![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Vir die eerste keer vandat Vandre en sy ma Engeland toe geëmigreer het, gaan hy en sy pa sy ouma-hulle besoek, maar ’n lelike motorongeluk reg in die middel van die Boesmanland ontspoor hulle planne. Vandre, op soek na hulp vir sy beseerde pa, verdwaal heeltemal in ’n onbekende stukkie van die wêreld. Dit word ’n stryd van oorlewing teen die natuur en teen homself
Die Oxford storieboom is 'n opwindende aanvangsleesreeks waarin daar van die standpunt uitgegaan word dat selfs leerders wat nog nie gereed is om simbole te interpreteer nie, wel belangstel in stories en hierdie stories kan interpreteer en weergee. Die reeks maak gebruik van 'n holistiese taalbenadering en is so gestruktureer dat alle leerders daardeur gestimuleer word. Die boekies bevorder kinders se bewustheid van ritme en rym en help hulle om klankvaardighede te ontwikkel.
Jorsie die worsie is terug vir nog 'n avontuur in boek twee van die
reeks!
Klein boekies, maar hope pret!Fanie Viljoen se klein boekies is propvol fantastiese feite en interessante inligting oor speelgoed, modes, poetse en daar is selfs een wat jou kind sal help om die familie se hond toertjies te leer. Hierdie reeks verseker ure en ure se vermaak - en dis nou in bokspakke beskikbaar!
Joe Schutte en sy pelle, Nathe en Thabo, lewe vir rugby. Alles anders
in Joe lewe is so vars soos verlede jaar se brood.
Is dit ’n hond? ’n Deursigtige Jack Russell? Soos ’n ... spookhond?
Lien is die oudste kind in ’n disfunksionele huishouding, waar die status van die gesin van welgesteld tot armblankes verander het weens die misbruik van trustfondse deur haar prokureurspa, nou ’n gevangene, en haar ma weens haar onvermoë om die situasie te verwerk, ’n alkoholis word. Al wat oorbly van die glans van ’n vroeë lewe is ’n woordlose video met grepe uit gelukkige tye saam. Die besorgheid van ’n buurtannie help in die donkerste ure van die gesin, terwyl dit nodig word vir Lien om uit te spring om brood op die tafel te sit. Vir haar en haar jonger broer, Braam, oor wie sy besorg is, is daar aanpassingsprobleme by die nuwe skool, maar deur veral twee vriende, Wouter en Mimi, elk met hulle eie verwondheid, herwin Lien vir haar ’n eie plek. Sy doen naskool loswerkies vir ’n inkomste, veral om die aand kos op die tafel te kry en te spaar vir wanneer sy eendag oorsee kan gaan. Die behoeftes van die gesin kan egter nie alleen deur die wisselvallige inkomste aangespreek word nie. Terwyl haar ma se alkoholisme tot tragiese dieptes verval, begin sy in ’n vermomming op ’n straathoek bedel, waar sy randkarakters soos Roos en Tibbey leer ken en sy geleidelik hulle vertroue en vriendskap wen. Ondanks uitdagende omstandighede slaag sy daarin om ’n verantwoordelikheidsin te kweek wat hulle posisie as gesin ook geleidelik positief beinvloed. Die wyse waarop sy op haar gesins- en persoonlike uitdagings reageer, help haar om te groei, haar roeping te vind en vrede te maak met haar verlede. Vanaf die aangrypende openingstoneel word die aandag geboei met stilistiese vernuf, oortuigende karakterisering en geloofwaardige ruimte-beelding. Die skrywer het ’n oorspronklike aanslag wat gereflekteer word in die oorspronklike taalgebruik en skerp, vermaaklike dialoog. Respek vir die woord staan sentraal in hierdie manuskrip. Die gang van gebeure word so gestruktureer dat die leser meegevoer word en dit moeilik vind om die manuskrip neer te sit. Die narratief word effektief afgewissel met beskrywings van klanklose ou video-grepe. ’n Uitgebreide verwysingsraamwerk van musiek en ander motiewe word deurgaans gehandhaaf en uitgebou – so word die verhaal effektief gelaai met sekondêre betekenislae. Hierdie verhaal spreek ook van ’n maatskaplike gewete wat dit vierkantig plaas binne die konteks van ons sosio-politieke landskap. Dit is ’n verhaal wat die leser subtiel uitdaag om verantwoordelikheid te neem vir sy eie geluk en om die goeie in mense en situasies raak te sien, wat werklik ’n vars briesie is.
Talia is ’n bokser. Sy is deel van die veergewig-kategorie in die skoolspan. Maar haar afrigter het nie baie genade vir haar nie. Dit maak nie saak hoe hard sy boks nie, sy kan net nie sy goedkeuring wen nie. Sy is ook nie vreeslik gewild ná haar broer, Hamer, vrygelaat word op parool nie. Hy was vir ’n jaar lank in die tronk oor diefstal. Almal behandel hom steeds soos ’n krimineel. Maar ... was hy werklik skuldig? ’n Boeiende roman oor die kompleksiteit van gesinne en die gevegte wat ons almal soms met onsself en ons naastes moet veg.
In die laaste boek in die gewilde trilogie begin Lehandi se matriekjaar slegter as ’n rugbywedstryd wat uitgereen het. Haar ma is verloof en Prissie die Vissie is saam met haar strooimeisie. En dit terwyl Lehandi alweer single is. Boonop het die nerd Peyton van vakansie af teruggekom met spiere en kontaklense. En alles verander skielik handomkeer, 180 grade in die verkeerde rigting, wanneer haar vorige BFF Reqita weer terugstap in haar lewe in.
Om in Graad 7 in 'n nuwe skool in te stap waar almal reeds hulle klieks en klubs het, is genoeg van 'n nagmerrie. Dat die atmosfeer tuis nog meer gespanne moet wees as 'n skoolsaal voor 'n wiskunde-eksamen, is genoeg om enige ou 'n bietjie van die pad af te stuur. Maar hoe lank kan 'n mens op dun ys skaats voor jy val?
Na meer as twee dekades as musikant en kulturele opstoker het Koos Kombuis die afgelope paar jaar ‘n nuwe nis vir homself begin uitkerf; dié van kinderboek-skrywer. En nou, sy eerste self-geïllustreerde kinderboek vir alle ouderdomme van agt tot agt-en-tagtig: Eben die Ellendige Eenhoring!
Two very different nocturnal creatures learn the give and take of
friendship on the African savannah, when they decide to open a hotel.
Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers – en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!
Die oorspronklike Engelse roman - THE FAULT IN OUR STARS - is 'n internasionale blitsverkoper waarvan ook 'n baie suksesvolle rolprent gemaak is. Die bekende skrywer en kunstenaar, Tinus Horn, het die boek op 'n sensitiewe manier in Afrikaans vertaal as DIE FOUT BY ONS STERRE. Ondanks die mediese wonderwerk wat gewasse laat krimp en vir haar 'n paar jaar koop, stuur Hazel se lewensverhaal op die einde af; haar diagnose het die inhoud van die laaste hoofstuk bepaal. Maar wanneer 'n uiters aantreklike omwenteling met die naam Augustus Waters by die kankerondersteuningsgroep vir kinders instap, word Hazel se storie van voor tot agter herskryf. Rou, dapper, oneerbiedig en vol insig, DIE FOUT BY ONS STERRE is tot dusver die bekroonde skrywer John Green se mees ondernemende en hartroerende roman, waarin hy die lagwekkende, asembenewende en tragiese aard van die lewe en liefde skitterend verken.
Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic
Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic
Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers – en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!
Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus! Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse! Pasop vir die feetjies Is daar regtig iets soos feetjies? Natuurlik nie! Wie glo nou in piepklein meisietjies wat kamma kan vlieg en heeldag blomme verf? Beslis nie die ondeunde tweeling Dieter en Pieter nie. Maar Lienke en Nonkwe glo in feetjies. Hulle glo daar bly feetjies in 'n ou boomstam in die biblioteek se tuin. Daarom besluit Dieter en Pieter om die meisies 'n poets te bak. Hulle maak superstink Feetjie-Vlug-Formule en gooi dit in die ou boomstam! Kort voor lank kry die tweeling 'n nare verrassing - twee omgekrapte, ongemanierde besoekers ... 'n Prettige skaterlagstorie met 'n belangrike les - moenie met 'n feetjie skoorsoek nie! Borrels Ontmoet vir Borrels! Sy is die nuwe meisie in Christo en Nelson se klas. Dit is nie net haar naam wat vreemd is nie ... Borrels dra skulpe in haar hare. Sy bring haar goudvis saam skool toe. En sy het 'n GROOT geheim ... Ontdek hoeveel pret dit kan wees as die nuwe meisie in jou klas 'n meermin is! 'n Verbeeldingryke storie met 'n bewaringstema, ideaal vir beginnerlesers. Superboetie Ryno Rademan is moeg daarvoor om die oudste broer van 'n superheld te wees. Ja, jy het reg gelees. Sy bababoetie is 'n superheld. Die nag toe hy gebore is, het 'n meteoriet die dorp getref. Dit het hom spesiale kragte gegee. Hy red mense uit brandende geboue en roei misdaad uit - al maak hy nog gereeld sy doeke vuil. Maar op 'n dag besluit Ryno se ma om sy bababoetie vir 'n kompetisie in te skryf ... en hulle kom van aangesig tot aangesig met 'n baba-skurk! Kan Ryno sy boetie uit die kloue van die boosaardige baba red - voor dit te laat is? Koebaai Gorilla WAARSKUWING! Hierdie storie STINK! Hein beland gedurig in die moeilikheid omdat sy beste pel, Morné, hom uitdaag om simpel goed aan te vang. Simpel goed soos om 'n asblik op sy kop skool toe te dra. Hein neem hom voor dat hy klaar is met hierdie soort grappies. Maar teen sy sin aanvaar Hein wéér sy Morné se nuutste uitdaging ... Hy moet 'n hele week lank oorleef sonder 'n tandeborsel. Of vlos. Of pepermente. Of van daardie aaklige groen gorrelgoed. Hoe moeilik kan dit nou eintlik wees? Maar kort voor lank ruk dinge hand-uit ... 'n Stink storie wat jou sal laat skaterlag ... terwyl jy jou neus toeknyp! Die probleem met dinosourusse As jou vriende 'n klomp REUSE, RASERIGE dinosourusse is, kan dinge nogal moeilik raak. Veral as hulle boonop saam skool toe gaan. Maar die probleem met dinosourusse … is dat jy nooit lank vir hulle kwaad kan bly nie!
As jy nog nie Die klein prinsie gelees het nie, wag die grootste lekkerte op jou! Die klassieke boek, wat die skrywer Antoine de Saint-Exupery wereldberoemd gemaak het, is al in meer as tagtig tale vertaal. Hierdie uitgawe bied Die klein prinsie vir die eerste keer volledig in sy oorspronklike vorm in Afrikaans, met al die skrywer se wonderlike illustrasies in volkleur. Die pragtige vertaling uit Frans is deur niemand anders as die bekende skrywer Andre P Brink.
Ses tieners op ’n vasbyt-kerkkamp in die veld, elkeen met hul eie geheime en vrae oor geloof. Die matriekseun wat hulle lei, vol drome van dominee word maar sonder studiegeld. Een afgetrede sirkusleeu en die geblikte jagter agter hom aan. ’n Plaas met ’n verlede vol ongeregtigheid, nou deur droogte geteister. Jan Vermeulen se meesleurende nuwe jongvolwasseneverhaal gaan jou van begin tot einde op die punt van jou stoel hou en nuut laat dink oor gebed, geloof en genade. Die storie bevat ’n tikkie avontuur, ’n tikkie liefde, ’n tikkie geloof en hope naelbyt-spanning. Jeanette Ferreira, skrywer en redakteur, sê die volgende oor die verhaal: Sprankelende titel. Lieflike verhaal. Spannend van die openingstoneel af tot op die allereinde. Daarby vol spitsvondigheid. |
![]() ![]() You may like...
Controversies In Diabetic Neuropathy…
Nigel Calcutt, Paul Fernyhough
Hardcover
Recent Trends in Civil Engineering…
K.K. Pathak, J.M.S. J Bandara, …
Hardcover
R6,585
Discovery Miles 65 850
Diabetes as a Disease of Civilization…
Jennie R. Joe, Robert S. Young
Hardcover
R7,287
Discovery Miles 72 870
The Old Pike - A History of the National…
Thomas Brownfield Searight
Hardcover
R1,146
Discovery Miles 11 460
Big Data Analytics for Time-Critical…
George A. Vouros, Gennady Andrienko, …
Hardcover
R4,943
Discovery Miles 49 430
Metabolic Aspects of PCOS - Treatment…
Mariagrazia Stracquadanio, Lilliana Ciotta
Hardcover
R3,770
Discovery Miles 37 700
|