|
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
“Ek sweer by jou Yoruba, dat jy eendag weer 'n waardige plek in ons
huis sal he!” So belowe Theuns Meyer die houtmasker – wat volgens
stamtradisie net deur welvarende mense besit mag word – toe hy dit
na sy pa se vonnis uit hul bankrotboedel red. Maar op Sandbaai waar
hulle tydelik in hul oom se vakansiehuisie intrek, en sy ma probeer
om met naaldwerk kop bo water te hou, word die moontlikheid al meer
onwaarskynlik. Theuns was kaptein van hul skool se
onderwaterhokkiespan en 'n ervare duiker. Nou kan hy hoogstens gaan
duik om van sy woede en frustrasie ontslae te raak. Totdat hy vir
Ras Payne op die strand raakloop – 'n perlemoenstroper met etiek –
soos hy homself beskryf. Ras trek hom geleidelik in by sy
bedrywighede totdat Theuns besef dat die see se skulpgoud die
enigste weg uit hul gemors is. Theuns en Ras vind op 'n vreemde
manier by mekaar aanklank in hierdie wereld van agterdog en leuens.
En elke keer dat hy sy deel in Yoruba se hol houtgesig bere, weet
hy dat daar nie omdraai is nie.
Herman Human loop hom vas in die skynheiligheid van die volwasse
wereld. Skielik lyk hul dorp vir hom anders. Kerk en skool probeer
die jong boompies buig en Herman raak al hoe meer hardekwas. Hy kyk
ook met nuwe oe na vroue: Met Ashia ontdek Herman sy eie
seksualiteit. En dan is daar Sandra wat saam met hom in die
wiskundeklas is en ook belangstelling toon. Ek dink aan Ashia, ek
dink aan Sandra. Waar ek in my lewe gesmag het na een vrou sit ek
nou met twee, en ek is, vind ek tot my verbasing uit, vasbeslote om
albei te bearbei. Hierdie besef skok my die hele Vrydag uit my
wentelbaan uit. Die een baken wat Herman het, is sy pa. En dit is
op die dag wanneer Herman teenoor Ds. Weltevreden te staan kom, dat
sy pa se voorbeeld hom help om te kies wat reg is en nie bloot
korrek is nie. Dit is dan dat hy weet dat 'n mens met jou gewete
moet kies, al verklaar jy jouself voelvry in die proses.
Daar gebeur nooit iets opwindends met wurms nie. Hulle kruip maar
meestal op die grond rond op soek na iets om te eet. Of hulle seil
teen 'n boomstam op om aan vars blare te kou. En die ander een sal
antwoord: “Niks, en jy?” “Niks.” En dit is ook so. Niks gebeur ooit
met wurms nie. Maar daar is altyd 'n uitsondering.
Sy is Helena Bosman van 'n piepklein dorpie doer ver in die
Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is
hulle veldbosengeltjie, hulle hart se punt. Tot Vaselinetjie tien
jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in
Gauteng – die weeshuis waar Madiba se weggooikinders bly. Dis 'n
vreemde, harde, gevaarlike wereld van skomgatkinders, kwaai
huistannies en 'n hardvogtige, onregverdige koshuisvader; van
entjies rook, hare laat afskeer en planne maak om te whallap. Waar
niemand oor jou traak nie, en waar jy ook leer om oor niemand te
traak nie. Maar, soos die maande jare word, kruis een naam telkens
Vaselinetjie se pad: Texan Kirby. En daardie naam loop reguit na
haar hart.
Op sestien kort mens nog jou ouers se toestemming vir alles. Maar
nie Charlie Koekemoer nie. Sy is van kleins af geleer om
selfstandig te wees. Op drie kon sy brood smeer, op vyf hotdogs in
die microwave maak ... En nou, in Graad Elf, behandel haar
advokaat-ma en -pa haar soos 'n jong dame van twintig. Hulle is
amper nooit by die huis nie. En omdat hulle skuldig voel oor sy so
baie alleen is, mag sy kom en gaan soos sy wil, probeer hulle haar
paai met duur geskenke. Sy is 'n mall rat wat net designer labels
dra, ry 'n Triumph Spitfire met 'n bottelgroen afslaandak, rook met
styl, kuier laatnag tot ligdag in hip-hop clubs, lewe roekeloos en
met passion ... Totdat Mavis op 'n dag onwetend 'n dig bewaarde
geheim verklap, en die aarde eensklaps gaan staan. In 'n enkele
week verander Charlie se lewe onherroeplik. Niks is meer soos dit
was nie. Maar ondanks alles kry sy dit reg om sane en cool te bly.
Sy skryf op haar nuwe laptop, herrangskik die files in haar kop en
dans verwoed. Want soos Frida Kahlo en Isadora Duncan, die sterk
vroue wat sy so bewonder, verstaan sy nou: Maak nie saak waar jy is
of hoe jy dit het nie, dis alles 'n kwessie van hoe jy kies. As jy
die punch deur jou tande sif en fyn sluk, dodge jy die vis.
Geheim van die Reënwoud is 'n roerende verhaal waarin mens en
natuur so onlosmaaklik aan mekaar verbonde is, en tog so
Gideonette onthou alles van die dag toe sy gebore is tot in die
fynste besonderhede: Hoe almal gese het hulle het nie hoop vir
hierdie bondeltjie sprinkaanbene nie. En hoe sy besluit het sy WIL
LEWE en hulle almal verkeerd bewys het. Dit is dan ook die eienskap
wat haar deur haar kinderjare en grootwordjare kenmerk: haar
veggees. Selfs wanneer rampe die gesin tref en die mense van die
omgewing weer onder mekaar begin fluister van die vloek wat op die
familie rus. Deur alles heen veg sy voort vir 'n beter lewe, en op
die ou einde is die leser saam met haar bly wanneer dit duidelik
word dat die lewe vorentoe vir haar gaan glimlag. 'n Buitengewone
boek propvol lewe en vitaliteit. 'n Boek waaroor aanhangers van
Riana Scheepers se skryfwerk dol gaan wees.
Vreesloos? Elle is eerder vrekbang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil brieke gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir ’n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans.
Op hierdie dans gaan sy ’n laaste kans kry om haar stempel af te druk. Dit moet onvergeetlik wees, veral vir die nuwe hoofmeisie en die graadelfs. Alles is droommooi: van die statige ou skoolgeboue tot haar metgesel in sy donker pak. Alles is supermega-stylvol: van die oerwoud in die skoolsaal tot die gourmet disse op die tafel. Mevrou Bender is op haar pos, goedkeurend en in beheer.
Wat kan verkeerd loop? Net mooi alles.
As haar droomdans dan wel onvergeetlik is, maar om al die verkeerde redes, moet Elle keuses maak. Sy en Refilwe moet die gevolge dra, want hulle is die gesig van Gravitas.
En wat wag vir Elle en Refilwe aan die einde van die eksamen? Gaan dit ’n vakansie in ’n pienk bikini wees, of ’n verblyf in ’n tronksel in ’n oranje oorpak?
Dis 'n verhaal van 'n tiener wat weier om sy droom prys te gee. Dis
'n storie van sukkel, vasbyt en wen!
|
|