0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (36)
  • R50 - R100 (204)
  • R100 - R250 (1,093)
  • R250 - R500 (221)
  • R500+ (30)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Ons Is Een (Afrikaans, Paperback): Refiloe Moahloli Ons Is Een (Afrikaans, Paperback)
Refiloe Moahloli
R160 R145 Discovery Miles 1 450 Save R15 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Ek en jy lyk dalk verskillend,
ons klink verskillend,
ons bly op verskillende plekke
en ons eet verskillende kos,
maar wanneer ek in jou oë kyk,
sien ek myself.
 
’n Warm, vertroostende boek oor vriendskap en ubuntu wat beide ons ooreenkomste en verskille vier.

Die boek is ook beskikbaar in Isizulu en Engels.

Die Beroemde Vyf - Vyf Vat Saam Die Pad (Afrikaans, Paperback): Enid Blyton Die Beroemde Vyf - Vyf Vat Saam Die Pad (Afrikaans, Paperback)
Enid Blyton; Translated by Amelia de Vaal
R219 Discovery Miles 2 190 Ships in 4 - 8 working days

Die vyf vriende ontdek ’n geheimsinnige trommel op Kirrin-eiland en hulle vermoed onraad. Maar dan hoor hulle ’n kind in die middel van die nag skree! Wie is saam met hulle op die eiland, en hoekom?

Pragtige nuwe omslagkuns deur Laura Ellen Anderson maak dié klassieke reeks vir moderne jong lesers toeganklik.

Toe Ons Oneindig Was (Afrikaans, Paperback): Zelda Bezuidenhout Toe Ons Oneindig Was (Afrikaans, Paperback)
Zelda Bezuidenhout
R210 R191 Discovery Miles 1 910 Save R19 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Kara Immelman se lewe is eintlik nogal uitgesorteer. Sy is in matriek en hoewel sy heeltemal te skaam is om gewild te wees, het sy vir Eduard, haar beste vriend van laerskooldae af. Sy is ook haar skool se topswemmer en die moontlikheid van ’n swembeurs wink. Al gebeur daar nie veel op die dorpie waar hulle woon nie, het sy en Eduard groot planne om eendag die wêreld te sien. Planne wat aangevuur word deur hulle gedeelde passie vir flieks. Wanneer Samantha egter op die toneel verskyn, herrangskik dit Kara en Eduard se hele bestaan. Want Sam is nie net onmoontlik mooi nie, sy speel ook volgens haar eie reëls.

Toe ons oneindig was, is die verhaal van ’n meisie wat nog altyd presies gedoen het wat van haar verwag is. Iemand wat so besig was om almal gelukkig te hou, dat sy nooit regtig probeer uitvind het wat háár gelukkig maak nie. Totdat sy een middag in ’n aantrekhokkie vir die heel eerste keer gesoen word. Dis ’n storie oor vriendskap en lojaliteit. Oor seksualiteit en vloeibaarheid. Maar bowenal is dit die verhaal van ’n meisie op ’n selfontdekkingsreis – die soort reis wat in ’n Hollywoodfliek hoort.

Om Jou te Ken (Afrikaans, Paperback): Cliffordene Norton Om Jou te Ken (Afrikaans, Paperback)
Cliffordene Norton
R180 R163 Discovery Miles 1 630 Save R17 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Gabby en haar niggie Georgia lyk baie na mekaar met hulle krullerige hare, hoë wangbene en vol lippe, en toe hulle jonger was, was hulle onafskeidbaar. Maar iewers het hulle vreemdelinge vir mekaar geword en al wat hulle nou in gemeen het, is die bloed in hulle are.

Toe die matriekgroep van Barkley-Wes op ’n toer na Kaapstad vertrek, ontdek Gabby dat Georgia se dagboek in haar rugsak is. Hulle ma’s het vir hulle identiese blou dagboeke vir hulle gekoop, en hulle deel ’n kamer, so dit kon maklik gebeur het dat sy die verkeerde dagboek ingepak het. Dit beteken waarskynlik ook dat háár dagboek in Georgia se besit is.

Kort voor lank kry Gabby se nuuskierigheid die oorhand en begin sy Georgia se dagboek lees. Wanneer Georgia daarvan uitvind, breek ’n volskaalse niggie-oorlog uit wat nie eens Kaapstad se besienswaardighede of hulle vriende se pogings om raad te gee, kan keer nie.

Gaan Gabby se verraad die niggies nog verder uitmekaar dryf of sal dit dalk daartoe lei dat hulle mekaar beter begin verstaan?

Die Avonture van Kuifie: In die Land van die Swart Goud (Afrikaans, Paperback): Herge Die Avonture van Kuifie: In die Land van die Swart Goud (Afrikaans, Paperback)
Herge
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 4 - 8 working days
Proefwedstryd Vir Wikus (Afrikaans, Paperback): Kobus Maree Proefwedstryd Vir Wikus (Afrikaans, Paperback)
Kobus Maree
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Wikus Lombaard is 'n nice ou. Hy is kaptein van die eerste rugbyspan en met sy dodelike skopskoen het hy sy span al meermale uit die verknorsing gered. En sy meisie, Marissa, is die mooiste in die skool. En al sukkel Wikus nou so 'n bietjie met die wiskunde, is dit ook nie die ergste nie. Met Marissa by hom en die rugby wat voorle, is dinge doodreg – hy weet mos immers waaroor dit gaan in die lewe, veral noudat hy in die vakansie met sy suster se vriendin gevry het – behoorlik gevry. All-the-way. Maar in hierdie laaste skooljaar van hom, kort voor sy deelname aan die Cravenweek, loop dinge skeef. Lelik skeef. Vir die eerste keer ontdek Wikus dat die lewe ook reels het. En dat dit nie net in rugby is dat 'n ou van die veld afgejaag kan word nie.

Die Avonture van Kuifie: Die Tempel van die Son (Afrikaans, Paperback): Herge Die Avonture van Kuifie: Die Tempel van die Son (Afrikaans, Paperback)
Herge
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 4 - 8 working days
Asterix en die Koperpot (Afrikaans, Paperback): Rene Goscinny Asterix en die Koperpot (Afrikaans, Paperback)
Rene Goscinny; Illustrated by Albert Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 4 - 8 working days

Die Galliese stamhoof, Tweegesix, vra vir Allamapstix om sy koperpot vol geld te bewaar en uit die Romeine se hande te hou. Asterix hou wag by die pot, maar dit en die geld word gesteel. Asterix en Obelix moet nou maniere vind om geld in te bring sodat hulle die skade aan Tweegesix kan terugbetaal. Hulle doen enigiets: neem deel aan gladiatorkompetisies, is akteurs in ’n teaterproduksie en beroof selfs ’n bank! Sal hulle die geld kan terugbetaal en uitvind wie sit eintlik agter die kroekspul? Asterix en die koperpot is die 13de boek in die gewilde Asterix-reeks.

Vyf En 'n Tweede Avontuur (Afrikaans, Paperback): Enid Blyton Vyf En 'n Tweede Avontuur (Afrikaans, Paperback)
Enid Blyton; Translated by Amelia de Vaal
R219 Discovery Miles 2 190 Ships in 4 - 8 working days

Toe die vyf vriende ’n antieke kaart ontdek wat hulle na ’n geheime paadjie lei, kan hulle skaars wag om verdere ondersoek in te stel. Dan verdwyn oom Quentin se belangrike dokumente, en die soektog ontaard in ’n ware skattejag. George en Timmy het hond se gedagtes oor wie nou eintlik die skurk is ... maar kan die vyf vriende saamwerk om die raaisel op te los?

Die vloot van verwoesting (Afrikaans, Paperback): Gerrie Radloff Die vloot van verwoesting (Afrikaans, Paperback)
Gerrie Radloff; Illustrated by Douw van Heerden; Edited by Talita van Graan
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Droombos (Afrikaans, CD-ROM): Annelize Bester Droombos (Afrikaans, CD-ROM)
Annelize Bester
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Diep, diep in die hart van Droombos, daar waar net bosdiertjies, feetjies en kabouters woon en waar kindertjies net in hul drome kan kom, het daar eendag 'n baie spesiale lelie begin blom ... Maak toe jou ogies, luister fyn en kom kuier saam in Droombos. Volume 1: Droombos se nuwe prinsessie; Reenboogfeetjie se ongeluk; Talienkie Tandmuis en die dief; Klaas Vakie se lang nag; Diep in Droombos ...

Die Tydtrein (Afrikaans, Paperback): Jenny Jinks Die Tydtrein (Afrikaans, Paperback)
Jenny Jinks; Illustrated by Letizia Rizzo
R70 R65 Discovery Miles 650 Save R5 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Lekker lawwe lagboek - Uitgesoekte grappe vir kinders van alle ouderdomme (Afrikaans, Paperback): Maritha Snyman Lekker lawwe lagboek - Uitgesoekte grappe vir kinders van alle ouderdomme (Afrikaans, Paperback)
Maritha Snyman; Illustrated by Nico Meyer; Edited by Francois Maree
R90 R84 Discovery Miles 840 Save R6 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Hoe skiet mens n pienk olifant? Hoekom kan 'n spook nie leuens vertel nie? Hoe vertaal n mens "jy mors papier" in Engels? Watter soort renoster het die kleinste ore? Wat het die seekat vir sy meisie gese? Wil jy Weet? Nou waarvoor wag jy? Lekker lawwe lagboek omnibus 1 het al die antwoorde: Dit bevat die eerste twee boeke in die reeks.

Spanmaats (Afrikaans, Paperback): Refiloe Moahloli Spanmaats (Afrikaans, Paperback)
Refiloe Moahloli
R140 R127 Discovery Miles 1 270 Save R13 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Morena loves his new school! There are so many fun extramural activities and games to play that he and his friends have set up their own championship. Before school starts and at break Morena and his friends plays marbles, cards, soccer and shoot hoops. After school they take the soccer online or jump into go-karts. Morena is determined to get all the points! But it isn't just sports that he excels at, he can come up with a rap song on the spot and has a hilarious idea for an assignment that involves bringing your favourite traditional food to school. He can't wait to see the teacher's reaction after the whole class experiences the effects of eating samp and beans! If there's one thing Morena takes seriously it is being the captain of his school's softball team. He is good at pitching and his twin sister Rorisang is an excellent batter. But their team keeps losing! Morena isn't scared of a challenge, he'll try his best at any game to be a superstar. How can he help his team to do their best? A heart-warming story that celebrates family, friendship and working together. The book is also available in isiZulu, isiXhosa and Afrikaans.

Skeur (Afrikaans, Paperback): Carel van Rooyen Skeur (Afrikaans, Paperback)
Carel van Rooyen
R225 R211 Discovery Miles 2 110 Save R14 (6%) In Stock

Dis nie asof Maria elke dag oor die toekoms droom nie; sy het egter altyd gedink hulle het darem een. Maar nou is die verlede al wat daar is. Hulle voorspel die Nightshifts gaan alles vernietig. Vrydag 21 Julie is dalk die laaste dag. Die dag waarop Luan haar nooi na ’n kuier by sy huis saam met die skool se gewildste kinders. Maar ken sy enige van hulle werklik? Ken sy haarself? Onder die regte omstandighede kan enigiemand gevaarlik wees. 

Die Rietrotte En Die Rotsgrot - Die Rietrotte: Boek 7 (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Die Rietrotte En Die Rotsgrot - Die Rietrotte: Boek 7 (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 4 - 8 working days

Daniël en sy vriende is al weer in die moeilikheid – hierdie keer by Peet én juffrou Faure. Hoe het hulle dit reggekry om die ergste matriekou en die ergste juffrou al twee gelyk teen hulle te hê?

Gelukkig nooi Antonie se pa hulle vir die naweek Kaap toe, sommer al van die Donderdagaand af. Hulle almal sien uit na ’n sorgelose naweek by die see, weg van hulle aartsvyande.

Maar daar gaan iets vreemds aan by die rotsgrot in die baai langsaan, en hulle gaan stel ondersoek in op ’n mistige middag …

Die verraaier (Afrikaans, Paperback): Gerrie Radloff Die verraaier (Afrikaans, Paperback)
Gerrie Radloff; Illustrated by Douw van Heerden; Edited by Francois Maree
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.

Nicole & Appelliefie 2: Die Heel Beste Geskenk (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Nicole & Appelliefie 2: Die Heel Beste Geskenk (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens
R100 R91 Discovery Miles 910 Save R9 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Nicole en Pappa trek in ’n nuwe huis in Kaapstad in ná die dood van haar ma. Die nuwe huis voel vreemd en leeg, en Nicole mis vir Mamma vreeslik.

Wanneer Nicole verjaar, neem Pappa haar na die middestad om roomys te eet en vir haar nuwe skoene te koop. Hier ontdek hulle ’n beseerde gansie wat hulle saamneem huis toe.

Hulle bure help Om die gansie gesond te kry en sommer gou voel die nuwe huis en straat soos ‘n ware tuiste.

Die Boomhuis Met 78 Vloere - Moe-Wie Malligheid (Afrikaans, Paperback): Andy Griffiths Die Boomhuis Met 78 Vloere - Moe-Wie Malligheid (Afrikaans, Paperback)
Andy Griffiths; Illustrated by Terry Denton
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 4 - 8 working days
Skrik Kom Huis Toe (Afrikaans, Paperback, 3rd ed): Dolf van Niekerk Skrik Kom Huis Toe (Afrikaans, Paperback, 3rd ed)
Dolf van Niekerk
R63 Discovery Miles 630 Ships in 4 - 8 working days

'n Jeugverhaal wat ook geskik is vir volwassenes. Met Dolf van Niekerk se intieme kennis van die kind, skryf hy vanuit 'n kind se oogpunt oor “die buitestaander/outcast”. Verskeie kwessies wat 'n kind na aan die hart le word aangeraak, soos: gebroke families, tekort aan aandag en liefde, drome en standvastigheid. Albert is eensaam. Hy kom uit 'n gebroke huis waar daar baie gehuil en min gelag word. Hy ken nie sy stiefma nie en dis asof sy pa net 'n kuiergas in die huis is. 'n Posduif bring nuwe hoop en opwinding in sy lewe. Die tuin word sy veilige hawe – die plek waar hy net homself kan wees en vrylik mag liefhe. 'n Jeugboek wat meer as net 'n ontspanningsboek is. As jou kind hierdie eers gelees het, sal sy vir die res van haar lewe opkyk as sy die geruis van duifvlerke hoor. Sy sal deernis he met haar maats wat uit gebroke huise kom, want sy sal besef dat hulle dit nie maklik in die lewe het nie. Sy sal nooit net niks kan voel as sy 'n dooie posduif in die pad sien le nie. As sy dikbek of sleg voel, sal sy uitwyk na die stilte van die tuin. En as iemand haar drome bedreig, sal sy hulle op 'n afstand by die diere stilletjies sit en vloek. – Keina Swart

Asterix 12: Asterix by die Olimpiese Spele (Afrikaans, Paperback): Rene Goscinny Asterix 12: Asterix by die Olimpiese Spele (Afrikaans, Paperback)
Rene Goscinny; Illustrated by Albert Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 4 - 8 working days

Die atlete van die antieke wêreld kom in Athene bymekaar vir die Olimpiese Spele. Asterix en Obelix en die ander Galliërs skryf ook in, maar hulle beleef ’n terugslag: Die drink van towerdoepa is verbode, want dit is ’n opkikker. Kan die Galliërs die Olimpiese Spele wen sonder towerdoepa? En wat is die spesiale bestanddeel van die doepa wat staan in die hut waarvan die deur nie mooi sluit nie?

Asterix by die Olimpiese Spele is die 12de boek in die gewilde Asterix-reeks.

Peter Pan en Laurie (Afrikaans, Paperback): Marie Heese Peter Pan en Laurie (Afrikaans, Paperback)
Marie Heese; Edited by Marjorie van Heerden
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 4 - 8 working days

Meer as ’n honderd jaar nadat die boek Peter and Wendy deur J.M. Barrie in Engeland gepubliseer is, verskyn Marié Heese se opvolgstorie Peter Pan en Laurie by Protea Boekhuis in Suid-Afrika. Dit word gelyktydig in Engels en Afrikaans vrygestel, met sjarmante illustrasies deur Marjorie van Heerden. Marié Heese het reeds verskeie kinderstories gepubliseer en vertaal. In hierdie storie hou sy redelik naby aan die atmosfeer en verteltrant van die oorspronklike werk. Natuurlik is Peter nog net soos hy was, avontuurlik en vry, maar die meisie wat hy dié keer na die Nimmerland met hom saamneem, is ietwat anders as die moederlike Wendy. Sy nuwe feetjie-maat heet Klokkelokkies. Daar is ander Verlore Seuns, en ander vyande om te trotseer, veral die groteske reus, Half-gevreet, leier van die Grillergaaie, wat net ’n halwe kop het en die ore van sy oorwonne vyande pekel, aan ’n tou om sy nek hang en kou. Hy soek Peter se ore vir sy versameling. En daar is dinosaurusse wat die eiland wil oorneem …

Asterix en die Hoofman se Skild (Afrikaans, Paperback): Rene Goscinny Asterix en die Hoofman se Skild (Afrikaans, Paperback)
Rene Goscinny; Illustrated by Albert Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois 1
R190 R173 Discovery Miles 1 730 Save R17 (9%) Ships in 4 - 8 working days

Jare gelede is Vercingetorix by Alesia verslaan en Gallie is amptelik oorwin...'n teer onderwerp waaroor die Alesiers (of sal ons se Alesjiers) nie graag praat nie. Tydens hierdie oorwinning het Vercingetorix sy skild aan Caesar se voete neergewerp (letterlik), en sedertdien is dit nooit weer gesien nie...En word dit dus 'n gesogte voorwerp waarna nie net Caesar nie, maar ook ons Galliese helde soek. Hulle soektog neem hulle na interessante plekke en elkeen het 'n storie om te vertel oor wat van die beroemde skild geword het. Hul begin te wonder of hul ooit in die regte hoop houtskool soek! Dalk is die skild nie so ver weg van hulle soos hulle dink nie...

Lillie die heksie en die moeilike draakeksamen: Boek 17 (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie en die moeilike draakeksamen: Boek 17 (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R193 Discovery Miles 1 930 Ships in 4 - 8 working days

Lillie besluit om weer ’n keer haar draakvriendjie, Hektor, te besoek. Daar gekom is die arme drake skoon geel van stres ... Drie groot draakeksamen le vir hom voor en hy oefen verwoed om elke item te slaag. Met die eet soveel as wat jy kan-item het Hektor geen probleem nie: so klein soos hy is, het hy die aptyt van ’n beer. Maar die lekkerbekkigheid het nadele! Met sy ronde boepens sukkel sy klein vlerkies om hom in die lug te hou – en die belangrikste toets is natuurlik wie die hoogste en vinnigste kan vlieg. Hekse word nie toegelaat by die eksamen nie, maar onse Lillie is nie sommer enige heksie nie en sy laat nooit haar vriende in die steek nie.

Asterix en die Speelplek van die Gode (Afrikaans, Paperback): Rene Goscinny Asterix en die Speelplek van die Gode (Afrikaans, Paperback)
Rene Goscinny; Illustrated by Albert Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R190 R173 Discovery Miles 1 730 Save R17 (9%) Ships in 4 - 8 working days

Julius Caesar is vasbeslote om Asterix-hulle se woud te ontbos en te omskep in 'n moderne woonkompleks vir die Romeine met die naam die speelplek van die Gode. Cosinus is die talentvolle jong argitek wat die projek onderneem en hy dryf die slawe om die bome uit te trek en te begin bou. Eers probeer Asterix-hulle die bouproses verhinder, maar besef dat die slawe benadeel word. Die Speelplek van die Gode word gebou en die Romeine trek in. Hoe gaan die Galliers hul geliefde woud met wildevarke terugkry?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Twa Die Tydloper
Anoeschka Von Meck Paperback R320 R295 Discovery Miles 2 950
Kanniedood - Branderjaer-Sage: Boek 3
Joha van Dyk Paperback R335 R314 Discovery Miles 3 140
Lottie Brooks 1: Die Pynlik Patetiese…
Katie Kirby Paperback R230 R195 Discovery Miles 1 950
Reënboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1)
Maritha Snyman, Lorraine Hattingh Paperback R250 R234 Discovery Miles 2 340
Asterix in Korsika
R. Goscinny Paperback R198 Discovery Miles 1 980
Harry Potter en die Kamer van…
J. K. Rowling Paperback R265 R249 Discovery Miles 2 490
Jakkals en Wolf 1 - 6 Lekkerlag Stories…
Wendy Maartens Paperback R230 R216 Discovery Miles 2 160
Dagboek Van 'n Wimpy Kid 18 - Leekoppie
Jeff Kinney Paperback R195 R180 Discovery Miles 1 800
Anderkant Die Blou
Zelda Bezuidenhout Paperback R170 R160 Discovery Miles 1 600
Saterdag Val Ek Vir Jou
Cecilia Steyn Paperback R220 R206 Discovery Miles 2 060

 

Partners