![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Daar is 'n nuwe ruiter by die Dagbreek-ryskool. Anri, Megan en Karen is opgewonde om maats te maak met Sune. Maar hoekom tree sy partykeer so vreemd op? Hoe beter Anri die nuwe meisie leer ken, hoe meer is sy oortuig dat iets nie heeltemal pluis is nie ...
Superhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat voorle. En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel: Beskaafde mense hou nie vakansie in ’n tent in die diepste bosse van Botswana nie. Sy mis haar twee beste vriende, Estelle en Chanelle, en die winkels en partytjies in die stad. Zero selfoonontvangs. Maar in die bosse van Botswana ontdek Elle boonop ’n nare geheim oor haar ouers ... en teen wil en dank moet sy die twee seuns beter leer ken.
Vlis is die woord wat die hoofkarakter, die 12-jarige Andine, en haar au pair uitgedink het vir iemand wat "nog vis nog vlees" is. Andine en haar boetie, Zander, is rykmanskinders wie se ouers oorsee gaan en hulle onder die au pair se toesig los. Maar dan word die au pair ("Jam:, kort vir JM, Jean-Marie) se tannie baie siek en gaan sy na die kleinhoewe of "plot" waar hulle woon om te help met hulle dag-tot-dag bestaan, en sy neem die kinders saam.
Die boeke in Fase 1 het geen teks nie en die leerders moet hul eie stories skep. Fase 1 konsentreer op die ontwikkeling van basiese geletterdheidsvaardighede en hulpbronne is ontwikkel om kinders aan te moedig om oor hulself en hul ervarings te gesels, luistervaardighede te ontwikkel en die eerste boekhanteringsvaardighede te ontdek.
Dis seker die laaste sien van Ollie Axford, se ek. "Ek sou nie so seker wees nie, TJ," se Nesta. "Die kanse is goed dat hy jou sal probeer date." "Ek weet darem nie, hy lyk anyway vir my na 'n regte joller. Jy ken mos sy soort. Daai glinstering in sy oe vertrou ek nie." "'n Bietjie soos Luke?" vra Lucy. Vir TJ was dit 'n lang droogte, sonder 'n enkele ou op haar horison - en toe skielik is daar sommer twee gelyk! Net toe TJ besluit die hartebreker Ollie Axford is die regte ou vir haar, wil Luke de Biasi ewe skielik weer hul romanse laat vlam vat! TJ is verskeur tussen hulle, en sy voel soos 'n tweegesig. Maar sy hou op om haar oor ouens te verknies toe iemand na aan haar ernstig siek word. TJ moet haar kop skoon kry en sy het nou die ondersteuning van haar vriendinne - Lucy, Nesta en Izzie - dringend nodig!
'n Skooltoer na Florence bied Lucy 'n ideale wegkomkans. Sy moet 'n bietjie afstand kry van Tony wat die laaste tyd druk op haar plaas om hul verhouding verder te voer. In Italie ontmoet sy 'n baie gawe en ordentlike jong man op besoek aan Toskane. Net die regte ou om haar van Tony te genees, dink sy. In Italie maak Lucy ook kennis met 'n wereld van kultuur en verfyndheid. Kan sy haar losmaak van Tony en aangaan met haar lewe? Of sal sy maar net weer van die wal af in die sloot beland?
Toe Luke, die ou met wie Nesta uitgaan, sy vurige liefde teenoor TJ verklaar, weet sy nie wat haar getref het nie. Sy voel dalk dieselfde teenoor hom, maar hy is tog Nesta se ou! Sy probeer hom vermy, maar toe hul skole saamwerk aan 'n projek, word Luke as koördineerder gekies. TJ het geen ander keuse nie as om hom gereeld te sien. Misverstand en slegte kommunikasie bedreig die meisies se goeie betrekkinge en verdeel hulle in twee kampe: Lucy en Nesta teenoor Izzie en TJ. Sal hul vriendskap dit oorleef?
Louise voel desperaat oor haar voorkoms. Sy dink dis tyd dat sy iets aan haarself moet doen, maar haar ma dink die enigste skoonheidsmiddel wat 'n mens nodig het is 'n goeie koekie seep. Hoe nou gemaak, veral as sy elke dag by die skool in die geheimsinnige en beeldskone Charlotte-May met haar gladde bruin bene, aarbeilipglans en gestrykte blonde hare moet vaskyk? Wanneer sy vir Louisa, haar amperse naamgenoot ontmoet, spat die vonke, maar daar is ook 'n Matador, 'n celeb en 'n weggesteekte rok wat sorg vir 'n paar interessante kinkels in die verhaal. Louisa en ek en die celeb is 'n ligte lekkerlees verhaal vir 10-13 jarige meisies.
Storiejoernaal is 'n splinternuwe Afrikaanse kortverhaalbundel vir Graad 12 (Eerste Addisionele Taal) volgens die Onderwysdepartement se voorskryflys. Die stories handel oor persoonlike belewenisse, ontroerende ervarings en selfs versinsels. Heelwat stories verteenwoordig iets van ons geskakeerde samelewing en die lotgevalle van gewone mense. Dit verbeeld verhoudings, die nadraai van die apartheidsjare, versoening en die ideale en emosies van tieners.
Dit is 1899. In die Kaap is daar gerugte van oorlog. Die veertienjarige Sean Basson is alleen op die wêreld.
Agent Snoet is 'n effens verstrooide speurder wat gelukkig kan staatmaak op die hulp van sy briljante Siamese kat, Felino, om sy sake op te los. Net soos in die eerste titel, die suksesvolle Agent Snoet en die Botterdiamant, moet Snoet en Felino in hierdie storie weer allerlei gevare trotseer en beleef hulle ongelooflike avonture - en daar is natuurlik tussendeur hope skaterlaghumor.
Tinus, Elke, Chris, Deirdre en Annemie sien uit na nog 'n rustige vakansie op oom Martin se Bosveldplaas naby Mapungubwe. Maar toe hulle daar kom, begin die poppe dans. Eers vind hulle koedoes wat in ’n strik gevang is en dan is daar skielik renosters op die plaas wat nie daar hoort nie. En wat beteken die blou “vuurpyle” wat elke dan en wan afgeskiet word? Deur die leidrade te ondersoek, kom die avontuurlustige vyfmanskap af op ’n internasionale sindikaat wat nie net met renosterhorings smokkel nie, maar boonop hul oog op De Beers se diamante het. Teen die agtergrond van die reeds misterieuse Mapungubwe, word die 'n interessante speurtog!
Die tragiese liefdesverhaal speel af in die sestigerjare in Distrik Ses. Die hoofkarakter, Abbi, se broer word weens die moord op haar kerel, die seun van die predikant van die Morawiese kerk, in hegtenis geneem. Die veel ouer Abbi vertel hoe haar geliefde Benjamin selfs na sy dood mense bymekaar kon hou.
Luna is anders as al die ander kinders wat ek ken. En dis nie net omdat hy blou hare het, maantaal kan praat en 'n luislang vir 'n troeteldier het nie. Onder daardie blou hare van hom broei allerlei prettige planne uit. As Luna se oe begin blink, moet jy weet hy het aan 'n plan gedink om die skool se fietsresies te wen of spesiale Sleepkoekies te bak of skurke op hulle plek te sit. Saam met Luna is elke dag vol vreemde en wonderlike avonture!
Sy naam alleen laat haar hart vinniger klop. Leon. Leon Louw. Hy is verskriklik aantreklik en sy oe is baie blou. Sy mond is incredibly soenbaar, al het dit 'n nors trek. Shani kruis gou paaie en swaarde met die nuwe inwoner van Wilgehof. En soos gewoonlik is Rachelle gereed om in te meng, op haar eie waaghalsige, uitdagende manier. Verstommend genoeg het die goedige Ans in Japie Coetzee se kloue verstrengel geraak. Japie, wie se bloedrooi Ford Mustang met die V8-enjin die ganse Reenboogrant aan die gons het, het Dolf uitgedaag om te dice. Die ouens wat weet, se Dolf gaan stof vreet, want sy Volla is heeltemal te stadig. En al waarsku die onderwysers en die hoof hoe, kan Dolf nie die uitdaging ignoreer nie. Hy bly dink aan Ans en Japie. En die rooi Mustang met die geel vlamme. Te gou is dit die aand van die gevaarlike wedren – 'n aand wat niemand in Reenboogrant ooit sal vergeet nie.
Vreesloos? Elle is eerder vrekbang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil brieke gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir ’n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans. Op hierdie dans gaan sy ’n laaste kans kry om haar stempel af te druk. Dit moet onvergeetlik wees, veral vir die nuwe hoofmeisie en die graadelfs. Alles is droommooi: van die statige ou skoolgeboue tot haar metgesel in sy donker pak. Alles is supermega-stylvol: van die oerwoud in die skoolsaal tot die gourmet disse op die tafel. Mevrou Bender is op haar pos, goedkeurend en in beheer. Wat kan verkeerd loop? Net mooi alles. As haar droomdans dan wel onvergeetlik is, maar om al die verkeerde redes, moet Elle keuses maak. Sy en Refilwe moet die gevolge dra, want hulle is die gesig van Gravitas. En wat wag vir Elle en Refilwe aan die einde van die eksamen? Gaan dit ’n vakansie in ’n pienk bikini wees, of ’n verblyf in ’n tronksel in ’n oranje oorpak?
Nico het 'n volwasse vriend Max wat verf en sy slaapkamer versier. Hy pluk ook vir hom appels van sy boom af. Maar een dag sien hy glad nie vir Max by sy huis nie. Die volgende oomblik kom 'n groot swart motor sy liggaam haal en word hy begrawe. Wat het gebeur? Waar is sy vriend nou? Die storie, vanuit 'n kind se perspektief, vertel van die pyn en die lee gevoel wat verlies veroorsaak asook die hartseer oor en en aanvaarding van die dood. Dit verduidelik nie net wat met die liggaam van die oorledene gebeur nie, maar vertel ook van die veilige plekkie wat op elkeen wag wat op God vertrou.
Sy naam is Toko. Dit beteken klei. Hy is pas deur sy stiefpa, hoofman Jeroba, aangewys om die jong leeus te gaan roep. Die jong leeus wat as volwaardige manne sal terugkeer, hulle hare afgeskeer. En saam met hulle hare bly alles wat hulle verkeerd gedoen het op die berg agter. Ook dit wat vannag daar bo in die berg gebeur. Tot more geld daar geen wette vir hulle nie. Hulle kan doen net wat hulle wil. Niemand sal ooit daaroor praat nie - net soos almal swyg oor die verskriklike ding wat die vorige jaar op die berg gebeur het. |
![]() ![]() You may like...
Land In South Africa - Contested…
Khwezi Mabasa, Bulelwa Mabasa
Paperback
Focus 2e 4 Teacher's Book with PEP Pack
Arek Tkacz, Beata Trapnell
Undefined
R2,276
Discovery Miles 22 760
New Trends in Magnetism, Magnetic…
J.L.Moran- Lopez, Jose M. Sanchez
Hardcover
R5,986
Discovery Miles 59 860
Medical Applications of Nuclear Physics
K Bethge, G. Kraft, …
Hardcover
R2,892
Discovery Miles 28 920
Extremisms In Africa
Alain Tschudin, Stephen Buchanan-Clarke, …
Paperback
![]()
|