![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Aandag, alle onderwysers wat CAPS-boeke vir volgende jaar moet kies! Wil jy graag boeke deur ons drie heel gewildste kinder- en jeugboekskrywers in die klas behandel? Wat van ’n supergewilde Thomas@-boek om jou graadneges aan die lees te kry? Of slaan jou graadagts se asem weg met Jaco Jacobs se Perfek (waarvan tienduisende kopieë reeds verkoop is) of die lekkerleesboek Vis en tjips, wat beloof om net so gewild soos die topverkoper Suurlemoen! te word. En Fanie Viljoen se splinternuwe jeugboek Spring sal hulle laat naels kou tot die einde! Hier is LAPA se CAPS-goedgekeurde boeke vir graad 7, 8 en 9. Die CAPS-uitgawes van hierdie gewilde boeke bevat volledig uitgewerkte vrae en hope prettige aktiwiteite!Graad 7 EAT: Zackie Mostert druk ’n drie (Jaco Jacobs)Graad 8 EAT: Perfek (Jaco Jacobs)Graad 9 EAT: Spring (Fanie Viljoen)Graad 7 Huistaal: Gevaarlike lopies (Jaco Jacobs) Graad 8 Huistaal: Vis en tjips Graad 9 Huistaal: [email protected]
Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic
Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer
enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ...
Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die
Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef
Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture – van
vampiere wat op die dorp kom woon, tot ’n weerwolfmeisie wat haar
opwagting in hul klas maak! Die aweregse humor en lekker grillerige
avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!
Jippie! Dis uiteindelik vakansie. Die meeste kinders in 5b gaan by die huis bly. Maar Lotta se familie gaan op ’n organise plaas vakansie hou. Al het sy en haar twee raasbekboeties, Jakob en Simon, besluit hulle wil na ’n eksotiese eiland toe vlieg. Maar daar is nogal baie interessante diere op hierdie plaas. En Lotta is mal oor diere! Sy kan ook lekker op hulle oefen. Want sy weet nou wat is haar Indiese blokfluit se geheim: ’n Mens kan slange daarmee hipnotiseer! Veral kobras. Haar blokfluit laat erdwurms ook dans. Sy moet net die regte note blaas . . . Dit is die een katastrofe na die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings!
Fanie, Japie en Piet kan beswaarlik hulle geluk glo toe oom Gert vra of hulle saam met hom mag gaan jag in die Bosveld – en hulle pa sy toestemming gee. Dis soos 'n lewensdroom wat waar word! Die Bosveldervaring beteken groot avontuur! Die seuns kry geleentheid om jag te maak op rietbokke, waterbokke, sebras, vlakvarke en buffels. Fanie laat selfs ’n krokodil sneuwel. Dis voorwaar meer opwindend as die voeljagtogte van vroeer. En wanneer die leeu snags brul, weet hulle: ’n ontmoeting met die koning van die Bosveld is onvermydelik.
Benru en sy boetie Wayne bly nou by hulle ouma. Sy is nie ’n
liefdevolle ouma wat koekies bak en drukkies gee nie. Sy is saaklik en
formeel. En sy steek iets weg. Benru is seker daarvan.
Marzanne Odendal is ’n uitgesproke tiener – en ouens is min of meer die laaste ding waarin sy belang stel. Haar beste vriendin, Nadia, raak egter gereeld halsoorkop verlief – op ouens soos Armand Hattingh, die rugbykaptein wat glo die son skyn blokkies as hy op ’n tuinstoel gaan sit. Maar dan begin sy uit die bloute e-posse van ’n geheimsinnige anonieme digter kry wat lyk asof hy weet hoe meisies se harte klop ...
’n Splinternuwe versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur. In hierdie bundel lees jy stories, gedigte en dramatekste deur Zelda Bezuidenhout, Mia Arderne, Fanie Viljoen, Wendy Maartens, Hannes Barnard ... en nog meer! Hierdie versameling is perfek vir onderwysers en leerders vir die kwartaal drie letterkundeprojek wat deel is van die CAPS-kurrikulum. ’n Aparte studiegids sal ook vir onderwysers beskikbaar wees wat addisionele inligting oor die tekste bevat.
Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic readers, providing a wide reading experience at similar levels of language. Learners are encouraged to take pleasure in becoming readers in their own right. Features and Benefits ? Promotes independent reading through graded learning ? Cross-curricular and multi-cultural themes ? OBE friendly
Net toe Jill Pole na die langste en goorste skoolkwartaal in haar lewe begin opsien, gebeur iets magies: Sy en Eustace Scrubb beland in Narnia! Aslan gee aan hulle vier tekens en 'n opdrag: om Prins Rilian, wat jare gelede spoorloos verdwyn het, op te spoor en terug te bring na Kair Paravel. Ongelukkig is die kinders so meegevoer deur hulle nuwe omgewing dat die eerste drie tekens heeltemal by hulle verbygaan. Sal hulle die vierde teken ook mis – of sal hulle daarin slaag om Prins Rilian met sy sterwende vader te herenig? Die silwer stoel, briljant vertaal deur Kobus Geldenhuys, verskyn hiermee vir die heel eerste keer in Afrikaans.
Dierestories 1 is die eerste in ’n reeks diereverhale versamel deur G.R. von Wielligh. Die diereverhale wat Von Wielligh versamel het van die Khoi-Khoi, is van die oudste diereverhale in Suid-Afrika. Met die nuutste uitgawe kry die verhale ’n nuwe baadjie met die pragtige illustrasies van Dale Blankenaar. Dierestories 1 bestaan uit 15 stories. Daar word onder andere vertel van die groot geveg tussen die lopende en die vlieënde diere; wie die voëls, die insekte en die diere as koning verkies het en ons maak kennis met Jakkals Spitsneus en arme, dom Wolf.
Henk kan nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd na die ander te speel! Maar van die begin af is dit duidelik dat hierdie nie ‘n gewone toer gaan wees nie. Wie probeer by die span se bussie inbreek? Is daar regtig iemand wat snags in die koshuisgange rondsluip, of is dit Henk se verbeelding? Kort voor lank lyk dit of die kriekettoer in ‘n nagmerrie gaan ontaard... Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.
Waar die Otters is, is daar nou eenmaal nie vrede nie. En ’n vakansie is vir die drie nie sommer net ’n gewone kuiertjie nie. Met die intrapslag loop dinge in Die Otters op die Bosveldplaas skeef: daar is oornag by die kuikenhokke gepeuter: Bykans al die kuikens het deur groot gate in die sifdraad ontsnap en Litte is juis ’n man wat half sentimenteel raak wanneer ’n paar vinkies uitgeroei moet word. Maar hoe verdink ’n Otter dan ’n mede-Otter? Arende, bobbejane en luiperds is vir die stadsjapies nie ’n alledaagse verskynsel nie. Maar waarom kom die Otters een middag erg bedremmeld en gekneus en net geklee in grasrompies by die huis aan? En watter rol het Helene en Magriet, twee skoolpelle, om te speel?
Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic
Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic
Een oomblik.
6-10 jaar. Hierdie opwindende nuwe speurreeks vir beginnerlesers het al meer as 850 000 eksemplare wêreldwyd verkoop! Kwaaikofski is ‘n 9jarige seun met ‘n avontuurlike stokperdjie: Hy is ’n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom , want dit help hom dink. Hy haal ook NOOIT sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy! Sy eerste speursaak is ’n moeilike een: Waarom op aarde verdwyn sy gunsteling-kougom uit Olgo se winkel? Het daai simpel vent, Slang, dalk iets daarmee te doen? Een ding is seker: Speurder Kwaaikofski gaan uitvind! Die intriges is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
“Besef julle hierdie Desember is legit ons laaste ordentlike
somerskoolvakansie?”
“G’n mens kan so verkeerd verjaar nie!” roep ouma Mollie.
Tom en Trevor se nuwe juffrou is amper te goed om waar te wees. Haar naam is juffrou Zaan van Graan. En almal sê sy word NOOIT OOIT kwaad nie. Maar Tom en Trevor hou van poetse bak. Dit is hulle spesiale talent! Daarom begin hulle dadelik planne maak. Planne om die nuwe juffrou WOEDEND te maak! In hierdie splinternuwe skaterlagstorie uit die pen van Jaco Jacobs vind die twee grootste poetsbakkers in die skool uit waarom dit NIE ’n goeie idee is om met ’n juffrou soos juffrou Zaan skoor te soek nie. Jy mag dalk net die een wees wat spaghetti tussen jou tone kry ... |
![]() ![]() You may like...
Target Identification and Validation in…
Jurgen Moll, Sebastian Carotta
Hardcover
R5,655
Discovery Miles 56 550
Subband and Wavelet Transforms - Design…
Ali N. Akansu, Mark J.T. Smith
Hardcover
R5,669
Discovery Miles 56 690
Mycoplasma bovis Infections…
Katarzyna Dudek Dudek, Ewelina Szacawa
Hardcover
|