![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die sesde boek in die reeks, propvol opwinding, spanning en avontuur! ’n Besoek aan Venesie – dit is ’n droom wat waar word vir die beroemde kaperkaptein Lafras Cuyper. Die droom word egter ru onderbreek toe Lafras een aand in die donker stegies aangeval word. Voor hy die raaisel oor die aanval kan oplos, roep Napoleon hom terug na Parys. Lafras moet Venesie verlaat – en ook die aanvallige Justina, wat sy hart so gou verower het. Hy moet met die Turkse goewerneur gaan onderhandel oor drie Franse offisiere wat as gyselaars aangehou word. Tussendeur al die lewensgevaarlike avonture, verskyn die beeld van Justina kort-kort voor Lafras. Hy moet haar weer sien. Hy moet weer terugkeer na Venesie … en sy aanvallers. Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.
Flintie Valsbaard is 'n slim uitvinder ... en kamma-seerower! Hoe dan anders? Sy pappa is die vreeslose Kaptein Valsbaard! Wel, eintlik is Pappa meestal dierbaar en vol liefde ... Pasop net as hy sy woeste valsbaard, oogklap en houtbeen aantrek – dan roof en plunder hy vir die vale! Seil saam met Flintie na Ys-Eiland en vind uit waarom die vulkaan verstop is ... Maak net gou, voordat Pappa die hele plek platskiet!
Zanelda Sellerman (Zantie) is die oudste dogter van ’n gesin van 7. Sy is die skool se atletiekster, maar wiskunde en wetenskap pootjie haar gereeld. Sy sien uit na haar Graad 9-jaar. Die Juniorbeker wag, Deon Steyn skryf vir haar liefdesgedigte en sy verslaan die vinnige Beverly Botha in die 400 m. Maar toe verander alles met die nuwe meisie, Marita Meyer, wat almal betower met haar perfekte glimlag en illusies. Zantie se Graad 9-jaar lyk nou nie meer so eenvoudig nie.
Karel Kameleon word saam met twaalf ander spioene opgeroep deur Groot Gekko Dikke Nekko. Die baasspioen en oprigter van die Geheime Diereverbond ontbied hulle na sy geheime tempel in die oerwoud. Die lys met al die name van die spioene van die Geheime Diereverbond is gesteel. Wie het die lys gesteel? En hoe het hy by die altaarkamer uitgekom?
Ná ’n maand in Rietvallei Hoër is Daniël du Randt ’n Rietrot tot in sy kleintoontjienael se voorste punt. Peet Pretorius het egter steeds nie die boodskap gekry dat ontgroening, oftewel oriëntering, nie meer plaasvind nie en Daniël-hulle moet mooi loop om uit sy kloue te bly. Dat hulle boonop die kwaai juffrou Faure, wat saam met haar man ’n spioen in een of ander oorlog was, se papegaai moet oppas, maak die lewe nie juis makliker nie. Tussendeur oefen die seuns kliphard vir die groot atletiekbyeenkoms in Johannesburg. Dié uitstappie ontaard egter in iets wat Daniël nie in sy heel wildste verbeelding sou kon voorstel nie. Hoërskool is nie vir sissies nie!
Lillie neem die heksesprong na die heldhaftige wikings. Daar gekom, besef sy egter dat nie alle wikings sterk en dapper is nie...Sy ontmoet Helgar die bangbroek! Helgar se pa, die gewese stamhoof, het tydens 'n vorige ekspedisie weggeraak en die vikings het aanvaar dat hy dood is. Lillie ontdek egter iets wat haar daarvan oortuig dat hy nog lewe. Sy bied aan om na hom te gaan soek en vertrek saam met 'n hele klomp vikings op 'n skip. Maar nie almal is ewe entoesiasties om die ou hoofman te vind nie, en die soektog raak lewensgevaarlik...
Lillie lees op 'n dag 'n gruwelike boek oor vampiere. Maar moenie dink dit skrik Lillie af nie! Inteendeel. Lillie is mos vir niks bang nie, en sy besluit om Transsilvanie te besoek om die gevreesde skepsels met haar eie oe te sien. Gewapen met knoffel, houtdolke, sonbrille en nog wat, doen sy die heksesprong en beland binne-in Dracula se kasteel! Sal sy die moedelose inwoners van Brasov kan help? En self uit Dracula se kloue kan bly?
Grobbelaartjie, 'n jong bosvarkie, is van sy ouers se plaas af op pad na Velskoendorp om sy fortuin te soek. Op sy reis ontmoet hy verskeie uiteenlopende karakters, maak nuwe vriende (en vyande) en beland in talle vreemde situasies. Met hierdie speelse en verbeeldingryke teks skep die skrywer 'n fantasiewereld waar dier en mens saam kan boer en waar 'n bosvarkie 'n reuseverskil kan maak. Die volwasse leser sal die tong-in-die-kies sosiale kommentaar waardeer, terwyl jonger lesers hulle sal inleef in die asemrowende avonture van dapper Grobbelaartjie.
Hierdie keer doen Lillie 'n heksesprong wat haar miljoene jare terugneem tot in die land van die dinosourusse. Maar – o gedorie! – kleinboet Leon is ook daar! Hoe op aarde het hy daar gekom? Lillie wil hom so gou moontlik terug huis toeneem, maar dan gebeur iets vreesliks: 'n Pterosourus gryp die knapie en vlieg met hom weg! Hoe nou gemaak? Sal Lillie haar boetie betyds uit die vlieende reus se kloue kan bevry?
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die agste titel in die Jasper-reeks. Jasper en Mossie kry die opwindende geleentheid om saam met ’n jaggeselskap Bosveld toe te gaan. Hulle slaap in tente, maak koffie oor ’n vuur en hou snags wag sodat wilde diere nie die kampterrein binnekom nie. Jasper wil egter graag saam met die grootmanne jag, maar blykbaar is hy nog te jonk. Hy stem dus gretig in toe die inboorlinge sy hulp vra om die wreedaardige leeu, wat chaos in hul stat veroorsaak, te vang. Maar is die dorpsjapie opgewasse vir so ’n groot taak?
Uit pure agtelosigheid lees Lillie op 'n dag hardop uit haar towerboek. Asof sy teen die tyd nie van beter weet nie! Heeltemal onverwags en onvoorbereid beland sy in die middel van 'n oerwoud. Die oerwoudstam wat haar aanvanklik gevange neem, is onder die indruk dat sy 'n toordokter is en versoek haar om na hul verlore skat te gaan soek. Met net 'n raaisel as roetebeskrywing, gaan Lillie op die soektog na die goue grot. Sal Lillie dit vind, en hoe sal sy weer kan huis toe kom sonder haar speelmuisie by haar? Of is Lillie vir altyd in die oerwoud gestrand?
Die vierde en finale boek in die bekroonde Juffrou Goth-reeks. Vertaal deur Kobus Geldenhuys. Lord Goth hou ’n musiekfees by die Grommengrys-herehuis, en die land se beste musikante gaan daar kom optree. Ada sien baie uit, maar eers kry sy te doen met haar ouma wat probeer om vir haar pa ’n deftige dame as vrou te kry, ’n sater wat in haar klerekas bly en Maltravers wat weer sy ou streke uithaal. Ada moet seker maak dat alles volgens plan verloop, en gelukkig bied ’n baie interessante huisgas aan om te help …
Henning van Aswegen skryf volkstories en kinderverhale oor die Vrystaat
se hartlike mense en interessante diertjies wat hy tydens sy ongebonde
grootwordjare langs Virginia se magtige Sandrivier teëgekom het.
Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde was 'n swaardvegter, draak¬fluisteraar en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Die draakrebellie het begin. Harwarrus is stoksielalleen en in ballingskap. Mense sowel as drake maak jag op hom - sy enigste hoop is dat hy die draakjuweel sal opspoor. Maar waar moet hy begin soek?
Elise is eensaam, en sy is vir alles bang. Sy bly alleen in haar huis en praat met niemand nie. Maar op ’n dag gebeur iets ongewoons. ’n Blou papiervliegtuig vlieg by haar venster in. En kort daarna is daar ’n klop aan haar deur. Eers wil sy nie oopmaak nie. Maar dan doen sy dit tog. En die onverwagse kuiergas verander haar lewe heeltemal. Dit het uiteindelik weer KLEUR!
Die laaste boek in ’n aksiebelaaide trilogie. Alfie het op veertien nie net koning geword nie, maar ook die Redder van die Ryk. Ná die Redder se verlore stryd teen die Swart Draak, het Professor Lock en sy mag ondooie Vikings Brittanje oorgeneem. Die reusetaak om sy land weer terug te wen weeg swaar op die jong koning se skouers, en hy moet ’n weermag oproep om hom daarmee te help. Intussen voer Hayley ’n rebellie in Londen se agterstrate. Alfie maak staat op sy vriende se hulp om dié epiese stryd aan te pak.
Hierdie keer beland Lillie in die Wilde Weste – plek van stofstrate, saloons en skietgevegte! Sal Lillie en haar Colt die inwoners van Bourbontown kan help om drie geslepe rampokkers ore aan te sit?
Die Klein Kaptein is ’n kereltjie wat met ’n skoorsteenpyp, ’n sinkbad, ’n stoelpoot en ’n fietsketting sy skip die “Nooitlek” weer seevaardig maak. Wanneer die skroef, gemaak van gesmelte bronsmunte, ook klaar is, skep ’n groot brander die skip van die hoe duin af waar dit gestrand het. Die avontuurlike tog van die “Nooitlek” met die Klein Kaptein en sy kamerade Dik Druif, Marinka en Bang Tonie kan nou begin. Hulle vaar oor die oseane, kom by vreemde lande aan en trotseer talle gevare. Al drie dele van die Klein Kaptein se wereldreis is hier in een band gebundel, met illustrasies in volkleur deur Carl Hollander. |
![]() ![]() You may like...
Shakespeare's History of King Henry the…
William Shakespeare
Hardcover
|