0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (177)
  • R100 - R250 (795)
  • R250 - R500 (255)
  • R500+ (23)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Roomys Op Planeet Zork (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Roomys Op Planeet Zork (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Frank Lunar
R130 R118 Discovery Miles 1 180 Save R12 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Riek en Niek het ’n plan …

’n Slim plan om SAKKE en SAKKE vol geld by die skool se markdag te maak.

Maar dan steel nare Nanja hulle idee.

En boonop vertel sy vir die HELE skool Riek en Niek gaan roomys maak wat soos blomkool en spinasie smaak …

BLÊG! NIEMAND gaan dit koop nie!

Kan Riek en Niek aan ’n plan dink om Nanja terug te betaal EN vet pret by die markdag te hê?

Sprankel die seeperdjie (Afrikaans, Paperback): Karen King Sprankel die seeperdjie (Afrikaans, Paperback)
Karen King; Illustrated by Angela Hicks; Edited by Fantasi Fantasi
R80 R74 Discovery Miles 740 Save R6 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Sprankel het baie maatjies op die koraalrif waar sy woon, maar sy wil so graag ’n ander seeperdjie ontmoet – ’n maatjie net soos sy … Sy begin in die wye oseaan na ’n seeperd-maatjie soek, maar niemand het al een gesien nie! Dan verander alles toe sy ’n vis-nar help...

Die Omgee Krap (Afrikaans Edition of The Caring Crab) (Afrikaans, Hardcover): Tuula Pere Die Omgee Krap (Afrikaans Edition of The Caring Crab) (Afrikaans, Hardcover)
Tuula Pere; Illustrated by Roksolana Panchyshyn; Translated by Victor Stols
R632 Discovery Miles 6 320 Out of stock
Die Vallei Van Die Windmeulens (Afrikaans, Hardcover): Noelia Blanco Die Vallei Van Die Windmeulens (Afrikaans, Hardcover)
Noelia Blanco; Illustrated by Valeria Docampo; Translated by Nicol Stassen
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 4 - 6 working days

In die Vallei van die Windmeulens het die mans, vroue en kinders soos al die ander mans, vroue en kinders in die wereld geleef. Tot die dag wat die volmaakte masjiene opgedaag het. Danksy die volmaakte masjiene was alles van daardie dag af volmaak. Dit was slegs nodig om ’n knoppie te druk om in ’n volmaakte wereld te leef. Dit was van daardie dag af dat almal ophou droom het. Maar het almal ophou droom?

Die Uile langs die Limpopo (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Uile langs die Limpopo (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Vir 'n meedoenlose smokkelbende is die bome langs die Limpoporivier die ideale plek vir hul skelmstreke en hulle verwag nie dat vyf dapper seuns van Kranskopc en ’n man wat gebrei is deur die Kalahariwoestyn, met hulle paaie sal kruis nie. 'n Vakansie langs die Limpopo hou ongetwyfeld avonture vir die Uile-bende in – veral omdat hul goeie vriend Wadda, die woestynmens, saamgaan. Maar die afgelee boswereld is nie net vir die vriende aanloklik nie. Wanneer honger krokodille boonop tot die gevaar gevoeg word, moet Philip en sy vriende vinnig dink en optree.

Net Aliens Eet Spinasie - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Net Aliens Eet Spinasie - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Iain Rennie
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 4 - 6 working days

'n Alien land in 'n swembad, kinders verdwyn in 'n biblioteek, 'n monsterhond word 'n woefie-woef en 'n vampier-jagter-ouma bestorm 'n skool met 'n knoffel-bazooka . . . Maar dis nog lank nie al nie!

Hierdie versameling van tonekrul-lekker stories deur Jaco Jacobs is al meer as 'n dekade lank gewild. Die nuwe uitgawe met fassinerende illustrasies deur Iain Rennie sal lesers laat gril en ril van plesier. En die beste van alles? Een splinternuwe storie is bygevoeg!

Dr. Seuss: Hoe Die Grons Kersfees Gesteel Het! (Afrikaans, Paperback): Dr. Seuss Dr. Seuss: Hoe Die Grons Kersfees Gesteel Het! (Afrikaans, Paperback)
Dr. Seuss; Illustrated by Dr. Seuss; Translated by Philip de Vos
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 4 - 6 working days
Die Vinnigste Skoene In Die Hele Wêreld (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn, Johann Strauss Die Vinnigste Skoene In Die Hele Wêreld (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn, Johann Strauss
R225 Discovery Miles 2 250 Ships in 4 - 6 working days

Wynand hou niks van Natalie nie. Sy is die vinnigste meisie in hulle graad, en sy weet dit. Natalie wil hê hulle moet resies hardloop. En sy kom altyd eerste. Wynand wil so graag nuwe tekkies hê. Bloedrooies met wit veters. Die vinnigste tekkies in die hele wêreld! Met sulke skoene sal hy beslis vinniger as Natalie kan hardloop. Maar wat gaan gebeur as hy per ongeluk ’n paar superhero­tekkies aantrek en dan moet help om ’n spul gewetenlose kunsdiewe vas te trek?

Red die Renoster (Afrikaans, Hardcover): Roslynne Toerien Red die Renoster (Afrikaans, Hardcover)
Roslynne Toerien; Illustrated by Julie Smith-Belton
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Uit die hart van Afrika kom ’n dringende roep, “Red die renoster!”

Met pragtige illustrasies deur Julie Smith-Belton, neem “Red die renoster” lesers op ’n reis oor die Afrikavlaktes, waar die laaste renosters steeds veg om oorlewing. Hierdie boek kombineer rym, feite en ’n passievolle boodskap van bewaring wat jong lesers sal inspireer om op te staan teen stropery en deel te word van die verandering.

Elke bladsy is ’n herinnering dat ons nog kan help. Deur die storie van hierdie majestueuse diere, ontdek kinders (en volwassenes!) hoe spanwerk, deernis en bewusmaking werklik ’n verskil kan maak.

Bennie Boekwurm Vertel Lekker Stories 2 (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Bennie Boekwurm Vertel Lekker Stories 2 (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 15 - 17 working days

Bennie Boekwurm woon in sy tonnelhuisie in die Wielie Walie-parkie, waar hy vir die kinders boeke lees. In hierdie pragtig-geillustreerde boek vertel Bennie nog vier heerlike stories: Miesie Muis bak 'n verjaardagkoek, Ouma kry 'n hondjie, Babet By leer dans en Tokka Kabouter maak grappies! 'n Heerlike opvolg op die eerste topverkoper ?Bennie Boekwurm vertel lekker stories? met een van Suid-Afrika se gewildste en mees ikoniese kinderkarakters.

Colin die Krap Vind 'n Skat - Afrikaans Edition of Colin the Crab Finds a Treasure (Afrikaans, Hardcover): Tuula Pere Colin die Krap Vind 'n Skat - Afrikaans Edition of Colin the Crab Finds a Treasure (Afrikaans, Hardcover)
Tuula Pere; Illustrated by Roksolana Panchyshyn; Translated by Victor Stols
R631 Discovery Miles 6 310 Out of stock
Krok En Dil 3 - Krok Die Kok (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs, Nadia du Plessis Krok En Dil 3 - Krok Die Kok (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Nadia du Plessis
R50 R42 Discovery Miles 420 Save R8 (16%) Ships in 5 - 10 working days

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."

Boela Van Die Blouwater (Afrikaans, Paperback): Chris Barnard Boela Van Die Blouwater (Afrikaans, Paperback)
Chris Barnard
R94 Discovery Miles 940 Ships in 4 - 6 working days

Die aangenome visserseun Boela, raak verlief raak op Nonnie, die eienaar van die kantien se dogter. Hy moet slim planne maak om sy drie vriende, Vlooi, Patrys en Biesiepol, van Nonnie se werf af te hou. Dan is daar Oukoos, Boela se pleegvader. Nadat Oukoos se seun Janneman en sy vrou weggeloop het van Oestermond, het Oukoos vir Boela in sy huis ingeneem om hom te leer van die see en sodat iemand sy skuite kan erf. Maar op ’n dag sien iemand vir Janneman in die kantien drink. Boela wonder of Oukoos hom nog nodig het. En of hy opgewasse is om Nonnie teen Janneman te beskerm.

Twee Teen Twee - Die Towenaars Van Toeka: Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Twee Teen Twee - Die Towenaars Van Toeka: Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R341 Discovery Miles 3 410 Ships in 4 - 6 working days

Hekse maak amok in die woeste woud en daar skuil gevaar agter elke boomstam.

Wens is ’n krygermeisie wat ’n kosbare Towerboek besit. Xar is ’n towenaarseun met ’n gevaarlike heksevlek op sy hand. Wens en Xar word van mekaar weggehou deur die hoogste muur wat jy jou kan voorstel. En die tyd word min …

Maar hoe gaan die twee verby hulle ouers kom? Dit word ’n stryd van TWEE teen TWEE.

Onder die Kremetartboom (Afrikaans, Hardcover): Roslynne Toerien Onder die Kremetartboom (Afrikaans, Hardcover)
Roslynne Toerien; Illustrated by Julie Smith-Belton
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Hoog teen die horison van die Afrika-vlaktes staan ’n boom van wonder en wysheid – die kremetartboom.

Sy takke beskerm, sy wortels voed, en sy groot, stil teenwoordigheid bring lewe aan alles rondom hom Een vir een kom die diere nader: olifante, kameelperde, uile, visarende, impalas en selfs miere. Almal vind ’n tuiste onder sy reusekroon. Hier, tussen skadu en sonlig, ontdek hulle iets dieper: die krag van saamwees, die vreugde van deel, en die vrede van behoort.

Met liriese taal en asemrowende illustrasies bring “Onder die kremetartboom” hulde aan die skoonheid van Afrika en die harmonie van die natuur.

’n Hartverwarmende verhaal oor lewe, liefde en die eenheid wat alles verbind onder die boom van lewe self.

Die blou robyn (Afrikaans, Paperback): Gerrie Radloff Die blou robyn (Afrikaans, Paperback)
Gerrie Radloff; Illustrated by Douw van Heerden
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Saartjie Omnibus 5 (Afrikaans, Paperback): Bettie Naude Saartjie Omnibus 5 (Afrikaans, Paperback)
Bettie Naude
R265 Discovery Miles 2 650 Ships in 15 - 17 working days

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Daar kuier ’n seun in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.

Lotta Se Lewe 6: Vent of Vriend? (Afrikaans, Paperback): Alice Pantermuller Lotta Se Lewe 6: Vent of Vriend? (Afrikaans, Paperback)
Alice Pantermuller
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 15 - 17 working days

Daar's 'n nuwe outjie in Lotta se klas. Sy naam is Remi en hy kom uit Frankryk en eet brood met stink kaas op. Juffrou Knacker laat hom boonop tussen Lotta en Chantelle sit. Chantelle dink hy is oulik en sê kort-kort: "O, la, la!" maar Lotta hou niks van die vent nie. Want hy is so simpel om elke dag vir haar 'n presentjies te bring. Sy gaan beslis van Remi ontslae raak. As dit moet, sal sy haar towerfluit gebruik.

Dit is die een katastrofe na die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is reeds uiters gewild onder talle jong aanhangers en die sesde boek in die reeks beloof selfs groter pret en verrassings.

Lillie die heksie word 'n speurder (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie word 'n speurder (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R225 Discovery Miles 2 250 Ships in 4 - 6 working days

Staan opsy, Sherlock Holmes: Speurder Lillie is in die buurt, met ’n vergrootglas en ’n paar towerkunsies in haar agtersak! Wanneer haar ma se fiets gesteel word, het Lillie dubbele werk om te doen: om die verlore fiets op te spoor, en om die booswig vas te trek. Gelukkig beteken twee keer soveel speurwerk ook twee keer soveel pret ... en ’n getoor van die eerste water!

Speurder Kwaaikofski 6: Honde, Hoede en Hande (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 6: Honde, Hoede en Hande (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus; Translated by Kobus Geldenhuys
R200 Discovery Miles 2 000 Ships in 15 - 17 working days

Gewoonlik ondersoek Kwaaikofski nie sake wat iets met honde te doen het nie – dit is vir beginners. As die stad se ander speurders moet uitvind hy loop agter ’n vermiste hond aan, skaam hy hom morsdood! Maar hierdie keer is dit ’n uitsondering – Masker Mike se reusehond, Wotan, is net so geheimsinnig en buitengewoon soos sy eienaar. Maar wie beskuldig vir Wotan van allerlei wandade? Is dit net ’n manier om van hom ontslae te raak, of probeer iemand vir Masker Mike bykom? Speurder Kwaaikofski stel ondersoek in. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!

Speurder Kwaaikofski 5: Die Slinkse Slangslenter (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 5: Die Slinkse Slangslenter (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus
R200 Discovery Miles 2 000 Ships in 15 - 17 working days

Hoe het dit eintlik gebeur dat Kwaaikofski ’n speurder geword het? Kwaaikofski dink terug aan sy eerste saak: Die slinkse slangset. Die legendariese saak wat gesorg het dat Kwaaikofski vir Olga ontmoet en ook Carpenters kougom ontdek het! Dit is ook die raaisel wat daartoe gelei het dat hy sy ware roeping vind: Om ’n wêreldklas speurder te word. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!

Sweet Dreams, My Love (Afrikaans Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition): Shelley... Sweet Dreams, My Love (Afrikaans Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R672 Discovery Miles 6 720 Out of stock
Lillie die heksie en die seerowers (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie en die seerowers (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R225 Discovery Miles 2 250 Ships in 4 - 6 working days

Skip ahooi! Hys die seile! Lillie die Heksie maak 'n opwindende draai op 'n regte seerowerskip. Lillie kry dit reg om haar terug in die verlede en tot aan boord die berugte seerowerkaptein Bakkebaard se skip te toor ... maar dan loop sy haar vas in ’n onverwagse penarie. Is Lillie in lewensgevaar, of is dit eerder die seerowers wat sal moet ligloop vir Lillie?

Lillie die heksie se sirkusbetowering (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie se sirkusbetowering (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R225 Discovery Miles 2 250 Ships in 4 - 6 working days

Die sirkus is hier! Wanneer hulle ma met kaartjies vir die sirkus se galavertoning by die huis aankom, is Lillie en Leon die ene opgewondenheid. Lillie en Leon kan nie wag vir Saterdag nie – want Saterdag gaan hulle sirkus toe! Maar anders as haar kleinboet, wat tevrede is om oopmond na al wat ’n toertjie is te kyk, jeuk Lillie se hande om deel te neem aan die skouspel. Sal Lillie en haar towerkunsies dit regkry om die sirkusvertoning selfs meer onvergeetlik te maak?

Jasper die atleet: Boek 6 (Afrikaans, Paperback): C.F. Beyers-Boshoff Jasper die atleet: Boek 6 (Afrikaans, Paperback)
C.F. Beyers-Boshoff
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die sesde titel. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! Leliesvlei se atletiekbyeenkoms le om die draai en net die heel beste atlete sal kwalifiseer om later in Kaapstad te gaan deelneem. Dit was nog altyd Jasper se groot droom om Tafelberg te sien en in die groot, onrustige branders van die see te swem! Hy begin dadelik pligsgetrou oefen, maar besef gou dat hy spykerskoene benodig as hy ’n ware 100 meter-naelloper wil wees. Hoe op aarde sal hy dit kan bekostig? En sal sy harde oefening vrugte afwerp? Kom deel in die avonture van Jasper!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
InvestiGators: Class Action
John Patrick Green Paperback R275 R249 Discovery Miles 2 490
The 52-Storey Treehouse: High-Tech…
Andy Griffiths Paperback R299 R149 Discovery Miles 1 490
Active Management of Labour
K. O'Driscoll, D. Meagher, … Paperback R1,404 Discovery Miles 14 040
Candles
Lyndon White Hardcover R421 Discovery Miles 4 210
Surgical Reconstruction of the High Risk…
Thomas S. Roukis Hardcover R1,736 Discovery Miles 17 360
Big Nate Makes the Grade
Lincoln Peirce Hardcover R823 Discovery Miles 8 230
Surgical Exposures in Foot and Ankle…
Richard Buckley Hardcover R4,257 Discovery Miles 42 570
Update on Fibro-Cartilaginous Disease…
Michael Theodoulou Hardcover R2,150 Discovery Miles 21 500
Perioperative Considerations in the…
Jeffrey Shook Hardcover R2,250 Discovery Miles 22 500
Chiropractic Technique - Principles and…
Thomas F. Bergmann, David H. Peterson Hardcover R3,228 Discovery Miles 32 280

 

Partners