![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Mossie Mostert is 'n avontuurlustige seun. Hy bly op Skilpadfontein, 'n plattelandse dorpie in Suid-Afrika. Saam met sy fiets-vriend Jumbo maak hy 'n verskil in die lewe van baie dorps- en plaasmense. Hy en Jumbo lewer kruideniersware af vir Oom Japie se Superette. In hierdie verhaal word 'n ongewenste, landswye brandstoftekort die krisis waarin Mossie en sy fiets-vriend floreer. 'n Fiets gebruik mos nie petrol en diesel nie... Kom lees en sien hoe Mossie en Jumbo die helde van Skilpadfontein geword het. 34 bladsye se volkleur illustrasies vertel die verhaal van hierdie moderne Suid-Afrikaanse held. Die boek is ideaal vir graad 3 en 4 lesers.
A gentle mix of educational facts and fiction makes the Adventures of Pinky Baboon an ideal source of entertainment. The stories are written to not only capture the imagination of toddlers and pre-schoolers but also moms and dads who have to read the stories over and over again. Basing her stories on her love for the bushveld and education, Carli Roodt has created a platform from where Pinky takes the reader on a discovery of interesting facts mingled with fiction. Pinky goes looking for her friend Dan Zebra when she meets Henry Hyena, Daisy Hippopotamus, Freddie Warthog, Billy Lion, Gabby Giraffe, Martha Elephant and Brian Kudu along the way.
Toe die nuwe meisie in sy klas beland, fyn en broos soos 'n doudruppel, en amper deurskynend mooi, voel Arno liefde, soos in regtig liefde - liefde vir altyd. Maar wat as God 'n ander plan het? Arno kan die gly van die doudruppel oor die blaar nie keer nie, maar hy kan die val makliker vir haar maak ... In Drippelkie pak Arno en Sarien saam 'n avontuur aan vol vrees en beskerming, seerkry en genesing, twyfel en verstaan. Saam ontdek hulle God gebruik die lewe self om vir ons die dinge te leer wat nie in boeke staan nie. Drippelkie is 'n verhaal van liefde wat seevier - op God se manier. Hierdie moderne, interaktiewe jeugroman het spesiale QR Codes wat die leser aanmoedig om die storie meer as net bladsye van 'n boek te maak.
Maak gereed vir nog ’n Elle-avontuur propvol raaisels, romanse en rock! Elle kan nie wag vir die Musikanto-fees wat Oktober in Parys plaasvind nie. Selfs al is dit die Parys aan die Vaalrivier en nie die een aan die Seine nie. Die regte Parys sal moet uithaal en wys, want Elle het ontdek: Die Musikanto is ’n splinternuwe, landswye skolefees. Buiten die klassieke musiek, is daar ’n toneelfees en ’n rockfest. Dis nie sommer nog 'n kunstefees nie, dis ’n happening – iets soos Woodstock of Oppikoppi. Maar eers moet die orkes geld insamel om in ’n ordentlike hotel te gaan bly, eerder as op ’n aaklige kampeerterrein met grillerige badkamers. Selfs al beteken dit Elle en haar vriendinne moet leer koekies bak en dit by die seunskool probeer smous.
Katrina is moeg vir vervelige mense, moeg vir 'n vervelige lewe, moeg vir haar outydse naam. Sy is Kat ... en Kat is sexy, suave en gesofistikeerd. Net jammer haar lewe bly so gewoon en saai. Naweke werk sy en Van Aardt op die kunsmark en by die skool het sy te doen met irriterende mense soos Marle Groenewald, die girl met die supergroot boobs. Tot hy op die toneel verskyn. Hy met die ontwerperstoppels en die romantiese Franse naam. Kat is verlief. So verlief dat sy haar beeld heeltemal verander sodat hy haar moet raaksien. Maar die Fransman het 'n geheim. Iets wat sal maak dat Kat haar romantiese idees van voor tot agter moet hersien en haar hart net so deeglik moet ondersoek.
In hierdie verkorte en vereenvoudigde weergawe van die oorspronklike 1988-uitgawe word die ware verhaal van Huberta die seekoei in fiksievorm oorvertel. Huberta het in 1928 haar 1600 km-lange tog tussen St Lucia en die Oos-Kaap aangepak. In die tyd het sy mense gaande gehad: waar sou sy volgende opduik? Nadat sy in KwaZulu Natal so amper gevang is om na die Johannesburgse Dieretuin geneem te word, het sy in Durban aangedoen, waar sy op 'n strand en by 'n buiteklub opgemerk is. Sy het na amper drie jaar se stap in 1931 in Oos-Londen aangekom. Ten spyte daarvan dat sy as kroonwild verklaar is, is sy kort daarna deur boere op hulle plaas doodgeskiet. Haar liggaam is in Londen deur 'n taksidermis gestop, en sy staan nou statig in die Amathole Musuem in King William's Town.
Kayla is moeg vir al die praatjies by die skool. Dit voel al asof dit op haar voorkop geskryf staan: Pa het werk verloor. Finansiele probleme. Moes huis verhuur. Woon nou in woonstel bokant die Spar. En dan is daar die ding met Coach. Haar hokkieafrigter maak haar deesdae ongemaklik, met die manier hoe hy na haar kyk en die dinge wat hy se. Maar se nou niemand glo haar as sy vertel wat aan die gang is nie? Boonop lyk dit of Emile, sexy, gewilde Emile wat haar altyd so goed laat voel het, skielik al hoe meer afsydig teenoor haar is. Wat op aarde doen 'n mens as dit voel of jy hele lewe besig is om uit te rafel?
Didi, Lienka en Talia is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Saam is hulle die Glam-divas, 'n funky agentskap wat partytjies reel, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee. Toe Didi voorspel dat die tweede kwartaal vervelig gaan wees, het sy geen benul hoeveel drama die komende Meidans gaan oplewer nie. Wat is Hlomla Khuni se storie? Hou hy regtig van haar? En hoe gaan sy haar pa oortuig dat Hlomla nie net 'n bedorwe rykmanskind is nie? Boonop is daar 'n nuwe meisie in die skool wat vasbeslote is om die Glam-divas se lewe te versuur. En dit lyk of dinge tussen Talia en haar ou ook ernstig begin skeefloop...
Lillie is nog nie 'n regte heksie nie – maar met die towerboek wat sy op 'n dag langs haar bed ontdek het, kry sy gereeld kans om te oefen. Die enigste probleem is dat haar towerkunsies nie altyd heeltemal die regte uitwerking het nie … soos wanneer sy probeer om haar juffrou goed te laat lyk voor die inspekteur, en per ongeluk die hele skool op sy kop keer!
Wie kom daar oor die vaal, verlate vlakte aangery? Dit is Cowboy Koekemoer en sy getroue kameelperd, Shorty. Na 'n lang dag is die twee baie honger en dors. In die dorpie Watsenaam is alles egter nie pluis nie. Vlugvoet die Vraatsige Seerower voer 'n skrikbewind onder die inwoners. Die sluwe skurk met sy nare kraai steel al die dorp se water. Maar as gevaar hom in die gesig staar, is Koekemoer nie verniet die dapperste cowboy in die Klein-Karoo nie...
My naam is Marthe. En hierdie is die ware verhaal van my en my olifant. Marthe is 'n Franse meisie wat saam met haar ouers en haar sussie in China bly. Vir haar agtste verjaardag kry sy 'n ongewone geskenk - 'n baba-olifant! Sy naam is Sam en kort voor lank is die twee van hulle onafskeidbaar. Sam bly in die tuin en hy hou daarvan om saam mark toe te gaan, waar hy self vir hom geskilde piesangs koop. Maar op 'n dag gebeur daar iets wat alles verander... Hierdie boek is gegrond op die ware verhaal van 'n meisie wat meer as 'n eeu gelede met haar olifant van China na Frankryk moes reis.
Terwyl Lucas en sy vriende probeer om Ayanda se dood te verwerk, word hulle gekonfronteer met vreemde gebeure: 'n misterieuse bol lig, so groot soos 'n rugbybal, hang in die donker buite Brandon-hulle se huis; 'n massiewe swart trok ry Nova se strate binne en verdwyn in die Hok. Die skool word ook skielik ontruim wanneer 'n vuur uitbreek en dele van die skool ontplof. Al die leerders en onderwysers soek skuiling in 'n ondergrondse bunker. Om sake te vererger vertel Lucas se ma vir hom 'n geheim...Dit keer sy hele wereld om en hy kan nie help om anders na homself en sy vriende te kyk nie. Wanneer Duart uitvind van die geheim, kom daar 'n breuk in sy en Lucas se vriendskap. Wanneer hulle toegesluit word in 'n klein, lee stoorkamer binne die Hok, breek daar selfs 'n rowwe stoeigeveg uit tussen die twee.
Die liefde bring vir Lienka net bekommernisse. Die Maan-en-Sterre-bal le voor en dit lyk vir haar of haar wenkbroue besig is om bles te word. Dan is haar een oor ook steeds aan die verlep (so glo sy) omdat Hennie Vis-oog Visser in graad vier haar mond misgesoen, en haar oor getref het. Om nie eens te praat van haar moeilikheid met Gansnek Gysie wat sy oe nie van haar kan afhou, Innes, haar back-up boyfriend, en Leon, haar Smartieboks crush, nie. Wanneer die Maan-en-Sterre-bal aanbreek, is daar egter net een vyfster-ou om wie Lienka haar arms gaan vou..
n Tweetalige woordeboek in volle kleur. Die direkte assosiasie tussen voorwerp en woord help om woordherkenning en betekenis makliker oor te dra. Addisionele soek-en-vind-aktiwiteite help om lesers in taalleer te betrek. 'n Noodsaaklike bron vir vroee kinderontwikkeling en aanvangslees. Om te leer is lekker! En saam met die Smurfies is dit selfs nog smurfer!
Lara het die perfekte ou. Michael bring gereeld vir haar blomme skool toe. Sy glimlag sal enige tandarts laat straal van trots. En almal voorspel hy gaan oor twee jaar hoofseun wees. Die enigste meisie in die skool wat nie van hom hou nie, is haar beste vriendin, Vanessa. Maar dan moet Lara en Vanessa 'n artikel vir 'n tienertydskrif skryf. Die onderwerp is: Graffiti: kuns of krimineel? En hulle paaie kruis met die van 'n regte graffitikunstenaar wat hulle aan 'n opwindende, geheimsinnige skemerwereld bekend stel.
Wouter is baie bekommerd. Hy moes nooit die speletjie van meneer Grimbeek se rekenaar afgelaai het nie, want noudat dit begin het, kan dit nie gestop word nie, en as dit eers jou naam het . . . Iemand is reeds onverklaarbaar dood, en Wouter en sy vriend Koekoes moet vinnig dink aan 'n uitkomkans, anders is dit neusie verby - nie net vir hulle twee nie, maar vir almal wat hierby ingesleep is. 'n Lekker vinnig-bewegende storie vir jong lesers met ’n spanningsvolle einde. Ideaal vir trae lesers wat nie vir lang boeke kans sien nie.
In Leah-hulle se tuin woon 'n meermin. Soms sing sy saggies en soms fluister sy dat sy honger is. Maar wat op aarde eet 'n meermin? Malvalekkers? Spaghetti? Pizza? Leah vra haar ma, haar pa, haar broer, haar suster en haar juffrou by die skool. Maar niemand weet van watter soort kos 'n meermin hou nie. Leah is egter vasbeslote om self uit te vind ...
Bella is Nina se kleinsussie en met haar in die omtrek is daar nooit 'n vervelige oomblik nie. Bella glo vas sy kan swem, totdat sy die eerste keer vir swemlesse moet gaan. Boonop is Bella se verjaardag om die draai en hierdie jaar is daar presies een ding wat sy dolgraag wil he: 'n hamster. (Al klink haar ma en pa glad nie so opgewonde oor die idee nie.) Maar voor die groot dag aanbreek, moet daar eers koekies vir Bella se klaspartytjie gebak word – en Bella eet natuurlik baie meer koekies op as wat sy versier.
Tweelingbroers Christo en Andre ontdek 'n glasbotteltjie in 'n winkeltjie vol seevaartaandenkings in Houtbaai. Die eienaardige rooi gloed en die vreemde klomp syfers wat een nag uit die botteltjie stroom verander hulle ietwat vervelige vakansie by ouma en oupa eensklaps in 'n opwindende avontuur! Die derde boek wat as vervolgverhaal in KleinB, Die Burger se kinderblad, verskyn en daarna deur Tafelberg uitgegee word. Die eerste was Fanie Viljoen se Kaptein Hamerkophaai en daarna het Harlekyn, deur Jaco Jacobs, gevolg. Skole het weekliks saamgelees en die klasaktiwiteite voltooi wat spesiaal vooraf deur 'n span opvoeders uitgewerk is.
Zinzi en haar kat, Saffraan, red 'n magdom magiese kreature! Hierdie reeks, bestaande uit ses titels, bevat al die regte bestanddele vir 'n opwindende leeservaring: magiese diere, monsters, avontuur en raaisels wat opgelos word met behulp van wetenskaplike eksperimente. In haar avonture word Zinzi bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. Elke meisie het immers 'n kat vir goeie raad nodig! Drake en malvalekkers In die eerste boek van dié reeks ontdek Zinzi 'n gloeiende foto en leer sodoende 'n groot geheim. Magiese diertjies wat beseer is, besoek Zinzi en Saffraan se skuur in die agterplaas op soek na hulp! Die eerste diertjie wat beseer is en in Zinzi en Saffraan se sorg beland, is 'n baba-draak. Sal hulle die drakie betyds kan help? Monsters en muf Die skuur in Zinzi en Saffraan se agterplaas is 'n veilige hawe vir beseerde, magiese diere. In die tweede boek in die reeks het Gorp, 'n bosmonster, hulp nodig. Gorp kry 'n bietjie skaam oor sy probleem, maar Zinzi verseker hom dat sy vinnig kan help. Wanneer Zinzi se eerste paar oplossings egter nie vir Gorp help nie, huil hy lang trane. Zinzi en Saffraan se hande is vol met 'n huilende monster terwyl hulle ook aan 'n goeie oplossing vir sy probleem probeer dink. Meerperdjies en borrels In die derde boek van hierdie reeks ontdek Zinzi en Saffraan dat die meerperdjies wat in die stroom woon in groot gevaar is. Die twee maats moet vinnig aan 'n plan dink om die stroom en die diere wat daarbinne woon, te help. Katjievlinders en ys 'n Groot sneeustorm veroorsaak baie moeilikheid vir die magiese diere wat in die woud bly in die vierde boek van die Zinzi en Saffraan-reeks. Zinzi en Saffraan probeer om die eiers van 'n katjievlinder te red, maar begaan 'n fout. Voordat die diertjies uitbroei, moet Zinzi en Saffraan hulle fout probeer regstel. Paddas en plante In hierdie boek ontvang Zinzi en Saffraan 'n besoeker, Pip, wat 'n vreemde voorwerp het: 'n gloeiende saadjie. Die drie vriende moet vinnig uitvind wat die saadjie nodig het om te groei voordat dit te laat is. Towerponies en kieme In die sesde boek van die reeks is daar 'n aardbewing wat Zinzi-hulle se huis laat skud. Of is dit eerder 'n eenhoring-bewing? 'n Baie groot, nuwe vriend daag met erge pyn by Zinzi en Saffraan op. Zinzi, haar ma en Saffraan moet spoedig 'n genesing bedink vir hierdie magiese vriend.
Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie ... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends. Zackie en Vincent besluit om 'n lekker grillerige spookstorie-aand te hou! Hulle kamp in die tuin uit en lees stories wat jou hare sal laat rys. Maar dan gebeur daar iets ... Iets wat die hele skool laat dink Zackie en Vincent is twee bangbroeke ... |
![]() ![]() You may like...
Race, Class And The Post-Apartheid…
John Reynolds, Ben Fine, …
Paperback
Business Leadership and Community
Jason Miller, Chris O'Byrne
Hardcover
|