0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (177)
  • R100 - R250 (795)
  • R250 - R500 (255)
  • R500+ (23)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Lillie die heksie in Wonderland: Boek 18 (Afrikaans, Hardcover): Amelia de Vaal Lillie die heksie in Wonderland: Boek 18 (Afrikaans, Hardcover)
Amelia de Vaal; Knister
R225 Discovery Miles 2 250 Ships in 4 - 6 working days

Vir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie oor kinderboekrakke dwarsoor die wereld. Met totale wereldwye verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse harte gaan verower nie! Die selfleesboekies is gemik om agtjariges en ouer. Lillie is uit haar vel uit van blydskap toe sy ’n mikroskoop vir haar verjaarsdag kry. Sy wil dit al so lank he! Wanneer sy ’n sneeuvlokkie onder die lens plaas, is sy stomgeslaan oor die prag en wil noodgedwonge ’n land van sneeu en ys besoek. Met die heksesprong beland sy in Wonderland. Maar iets is daar nie pluis nie. Die koning het vermis geraak en Somer- en Lenteland word stadig maar seker al hoe kouer. Winter neem oor. En gerugte van ’n wrede vors doen die rondte. Lillie en Hektor, haar draakvriendjie, gaan ondersoek instel.

Hoe Om Jou Draak Te Tem 11: Hoe Om 'n Draak Se Held Te Verraai (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Hoe Om Jou Draak Te Tem 11: Hoe Om 'n Draak Se Held Te Verraai (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldernhuys
R236 Discovery Miles 2 360 Ships in 4 - 6 working days

Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde was 'n swaardvegter, draak¬fluisteraar en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Maar die reeks gaan oor toe hy nog gesukkel het om 'n held te wees. Kinders wat DreamWorks se film How To Train your Dragon uit 2010 onthou, kan Hiccup (oftewel Harwarrus) se avonture nou in Afrikaans lees!. Harwarrus moet die koning van die Wilderweste word. Kan hy die heks se Vampier-spioendrake uitoorle en boonop voor Joelfees se Dag van Doem die koning se verlore toebehore by Alvin terugsteel? En is daar 'n bedrieer in Harwarrus se kamp wat hulle almal op die ou end gaan verraai?

Grobbelaartjie Van Velskoendorp (Afrikaans, Hardcover): Oskar Prozesky Grobbelaartjie Van Velskoendorp (Afrikaans, Hardcover)
Oskar Prozesky 2
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days

Grobbelaartjie, 'n jong bosvarkie, is van sy ouers se plaas af op pad na Velskoendorp om sy fortuin te soek. Op sy reis ontmoet hy verskeie uiteenlopende karakters, maak nuwe vriende (en vyande) en beland in talle vreemde situasies. Met hierdie speelse en verbeeldingryke teks skep die skrywer 'n fantasiewereld waar dier en mens saam kan boer en waar 'n bosvarkie 'n reuseverskil kan maak. Die volwasse leser sal die tong-in-die-kies sosiale kommentaar waardeer, terwyl jonger lesers hulle sal inleef in die asemrowende avonture van dapper Grobbelaartjie.

Lotta Se Lewe 7: Die Lama-Drama (Afrikaans, Paperback): Alice Pantermuller Lotta Se Lewe 7: Die Lama-Drama (Afrikaans, Paperback)
Alice Pantermuller 1
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 15 - 17 working days

Lotta se klas gaan op ’n uitstappie na ’n veldskool op ’n eiland. Die plek behoort aan ’n regte baron en sy vrou, en daar is baie diere: meeue, visse, perde, en selfs ’n lama. Maar daar’s ook ’n groep ongeskikte ouer kinders wat hulle aanhoudend boelie - veral vir Paul. Gelukkig het Lotta haar ANTI-BERENICE-SPROEI ingepak ...en haar blokfluit. Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings!

Lillie die heksie en die wilde Indiaan-avontuur (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie en die wilde Indiaan-avontuur (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Illustrated by Birgit Rieger; Translated by Amelia de Vaal
R225 Discovery Miles 2 250 Ships in 4 - 6 working days

Ontsteltenis in Bourbontown: as die Drie Tornado's agter slot en grendel is, kan dit tog net die Rooihuide wees wat die dorpenaars so rot en kaal steel? Sal Lillie en Milla Tortilla agter die kap van die byl kom – of self hul kopvelle verloor?

Juffrou Goth 1: Juffrou Goth en die Spookmuis (Afrikaans, Paperback): Chris Riddell Juffrou Goth 1: Juffrou Goth en die Spookmuis (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddell; Illustrated by Chris Riddell; Translated by Kobus Geldenhuys
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 6 working days

Ada Goth is die enigste kind van Lord Goth. Hulle woon saam in die reusagtige Ghastly-Gorm Hall. Lord Goth glo dat kinders gehoor maar nie gesien mag word nie, en laat Ada groot lomp stewels dra sodat hy haar altyd kan hoor wanneer sy naderkom. Dit maak dir vir haar moeilik om vriende te maak en sy is eintlik baie eensaam. Een dag kom Emily en William Cabbage by hulle bly, en saam met ’n spookagtige muis met die naam Ishmael begin hulle om agter die kap van die byl te kom van dit wat die geheimsinnige opsigter Maltravers probeer konkel. Ada en haar vriende moet saamwerk om ’n stokkie voor sy nare planne te steek voordat dit te laat is!

Die klein spokie (Afrikaans, Hardcover): Otfried Preussler Die klein spokie (Afrikaans, Hardcover)
Otfried Preussler; Translated by Amelia de Vaal
R236 Discovery Miles 2 360 Ships in 4 - 6 working days

Elke nag wanneer die raadhuishorlosie van Uilenburg twaalfuur slaan, word die klein spokie wakker. Hy speel en baljaar al om die kasteel en vergaap hom aan die stad in die silwer maanskyn. Een middernag uiter hy sy wens aan sy vriend Oehoe-Sjoehoe dat hy tog so graag die stad in die daglig sou wou sien en, ondanks sy vriend se waarskuwings, probeer hy sy droom bewaarheid. Wanneer sy droom onverwags waar word een dag, is dit nie soos hy dit gewens het nie en allerhande snaakse dinge speel hul af in die stad Uilenburg! Te danke aan die sukses van hierdie verhaal, het die Duitse media in 2013 'n rolprent daarvan vervaardig wat in 2013 verskyn het as Das kleiner Gespenst.

Braakland Van Die Bose (Afrikaans, Paperback): H.S. van Blerk Braakland Van Die Bose (Afrikaans, Paperback)
H.S. van Blerk
R98 Discovery Miles 980 Ships in 4 - 6 working days

Naas Ferreira is 'n maer seun van so veertien, vyftien jaar; ’n seun met ’n honger gesig en oe wat plattrek van die gedurig in die skerp sonlig kyk. Maar dit is nie al aan hom wat opval nie. Eintlik sien mens heel eerste sy kort nek, sy hoe borsbene en die groot bult onder sy hemp op die skof van sy rug – die boggel wat hom in die oe van sy stief-familie op die plaas Doornrug ’n monster, 'n gedrog, 'n aapgesig maak. Maar op Doornrug gebeur geheimsinnige dinge – onverklaarbare dinge wat reeds lank voor Naas se koms die verhouding tussen die Lospers, die Bodemers en die Davels versuur het. Waarom is dit so al of Oemfaan, die spierwit bul met sy nors gevreet, dwarsdeur hom kan sien? Wat beteken die die bose gesig en die koue oe van die ou man Mtwetwe? En Cornelia? Het die mooie Cornelia dan twee persoonlikhede? Die een Cornelia het hy lief … maar die ander; die een wat saans oor Doornrug se werf dwaal …

Die 3 Van Ons (Afrikaans, Paperback): Zelda Bezuidenhout Die 3 Van Ons (Afrikaans, Paperback)
Zelda Bezuidenhout
R160 R145 Discovery Miles 1 450 Save R15 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Ek en Azlynn kyk vir mekaar. Dis nou interessante nuus. Daar's 'n nuwe meisie in die buurt, sy's so oud soos ons en boonop gaan sy in ons skool wees. Ek kan sien hoe opgewonde dit vir Azlynn maak. Haar oë vonkel en sy glimlag breed.

Maar ek is meer bang as opgewonde. Wat as dit 'n simpel meisie is? Of nog erger, wat as dit 'n wonderlike, superslim, vriendelike meisie is wat dadelik Azlynn se beste vriendin word? Wat as ek my graadsewejaar stoksielalleen moet deurgaan? My maag voel skielik hol...

Lillie die heksie en die geheime stad Atlantis (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie en die geheime stad Atlantis (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Illustrated by Birgit Rieger; Translated by Amelia de Vaal
R225 Discovery Miles 2 250 Ships in 4 - 6 working days

Lillie is al vir ’n geruime tyd ’n geheime heksie, maar niks kan haar voorberei op haar verrassende nuwe status nie: geheime ekspert-heksie! Skielik het sy toegang tot die wonderbaarlike Orfeustrap, waarmee sy na plekke kan reis wat sy gedink het net in fantasiee bestaan – soos die geheime stad Atlantis.

Die Goorste Week Ooit - Vrydag (Afrikaans, Paperback): Eva Amores, Matt Cosgrove Die Goorste Week Ooit - Vrydag (Afrikaans, Paperback)
Eva Amores, Matt Cosgrove
R239 Discovery Miles 2 390 Ships in 2 - 4 working days

Het jy al ooit ’n goor week gehad? Justin Chase het! Ná ’n gespartel en gespook lewe hy darem nog ná ’n taai Maandag, Dinsdag, Woensdag en Donderdag. Maar nou is dit . . . Vrydag!

Net toe Justin dink sy woeste week kan nie woester word nie, bereik hy ’n nuwe laagtepunt. ’n Onderaardse ontbering. Op die bodem van ’n gapende gat. Die donkerste, diepste dieptes. Maak jou reg vir ’n bibberboud-belewenis!

Chakalaka Uit 'n Blikkie (Afrikaans, Paperback): Sandy Schoeman Chakalaka Uit 'n Blikkie (Afrikaans, Paperback)
Sandy Schoeman
R279 Discovery Miles 2 790 Ships in 2 - 4 working days

Wanneer Helena se vervreemde pa toevallig by haar ma se werkplek inloop en sy besluit om hom vir onderhoud te dagvaar, gebeur daar iets wat hulle lewens onherroeplik verander. Soos 'n hedendaagse Aspoestertjie verruil Helena die gehawende wendyhuis op die plot vir al die luukses wat haar hart begeer. Maar selfs in hierdie idilliese bestaan kan Helena nie van die werklikhede van die lewe ontsnap nie.

Skool Vir Talente - Tweede Periode: Kragonderbreking (Afrikaans, Paperback): Silke Schellhammer Skool Vir Talente - Tweede Periode: Kragonderbreking (Afrikaans, Paperback)
Silke Schellhammer
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 5 - 7 working days

In die tweede boek in die reeks hou die kosskool hou 'n filmkompetisie en almal gebruik hulle talente om die wonderlikste tonele te skiet.

Alva en haar vriende wil baie graag wen, maar vreemde kragonderbrekings plaas die groot premieraand in gevaar.

Kan die vriendegroep betyds uitvind wie verantwoordelik is? En sal die geheimsinnige kennisgewingbord weer help om lig op die duisternis te werp?

Harry Potter en die Beker Vol Vuur (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Beker Vol Vuur (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R370 Discovery Miles 3 700 Ships in 15 - 17 working days

Die Drietowenaarstoernooi vind by Hogwarts plaas. Slegs towenaars wat ouer as sewentien is, mag inskryf – dit keer Harry egter nie om te droom dat hy die kompetisie eendag sal wen nie. Maar toe die Beker Vol Vuur op Allerheiligeaand die kampioene aanwys, is Harry verstom om te ontdek sy naam is een van dié wat uitgesoek word. Hy moet lewensgevaarlike take uitvoer en drake en Donker towenaars trotseer . . . Maar met sy beste vriende Ron en Hermione aan sy kant, mag hy dit dalk net oorleef . . .

Eerste Leesboeke: Zoem en Spring! Spring! (Afrikaans, Paperback): Alice Hemming Eerste Leesboeke: Zoem en Spring! Spring! (Afrikaans, Paperback)
Alice Hemming; Illustrated by Louise Forshaw
R70 R65 Discovery Miles 650 Save R5 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Klerukodes vir begeleide lees.

Daar is verskillende dkleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanbare standaard.

Jungu Josh 3: Die Waters Van Wafu (Afrikaans, Paperback): Constant Van Graan Jungu Josh 3: Die Waters Van Wafu (Afrikaans, Paperback)
Constant Van Graan
R283 Discovery Miles 2 830 Ships in 4 - 6 working days

Na die ontstellende gebeure by die viering van sy ma terugkeer, vlug Josh van Liba af weg. Op soek na slaapplek dwaal hy en Charlie die misterieuse Geelwoud binne. Hier vind Josh tydelik geluk wanneer die kinders van die Nuwe Jerusalem hulle in hulle boomdorpie laat bly. En Jandja, die tienerleier van die groep, is 'n seun soos hy. Maar Josh weet Kalimbula brand. Hy moet iets doen. Dan is daar nog vrae: Het Njeri hom regtig verraai? En wat lê agter tannie Verona se obsessie met die Wafu-water?

Die Geneser Kat - Afrikaans Edition of The Healer Cat (Afrikaans, Hardcover): Tuula Pere Die Geneser Kat - Afrikaans Edition of The Healer Cat (Afrikaans, Hardcover)
Tuula Pere; Illustrated by Klaudia Bezak; Translated by Victor Stols
R630 R577 Discovery Miles 5 770 Save R53 (8%) Out of stock
Die Seun in Die Rok (Afrikaans, Paperback): David Walliams Die Seun in Die Rok (Afrikaans, Paperback)
David Walliams; Illustrated by Quentin Blake
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

Dennis bly in ’n vervelige huis in ’n vervelige straat in ’n vervelige dorp. Maar hy gaan uitvind die lewe is allesbehalwe vervelig wanneer jy jou kop oopmaak! Jy sal lag, jy sal huil, en as jy Dennis eers ontmoet het, sal jy hom nooit vergeet nie …

Die Hemel Van Heivisj (Afrikaans, Paperback): Benny Lindenauf Die Hemel Van Heivisj (Afrikaans, Paperback)
Benny Lindenauf; Translated by Daniel Hugo
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days

Nederland, 1938. Fing Boon se droom stort in duie. In plaas van verder studeer om onderwyseres te word, moet sy by die Sigaarkeiser gaan werk. As oppasser – of eerder “betaalde vriendin” – vir die Sigaarkeiser se eienaardige niggie Liesl voel sy al hoe meer opstandig oor haar lot: vriendskap is tog nie iets wat ’n mens kan koop nie?

Uitspring, Kerels! (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Uitspring, Kerels! (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R94 Discovery Miles 940 Ships in 4 - 6 working days

Wanneer oom Fanie, ’n pa van nege lewenslustige seuns, se plaas te klein word, gee hy die opdrag: “Uitspring, kêrels!”.

Vir die ouer broers wat moet “uitspring” en hul eie potjie moet gaan krap, is hierdie woorde die begin van ’n groot avontuur. Maar om uit te spring is nie vir sommerso nie.

Waar gaan die seuns plase kry? Wat moet hulle op hulle waens laai? En sal hulle alles onthou wat oom Fanie hulle geleer het?

Borrelgom (Afrikaans, Paperback): Jana du Plessis Muller Borrelgom (Afrikaans, Paperback)
Jana du Plessis Muller
R265 Discovery Miles 2 650 Ships in 15 - 17 working days

Bea Malan, oftewel, Koningin Bea, vind met 'n skok uit haar ouers gaan skei en dat sy en haar ma na Johannesburg verhuis. Nou bevind sy haar tussen vreemde kinders in 'n stad wat sy nie ken nie en 'n skool wat sy nie verstaan nie. Maar namate haar geheim al swaarder op haar druk, beweeg sy nader daaraan om nuwe mense – en dinge – in haar lewe toe te laat. Sy sal moet grootword as sy nie wil toelaat dat die lewe haar soos borrelgom kou nie.

Die Aardigste Onnies op Aarde (Afrikaans, Paperback): David Walliams Die Aardigste Onnies op Aarde (Afrikaans, Paperback)
David Walliams; Illustrated by Tony Ross; Translated by Kobus Geldenhuys
R341 Discovery Miles 3 410 Ships in 4 - 6 working days
Lillie die heksie en die towerswaard (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie en die towerswaard (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Illustrated by Birgit Rieger; Translated by Amelia de Vaal
R225 Discovery Miles 2 250 Ships in 4 - 6 working days

Lillie beland in die skatkamer van ’n beleerde kasteel en soos die noodlot dit wil he, het die inwoners dringend haar hulp nodig. Maar die magtige Swart Ridder laat hom deur niemand keer nie. Sal Lillie hom met ’n towerswaard kan oorwin? En wat van die draak wat die swaard oppas?

En Toe Kom Tom (Afrikaans, Hardcover): Edward Van De Vendel En Toe Kom Tom (Afrikaans, Hardcover)
Edward Van De Vendel; Illustrated by Philip Hopman; Translated by Daniel Hugo
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Vir Kix het alles verander toe daar eendag ’n pragtige wit berghond by hulle aankom. Hy maak vriende met die geheimsinnige hond, wat hy Tom noem. Tom hou daarvan om heeltyd by Kix te wees en dit is vir hom lekker om gedurig gestreel te word. Maar Kix is bekommerd, want se nou net die eienaar wil Tom terughe? Tydens ’n spanningsvolle nag moet Kix bewys hoe lief hy vir sy hond is. Hierdie boek is gebaseer op ’n ware verhaal. Toe Edward van de Vendel by familie in Kanada was, het daar 'n groot, wit hond uit die niet verskyn. Die avontuur wat hulle met die hond beleef het, staan nou in hierdie boek.

My storie-skatkis (Afrikaans, Hardcover): Francois Ruyer My storie-skatkis (Afrikaans, Hardcover)
Francois Ruyer; Fantasi-Paneel Fantasi-Paneel
R275 R254 Discovery Miles 2 540 Save R21 (8%) Ships in 5 - 10 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Iran and the Arab World
Hooshang Amirahmadi, Nader Entessar Hardcover R2,455 Discovery Miles 24 550
Holly Celebrates Earth Day
Kimberly Kendall-Drucker Hardcover R549 Discovery Miles 5 490
Distinguished Wisdom Presents…
Terrance Levise Turner Hardcover R645 Discovery Miles 6 450
Desiring Conversion - Hermas, Thecla…
B. Diane Lipsett Hardcover R1,718 Discovery Miles 17 180
The Cultivational Planner - A Devotional…
Jenny Erlingsson Hardcover R723 Discovery Miles 7 230
Microscope Image Processing
Qiang Wu, Fatima Merchant, … Hardcover R2,082 Discovery Miles 20 820
The Chicken Little Agenda - Debunking…
Robert G. Williscroft Hardcover R778 R695 Discovery Miles 6 950
New Horizons of Applied Scanning…
Kenichi Shimizu, Tomoaki Mitani Hardcover R2,456 Discovery Miles 24 560
Rigger Cap Safety White Lined
R79 Discovery Miles 790
Year Of Fire, Year Of Ash - The Soweto…
Baruch Hirson Paperback R290 R268 Discovery Miles 2 680

 

Partners