0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (36)
  • R50 - R100 (204)
  • R100 - R250 (1,089)
  • R250 - R500 (220)
  • R500+ (30)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Raaiselklip (Afrikaans, Paperback): Troula Goosen Raaiselklip (Afrikaans, Paperback)
Troula Goosen
R225 R211 Discovery Miles 2 110 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Gabriel skrik wakker in ’n donker kelder in ’n vreemde stad, sonder enige herinnering van hoe hy daar gekom het. Al wat hy weet is sy naam en dat hy in Amsterdam woon. Tot sy verbasing bevind hy hom in die Kaap van Storms, die VOC se ou halfwegstasie – en in die begrafplaas is ’n graf met sy naam en geboortedatum op. ’n Pragtige slawemeisie, Zytia, probeer hom help om uit te vind wie hy werklik is. Sy potloodsketse bring visioene van ’n Khoi seun en ’n vreemde klip. En Zytia se geheimsinnige meesteres soek sy bloed . . .

Grilgrypers 2: Web van die Mummie (Afrikaans, Paperback): Hugo De Wet Grilgrypers 2: Web van die Mummie (Afrikaans, Paperback)
Hugo De Wet
R199 R187 Discovery Miles 1 870 Save R12 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Pippa kry nog altyd nagmerries oor haar grootste vrees: spinnekoppe. Net voordat sy hulle plaas, Moordkuil, in die karoo verlaat om ’n nuwe skooljaar in ’n koshuis in die Paarl te begin, word die gemummifiseerde liggaam van ’n meisie in ’n bergskeur op die plaas ontdek. Is dit die liggaam van haar pa se vermiste suster? Tot Pippa se skok, is haar nuwe kamermaat gaande oor spinnekoppe. En hoekom voel dit asof die mummie haar skool toe gevolg het?

Die blou robyn (Afrikaans, Paperback): Gerrie Radloff Die blou robyn (Afrikaans, Paperback)
Gerrie Radloff; Illustrated by Douw van Heerden
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Nina en die Crazy Klere (Afrikaans, Paperback): Elizbe Van Der Colff Nina en die Crazy Klere (Afrikaans, Paperback)
Elizbe Van Der Colff
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Nina en Jessie woon die Eksotiese Eksperimente Ekspo by. Dit is die beste ooit! Hulle verkyk hulle aan al die slim uitvindings. Die pet het ook saamgekom, want Nina wil die briljante professor Crower vra om dit te ondersoek. Daar is dalk 'n wetenskaplike verklaring vir die pet se kragte. Maar dan raak die pet weg . . .

Obelix & Kie (Afrikaans, Paperback): Rene Goscinny Obelix & Kie (Afrikaans, Paperback)
Rene Goscinny; Illustrated by Albert Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 4 - 8 working days
Blinde Sambok (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Blinde Sambok (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers
R195 R183 Discovery Miles 1 830 Save R12 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Gideonette onthou alles van die dag toe sy gebore is tot in die fynste besonderhede. Hoe almal gesê het hulle het nie hoop vir hierdie bondeltjie sprinkaanbene nie. En hoe sy besluit het sy WIL LEWE en hulle almal verkeerd bewys het. Dit is dan ook die eienskap wat haar deur haar kinderjare en grootwordjare kenmerk: haar veggees. Selfs wanneer rampe die gesin tref en die mense van die omgewing weer onder mekaar begin fluister van die vloek wat op die familie rus. Deur alles heen veg sy voort vir 'n beter lewe, en op die ou einde is die leser saam met haar bly wanneer dit duidelik word dat die lewe vorentoe vir haar gaan glimlag. 'n Buitengewone boek propvol lewe en vitaliteit.

ATKV-kinderboekprys vir 10-12 jaar (2003)

Stormkind (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Stormkind (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers 1
R345 R324 Discovery Miles 3 240 Save R21 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Jana is net drie jaar oud toe haar ma tydens ’n besoek aan Ierland spoorloos verdwyn. Op die Bolandse wynplaas Stormkloof treur KleinStorm oor sy pragtige vrou wat hom met haar fluitmusiek betower het. Jana verlang ook na haar ma. Snags roep die wind haar buitentoe, dieselfde wind wat ’n hele huis kan optel en anderkant die berge kan neersit. Maar Jana is nie bang vir die storm nie. As sy mooi na die wind luister, hoor sy die soet, hoë note van haar ma se fluit. Een so ’n stormnag ontmoet Jana vir !X’uri − ’n klein dogtertjie, bruin soos klip, met net ’n velletjie om haar heupe en ’n wit stringetjie krale om haar nek. !X’uri kom uit ’n gat in die grond waar die groot olienhoutboom se wortels eens was. !X’uri het gekom omdat dit tyd is om Jana se ma te soek.

Stormkind is ’n betowerende, liriese verhaal oor verlies, vergifnis en die kulturele erfenis van die Boesmans.

Trompie Omnibus 6 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Topsy Smith Trompie Omnibus 6 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Topsy Smith
R235 R221 Discovery Miles 2 210 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word. Hierdie omnibus bevat nog drie gewilde Trompie-stories.

Saartjie Omnibus 6 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Bettie Naude Saartjie Omnibus 6 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Bettie Naude
R235 R221 Discovery Miles 2 210 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Daar kuier ’n seun in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie.

Saartjie Omnibus 6 sluit die volgende gewilde stories in:

Saartjie se moleste (#16)

Saartjie se dagboek (#17)

Saartjie se gevaar (#18)

My storie-skatkis (Afrikaans, Hardcover): Francois Ruyer My storie-skatkis (Afrikaans, Hardcover)
Francois Ruyer; Fantasi-Paneel Fantasi-Paneel
R275 R254 Discovery Miles 2 540 Save R21 (8%) Ships in 5 - 10 working days
Maanlig-meermin (Afrikaans, Paperback): Troula Goosen Maanlig-meermin (Afrikaans, Paperback)
Troula Goosen
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Kate se pa kanselleer hulle Durban-vakansie en sleep haar saam na Kaimanskuil, ’n plaas in die Klein-Karoo waar hy grootgeword het. Sommer met die intrapslag gee die spokerige plaas en sy weird mense Kate koue rillings, maar stormweer laat die drif afkom en hulle is vasgekeer. In die donker kloof agter die opstal word Kate se tergende vrae beantwoord: Skuil daar regtig ’n meermin in die riviere van die Klein-Karoo? En wat het sy met haar, Kate, te doen?

Nicole & Appelliefie 1: Die Nuwe Maat (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Nicole & Appelliefie 1: Die Nuwe Maat (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens
R100 R91 Discovery Miles 910 Save R9 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Nicole en Pappa is mal oor hulle nuwe buurt en hulle het reeds ‘n klomp vriende gemaak. Daar is oom Samsodien met die mooi roostuin, tannie Bets met die poedels, die Masango-gesin met die twee klein dogtertjies, mevrou Carboni en haar kleinseun Luca met sy rekenaar en kitaar, die veearts en haar ontvangsdame, Simon in die rolstoel, en die busbestuurder wat elke dag vir Simon na sy toe skool neem.

Maar Nicole het steeds nie ’n maat van haar eie ouderdom nie. Iemand wat sy haar BESTE maat kan noem. Dan kom Zintle huis toe vir die skoolvakansie. Sy woon oorkant Nicole-hulle en al is sy blind, is sy baie onafhanklik en groot pret. Saam bou die twee maats vir Appelliefie ’n dam, maar hulle kry stry wanneer Nicole vir Zintle met alles probeer help, selfs met die dinge wat sy self kan doen. Asof dit nie genoeg is nie, is daar ook ’n droogte in Kaapstad. Hoe op aarde gaan hulle genoeg water kry om die dam vol te maak? Gelukkig is daar altyd hulp in ’n buurt soos hulle s’n …

Blits: Perlemoendiewe (Afrikaans, Paperback): Nedine Blom, Adriaan Blom Blits: Perlemoendiewe (Afrikaans, Paperback)
Nedine Blom, Adriaan Blom
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Hannes Joubert en sy Melkbosmaats word betrek by 'n permeloenstroopsindikaat op hulle dorp. Hannes en Zander lei 'n sorgelose longboard-lewe van surf en elke Vrydag milkshakes drink by Goofies, waar hulle vriendin Luna na skool waitress. Zander en Hannes merk een middag 'n paneelwa sonder nommerplate op. Hannes se speurinstink skop in en hulle volg die kar tot by die see, waar verdagte mans uitklim met staalmesse en nette. Die volgende oomblik is hulle vasgebind agterin die paneelwa!

Bennie Boekwurm Vertel Lekker Stories 2 (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Bennie Boekwurm Vertel Lekker Stories 2 (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Bennie Boekwurm woon in sy tonnelhuisie in die Wielie Walie-parkie, waar hy vir die kinders boeke lees. In hierdie pragtig-geillustreerde boek vertel Bennie nog vier heerlike stories: Miesie Muis bak 'n verjaardagkoek, Ouma kry 'n hondjie, Babet By leer dans en Tokka Kabouter maak grappies! 'n Heerlike opvolg op die eerste topverkoper ?Bennie Boekwurm vertel lekker stories? met een van Suid-Afrika se gewildste en mees ikoniese kinderkarakters.

Tienerharte 4: Hartsnaar (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Tienerharte 4: Hartsnaar (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Sophia en Noah is al beste vriende vandat hulle in doeke is. In hulle matriekjaar lewe Sophia vir haar ballet en Noah spandeer meeste van sy tyd met sy kitaar. Maar hoe gaan Noah vir haar vertel hy is verlief op haar, sonder om hulle vriendskap op te foeter? En wat weet 'n nerd nou van 'n meisie se voete onder haar uitslaan? Wanneer Sophia 'n geleentheid kry om in Londen te gaan dans, is dit dalk Noah laaste kans. Die vierde titel in hierdie gewilde romantiese reeks.

Asterix: Caesar Se Geskenk (Afrikaans, Paperback): Rene Goscinny Asterix: Caesar Se Geskenk (Afrikaans, Paperback)
Rene Goscinny; Illustrated by Albert Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 4 - 8 working days

Toe legioensoldaat Romeomontagus by Caesar die titelakte kry van ’n Galliese dorpie in Armorica, verruil hy die dorpie aan die herbergier Ortopedix as betaling vir sy drankrekening. Ortopedix is baie opgewonde om te trek na die dorpie wat hy gekoop het.

Maar toe hy, sy vrou Aspirien en dogter Corenza daar aankom, rol hoofman Allamapstix van die lag oor die dorpie wat Caesar kwansuis verkoop het ...

Dagboek Van 'n Wimpy Kid 12: Wegkomkans (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek Van 'n Wimpy Kid 12: Wegkomkans (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney
R195 R180 Discovery Miles 1 800 Save R15 (8%) In Stock

Greg Heffley en sy gesin kies koers uit die dorp. Met die koue weer en die druk van die naderende vakansietyd, besluit die Heffleys om na ’n oord op ’n tropiese eiland te ontvlug om ’n slaggie te rus en uit te span. ’n Paar dae in die paradys behoort wondere vir Greg en sy doodmoeë gesin te verrig.
 
Maar die Heffl eys ontdek spoedig die paradys is nie alles wat mens daarvan hoor nie. Sonsteek, ’n maagaandoening en giftige goggas dreig om die gesin se vakansie te bederf.
 
Kan hulle reis gered word, of gaan hierdie eilandbesoek op ’n ramp uitloop?

Trompie Omnibus 5 (Afrikaans, Paperback): Topsy Smith Trompie Omnibus 5 (Afrikaans, Paperback)
Topsy Smith
R235 R221 Discovery Miles 2 210 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie wil 'n seun se krieketkolf leen, maar hy moet mooi met die suinige ryk seun onderhandel om sy kolf vir hom te leen sodat Kwaggaberg se seuns kan gaan krieket speel.

Saartjie Omnibus 5 (Afrikaans, Paperback): Bettie Naude Saartjie Omnibus 5 (Afrikaans, Paperback)
Bettie Naude
R235 R221 Discovery Miles 2 210 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Daar kuier ’n seun in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.

Lotta Se Lewe 7: Die Lama-Drama (Afrikaans, Paperback): Alice Pantermuller Lotta Se Lewe 7: Die Lama-Drama (Afrikaans, Paperback)
Alice Pantermuller 1
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Lotta se klas gaan op ’n uitstappie na ’n veldskool op ’n eiland. Die plek behoort aan ’n regte baron en sy vrou, en daar is baie diere: meeue, visse, perde, en selfs ’n lama. Maar daar’s ook ’n groep ongeskikte ouer kinders wat hulle aanhoudend boelie - veral vir Paul. Gelukkig het Lotta haar ANTI-BERENICE-SPROEI ingepak ...en haar blokfluit. Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings!

Lotta Se Lewe 6: Vent of Vriend? (Afrikaans, Paperback): Alice Pantermuller Lotta Se Lewe 6: Vent of Vriend? (Afrikaans, Paperback)
Alice Pantermuller
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Daar's 'n nuwe outjie in Lotta se klas. Sy naam is Remi en hy kom uit Frankryk en eet brood met stink kaas op. Juffrou Knacker laat hom boonop tussen Lotta en Chantelle sit. Chantelle dink hy is oulik en sê kort-kort: "O, la, la!" maar Lotta hou niks van die vent nie. Want hy is so simpel om elke dag vir haar 'n presentjies te bring. Sy gaan beslis van Remi ontslae raak. As dit moet, sal sy haar towerfluit gebruik.

Dit is die een katastrofe na die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is reeds uiters gewild onder talle jong aanhangers en die sesde boek in die reeks beloof selfs groter pret en verrassings.

Asterix En Die Groot Oorvaart (Afrikaans, Paperback): Rene Goscinny Asterix En Die Groot Oorvaart (Afrikaans, Paperback)
Rene Goscinny; Illustrated by Albert Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 4 - 8 working days
Minki In Die Middel (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Minki In Die Middel (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R130 R118 Discovery Miles 1 180 Save R12 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Minki het twee beste maats - Natalie en Lara. Natalie is mal oor ponies en gaan aan ’n perdrykompetisie deelneem waar die ruiters en hul ponies soos sprokieskarakters moet aantrek. Lara neem danslesse en eendag as sy groot is, wil sy ’n ballerina of ’n hiphop-danser word. Wanneer sy hoor van ’n danskompetisie by die winkelsentrum, skryf sy dadelik in.

Minki belowe albei haar maats dat sy hulle sal kom ondersteun, maar dis is net een probleem … die perdrykompetisie en die danskompetisie vind op presies dieselfde tyd plaas. Skielik voel Minki asof sy in die middel van ’n toutrekkompetisie tussen haar twee beste maats beland het. Hoe gaan sy ooit tussen Natalie en Lara kan kies?

Die Twakke (Afrikaans, Paperback): Roald Dahl Die Twakke (Afrikaans, Paperback)
Roald Dahl; Illustrated by Quentin Blake; Translated by Kobus Geldenhuys
R215 R202 Discovery Miles 2 020 Save R13 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Mnr. Twak is ’n stink en mislike man met stukkies graanvlokkies en sardientjies in sy baard. Mev. Twak is ’n aaklige ou heks met ’n glasoog. Hulle hou die apie Moggelwomp en sy gesin al gans te lank gevange in ’n hok in die tuin en nou wil die apies WRAAK neem . . . Hierdie klassieke verhaal is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar, met briljante vertaling deur Kobus Geldenhuys.

Charlie en die Sjokoladefabriek (Afrikaans, Paperback): Roald Dahl Charlie en die Sjokoladefabriek (Afrikaans, Paperback)
Roald Dahl
R255 R207 Discovery Miles 2 070 Save R48 (19%) Ships in 4 - 8 working days

Charlie Bucket hoor dat die wonderlike sjokoladefabriek se misterieuse eienaar, Willie Wonka, ’n Goue Kaartjie gaan gee wat ’n paar gelukkiges deur die hekke van die fabriek gaan neem. Hy wens met sy hele hart dat hy ’n kaartjie sal wen – en dan gebeur dit! Dit blyk die fabriek is nie net ’n lekkergoed- en sjokoladehemel nie en Charlie word vasgevang in die soetste avontuur! Nuwe uitgawes van hierdie klassieke werke herdenk Roald Dahl se 100ste verjaardag in 2016.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Antimicrobial Susceptibility Testing…
James A. Poupard, Lori R. Walsh, … Hardcover R4,463 Discovery Miles 44 630
Adjudicating Revolution - Courts and…
Richard S. Kay, Joel I. Colon-Rios Hardcover R3,134 Discovery Miles 31 340
The Teacher As Classroom Manager
S.A. Coetzee, E.J. van Niekerk Paperback R218 Discovery Miles 2 180
Autonomy and Self-determination…
Peter Hilpold Hardcover R4,028 Discovery Miles 40 280
The Communication Friendly Spaces…
Elizabeth Jarman Hardcover R747 Discovery Miles 7 470
Populism's Power - Radical Grassroots…
Laura Grattan Hardcover R3,796 Discovery Miles 37 960
Violence. Speed. Momentum.
DisRespect Paperback R434 R402 Discovery Miles 4 020
Referendums Around the World - The…
Matt Qvortrup Hardcover R2,014 Discovery Miles 20 140
Human Neuroanatomy
James R. Augustine Hardcover R2,184 Discovery Miles 21 840
Smoking and Reproduction - A…
Ernest L. Abel Hardcover R1,369 Discovery Miles 13 690

 

Partners