![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic
ʼn Stadshoender wat geraas maak! Nina kry ʼn spesiale geskenk vir haar verjaarsdag - ʼn hoender! Nina en Magriet is dadelik beste maats. Magriet gaan selfs elke dag ʼn eier lê. Maar iewers is daar ʼn eierdief ... In Magriet die stadshoender ontmoet lesers vir Nina en Magriet. Hierdie twee gaan saam op hope avonture. In Magriet hou konsert voer Nina en Magriet ʼn konsert op, maar Magriet se kekkel is weg ... Die Magriet-reeks is gebaseer op die ware avonture van die skrywer se dogter, Nin, en haar hoenders, Matilda en Siena!
Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus! Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinderboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot 'n TV-reeks op kykNET gelei. Nou is drie van die gewilde Thomas@-stories in een waarde-vir-geld-omnibus beskikbaar: Thomas is nie lus om te trek nie. Veral nie na 'n grillerige ou Victoriaanse huis nie. Sommer gou begin allerlei vreemde dinge in die nuwe huis gebeur. Thomas hoor geheimsinnige voetstappe voor sy kamerdeur, deure gaan onverklaarbaar oop en toe en sy rekenaar se drukker spoeg die een vreemde boodskap na die ander uit. Kan dit wees dat daar regtig 'n spook in die huis is? Saam met sy vriende, Hannes, Alex en Thabo, probeer Thomas die raaisel van die huis oplos ... 'n raaisel wat hulle in groot gevaar laat beland. Thomas en Hannes kan nie wag om 'n nuwe rekenaarspeletjie te toets wat hulle by Harry van die Cyber Tiger-internetkafee gekry het nie. Maar iets is verkeerd met die speletjie. 'n Geheimsinnige skerpioen verskyn op die rekenaarskerm en Hannes is oortuig die speletjie is in werklikheid 'n gevaarlike rekenaarvirus. Hoe ver sal die skurke gaan om die virus terug te kry? Thomas-hulle sien uit na 'n wonderlike langnaweek by die see. Maar dan begin dinge lelik skeefloop: Thomas ontdek 'n deurtjie in die vloer van hulle strandhuis, en dit lei reguit na die skuilplek van die gevaarlike perlemoensmokkelaar Sharky Fortuin ...
Harwarrus verdwaal in die Grilgil Bibliotekaris se doolhof van die dood met ’n horde Deurboor-drake en Mallemaai die Moordman op sy spoor. Harwarrus se verjaardag is beslis nie so stil en rustig soos hy gehoop het nie.
Toe ’n klein bakoorjakkals deur ’n vreeslose, brawe ratel gered word, besluit hy om by hom te bly vir beskerming. Die ratel dink eers glad nie dis oulik nie ... maar dalk het die jakkalsie ook ’n paar nuttige vaardighede! ’n Prettige en pragtige prenteboek oor vriendskap.
In die vernuwende strokiesboek Kaptein Pipskwiek moet die bleeksiel Danie skielik ’n geweldige taak aanpak: om die aarde teen ’n gevaarlike aanvaller te beskerm. Nou dra hy ’n kostuum en kan hy selfs vlieg – hy is ’n gemaskerde superheld! Alles is egter nie net pret en avontuur nie, want dit gaan sleg by die huis. Danie se stiefpa en -broer gee hom probleme en verder wil dit lyk of sy ma sieker raak elke keer as hy in Kaptein Pipskwiek verander. Hoe kan hy dan die dorp red? Hy sal vinnig die regte besluite moet neem...
Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank
’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die
onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op
die boonste verdieping.
Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!
Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic
Drie koshuisavonture in een boek! Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis. As daar nie gevaarlike skurke op hulle spoor is nie, gebeur daar vreemde dinge op die skoolkamp, of kry een van hulle selfs die kans om dalk ’n TV-ster te word. En tussendeur is daar darem ook oorgenoeg kans vir koshuiskattekwaad aanvang, die nuutste modes en grimering uittoets … en natuurlik ’n bietjie romanse! Vir die eerste keer verskyn drie van die gewilde SSS-boeke nou saam in een omnibus: Selfone, skelms en sjokolade Lindie en haar maats se skooltermyn skop af met allerhande probleme. Wie is die twee geheimsinnige mans wat agter Lindie en Talita aan is – en wat wil hulle hê? En dan is daar nog Gina se katastrofiese nuwe haarstyl, Matrone wat ’n sjampanjebottel ontdek het en vasbeslote is om die skuldiges uit te snuffel, en die aantreklike Diaan met die kuiltjies wat Lindie se bene lam maak … SMS’e, skurke en spinnekoppe Vier dae in die bos… Dit is wat vir Lindie en die res van die graadneges voorlê op die skoolkamp. Die enigste ligpuntjie is die luukse lodge met die Franse sjef waarvan Mia praat. Maar voordat die kamp begin, is daar eers ’n nare onderwyseres wat ’n les geleer moet word. En iemand sorg daarvoor dat Diaan met die blou oë en die kuiltjieglimlag dalk nooit weer met Lindie gaan praat nie. ’n Verskriklike ding gebeur egter op die kamp wat hulle gou van al hierdie probleme laat vergeet… Sepiesterre, sokkies en skobbejakke Lindie en haar vriendinne is baie opgewonde oor die revue wat by die skool aangebied gaan word. Dit gaan fantasties wees en iemand gaan boonop gekies word om in ’n sepie te speel. Dink net, een van hulle kan dalk op TV wees! Ongelukkig kry hulle ’n nare verrassing toe hulle sien wie die nuwe dramajuffrou is …
James se tantes, tannie Spyker en tannie Spons, skel hom gedurig uit. Hulle slaan hom en laat hom honger ly en maak sy lewe 'n nagmerrie. As 'n kwaai ontsnapte renoster sy ouers net nie opgeëet het nie, sou hy nooit in hierdie gemors beland het nie. Maar eendag ontmoet hy 'n geheimsinnige ou mannetjie wat vir hom 'n sak vol krokodiltonge met towerkrag gee - en so begin die avontuur van sy drome. Nuwe uitgawes herdenk Roald Dahl se 100ste verjaardag in 2016.
Hierdie boekies bevorder leesstamina en selfvertroue. Leerders word ook aan 'n wye verskeidenheid van skryfstyle blootgestel.
Suzie is mal oor hare. Nog voordat sy kon praat, kon sy al 'n poniestert maak. Wanneer sy eendag groot is, wil sy 'n haarkapper word. Sy hou van haar pa se netjiese kuif. Sy hou daarvan om haar ma se lang hare te kam. Sy hou van haar boetie se borselkop. Sy hou van haar ouma se grys krulletjies... Maar Suzie se oupa het glad nie hare nie. Sy kop is kaal soos 'n eier. Daarom besluit Suzie om 'n plan te maak...
A troublemaker about to get kicked out of school. An eccentric
grandmother with a canary yellow Land Rover and a camera. A girl who
loves books. A sheep that turns into an internet sensation overnight. A
long dusty road. An unforgettable journey.
Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic
Hierdie gebruikersvriendelik en praktiese gids is ideaal vir
klaskamergebruik. Die gids is so saamgestel dat dit die analise van die
roman vir die onderwyser vergemaklik: literêre aspekte word binne die
konteks van die roman bespreek, daar is kontekstuele vrae met
nasienriglyne, daar is langvrae, daar word verskeie skryf- en
mondelingaktiwiteite binne konteks van die roman gegee, en daar is
klasbesprekingspunte.
Eenkantkind is 'n sensitiewe grootwordstorie en een van Marita van der Vyver, bekende skrywer van Griet skryf 'n sprokie, se heel eerste boeke. Vir Jana voel alles net verkeerd - haar gesig, haar neus, haar nuwe lang, maer meisielyf. Boonop het haar ma weer getrou na haar pa se dood en nou is dinge nie meer dieselfde by die huis nie. Gelukkig is daar mense in die wereld soos ouma Ella met haar oranje hare en bloedrooi lipstiffie.
Jou ses gunstelingplaasstories nou in een boek! Boer Frans se plaas le lekker knus langs ’n klein stroompie ver van die stad af. Op die plaas bly baie diere gelukkig saam. Lees in hierdie pragtige boek met sy kleurvolle illustrasies van al die diere se avonture. Stories in hierdie bundel: Nuwe maatjies; Nagvlug; Die vreeslike voelverskrikker; Jag die jagter; Katjies in nood; Sirkus op die plaas.
Toe Jaco per ongeluk sy rugbybal oor die kwaai buurman se muur skop,
het hy nie ’n idee gehad in watter gemors dit hom gaan laat beland nie.
Saam met Handré, sy beste vriend, probeer hy die bal terugkry – net om
te ontdek die buurman hou twee ontvoerde meisies in sy huis aan!
Ons wereld is vol verskillende vorms. Sommige is natuurlik en
sommige is deur mense gemaak. Die boek sal jou wys hoe nuttig
verskillende vorms kan wees. Lees verder om agter te kom waarom
wiskunde belangrik is as jy iets wil bou, uit te vind watter vorms
versteekte krag het, te leer oor patrone, baie kopkrappers te doen
en 'n vlieer te bou. Heinemann se Lees is Maklik-reeks bevat ‘n
verskeidenheid stories vir die Intermediere Fase-leerder.
Is 'n witmuis nog 'n witmuis as hy groen is? Miek is in groot moeilikheid omdat hy die natuurwetenskapklas se witmuis groen gekleur het, en boonop het hy nog nie aan 'n projek gedink vir entrepreneursdag nie. Al wat hom nou kan red, is as 'n luislang vir juffrou Makhetha en meneer Roux insluk.
'n Wilde wragtig genaamd Wilde Wikus Het daar 'n zombie-virus uitgebreek? Is ruimtewesens besig om die aarde aan te val? Het iemand 'n hele weermag ninja-robotte losgelaat? Of waarom wil Wikus se beste maat, Rico, dan skielik nie meer Vrydagmiddag by hom kom kuier nie? Die waarheid is nog erger as zombies, ruimtewesens of ninja-robotte. Rico het 'n nuwe beste maat. Iemand wat baie opwindender as Wikus is. Wikus besluit om 'n plan te maak … Hierdie is 'n humoristiese, toeganklike boek geskik vir beginner- en intermediêre lesers. Daar is min boeke vir seuns in hierdie ouderdomsgroep. Trefwoorde: humor, vriendskap, skool, boelies, avontuur, gesinne.
Sylvia van der Merwe moet 100 ure gemeenskapsdiens doen, sy is geskors uit haar skool voordat sy matriek kon klaarmaak, en saans werk sy hard om die finansiele las vir haar enkelma en kleinboetie te verlig. Dit is werelde verwyder van enkele maande tevore toe sy nog planne gehad het om te gaan medies swot en gekies is as skoolprefek. Minstens is alles nie net sleg nie – haar hunk van ‘n boyfriend Hein is nog net so smoorverlief op haar, en die dienswerk by die ouetehuis is darem nie te sleg nie. En daar is tog vele ander alternatiewe beroepe as medies. Wanneer haar kleinboetie egter siek word en die dokter by noodgevalle nie wil luister nie, moet Sylvia op haar instinkte staatmaak. Dieselfde instink wat vir haar se dat alles ook nie pluis is met haar en Hein nie.
Buyi voel soos 'n vreemdeling in London – die plek waar hy gebore is en grootgeword het. Maar toe hy vir die soveelste keer moeilikheid by die skool optel, besluit sy ma hy moet by sy pa, wat hy nooit geken het nie, in 'n wildreservaat in Suid-Afrika gaan bly. Maar ook hier voel hy nie tuis nie, veral omdat hy en sy bombastiese pa van dag een af nie oor die weg kom nie en die plek vol vreemde bedreigings is. Hy kom gou agter Afrika bestaan nie net uit wonderlike landskappe en eksotiese diere nie, maar ook gevaar. 'n Mensvreter-leeu sluip in die wildreservaat rond op soek na sy volgende prooi . . . Hoe gaan die avontuurlike Andre en saggeaarde Simoshile hom uiteindelik help om die letsels wat die leeu agterlaat, maar ook die in hy hart, verwerk? |
![]() ![]() You may like...
Interrogating America through Theatre…
Iris Smith Fischer
Hardcover
Personalized Learning in Gifted…
Todd Kettler, Cheryl Taliaferro
Paperback
R1,010
Discovery Miles 10 100
Identifying and Serving Diverse Gifted…
Jaime A. Castellano, Kimberley L Chandler
Hardcover
R4,487
Discovery Miles 44 870
|