoor die wereld al vir meer as vyf dekades.

Die Bulle Bakke - Episode 7 (Afrikaans, Paperback): Aaron Blabey Die Bulle Bakke - Episode 7 (Afrikaans, Paperback)
Aaron Blabey; Translated by Kobus Geldenhuys
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Die Bullebakke het die ruimtewesens ontkom deur een of ander knoppie – OEPS – te druk! En het in die tyd van die dinosourusse beland!

Ja, julle het reg gehoor! Die helde word deur dinourusse gejag...

Maar wie moet nou eintlik bang wees vir wie?

Misdaad/Liefdaad (Afrikaans, Paperback): Joanne Lombard Misdaad/Liefdaad (Afrikaans, Paperback)
Joanne Lombard
R165 Discovery Miles 1 650 Ships in 7 - 9 working days

Lora sien haarself as ‘n oplosser van probleme en droom daarvan om eendag iets groots uit te vind. Een Saterdagmiddag maak sy ‘n nuwe vriend en word sy betrek by die herstel van speelgoed en ‘n spesiale pop, een wat kon praat. Maar wanneer haar familie begin swaarkry weens omstandighede buite hul beheer, moet Lora leer om sterk te staan teen probleme wat nie maklike oplossings het nie.

Trompie Omnibus 2 (Afrikaans, Paperback): Topsy Smith Trompie Omnibus 2 (Afrikaans, Paperback)
Topsy Smith
R265 Discovery Miles 2 650 Ships in 15 - 17 working days

In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! In Trompie die hoerskoolseun maak die Boksombende ’n plan om geld in te samel om vir Rooie ’n fiets te koop. In Trompie die dromer word die bende bedreig – deur ’n meisiekind! Trompie, die Grootkaptein en meesterlike planmaker, is smoorverlief en sit heeldag net en droom. In Trompie die speurder kom Trompie en Rooie op skelms af wat fietse steel. Trompie agtervolg die diewe en beland in ’n groot penarie. Sal Trompie hierdie gevaarlike avontuur oorleef sodat hy weer saam met sy manskappe onder die blou hemel kan vergader? Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!

Elf Dae In New York (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Elf Dae In New York (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R260 Discovery Miles 2 600 Ships in 15 - 17 working days

Frances en Helene, haar modeontwerper-stiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Helene wil haar reeks eko-vriendelike handsakke by 'n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou begin die moeilikheid. Sy luister per toeval ’n ontstellende gesprek af. Boonop word die twaalf balrokke wat Amie vir haar nuwe baas moet oppas, ontvoer!

Jungu Josh 1: Die Goue Kalbas (Afrikaans, Paperback): Constant Van Graan Jungu Josh 1: Die Goue Kalbas (Afrikaans, Paperback)
Constant Van Graan
R285 Discovery Miles 2 850 Ships in 15 - 17 working days

Josh (13) woon by sy tannie Verona en haar gesin op 'n plaas in OosAfrika nadat sy ma twee jaar gelede skielik verdwyn het. Op 'n dag daag 'n vreemdeling by die plaas op en probeer Josh ontvoer. Gelukkig red Doris, die huishulp, hom uit die kloue van die bose man. Sy vertel hom dat 'n groep mense sy bloed soek en dat hy moet vlug na 'n magiese geheime vallei, Kalimbula, waar hy veiliger sal wees. Hy moet die wyseman, Ngandu, in sy grot gaan spreek. Josh en Njeri, 'n kanniedood 15­jarige meisie, se paaie kruis. Sy help hom om die wyseman te vind – en Josh word met 'n opdrag weggestuur: die opsporing van die goue kalbas. Josh weet dat al sy vrae beantwoord sal word wanneer hy die kalbas kry en hy pak die reis deur Kalimbula alleen aan. Hy ontmoet Masjeba, die heks, wat hom help om die legkaartstukkies van sy ma se verdwyning bymekaar te sit. Wanneer die kalbas uiteindelik oopgemaak word om die naam van die volgende troonopvolger te onthul, kry Josh die verrassing van sy lewe . . .

Lampie (Afrikaans, Paperback): Annet Schaap Lampie (Afrikaans, Paperback)
Annet Schaap; Translated by Zandra Bezuidenhout
R341 Discovery Miles 3 410 Ships in 4 - 6 working days

Lampie handel oor geheimsinnige seebewoners en rowwe seerowers.

Oor die Swart Huis van die admiraal, waar daar glo ’n monster woon. Oor ’n grys vuurtoring op ’n eiland, wat nog net-net aan die vasteland vassit. Oor Lampie, die vuurtoringwagter se dogter, wat elke aand die een-en-sestig trappies uitklim om die lig aan te steek. Oor ’n stormagtige aand, wanneer die vuurhoutjies op is en alles skeefloop.

Maar veral oor dapperheid en hoe jy meer kan regkry as wat jy ooit gedink het.

Allergies Vir Skool (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Allergies Vir Skool (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R160 Discovery Miles 1 600 Ships in 7 - 9 working days

Riek en Niek gaan 'n weddenskap aan. Hulle gaan hulle bes probeer om vir juffrou Burp ... e ... juffrou Burk te laat lag! Daar is net een probleem. Die wiskunde-onnie is sonder lagspiere gebore. Haar humorsin is soos die Loch Ness-monster - niemand weet of dit regtig bestaan nie. Niemand het haar nog ooit gehoor lag nie. Sy glimlag nooit eens nie.

Die arm uit die see (Afrikaans, Paperback): Gerrie Radloff Die arm uit die see (Afrikaans, Paperback)
Gerrie Radloff; Illustrated by Douw van Heerden
R126 Discovery Miles 1 260 Ships in 4 - 6 working days
Jasper Se Plaasvakansie (Afrikaans, Paperback): C.F. Beyers-Boshoff Jasper Se Plaasvakansie (Afrikaans, Paperback)
C.F. Beyers-Boshoff
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke van die gewilde reeks. Hierdie is die derde titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! Jasper gaan kuier op die plaas en wat 'n avontuur is dit nie! Van jagluiperds jag tot hoenders vang – Jasper geniet hom gate uit! Kom deel in die avonture van Jasper!

Slaapstories vir vaak ogies (Afrikaans, Hardcover): Francois Ruyer Slaapstories vir vaak ogies (Afrikaans, Hardcover)
Francois Ruyer; Hemma paneel Hemma paneel
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Al gehoor van die bokkie wat limonade wou drink? Van Dunnelientjie wat so lig was dat die wind haar weggewaai het? Wat van die donkie wat 'n trui wou dra? Weet jy hoekom gloeiwurms gloei of hoe jakkalse hulle kleur gekry het? Nee? Lees dan gerus hierdie betowerende boek propvol slaaptydstories! Francois Ruyer se pragtige, prettige illustrasies maak van hierdie 18 moderne sprokies 'n heerlike leeservaring vir oud en jonk. Laat die mense, diere, plante en insekte jou op wonderlike avonture neem. Wil jy in die sneeu en in kastele speel, deur die lug vlieg en oor die berge huppel? Gaan le dan net knus in jou bedjie - dit is heerlike slaaptydstories vir vaak ogies!

Die Vlerke Van Naaldekokers (Afrikaans, Paperback): Steyn, Cecilia Die Vlerke Van Naaldekokers (Afrikaans, Paperback)
Steyn, Cecilia
R257 Discovery Miles 2 570 Ships in 4 - 6 working days

Die ongeluk het Kylie se lewe uitmekaargeruk. Sy het haar linkerhand verloor en haar jonger sussie, Lieke, is vir altyd weg. 'n Onbeplande road trip saam met haar eksentrieke oupa en sy jong assistent, is Kylie se kans om te ontsnap. En miskien is dit haar geleentheid om iets vir Lieke te doen; om 'n paar goed op haar sussie se bucket list af te merk. Dit word 'n vakansie wat Kylie nooit sal vergeet nie. 'n Reis terug na haarself, na heelword.

Goodnight, My Love! (Afrikaans Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition): Shelley... Goodnight, My Love! (Afrikaans Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont
R672 Discovery Miles 6 720 Out of stock
Jasper in die wildernis: Boek 8 (Afrikaans, Paperback): C.F. Beyers-Boshoff Jasper in die wildernis: Boek 8 (Afrikaans, Paperback)
C.F. Beyers-Boshoff
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die agste titel in die Jasper-reeks. Jasper en Mossie kry die opwindende geleentheid om saam met ’n jaggeselskap Bosveld toe te gaan. Hulle slaap in tente, maak koffie oor ’n vuur en hou snags wag sodat wilde diere nie die kampterrein binnekom nie. Jasper wil egter graag saam met die grootmanne jag, maar blykbaar is hy nog te jonk. Hy stem dus gretig in toe die inboorlinge sy hulp vra om die wreedaardige leeu, wat chaos in hul stat veroorsaak, te vang. Maar is die dorpsjapie opgewasse vir so ’n groot taak?

Die Robotte Voer Oorlog! (Afrikaans, Paperback): Marga Jonker Die Robotte Voer Oorlog! (Afrikaans, Paperback)
Marga Jonker; Illustrated by Chris Venter
R195 Discovery Miles 1 950 Ships in 15 - 17 working days

Enzo, Frikkie en Georgi neem deel aan die Wêreld-Robotolimpiade se kompetisie vir robotte van Lego-blokkies. Een van dr. Ragno se spinnebotte kom handig te pas en word met Lego-blokkies gepantser. Georgi is bekommerd oor die spinnebotte se ingeboude lasers. Die kompetisiereëls verbied wapens. Toe die Dassie-span met Skerpioen 8 by die kompetisie opdaag, sien hulle ’n lang skraal man en ’n meisie wat baie bekend lyk. Maar dr. Ragno en Veronica moet mos in die tronk wees . . .

Tim-Tam Se Afrika-avontuur (Afrikaans, Paperback): Sheugnet Buys Tim-Tam Se Afrika-avontuur (Afrikaans, Paperback)
Sheugnet Buys
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 4 - 6 working days
Die swaardvegter (Afrikaans, Paperback): Gerrie Radloff Die swaardvegter (Afrikaans, Paperback)
Gerrie Radloff; Illustrated by Douw van Heerden; Edited by Francois Maree
R130 Discovery Miles 1 300 Ships in 7 - 9 working days

Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.

Die Bulle Bakke - Episode 6 (Afrikaans, Paperback): Aaron Blabey Die Bulle Bakke - Episode 6 (Afrikaans, Paperback)
Aaron Blabey; Translated by Kobus Geldenhuys
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Die Bullebakke is nou in die buitenste ruimte. En hulle verdwyn een na die ander!

’n Gruwelike ruimtewese met vreeslik baie tande en heeltemal te veel boude raap hulle een vir een op!

Is dit die einde vir die goeie ouens wat so graag helde wou wees?

Arboreta, Die Heks Met Die Groen Hare (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Arboreta, Die Heks Met Die Groen Hare (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers
R90 Discovery Miles 900 Ships in 4 - 6 working days

Die verskil tussen Arboreta en al die ander hekse in die wereld is dat sy nie 'n bose of nare heks is nie: Sy het nie moesies of ’n haakneus nie en vang ook nie kindertjies om in haar swart pot te kook later hulle beentjies af te suig nie. Sy wil veel eerder he dat kinders veilig en gelukkig in haar woud rondspeel. Arboreta is ’n gelukkige heks – maar daar is tog twee goed waaroor sy haar baie bekommer: Wie sal eendag die boomheks van die groot groen woud wees wanneer sy nie meer daar is nie? En wat sal gebeur as die houtkappers aanhou om so vreeslik baie bome af te kap, sonder om nuwes te plant? Miskien kan die groen dogtertjie wat op ’n dag die woud besoek, Arboreta help om die woud te red … maar hoe?

I Love to Eat Fruits and Vegetables (Afrikaans Children's book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large... I Love to Eat Fruits and Vegetables (Afrikaans Children's book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont
R672 Discovery Miles 6 720 Out of stock
Die Uile by Die See, Boek 8 (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Uile by Die See, Boek 8 (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days

Watter seun wat sy bendenaam waardig is, sal net staan en toekyk wanneer honderde duisende rande se diamante na 'n boot gesmokkel word? Toe Jorsie se ouers sy vier vriende saam see toe nooi, het hulle geweet dit sal nie 'n rustige vakansie wees nie. Maar die gevaar en opwinding wat sou volg, kon hulle nooit voorsien nie. Dit beteken natuurlik nie dat Jorsie, Philip, Vaatjie, Berrie en Hennie – wat hulleself die Uile noem – na moeilikheid soek nie, maar...

The Wheels The Friendship Race (Afrikaans Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition):... The Wheels The Friendship Race (Afrikaans Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Inna Nusinsky, Kidkiddos Books
R672 Discovery Miles 6 720 Out of stock
Is jy bang in die bos, Pappa Wolf? (Afrikaans, Hardcover): Jan De Kinder Is jy bang in die bos, Pappa Wolf? (Afrikaans, Hardcover)
Jan De Kinder; Illustrated by Jan De Kinder; Translated by Amelia de Vaal
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 4 - 6 working days
Speurder Kwaaikofski: Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski: Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus; Illustrated by Ralf Butschkow; Translated by Kobus Geldenhuys
R260 Discovery Miles 2 600 Ships in 15 - 17 working days

Kwaaikofski is ’n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski word deur ouens met kaalgeskeerde blou koppe ontvoer, hy vertel hoe sy pad vir die eerste keer met die van die Slang gekruis het en hy moet 'n vermiste hond opspoor.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Nagreisiger
Leon van Nierop Paperback R273 Discovery Miles 2 730
Global City Makers - Economic Actors and…
Michael Hoyler, Christof Parnreiter, … Hardcover R2,743 Discovery Miles 27 430
Treatise on Water Science
Peter A. Wilderer Hardcover R30,430 Discovery Miles 304 300
Property Rights and Urban Transformation…
Zhu Qian Hardcover R3,365 Discovery Miles 33 650
Epic Land - Namibia Exposed
Amy Schoeman Hardcover R556 Discovery Miles 5 560
Geheim Van Die Gruwel Sand
Zirk van den Berg Paperback R367 Discovery Miles 3 670
Literature and Moral Theory
Nora Hamalainen Hardcover R2,412 Discovery Miles 24 120
Konus Konusmotor-130 Reflector Telescope…
R7,999 R7,019 Discovery Miles 70 190
The List
Barry Gilder Paperback R294 Discovery Miles 2 940
Quality of Spatial Data in Command and…
Vaclav Talhofer, Sarka Hoskova-Mayerova, … Hardcover R2,452 Discovery Miles 24 520

 

Partners