![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – skryf briewe aan hul ouers sodat hulle fietse vir ʼn fietstoer kan bekom. Na heelwat beplanning, vertrek die seuns met ʼn gesonde voorraad blikkieskos en water in groot rugsakke na die Tuliblok langs die Limpoporivier. Wanneer hulle besef dat hulle oor die 400 km sal moet ry, kry hulle rygeleenthede saam met interessante trokdrywers ... Net ná Potgietersrus (deesdae bekend as Mokopane) haak hulle egter by een van die plase vas en word dit al gou duidelik dat hulle die Limpoporivier nie te siene sal kry nie ... Wanneer hulle agterkom dat die mense hier onwettig beeste oor die grens smokkel, maak hulle spore, maar kan hulle die bloeddorstige boer en sy spoorsnyer ontglip? En wat sal gebeur as hulle in ondergrondse tonnels vasgekeer word en wit geraamtes in die donker grotte ontdek?
Die koning van Katoren is dood en daar is geen troonopvolger nie. Vir 17 jaar regeer ses nare ministers die land – hulle beweer hulle is op soek na ’n nuwe koning, maar niks gebeur nie. Op ’n dag arriveer ’n seun, Stach, by die paleis. Hy is gebore op die nag van die koning se dood en is vasbeslote om die nuwe koning te word. Die ministers wil nie hulle lewenstyl prysgee nie en bedink sewe onmoontlike take vir Stach om te verrig. Hulle is vas oortuig daarvan dat Stach nie die mas sal opkom nie, maar ná die eerste taak is dit baie duidelik dat hy ’n ernstige bedreiging vir hulle inhou. Koning van Katoren is ’n veelvuldig bekroonde verhaal wat internasionaal suksesvol en beroemd is. ’n Film word vanjaar uitgereik.
Dapper Kinders Van Suid-Afrika eer die bekende en minder bekende heldhaftige kinders in die geskiedenis van Suid-Afrika. Daar word vertel van die koue nag toe Klara Majola haar blinde pa gaan soek het. Jacobus Lombard onthou die ontberings wat hy as 15-jarige seun op die Dorslandtrek gely het en die dapperheid wat dit gekos het om te oorleef. Die Anglo-Boereoorlog het heelwat kinderhelde opgelewer. Penkoppe (seuns van ongeveer 10–15 jaar) het saam met die Boere op kommando gegaan en in sekere gevalle saam gesneuwel. Hierdie versameling van 36 verhale gee ’n blik op die heldemoed wat kinders jonger as 16 jaar aan die dag gelê het.
Goue reeks is een van die heel bekendste en gewildste inheemse leesreekse met beproefde sukses oor dekades. Derduisende onderwysers en ouers het self daarmee leer lees – en dit werk steeds! Op publieke aanvraag is die volledige reeks nou weer beskikbaar. Dit volg ’n basiese benadering tot leesonderrig deur klank- en woordbouvaardighede en is gebaseer op herhaling, herkenning en inoefening. Goue reeks se hersiene uitgawe (2009) bied alles wat nodig is om jong leerders te ontwikkel in jong lesers.
"Feliks het gelukkig in Boek 1 sy klein maatjie, Matroos Muis geind nadat die soek geraak het in Storieland ... maar sy geliefde skip, die Skattejag is intussen gesteel deur Kaptein Klou! Tiengelieng die koperfeetjie help Feliks om verder deur die stories te soek na sy skip. Hulle los die raaisel op van Die Seuntjie in die Toring en Feliks ontmoet iemand baie spesiaal in Reenboogfeetjie se Nuwe Vriend. Dalk vind hulle die keer eindelik die skat aan die einde van die reenboog ..."
Henning van Aswegen skryf volkstories en kinderverhale oor die Vrystaat
se hartlike mense en interessante diertjies wat hy tydens sy ongebonde
grootwordjare langs Virginia se magtige Sandrivier teëgekom het.
Alle kinders is bang vir iets. As hulle sê hulle is nie, lieg hulle.” Joshua Reinders maak ’n groot fout. As hy net nie so bang was nie, het sy pa nooit daardie aand ’n kind geskiet nie. Dis hoekom hulle na Droomhoek moes vlug. Maar ook in Droomhoek teister die vrees hom. Skaduwees is nie net skaduwees nie. Geluide is nie net geluide nie. En mense is nie almal mense nie ... “Almal het geheime,” waarsku Joshua se nuwe vriend Gio. Joshua besef net nie hoe naby daardie geheime aan hom lê nie. En wanneer hy dit uitvind, gaan sy hele wêreld op sy kop keer. Die weerwolwe wag vir hom ...
“Pappa!” roep Johannes. “Pappa, kyk net!”. “Stil!” roep meneer Blom. “Ek kry nie gewerk nie!”. “Maar jy moet kyk, Pappa,” se Nella Della. Sy hou haar hand ’n bietjie stywer om die mannetjie sodat hy nie kan ontsnap nie. Meneer Blom kyk. “Wat is dit?” vra hy effens knorrig, asof hy vies is dat hulle hom oor so ’n kleinigheid pla. “Is dit ’n kabouter? Kabouters bestaan nie. Dit is dus onmoontlik. Los my nou dat ek kan werk.” ’n Kabouter is dit nie, maar ’n wiplala met die naam Wiplala. En Wiplala kan toor, of soos hy dit noem ‘tinkel’. Die enigste probleem is dat Wiplala dit soms regkry om te tinkel en soms nie. Wanneer hy die Blom-gesin net so klein maak soos hy, is dit die begin van ’n opwindende avontuur. Die Bloms wonder egter of hulle ooit weer normale mense sal word!. Wiplala verskyn oorspronklik in 1957 in Nederlands. Dit is uit die pen van die bekende Nederlandse kinderboekskrywer Annie M.G. Schmidt. Die boek word in verskeie tale vertaal (onder meer Duits, Fins, Engels en selfs Japannees). In 2014 verskyn daar ook ’n film wat gebaseer is op die boek.
Hierdie storie gaan oor ’n jong towenaarseun en ’n jong krygermeisie wat van geboorte af geleer is om mekaar soos gif te haat. Die storie begin met die ontdekking van 'n reusagtige swart veer. Is die towenaars en krygers dalk so besig om teen mekaar te baklei dat hulle nie agterkom dat ’n oeroue bose mag teruggekeer het nie? Is daardie veer dalk regtig ’n hekseveer?
Sneeuwitjie is een van die beste spelers in die dorp se sokkerspan. Maar daar is een probleem: Sy wil al die doele self aanteken. Hoe kan sy ’n beter spanspeler word? Met hierdie oorpronklike storie oor Sneeuwitjie kan kinders van spanwerk leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en ’n aktiwiteit om saam met kinders te doen.
Julian, Dick en Anne bring die vakansie saam met hulle niggie George en haar hond Timothy deur. Terwyl hulle Kirrin-eiland verken, ontdek hulle iets opwindends wat hulle tot diep in die kerkers onder Kirrin-kasteel lei. Wie - en wat - wag daar op hulle? Pragtige nuwe omslagkuns deur Laura Ellen Anderson maak dié klassieke reeks vir moderne jong lesers toeganklik.
Tillie Appelpit, die appelbloeiselwit kerkmuisie, is mal oor kuiergaste – en wanneer sy haar vriende vir tee nooi, ruik haar huisie tussen die heuwels altyd heerlik na vars gebak. Eendag ontdek sy ’n onverwagse gas voor haar deur: ’n Eier! Tillie neem daar en dan verantwoordelikheid vir die eier – want sy weet ’n eier moet warm gehou, vertroetel en versorg word. Wat sy egter nie weet nie, is dat daar ’n groot verrassing in die eier wag. Welkom by die wonderlike wereld van Tillie Appelpit!
Tillie Appelpit, die appelbloeiselwit kerkmuisie, hou van kuier met haar vriende en is baie lief vir naaldwerk. Eendag bring haar vriendin opwindende nuus ... daar is ’n groot naaldwerkkompetisie op die dorp met uitstekende pryse om te wen! Dadelik is al hier vriende druk besig met naaldwerk, en niemand word genooi vir tee nie. Die nuuskierigheid raak vir Tillie net te veel!! Wat maak hulle almal? En hoekom is almal so vreeslik geheimsinnig? Welkom by die wonderlike wereld van Tillie Appelpit!
Prinses Minna is mal daaroor om moles in haar koninkryk uit te sorteer! Maar hoe gaan sy ’n vreeslike verwarring opklaar? Hierdie kort, snaakse stories is perfek vir beginnerlesers.
Stories van die see is 'n versameling seestories van regoor die wereld – van “Hans en die gaatjie” in Haarlem tot die seevoelnesplukkers Adhi en Sinta in die Ooste. Maar daar is ook heelwat plaaslike verhale oor die Birkenhead-bevel, “Die Vlieende Hollander”, Die Alibama, Wolraad Woltemade, die Gat-in-die-Muur by esiKhaleni waar die watermense jou kom haal, “Die spoke van Jutteneiland”, “Adamastor en die Kaap van Storms” en die skaapwagtertjie van Macassar wat Sjeg Joesoef se graf tussen die duine gevind het. Stories van die see bevat verwerkings van The Little Mermaid en die verhaal van Prinses Elisa en haar elf swane-broers, asook die Weskusboer Koos Malgas wat sy robvrou se vel gesteel het. En natuurlik kul Hasie vir soutwaterkrokodil. Saam met die pragtige illustrasies van Marjorie van Heerden sal Stories van die see 'n klein lesertjie wegvoer na 'n magiese seestoriewereld.
Elise is eensaam, en sy is vir alles bang. Sy bly alleen in haar huis en praat met niemand nie. Maar op ’n dag gebeur iets ongewoons. ’n Blou papiervliegtuig vlieg by haar venster in. En kort daarna is daar ’n klop aan haar deur. Eers wil sy nie oopmaak nie. Maar dan doen sy dit tog. En die onverwagse kuiergas verander haar lewe heeltemal. Dit het uiteindelik weer KLEUR!
Asterix by die Pikte is die 35ste boek in die gewilde Asterix-reeks. Hierdie boek het vir die eerste keer van die begin af ook in Afrikaans verskyn. Asterix en Obelix ontdek een bitter koue oggend 'n blok ys op die strand...met 'n bevrore Pikt binne-in. Kasterolix se doepa ruk hom weer reg en die twee vriende vergesel die Pikt, MacLawaai, terug Pikteland toe om hom met sy clan en sy verloofde te vereinig. Maar in Pikteland is alles ne plus nie. Die bose MacAber hou homself baas. Hy het 'n ooreenkoms gesluit met die Romeine, en doen alles in sy mag om as nuwe koning verkies te word. Maar ons vriende sal wel 'n stokkie (of 'n paal?) voor sy planne steek.
Toe Sjasta uitvind hy’s nie regtig die arm visserman Arsjeesj se seun nie, is hy verras en selfs 'n bietjie verlig. Hy’t in elk geval nog nooit soos 'n Kalormeen gevoel nie. Dit beteken hy kan enigiemand wees! In sy wildste drome sou hy hom egter nie die verrassings en avonture kon voorstel wat op hom wag wanneer hy deur die pratende perd Bree oortuig word om Kalormen te verlaat en na die magiese koninkryk van Narnia te vertrek nie. Hulle reis is propvol gevaar en intrige: eers deur die bose stad Tasjbaan, dan verby grieselrige grafkelders van oerkonings en dan deur 'n skynbaar nimmereindigende woestyn tot by die hoe berge van Argenland. En wanneer Narnia reeds op die horison wink, besef Sjasta die grootste uitdaging le nog voor hom: “As jy dit opmors, gaan jy elke geveg in jou lewe opmors. Dis nou of nooit.”
Sammi is 13 en bly saam met haar tannie Valerie, 'n kunstenaar. Hulle gaan kuier vir die vakansie by Oumie en Dedda in die Noord-Kaap. Sammi gaan haar vriendinne April en Lerato mis, maar die klein dorpie gaan 'n goeie change of scene vir haar wees. Dit sal haar gedagtes afvat van Richfire Arts Academy, die kunsteskool waar sy so graag wil inkom. Maar die platteland is vol verrassings. En kansvatters. Sal sy vir Dedda en Oumie kan help as die slymerige George sy flikkers kom gooi?
'n Wit olifantjie, 'n hen wat wou kraai ... Jy sal kennis maak met splinternuwe karakters en menige avonture met hulle meemaak. Sluit by hulle aan op hul reise, deel in hul avonture en ontdek 'n skatkis van stories om jou na sprokiesland weg te voer. Lochner de Kock vertel al jou gunstelingsprokies! Kom luister saam! Die stories op die CD: Lea se Boom; Die Lied van die Hen; Tot Stinkie se Redding; Die Duisendpoot en die Slak; Frederik en Kuifie; Kameelperd en Sebra; Katryntjie Kekkel; Jabba die Wit Olifantjie; Meteoor die Drakie; Lenet se Ponie (Bonussnit).
Kan 'n draak leer hoe om te deel? Rissie is 'n baie soet draak. Sy volg al die reëls in die Reëlboek vir Drake: Sy steel by almal, en wil nie haar skatte met ENIGE IEMAND deel nie! Die ander diere het genoeg gehad. As hulle maar die draakreëls kon verander . . . 'n Pragtige prenteboek oor die belangrikheid van deel, vertaal deur Jaco Jacobs. |
![]() ![]() You may like...
Basel III: Are We Done Now?
Andreas Dombret, Patrick S Kenadjian
Hardcover
R2,222
Discovery Miles 22 220
International Investment Law and the…
Christian J. Tams, Stephan W. Schill, …
Hardcover
R4,077
Discovery Miles 40 770
|