![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
’n Vyte-boek vir almal. Wat is ‘n wetenskaap? ‘n Mens wat hou van vyte, word ‘n wetenskaap genoem. Jong wetenskape hou gewoonlik vyte in botteltjies aan en bêre dit onder hulle beddens. Wat is ’n vyt? Wanneer ʼn mens goeters uitmekaar haal en dit weer bymekaar sit, bly daar baie keer ietsies oor. Daardie oorbly-ietsies is vyte. Het jy geweet dat idees die mis van breinwurms is as hulle mense se ongedinkte gedagtes eet? Of dat kannibale skole uitgedink het? Of dat skape so slim is dat hulle van groen gras wol kan maak en sommer daarmee saam die seisoene veroorsaak? Dit is als vyte! Wetenskaap bestaan uit ’n versameling speelse, onderste-bo wonderlike en snaakse vyte oor die mens, die aarde en die sommer nog baie ander dinge in die heelal. ’n Heerlike boek vol fiktiewe feite wat nuuskierige agies vir ure sal laat glimlag.
n Bosveld- en wildtuinvakansie hou vir die Uile onverwagte avonture in... Philip, Hennie, Berrie, Vaatjie en Jorsie, die vyf vriende bekend as die Uile, reken die grootste vakansieavonture wag vir hulle op 'n bosveldplaas. Toe Philip, die Groot Uil, 'n luiperd uit 'n boom plattrek, dink hulle die vakansie kan nou net rustiger raak. Maar toe besluit die vyf om Krugerwildtuin toe te gaan. En daar skuil groter uitdagings, want Josie kom per ongeluk op die spoor van drie uitgeslape skelms vir wie die sukses van hulle smokkelstreke belangriker lyk as die lewe van vyf jong seuns.
Gits! Dis ’n spul vriendelik mense! Die een wil jou laat vuis ruik en die ander wil op jou koekblik spring. Die Otters besluit dis ’n tyd in hulle lewe dat hulle moet saamstaan, want ’n koshuiskind het nou maar eenmaal sy plesier en ellendes. Buks gaan toe mos en sê vir ou Biltong sy vingers ruik na sigarette – wat ’n ellende! Buks, Kassie en Litte sit buitendien in ’n verskriklike verknorsing. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle die koshuisspens besteel het. ’n Mens kan jou nie indink dat die Otters sal steel nie, opsetlik sal wil inbreek nie... dis wat die kinders sê.
Lank, lank gelede was die Diepgrawers ’n groot erdfamilie, maar nou is daar net ses van hulle oor: Ouma Smakkie, Pa Vasgryp, Ma Uilverskrik en die drieling, Droomoog, Witstert en Snoetie. Die ander erdfamilies maak al hoe meer snuffelpraatjies oor die Diepgrawers, nie net omdat hulle so min is nie, maar ook omdat hulle allerhande onerdse dinge aanvang. Die jong Diepgrawers klouter dan selfs in bome rond! Wanneer Droomoog een nag iets doen wat geen opregte erd ooit mag doen nie, is dit die laaste strooi. Die Diepgrawers moet gestraf word – hulle moet veld-uit. Sal Droomoog kan regmaak wat hy verbrou het? En sal hy kan ontsnap van die woeste vuur en die wrede Vreet se kloue? Gelukkig is Droomoog ’n ware Diepgrawer, ’n erd wat nie opgee nie, ’n erd met ‘n plan.
Fantastiese nuus vir jong sportliefhebbers! Vir die eerste keer verskyn twee van Jaco Jacobs se supergewilde sportstories saam in een omnibus - met 'n klomp lekker rugby- en krieketfeite as bonus! In Gevaarlike lopies kan Henk nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd ná die ander te speel! Maar van die begin af is dit duidelik dat hierdie nie 'n gewone toer gaan wees nie. Wie probeer by die span se bussie inbreek, en wat soek hulle? Is daar regtig iemand wat snags in die koshuisgange rondsluip, of is dit Henk se verbeelding? Kort voor lank lyk dit of die kriekettoer in 'n nagmerrie gaan ontaard ... Werner en sy vriende in Duskant die doodlyn lééf vir rugby. Hierdie jaar is hulle vasbeslote om hul aartsvyande 'n ding of twee op die rugbyveld te wys. Maar iets is verkeerd. Wie is die geheimsinnige man wat snags by die skool rondsluip? En waarom gebeur daar skielik allerhande vreemde dinge met Werner-hulle se rugbyafrigter? Dit begin al hoe meer lyk of iemand nie volgens die reëls speel nie en Werner en die res van sy span beland in groot gevaar ...
Nadia het 'n geheim. Dit die rede waarom sy by haar ouma in die Magoebaskloof moet gaan bly. Hier ontmoet sy vir Poenk. Bos-Poenk. Geheimsinnige Poenk. Poenk wat haar leer hoe paddaeiertjies ruik. Wat haar wys wat daar kleure soos ritselgroen, bangmaakgroen, fluistergroen, kieliegroen en flikkergroen bestaan. Poenk wie se naam sy oor en oor in haar huiswerkboek skryf. Wat vir haar gedigte lees en vir haar sprokies vertel. Poenk wat self 'n geheim in hom ronddra. 'n Betowerende drama uit die pen van Fanie Viljoen.
In this lyrical story from the award winning Bester sisters, a mother Wildebeest calls her child to finish playing because it is time to go. But the child is not ready. As the push and pull continues, we learn that the Wildebeest and Zebra are in fact leaving their home behind to move to a new place. Time to Go is a story about endings and loss, yet it affirms the joys and adventures of life. To the end, the child is gently encouraged to accept the change and to embrace hope. This book quietly acknowledges the experience of displaced families and communities.
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die immergewilde Stalmaats-boeke is nou in 'n reeks lekkerlees-omnibusse beskikbaar! Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Of hulle nou aan 'n perdekompetisie deelneem, vakansie by die see gaan hou, of geld insamel om mishandelde en hawelose perde by 'n skuiling te red - waar Anri en haar maats is, is daar altyd hope pret! Natuurlik is die katterige Vinette gedurig besig met allerlei planne om die lewe vir die res van die Stalmaats moeilik te maak. En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou oë, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop. Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats! Jong perdeliefhebbers sal versot wees op hierdie reeks! Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: * Komaan, Karen! * Seeponies * Roset * Vrye Teuels * Gevaar op Dagbreek
Rimpelstories is ‘n leesprogram vir die Grondslagfase (Afrikaans
huistaal), wat uit 88 aantreklike geïllustreerde storie- en
feiteboekies bestaan. Die reeks is uitkomsgebaseerd met ‘n
vaardigheidsbenadering as grondslag. Luister-, praat-, lees-,
skryf-, taal-, leer- en denkvaardighede word op ‘n natuurlike wyse
geïntegreer en ontwikkel progressief.
Vuil Ferdie is terug met nog planne! In hierdie boek probeer Ferdie om sy sussie se siekte aan te steek; saam met Ouma by ’n kompetisie te dans en om kragte te meet met die nuwe kinderoppasser wat selfs grilleriger as hy is.
Zia se pa se werk is om pizza af te lewer. Vanaand gaan Zia vir die heel eerste keer saam met hom op sy bromponie ry. Maar as ’n mens pizza aflewer, kan jy vreemde mense ontmoet … en baie vreemde dinge kan gebeur!
Die titels in hierdie fase stel vier nuwe karakters bekend, fokus op gebeurtenisse waarmee kinders maklik identifiseer, bou voort op bestaande sigwoordeskat met prentleidrade om voorspelling aan te moedig en verskaf aanvangspunte vir kruiskurrikulere onderwerpwerk.
Die boek takel die kwessie van kindermolestering en dien om kinders in te lig en te bemagtig. Die gevaartekens van molestering word uitgewys en riglyne gebied oor hoe om in so ’n situasie op te tree. Kyla is gek oor stories van dapper prinses Arabia wat selfs teen drake veg. Maar haar ouer sussie, Abby, glo nie meer in sprokies nie. Abby sê daar is ’n draak in hulle huis – een wat vir niks en niemand skrik nie. Maar wie kan dit wees? Gelukkig leer Kyla net wat om te doen om haarself te beskerm.
Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Nuwe Nasionale Kurrikulum in die Intermediëre Fase. Die reeks poog om die jong lesers die genot van lees te laat ontdek en hul visuele geletterdheid te ontwikkel deur interessante, boeiende tekste wat ryklik geïllustreer is. Die tematiese inhoud sluit sensitiewe vraagstukke soos besoedeling, boelies en vigs in, maar dit sluit aan by die leefwêreld van die lesers met humor wat wyd gebruik word.
Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.
’n Lieflike geïllustreerde boek wat tot kinders van alle ouderdomme
sal spreek. Nyambura is laat! Sy is op pad om vir haar Ouma te gaan
kuier en sy moet die bus neem van die mark af om daar te kom. Sy
soen haar Mamma tot siens voordat sy na die bus haas. Nyambura moet
lank wag vir die bus en dus raak sy verlore in haar eie gedagtes.
Een van die eerste grafiese romans vir tieners in Afrikaans. Hierdie epiese grafiese roman is gebaseer op Fanie Viljoen se roman The Last Time I Died wat in 2016 deur Ransom Publishing gepubliseer is. Die Swart Kraai het Sam se pa doodgemaak, en nou het hy Sam doodgemaak. Sam is egter nie dood nie. Die dood was die sesde van sy sewe lewens, en nou het hy nog een oorblywende lewe - om terug te kom en Die Swart Kraai dood te maak. Die meesterlik kreatiewe Daniël Hugo het hierdie boek geïllustreer en lesers met 'n voorliefde vir die kuns van grafiese romans en strokiesprente sal weggeblaas word deur die besondere details van die illustrasies op elke bladsy.
Glo jy in spoke? Is daar regtig allerlei bangmaakgoed wat in die nag rondloop? Maak dig toe die gordyne, klim in jou bed, trek die duvet styf om jou skouers... en laat die 13 stories in hierdie boek jou koue rillings gee!
|
![]() ![]() You may like...
Hiking Beyond Cape Town - 40 Inspiring…
Nina du Plessis, Willie Olivier
Paperback
The Kabbalah Unveiled - Containing the…
S. L. MacGregor Mathers
Hardcover
R716
Discovery Miles 7 160
The New IT Outsourcing Landscape - From…
Leslie P. Willcocks, Mary C. Lacity
Hardcover
R2,897
Discovery Miles 28 970
|