Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar
was verskeie herdrukke. Hierdie is die sesde titel. Vir enige kind
sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te
herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses
wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die
brandende sitvlakke! Leliesvlei se atletiekbyeenkoms le om die
draai en net die heel beste atlete sal kwalifiseer om later in
Kaapstad te gaan deelneem. Dit was nog altyd Jasper se groot droom
om Tafelberg te sien en in die groot, onrustige branders van die
see te swem! Hy begin dadelik pligsgetrou oefen, maar besef gou dat
hy spykerskoene benodig as hy ’n ware 100 meter-naelloper wil wees.
Hoe op aarde sal hy dit kan bekostig? En sal sy harde oefening
vrugte afwerp? Kom deel in die avonture van Jasper!
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!