Joe Schutte en sy pelle, Nathe en Thabo, lewe vir rugby. Alles anders
in Joe lewe is so vars soos verlede jaar se brood.
Maar skielik verander iets in die rugbyspan. Dit voel asof hulle
spanmaats oornag groter, sterker, beter is. Joe en Thabo verloor hulle
plekke in die span terwyl Nathe onseker is oor sy plek. Die drie beraam
’n plan, maar dis onwettig en die risiko is groot. Joe wíl nie, maar
besef dat hy nie anders kan as om te help nie. Asof die drek in sy lewe
nie genoeg is nie, moet hy hom bekommer oor Sticks en Nina, sy ouer
suster, ook.
Dan is daar Joanne. As Joe en Joanne se sterre mekaar gevind het,
waarom kan sy ma haar nie verdra nie?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!