|
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Ligte, kamera, aksie! Ewald is baie opgewonde toe hy sy eerste rol
in ’n fliek losslaan. Dit is immers nie sommer enige rol nie – hy
speel die hoofrol! Hy is Aksieheld Austin, ’n dapper held met
vuiste soos kanonkoeels wat skurke laat les opse! Iets is egter nie
pluis op die filmstel nie. Dit lyk asof ’n regte skurk die rolprent
probeer saboteer. Kort voor lank is die hele filmspan se lewe in
gevaar. En as Ewald die fliek wil red, sal hy so dapper soos ’n
REGTE aksieheld moet wees ... Hierdie asemrowende nuwe
avontuurverhaal uit die pen van Fanie Viljoen is die eerste in ’n
splinternuwe reeks oor Aksieheld Austin. Perfek vir jong lesers wat
hou van stories propvol aksie en adrenalien!
'n Egte Afrika-storie van 'n jong meisie se kleurvolle bos avontuur 'n Jong meisie se doodgewone reis deur die bos word 'n verrassende avontuur … Tembi vat die pad deur die digte Afrika bos op pad na haar geliefde oupa toe. Sy het 'n tros pragtige piesangs wat sy as 'n Spesiale Geskenk vir hom wil gee. Op pad soontoe verloor sy die piesangs en sy loop allerhande stoute diere raak - 'n kameelperd, apies, selfs 'n swerm bye - wat hulle bes probeer om die piesangs met 'n Spesiale Geskenk te vervang. Maar elke keer raak die geskenk weg … Sal sy op die ou einde vir Oupa sy pragtige piesangs kan gee met die hulp van haar dierevriende? Elizabeth Laird se slim, sirkelagtige volksverhaal word pragtig aangevul deur Liz Pichon se helder illustrasies van Afrika en die kleurvolle diere wat daar bly.
Die Oxford storieboom is 'n opwindende aanvangsleesreeks waarin
daar van die standpunt uitgegaan word dat selfs leerders wat nog
nie gereed is om simbole te interpreteer nie, wel belangstel in
stories en hierdie stories kan interpreteer en weergee. Die reeks
maak gebruik van 'n holistiese taalbenadering en is so
gestruktureer dat alle leerders daardeur gestimuleer word. Die
boekies bevorder kinders se bewustheid van ritme en rym en help
hulle om klankvaardighede te ontwikkel.
Hy kan vlieg.
Hy kan planne maak.
Hy kan met nare mense se gal werk.
Hy en sy swaard skrik nie vir monsters nie.
Sy naam is Perseus – ’n superheld van lank gelede.
Jy sal mal wees oor sy storie!
Hannah is vasgekeer.
Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wêreld vanuit sy studeerkamer probeer red. Vas in haar onvermoë om haarself te laat geld. Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet vlieg.
Tot Lua onverwags ʼn paar ou rolskaatse vir Hannah gee en haar help om kelnerin by die akwarium se koffiewinkel te word.
Hannah kom voor ʼn keuse te staan: veg, vlug of vries?
Sy kies! Sy kyk video’s oor hoe om bo te bly, want skaats gaan sy skaats. Die De Lange-broers kruis haar pad. Leo leer haar skaats, Ben wys haar die dolfyne en Hannah se vlerke kry vere.
Sy vlieg en wanneer sy land ... land sy op wiele!
Die koninkryk van Kornukopië was eens op ’n tyd die gelukkigste in die
wêreld. Daar was baie goud, ’n koning met die spoggerigste snor, slagters,
bakkers en kaasmakers wie se uitsonderlike kos mense laat jubel en juig het.
Alles was perfek – behalwe vir die mistige Moerasland in die noorde wat,
volgens legende, die tuiste van die monsteragtige Ickabog was. Mense met
gesonde verstand weet dat die Ickabog net ’n mite is, ’n bangmaakstorie vir
kinders. Maar soms neem so ’n storie ’n lewe van sy eie aan.
Kan ’n mite veroorsaak dat ’n geliefde koning sy titel kwyt raak? Kan ’n mite
’n eens gelukkige land op sy knieë bring? Kan ’n mite twee brawe kinders op
’n avontuur stuur waarvoor hulle nie gevra het nie en wat hulle nooit sou kon
verwag nie?
|
|