![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Jason wil graag eendag 'n fyngebaksjef word. Hy en sy twee beste maats, Tando en Claudia, neem saam bakklasse en besluit om in te skryf vir Bohaai! 'n bakkompetisie wat op TV uitgesaai word. Maar gaan Minette, Jason se grootste kompetisie, ook deelneem? Wie moet hy kies om in sy span te wees? Hoe gaan hy keer dat Minette wen? Veral as hy met goed soos deegmonsters, stink koekies en resepte in vreemde tale te doen kry?
"Dit was 'n besige dag. Tjoppie maak gereed om te gaan slaap. Hy pak sy
speelgoed weg, baljaar in die bad en lees 'n lekker slaaptydstorie.
Adriaan wen 'n reis na Japan, waar kinders van oor die hele wêreld 'n
fees bywoon. Hy behoort seker al te weet dat die Internasionale
Speurdiens gereeld die resultaat van kompetisies bewimpel soos dit
hulle pas. En Willem se nuutgevonde kennis van Japannese kultuur laat
Adriaan onraad vermoed . . . Hulle besef gou van die deelnemers is
robotte, maar almal neem deel in kostuums uit die Menagerie-reeks. Wie
is wie? Adriaan en Willem se missie is om te sorg dat die robotte nie
wen nie!
ontvoer . Sy pa is meer verleentheid as ooit. Hy het onverwags op die ergste moontlike manier aanlyn virale geword. En wanneer die skoolfotodag met die Super Science Spectacular bots , is dit bestem om op te blaas in 'n haarverhoging, tandeversplinterende ramp van epiese proporsies!
Dit is Tjoppie se eerste dag by sy nuwe speelskool. Hy is baie
opgewonde! Juffrou Snuffel verwelkom hom in sy nuwe klas en hy maak gou
nuwe maats: Bollie, Bekkie en Blits. Hulle verf en speel lekker.
Tjoppie hou baie van skool!
Herontdek die tydlose verhaal van Gouelokkies en die drie
bere met ons betowerende opwipboek! Wanneer Mamma Beer, Pappa Beer
en Baba Beer in die woud gaan stap, gaan die ondeunde klein
Gouelokkies hulle huisie binne. Toe die bere terugkom, wag daar ’n
groot verrassing op hulle . . .
Dit is 'n nuwe dag en die son skyn buite. Tjoppie en sy maats verken
die tuin en baljaar in die park. Wat gaan hulle nog alles doen?
In die vyfde boek van die Hondman-reeks moet die "Megamakkers" met
nuwe skurke afreken! Wanneer die skelms hulle verskyning maak,
moet ons helde saam met 'n onwaarskynlike bondgenoot werk. Kan Ramkat
van sy wrokke vergeet en vir Hondman, Kleinkat en 'n merkwaardige robot
help om die vyande uit sy verlede te laat les opsê? Bekroonde skrywer
en kunstenaar Dav Pilkey se gewilde Hondman-reeks spreek lesers van
alle ouderdomme aan en verken universele positiewe temas.
Herontdek die tydlose verhaal van Hansie en Grietjie met
hierdie betowerende opwipboek! Hansie en Grietjie verdwaal in die woud
en kom op 'n liplek-lekkergoedhuisie af. Maar alles is nie pluis nie .
. .
Herontdek die tydlose verhaal van Aspoestertjie met hierdie
betowerende opwipboek! Aspoestertjie wil graag na die prins se bal toe
gaan, maar haar wrede stiefma en stiefsusters los haar by die huis.
Gelukkig verskyn die towerfee betyds om seker te maak dis ’n
onvergeetlike aand.
´n Aardbewing op ´n Vrystaatse myndorp laat 'n skoolgebou ineenstort en
keer drie tieners onder die puin vas. Terwyl hulle suurstof en hulle
hoop al minder word, beleef die leser die angswekkende situasie saam
met hulle. Die vasgekeerde kinders ervaar engtevrees en angs vir die
naderende dood, en opflikkerings van verbete hoop en selfs humor,
totdat ´n reddingspan hulle dae later eers uitgrawe. Maar een van hulle
oorleef dit nie . . .
Gretchen en Barbara haat mekaar. Gretchen kry die hoofrol in hulle dramaklub, maar word geboelie oor haar gewig, terwyl die gewilde Barbara die boelie is. 'n Geheimsinnige sakkie wenspoeier veroorsaak egter chaos . . . Want Barbara daag die vakansie in Gretchen se lyf by die dieetkamp op, terwyl Gretchen in Barbara se lyf by die dramakamp aankom! ’n Skreeusnaakse, maar deernisvolle storie oor boeliegedrag, selfbeeld en ware vriendskap.
In die klein myndorpie Goudfontein weet almal iets van mekaar … maar
niemand ken die volle waarheid nie.
Welkom in die Skool vir Talente. Hier kan almal fantastiese dinge doen.
Hulle kan van vorm verander, met diere kommunikeer, water beheer . . .
en nog baie meer!
Leonardo word groot in ’n arm, maar liefdevolle gesin. Wanneer sy pa en
kleinboetie in ’n ongeluk sterf, verander alles. Leonardo loop weg en
beland by ’n groep straatbewoners. Rodger, ’n ou Engelsman, word vir
hom soos ’n vaderfiguur. Wanneer Rodger siek word en Leonardo hom in
die hospitaal besoek, ontdek hy iets onverwags.
Dennis verhuis saam met sy ouers na 'n afgeleë padstal in die
Drakensberge. Die eienaar hou 'n unieke klompie diere op die plaas aan
- maar die vreemdste van almal is 'n grys wolf genaamd
Bruno. Wanneer die buurman se alpakkas dood gevind word, is daar
gerugte van 'n "Wolfmens". En dan ontdek hy 'n ou selfoon in sy
kamer met 'n ysige boodskap. Hy moet die waarheid ontrafel voordat
wat ook al in die donker skuil nog 'n slagoffer eis . . .
Eendag was daar ’n meisie wat vreeslik graag vrae gevra het. “Waarom?”
“Waar?” “Wanneer?” “Hoe?” “Wat?” “Wie?”
AHOOI DAAR, SKARMINKELS! Grootgaapbaai is oorval met ROTTE! Groot rotte, klein rotte, kwaai rotte en honger rotte. Gelukkig bied 'n geheimsinnige towerfluitspeler, Rufus Rottus, aan om van die knaagdierprobleem ontslae te raak – teen betaling. Wanneer die gulsige burgemeester egter weier om die towerfluitspeler vir sy dienste te betaal, speel hy 'n betowerde deuntjie en lei al die kinders in Grootgaapbaai weg. Sal Matilda, Basjan en die Van der Branders hulle kan red? Dit is die vierde titel in die gewilde Seerower-reeks! 'n Lekker leeservaring vir kinders wat pas hulle eerste hoofstukboeke begin lees het.
Here comes Thoko again! Thoko is resourceful! Thoko is full of fun! Thoko is kind-hearted! Niki Daly makes reading about life as a kid entertaining and realistic with his delightful new local heroine, Thoko. Thoko skips through life, leaving behind a trail of laughter. With adorable illustrations and four heart-warming easy-to-read stories, Niki Daly has created a second book about Thoko - who is sure to become one of his most beloved characters. Look out for Hooray! Thoko.
Evie Erdvark en haar Natuurvriende is 'n boek vir jong en ouer lesers. Die boek bevat feite oor natuurlewe wat goed nagevors is deur die welbekende Suid-Afrikaanse omgewingskrywer, Dr Lynn Hurry. Elkeen van die 20 stories word aangebied en met opmerkings verryk deur Evie Erdvark, maar vertel deur die werklike natuurlewe. Erdvarke, Aardwolwe, Kameelperde, Neushoringvoels, Bobbejane, Kaapse Glasogies, Rooibokke, Rooibekrenostervoels, Buffels, Piet-my-vroue en self Heuningbye vertel hulle eie lewensfeite - wie hulle vriende is en hoe hulle saamwerk om saam te bestaan. Die boek bevat die volgende 3 seksies wat waarde toevoeg tot die uitgawe: Wat beteken die naam? is uniek in 'n boek van die soort. Lesers sal gefasineer word deur die eenvoudige verduidelikings wat gegee word vir wetenskaplike name vir die diere in die boek. Maak jou eie klubwapen van karton sal lesers aanspoor om betrokke te raak by omgewingsbewaring. Evie se woordelys verskaf eenvoudige verduidelikings van woorde en terme wat in die boek voorkom.
Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.
Vir sy 10de verjaardag wens Jaco net vir een ding: 'n hond! En hy wil 'n hondepartytjie hê, met hondekolwyntjies. Maar gaan sy ouers vir hom die geskenk van sy drome gee? Sal sy gunsteling-sanggroep, Wagter en die waghonde, by sy partytjie kan wees? En wie moet hy nooi: net sy maats wat van honde hou of almal in sy klas? En wat moet hy doen as sy partytjie skielik heeltemal skeef loop, of as die hond wat hy kry in iets eienaardigs verander? 'n Storie propvol kinkels en keuses!
AHOOI DAAR, SKARMINKELS! Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Hierdie keer soek hulle na 'n skat, maar 'n vioolspeler waarsku hulle teen 'n monster wat almal wat sy goud wil kom steel, OPVREET … Dit is die derde titel in die gewilde Seerower-reeks! 'n Lekker leeservaring vir kinders wat pas hulle eerste hoofstukboeke begin lees het.
Melo se koninkryk neem kinders op ʼn wonderlike avontuur na die Afrika-bos saam met Melo en haar spesiale dierevriende. Elkeen van die bekoorlike stories is gebou op ʼn Afrika-spreekwoord en gebruik Bybelse beginsels om kinders op ʼn boeiende manier te leer en te inspireer. Die stories, geskryf deur Thuli Madonsela en lede van haar familie, beklemtoon die belangrikheid van waardes soos eerlikheid, moed, respek, spanwerk en goedhartigheid, terwyl dit die wonders van die skepping benadruk. Die boodskap van elke storie word versterk deur ʼn relevante teksvers, gebed, vrae vir nadenke, woorde van wysheid en ʼn prettige geloofsgebaseerde aktiwiteit. |
![]() ![]() You may like...
3D and 4D Printing of Polymer…
Kishor Kumar Sadasivuni, Kalim Deshmukh, …
Paperback
R5,898
Discovery Miles 58 980
Global Development in the Arctic…
Andrey Mineev, Anatoli Bourmistrov, …
Hardcover
R4,041
Discovery Miles 40 410
|