![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Lionel Afrika sou daardie oggend nooit kon raai dat hy en sy beste
vriend, Mitch, teen die aand op ’n ruimtereis sou gaan nie. Nog minder
het hy geweet dat hulle paaie baie ure later sou skei, en dat hy alleen
op ’n vreemde plek in die middel van die kosmos sou agterbly.
Die mense van Nandi se dorp leef in vrees vir Nabulela, die gulsige monster wat in die diep meer hou. Toe die meisies van die dorp vir Nandi 'n wrede streep trek, beveel die opperhoof hulle as straf om Nabulela se vel vir hom te bring. Dit kan hulle net regkry as hulle die monster uitoorle ... Hierdie Nguni-volksverhaal is 'n uitstekende voorbeeld van ons land se verhaleskat.
Herman Human loop hom vas in die skynheiligheid van die volwasse wereld. Skielik lyk hul dorp vir hom anders. Kerk en skool probeer die jong boompies buig en Herman raak al hoe meer hardekwas. Hy kyk ook met nuwe oe na vroue: Met Ashia ontdek Herman sy eie seksualiteit. En dan is daar Sandra wat saam met hom in die wiskundeklas is en ook belangstelling toon. Ek dink aan Ashia, ek dink aan Sandra. Waar ek in my lewe gesmag het na een vrou sit ek nou met twee, en ek is, vind ek tot my verbasing uit, vasbeslote om albei te bearbei. Hierdie besef skok my die hele Vrydag uit my wentelbaan uit. Die een baken wat Herman het, is sy pa. En dit is op die dag wanneer Herman teenoor Ds. Weltevreden te staan kom, dat sy pa se voorbeeld hom help om te kies wat reg is en nie bloot korrek is nie. Dit is dan dat hy weet dat 'n mens met jou gewete moet kies, al verklaar jy jouself voelvry in die proses.
Om na ’n nuwe dorp en ’n nuwe skool te trek is nooit maklik nie, maar
vir die skaam Nea is dit nog moeiliker.
Woestyne: Die Aarde se droogste plek. In hierdie boek sal jy leer
presies wat 'n woestyn is, waar in die wereld woestyne is, hoe
plante, diere en mense in die woestyne oorleef, watter soort werk
mense in woestyne doen en wat mense doen om te keer dat die
woestyne van Afrika al groter word. Heinemann se Lees is
Maklik-reeks bevat ‘n verskeidenheid stories vir die Intermediere
Fase-leerder.
Dit is vakansie en Lucas pas die bure se huise en troeteldiere op vir sakgeld. Hy moet met sy motorfiets ry om by al die plekke uit te kom, en so kom hy eendag op die bure se vermoorde kat af, en 'n vreemde foto in die verkeerde posbus. Hy kom dan agter iemand agtervolg hom en wil hom op sy motorfiets omry. So begin sy en sy vriende, Barries en Ben, se speurtog wanneer hulle stadig maar seker leidrade kry, wat uiteidelik reguit lei na die ou huis van oorlede Carlos da Costa. 'n Lekker vinnigbewegende spanningsverhaal vir jong lesers.
Die storie gaan oor Mattie, ’n dogtertjie wat op ’n plaas woon. Sy is die enigste kind en was altyd baie eensaam tot daar een aand iets ongewoon en fantasties gebeur het! Op, op na die Wolke en Die Koekiekasteel is die eerste twee stories in die reeks. Haar avonture word net meer en meer… Nonnetjie Uil nooi Mattie na nog ’n opwindende gebeurtenis in droomland – die diere se kermis. Daar is allerhande stalletjies, waaronder Rupert Renoster se Hoepelgooi en die Springende appelbad. Soos gewoonlik gaan dinge verkeerd en dreig om die pret te bederf. Gelukkig maak Mattie altyd ’n plan en die kermis eindig op ’n goeie noot.
Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers –
en nou is daar ook ’n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek
bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die
prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture
saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die
moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak
dit hope pret om te leer lees! Titels in die boekpak: 6. Z is vir
Zackie: Die tent-avontuur 7. Z is vir Zackie: Die woeste toertjie 8. Z
is vir Zackie: Die slymerige slake 9. Z is vir Zackie: Die dieretuin
10. Z is vir Zackie: Die vreemde fossiel
Dit verg 'n fyn oor en 'n fyner taal om die aarde nog helder aan te haal. In hierdie pragbundel vertel die eerste gedig, met die titel "Om die aarde aan te haal", van die Aarde as ons plek van oorsprong, ons blyplek en ons toekoms. Die digter worstel om die "fyner taal" te vind wat die betekenis en waarde van Moeder Aarde duidelik kan laat klink. Daarmee druk die digter ook iets van die waarde van poesie uit: soos Gerrit Komrij in sy inleiding tot Die Afrikaanse poesie in 'n duisend en enkele gedigte aandui, teken dit op wat uit die verlede waardevol bly; gee dit ons sowel ankerpunte as drome in ons daaglikse bestaan; en vir die toekoms is dit 'n bewaarplek - 'n "magasyn" - van wat waardevol bly. Die gedigte is natuurlik nie net gekies om te weerspieel wat poesie is nie. Dit wil ook iets van die leefwereld van die hedendaagse leser weergee: die skoonheid van die aarde, die verrukking van die liefde, die hoop op 'n sinvolle toekoms en die betekenis van elke oenskynlik onbelangrike mens se aardse bestaan.
In die leeuwelpie-kamp word Sebastian, 'n avontuurlustige leeuwelpie tot tropleier gekroon nadat hy in veilige bewaring gebring is toe hy nieserig, vieserig en knieserig onder die toesig van die groot waaksame leeutrop, weggeglip het. Vir wat blaas jy soos 'n omgeelliede plaaseend?" vra 'n ou, swaar, diep stem dig duskant Sebastian se sitvlak. Sebastian kreun saggies hulpsoekend en wil net ongemerk by die gat se ingang uitsluip toe die stem hom met wysheid bejeen. Ek sal dit nie doen as ek jy is nie," waarsku die stem goedmoedig. Daar is 'n bosbrand oppad hierheen." Sebastian luister na die geskuifel binne die gat voordat die stem rustig voortgaan." En jy gaan soos 'n klein bondeltjie misoes met swart donsies lyk as jy in daardie vlamme beland," koggel die stem en lag sag en diep in sy keel.
Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers – en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!
Marnus is moeg daarvoor om in sy twee broers se skadu te leef. Sy ouer broer breek swemrekords en meisies se harte. Sy kleinboetie is op nege reeds ’n uitgeslape entrepreneur met briljante geldmaakplanne. En Marnus-die-middelmannetjie voel partykeer asof hy onsigbaar is. Maar toe ’n meisie genaamd Leila een oggend aan Marnus-hulle se deur kom klop en vra hy moet ’n petisie teken, is dit die begin van ’n onverwagse avontuur. Marnus beland saam met Leila bo in ’n boom in ’n desperate poging om te keer dat dit afgekap word. In die proses ontmoet hulle ’n kleurryke versameling karakters. En uiteindelik kry Marnus ’n kans om raakgesien te word … ’n Humoristiese, aangrypende grootwordverhaal vol onvergeetlike karakters.
Matt háát haar. Kiana, die koningin. Sy pa se nuwe vrou wat stil-stil hulle lewens kom oorneem het tydens die Covid-inperkings, net nadat sy ma oorlede is. Hy mis sy regte ma. Hy mis Saterdagoggende se plaatkoekies bak saam met sy pa. Hy mis sy eksmeisie. Hy mis hoe alles was voor Kiana. En toe, een dag in die Julievakansie, word als erger. Eers kom waai Kiana sy slegte rapporte rond. Toe vat sy Matt se TV weg. Toe sy reke-naar, en uiteindelik ook sy selfoon. Genoeg is genoeg. Kiana bied hom ’n ultimatum: óf hy aanvaar haar gesag, óf hy loop uit die huis uit. Matt kies opsie twee … en dit word een lang dag in Julie wat alles kan verander.
Lekkerleespret vir jong diereliefhebbers! Ontmoet ’n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het; ontmoet ’n brilpikkewyn met die naam Gregory Peck wat mense geïnspireer het om nie die see te besoedel nie; en skud poot met Just Nuisance, ’n hond wat by die Britse vloot aangesluit het! Hierdie boek bevat vyf asemrowende ware dierestories: 1. Seeman Just Nuisance: Het jy al gehoor van ’n hond wat lid van die vloot is? Of ’n pet dra en alleen trein ry? Dis wat Just Nuisance gedoen het. 2. Visvriende Big Red en Blackie: ’n Wonderlike ware verhaal oor die wonderbaarlike vriendskap tussen twee troetelvisse. 3. Jock van die Bosveld: Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die dapper Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het. 4. Die ysbeer en die kietsiekat: Die merkwaardige verhaal van ’n katjie wat op ’n dag in die ysbeerpoel by ’n dieretuin beland het – en deur een van die gevaarlik bere gered is! 5. Gregory Peck die brilpikkewyn: Vind uit hoe ’n brilpikkewyn genaamd Gregory Peck mense geïnspireer het om vir die natuur om te gee. Die stories word op ’n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!
Hierdie boekies bevorder leesstamina en selfvertroue. Leerders word ook aan 'n wye verskeidenheid van skryfstyle blootgestel.
Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic readers, providing a wide reading experience at similar levels of language. Learners are encouraged to take pleasure in becoming readers in their own right. Features and Benefits ? Promotes independent reading through graded learning ? Cross-curricular and multi-cultural themes ? OBE friendly
’n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee! Die Ek lees self-reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Die prettige, bekostigbare dierestories sal ure se leesvermaak verskaf. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.
Ampie droom daarvan om sy skool se rugbyheld te word. Maar ongelukkig is sy bene maar aan die dun kant en hy vaar nie altyd te waffers op die rugbyveld nie. Daarom weet hy sommer hy gaan sy plek in die span verloor toe Max Swart sy opwagting in hul skool maak. Max is groot en sterk, hy leef vir rugby en hy is ’n regte boelie. Kort voor lank vind Ampie uit dat Max ’n nare geheim het ... Hoe gaan Ampie die res van sy rugbyspan oortuig dat die skool se nuwe ster-speler in werklikheid ’n Monster is? Het jy murg of melkskommel in jou pype? Maak reg vir ’n rugbywedstryd soos jy nog nooit gesien het nie – en die verloorders gaan geeet word! ’n Heerlike aksiebelaaide storie wat jong lesers sal laat skaterlag en hulle hoendervleis sal gee!
Is jy dapper genoeg om hierdie boek oop te maak? Wat gebeur as jy te lank in Dina se donker oë staar? Wat is fout met juffrou Kupido - en watter nare geheim steek sy in haar pousekosblik weg? Wat sal gebeur as 'n vampier en 'n zombie een nag kennis maak? Dis groot. Dis gruwelik. Dit gaan jou hoendervleis gee. Dis die lekkerste versameling grilstories wat jy nog ooit gelees het! Hierdie reuse-rilboek deur die gewilde Fanie Viljoen bevat 30 spokerige, grillerige en grieselige stories wat jou ure lank sal laat ril en gril - en laat smeek vir nog!
Daar is slegte nuus en goeie nuus ... Die wêreld gaan eindig, MAAR die Bullebakke is hier om dit te keer! Dit beteken hulle sal net ’n vuurpyl moet “leen”, en daar is miskien iets kriewelrigs in die ruimtepakke ... en mnr. Piranha het moontlik te veel burrito’s geëet ... Maar nou ja, dit kan tog nie so erg wees nie? Of ? Die dapper helde is op pad MAAN toe om die mal marmotjie te gaan wys wie’s baas.
Hoekom gebruik die skool nie die klaskamers aan die westekant nie? |
![]() ![]() You may like...
Developing Technology Mediation in…
Filomena Soares, Ana Paula Lopes, …
Hardcover
R5,828
Discovery Miles 58 280
Abductive Reasoning and Learning
Dov M. Gabbay, Philippe Smets
Hardcover
R5,838
Discovery Miles 58 380
Indentured - Behind The Scenes At Gupta…
Rajesh Sundaram
Paperback
![]()
|