Wanneer die aantreklike en selfvoldane Basson van Rensburg se pa
sterf, aanvaar hy dat hy die baie suksesvolle familieonderneming sal
erf. Tot sy skok ontdek hy daar is voorwaardes. Hy het vyf dae om in
die Kaap te kom en daar is ’n take om tydens sy reis te voltooi.
Langs die pad wag ’n beeldskone, boheemse meisie. Amory gaan
ook Kaapstad toe, maar is op ’n missie van haar eie. En sy het
sekere vaste reëls, nes Basson. Nie een van hulle is ingestel op
hartsake nie, maar wie weet wat wag op dié lang tog propvol
avontuur en onthullings? Daar is gevaar ook, want wie is die
motorfietsman wat so verbete agterna kom – en wat gebeur as hy
hulle inhaal?
Kan liefde seëvier met soveel struikelblokke in sy pad?
Pad na jou hart – ’n rolprentdrama ?is gebaseer op die draaiboek en
is aangepas volgens die vereistes van die KABV vir Graad 11 Eerste
Addisionele Taal met ’n inleiding tot die drama, kontekstuele vrae met
antwoorde, ’n konsepvraestel en glossarium van woorde en literêre
begrippe.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!