![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Donker Delia, soos haar vriende haar noem, glo nie in die liefde nie. Sy bewaar haar hart veilig agter ysmure, nes die planeet Saturnus waarna haar geboortedag, Saterdag, vernoem is. Toe sy haarself een Saterdag op Valentynsdag op ’n troue bevind, ontmoet sy vir Phoebe: ’n hopeless romantic wat met haar hart in plaas van haar kop dink. Vyf weke, belowe Phoebe. Dis al wat sy nodig het om vir Delia op ’n meisie verlief te maak. Daar volg ’n reeks warrelwind afsprake en ’n weddenskap wat haar hele lewensuitkyk kan maak of breek. Delia het net nie in ag geneem dat die meisie wat uit sonskyn en reënboë aanmekaargesit is dalk die een kan wees wat haar hart gaan steel nie.
’n Katastrofe het Katjiesfontein getref! Die geld wat mevrou Mynie Koen vir die talentkompetisie geskenk het, is van juffrou Katoliek se lessenaar af gesteel. Leo is seker dit was daardie boelie, Spiertier. Tiere soek mos altyd skoor! Of dalk het dit iets te doen met Gato, die vreemde nuwe leerling in Laerskool Katedraal wat van Katalonië af kom. Maar skielik dink almal Leo was die dief! Hoe gaan hy sy onskuld bewys en vir Spiertier uitvang? En wie gaan die talentkompetisie wen?
Hierdie bundel het ontstaan na aanleiding van ’n gesoute bibliotekaresse se vreugde oor kinders wat ’n ou hardebandbundel met Langenhoven se spookstories uit die volwasse afdeling smokkel om in die kinderafdeling voos te lees. Die spookverhale is versigtig uitgekies en hervertel deur Wendy Maartens om by die oorspronklike teks aan te sluit, en terselfdertyd ook tot die kind van vandag te spreek.
Dis nie maklik om in die ruimte te kom nie, maar met verbeelding, vindingrykheid en beplanning is alles moontlik. Kom ons help Rommel om sy droom te bereik ... om in die ruimte te kom, en dalk tot so ver as die maan.
Wanneer Tomas ’n draakvrugboom in sy oupa se tuin ontdek en ’n klein drakie uit een van die vrugte bars, ontdek hy dat drake baie meer moeite is as komkommers! Daar is ontploffende draakbolle oral ‒ selfs eenkeer in Oupa se ontbytgraan ‒ die huiskat word gedurig rondgejaag en Tomas se tandeborsel (en ander persoonlike items) word gereeld brandgesteek. Maar dis darem nie net chaos en ontploffende draakbolle nie! Die eerste keer toe Flikker sy stert om Tomas se nek krul en hom met sy groot diamant-oë kyk, kom Tomas agter dat daar heelwat meer as net towerkrag in drake steek. Maar as jy ’n draak het moet jy dit geheim hou, want wie wil nie hulle eie draak hê nie?
Net vriende. Dis al wat hulle is, sweer Karabo en Will. En dis waar.
Gaan Kayla se lewe ooit weer oukei wees na Die Ramp? Die Ramp waarin hulle geliefde huis, Miernes, heeltemal afgebrand het en nou moet haar hele groot gesin in haar pa se ou werkswinkel, Ghrieshuis, gaan bly. Die Ramp waarin haar pa, motorwerktuigkundige en kranige fotograaf, sy sig verloor het en nou nie meer kan werk nie. Die Ramp wat alles verander het. Maretha Maartens skryf met haar ervare skrywershand ’n deernisvolle verhaal oor verlies, hoop en geloof.
'n Storie oor twee dapper tieners, Johannes en Dina, tydens die dodelike griepepidemie van 1918. As die enigste oorlewendes uit hul gesinne op twee buurplase in die Sandveld kruis hul paaie met oom Andries, 'n dorpenaar wat ook sy hele gesin verloor het. Tesame met Lya, wat vir Johannes help grootmaak het, durf hulle verskeie aanslae aan - van wilde diere en boewe tot die regering se beleid oor weeskinders en die eienaarskap van plase.
Ben word geteister deur nie net een nie, maar twee boelies by die skool. Die rooikop-tweeling maak hom baie bang en ongelukkig en hy wil nie eers meer skool toe gaan nie. Mamma herinner Ben dat hy nooit hoef bang te wees as Jesus by hom is nie en dat daar ander maniere is om boelies te hanteer. Zuléka Smit se pragtige storie bespreek die sensitiewe tema van boelies, veral by skole, en is gebaseer op haar baie jare van ondervinding in die onderwys en ook haar ervaring met haar eie kinders.
Maak jou sitplekgordel vas vir 'n monster-avontuur! Adriaan hou van karre. En motorfietse. En vliegtuie. Hoe groter en vinniger, hoe beter. Op 'n dag ontdek hy en sy pa die wrak van 'n ou monsterbakkie in 'n stowwerige motorhuis. Sy pa besluit om die monsterbakkie reg te maak ... en dit is die begin van 'n maltrap - avontuur!
Tomas het ’n groot geheim: hy het ’n klein drakie wat hy in sy oupa se tuin gekweek het. En dis nie al nie – sy vriende, Ted, Kai en Kat het ook hulle eie drake! Om ’n draak te hê is ’n betowerende ondervinding, maar dis netsowel jy dra ’n onvoorspelbare vulkaan in jou broeksak! Om die drake uit die moeilikheid te hou is baie harde werk. Boonop lyk die drakevrugteboom effens verlep. Tomas en sy vriende moet die drakevrugteboom weer gesond kry en ook probeer uitpluis wat Liam, die skoolboelie, in die mou voer.
Terwyl Harry Potter in die sykar van Hagrid se motorfiets klim en in die lug opstyg om Ligusterlaan vir die laaste keer te verlaat, weet hy Heer Voldemort en sy Doodseters is nie ver agter nie. Die beskermende towerspreuk wat Harry tot nou toe veilig gehou het, is verbreek, maar hy kan nie aanhou wegkruip nie. Die Donker Heer blaas vrees in alles waarvoor Harry lief is, en om hom te stop, sal Harry die oorblywende Horcruxe moet vind en vernietig. Die laaste stryd moet begin . . .
Die sewentienjarige Lukas is een van ’n handjievol oorblywende mense ná die aarde deur kuborge, transterrane en robotte oorgeneem is. Hy en sy beste vriend Dimpho en Dimpho se ouers boer op Lukas-hulle se plaas in die Bloemfontein-omgewing. Wanneer hongersnood die voortbestaan van die superwesens bedreig, stel die wrede heerser Dakian ’n bose plan in werking om Lukas te vang en toegang tot sy oorlewingstrategieë te verkry. Hy lei Lukas suksesvol om die bos en Lukas en ’n paar nuwe vriende vertrek in sy pa se ou Datsun om sy jonger broer, wat voor sy ouers se dood veiligheidshalwe na familie gestuur is, te gaan haal. Een van hulle reismaats is egter ’n informant...
Stephan en sy vriend, Cobus, is in groot moeilikheid. Hulle het per ongeluk hulle onderwyser, juffrou Beneke, in ’n geraamte verander! Maar dit is net die begin van die storie . . . want dan moet hulle haar op die skoolbus smokkel sodat hulle op 'n Graadsewe-toer kan gaan. En dan is daar boonop 'n wildejaagtog op 'n spoedvarkie, ’n geveg met 'n seekat, gevaarlike rekspronge, wilde ape en wie weet wat nog alles! En wat gaan Stephan en Cobus omtrent juffrou Beneke doen?
“Daar was eenmaal ’n pragtige dogtertjie met ’n hart so groot soos haar naam, Kantiga. Maar Kantiga hou nie van haar naam nie.” Toe haar ouma dit hoor, vertel sy vir haar ’n familiestorie van die towerkleipot wat lyk of dit nutteloos is omdat dit gekraak en stukkend is. Maar ons leer hoe juis hierdie swak plek dit meer as perfek maak. Volg hierdie pragtige verhaal, vol kleur en folklore, waarin Kantiga die perfekte naam probeer vind, en op die reis meer leer van wie sy is en waar sy vandaan kom.
Sean is nog altyd gefassineer deur die heelal en alles daarin. Hy lê gereeld in die aande in sy bed en dink aan al die mense wat voor hom op aarde was. Hoe almal gepoog het om die heelal te verstaan: waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is. Die probleem is, jy weet nie wat gebeur met jou in die ander heelalle nie en die kans om hulle ooit te sien is skraal of nul. Sean hou duim vas vir ’n inter-meer-al-ruimtewurm, maar al wat nou bestaan is hierdie heelal en hierdie realiteit. Om die waarheid te sê, hy dink hy het beland in een van die heelalle van Sean wat beslis ’n fabrieksfout was. Dit tot hy vir Mika ontmoet het en hulle lewens nooit weer dieselfde sou wees nie. Altans, nie in hierdie heelal nie ...
17jarige Sybella probeer die raaisel rondom haar ma en suster se dood in ’n lugtaxi-ongeluk oplos, met die hulp van haar vriend, Jax. Haar pad kruis met Yala Uba, ’n onwettige hokvegter, Cedric Morton, ’n kuborg, en Lilith Rox, direkteur van Biotron Babas, ’n maatskappy wat geneties gemodifiseerde babas verskaf aan die ryk elite. Wanneer Sybella Lilith Rox se werksaanbod aanvaar, raak sy betrokke by donker geheime. Gaan sy uitvind wat werklik gebeur het, en watter prys gaan sy daarvoor betaal?
Greg Owen, die ou wat sy eie pa vir die wolwe gegooi het, is 'n eerstejaar op Stellenbosch. Klaar met hacking. Ingeskryf vir 'n graad in Sportwetenskap. Maar sal hy ooit van die skadu van Lawson Kollege en Project Nursery Rhyme kan wegkom? As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe, besef hy gou, in hierdie vervolg op die topverkoper Onderwêreld. Verkorte skooluitgawe van die topverkoper. 'n Gratis leesgids is beskikbaar.
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! In die tweede boek in die reeks speel Engela bewimpelaar vir haar onderwysers; sy probeer om haar eie tuisgemaakte limonade te maak en sy kry met die Lelike Susters te doen ...
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! Engela staan uit wanneer sy ’n nuwe vaardigheid aanleer vir die skool se talentkompetisie; sy verdwaal op ’n natuuruitstappie en sy speel saam met ’n groep seuns op die sokkerveld!
Ella Olivia is ’n kranige lysiemaker wat haar hele lewe fyn probeer beplan, want sy glo alle slegte dinge gebeur op Vrydae. Na ’n belaglike insident waarin sy ’n meme geword het (natuurlik op ’n Vrydag), is haar laaste minuut aanvaarding by Kovsies om medies te studeer ’n nuwe begin vir haar. Maar na nóg ’n belaglike verwarring, bevind sy haarself in die laaste situasie waarin sy wil wees: die kollig. Sy moet Con Trubleau, gewilde kitaarspeler en hoofsanger van die boyband Vuurvreter, se fake meisie wees. Hierdie is só nie deel van haar plan nie.
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! In hierdie boek is Engela oortuig daarvan dat die hoof ’n pruik dra en sy probeer bewys dat sy reg is; sy probeer ook haar vyand, Twané Witvoetjie, uitoorlê en sy is heeltemal uit haar diepte by ’n spa-naweek, maar sy’s vasbeslote om haar merk te maak!
’n Onderwyseres wat op volmaannagte in ’n weerwolf verander. ’n Speelding wat allerhande vreemde dinge begin aanvang. ’n Eksperiment wat jou in ’n insek laat verander. ’n Vakansieplaas waar reuse-vlermuise snags buite rondvlieg. En ’n grillerige monsterfliek waaruit jy nie maklik ontsnap nie. Kry jou flits uit, kruip onder die komberse in en maak gereed om lekker te ril en te gril met hierdie GROOT en GRILLERIGE versameling stories. Vir die eerste keer verskyn vyf van Jaco Jacobs se gewildste grilstories saam in een boek. Dit sluit in: - Troetelgedrog - Tande - Nag van die monsters - Nagvlerke - Voelers |
![]() ![]() You may like...
The Rademacher System in Function Spaces
Sergey V. Astashkin
Hardcover
R4,277
Discovery Miles 42 770
Farting Cats Coloring Book - Color Cat…
Harnden-Darko Publications
Paperback
R206
Discovery Miles 2 060
|