|
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Ligte, kamera … AKSIE!
Zackie en Vincent is BAIE opgewonde! Hulle gunsteling-aksieheld maak 'n SPLINTERNUWE FLIEK. En die vervaardigers soek jong akteurs om daarin te speel! Zackie en Vincent kan nie wag om vir 'n OUDISIE te gaan nie. Maar Anton wil ook graag 'n rol in die fliek hê. Anton is die grootste BOELIE, GROOT-PRATER en MOEILIKHEIDMAKER in die skool - en hy kan KARATE doen! Hy gaan sy bes probeer om seker te maak Zackie en Vincent staan nie 'n kans om 'n rol in die fliek te kry nie ...
Hierdie hoogsgewilde Nederlandse reeks oor 'n jong seuntjie wat op sy sewende verjaarsdag 'n weerwolf word, is vir die eerste keer in Afrikaans vertaal! Kinders sal mal wees oor Dolfie en sy vriende se humoristiese avonture. 'n Opwindende reeks wat hope pret waarborg!
Op 'n dag is daar vreemde geluide in die Weerwolfbos. Daar word gekap, gesaag en gegrawe. Die bos is in gevaar. Oupa Weerwolf se boomhuis waarin hy al jare woon, is ook in gevaar. Twee besigheidsmanne, Visgraat en Meneer, wil die bos afkap. Wat nou? Protesteer! Dolfie en sy klasmaats stig 'n protesgroep W.R.O.W. (Wie Red ons Wolfbos). Maar sal dit genoeg wees om die mans te keer?
Karla is geskok om uit te vind dat iemand die raar en kosbare Blou
Morf-vlinders uit die Skoenlapperhuis waar haar ma werk gesteel het -
en nou kan haar ma dalk haar werk verloor! Saam met haar nuwe vriende
Kumiko en die tweeling Douw en Devan besluit sy om ondersoek in te stel
en die vlinders te red - saam met haar ma se werk.
Hierdie boek, die eerste titel in 'n nuwe reeks, is 'n prettige en
avontuurlustige speurverhaal vir jong lesers deur Marita van Aswegen en
pragtig geïllustreer deur Cheslea Taylor.
'n Egte Afrika-storie van 'n jong meisie se kleurvolle bos avontuur 'n Jong meisie se doodgewone reis deur die bos word 'n verrassende avontuur … Tembi vat die pad deur die digte Afrika bos op pad na haar geliefde oupa toe. Sy het 'n tros pragtige piesangs wat sy as 'n Spesiale Geskenk vir hom wil gee. Op pad soontoe verloor sy die piesangs en sy loop allerhande stoute diere raak - 'n kameelperd, apies, selfs 'n swerm bye - wat hulle bes probeer om die piesangs met 'n Spesiale Geskenk te vervang. Maar elke keer raak die geskenk weg … Sal sy op die ou einde vir Oupa sy pragtige piesangs kan gee met die hulp van haar dierevriende? Elizabeth Laird se slim, sirkelagtige volksverhaal word pragtig aangevul deur Liz Pichon se helder illustrasies van Afrika en die kleurvolle diere wat daar bly.
Hierdie is ’n storie met ’n begin en ’n einde wat weer begin.
Blou Feetjie is, nes alles en almal om haar, deel van die siklus van die lewe. Sy huppel en lag en wens almal geluk toe. Soms speel sy naby tien Baie Spesiale Stene wat hul oeroue wysheid met haar deel.
Sy moet doodstil sit en baie, baie mooi luister om te hoor hoe sy die lewe vir ander makliker en beter en mooier en gelukkiger en ligter en liewer kan maak.
|
|