0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (36)
  • R50 - R100 (204)
  • R100 - R250 (1,092)
  • R250 - R500 (221)
  • R500+ (30)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Elle Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Elle Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Superhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat voorlê. En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel:

1. Beskaafde mense hou nie vakansie in 'n tent in die diepste bosse van Botswana nie.

2. Die familie en haar pa en ma se universiteitsvriende, die Mosterts, kom sak en pak saam.

3. Die Mosterts se twee irriterende, beterweterige, kondensmelkdrinkende seuns, Divan en Alex. Twee dorpsjapies. Twee koshuisbrakke. Wat haar boonop ignoreer. Vir háár, Elle-Belle. Geen normale ou met gesonde hormone het haar nog ooit geïgnoreer nie.

Maar in die bosse van Botswana ontdek Elle boonop 'n nare geheim oor haar ouers ... en teen wil en dank moet sy die twee seuns beter leer ken.

Die naam alleen klink al klaar vir Elle soos 'n doodsvonnis. Want terwyl haar ouers 'n jaar lank oorsee werk, moet sy na 'n ander skool toe gaan. 'n Meisieskool. 'n Superstreng meisieskool. Boonop is haar selfoon doodstil terwyl sy die heeltyd wens Alex se naam wil op die skerm flits.

Het hy ná hul Botswana-vakansie heeltemal van haar vergeet? Het die blikkie kondensmelk wat hy daardie aand vir haar gegee het, dan heeltemal niks beteken nie? In Blou sjokolade vind Elle tot haar skok uit dat die orkestoer Frankryk toe, waarna sy so lank reeds uitsien, afgestel is.

Dit beteken sy gaan waarskynlik die hele vakansie alleen by die huis sit en kyk hoe die grasperk doodryp, want haar ma en pa is op ’n navorsingsending na Antarktika. Maar dan kry Elle die kans om die Otter-wandelpad te gaan stap saam met haar kamermaat, Refi, die aantreklike Mostert-boeties, Alex en Divan, en drie kinders wat kanker gehad het.

Sommer gou vind Elle uit die Otter is beslis nie vir sissies nie – en twee aantreklike ouens op die staptog laat boonop haar hart vreemde dinge doen ...

Elle-reeks Omnibus 3: Middernagklub, Pienk bikini, Strikdans - Middernagklub, Pienk bikini, Strikdans (Afrikaans, Paperback):... Elle-reeks Omnibus 3: Middernagklub, Pienk bikini, Strikdans - Middernagklub, Pienk bikini, Strikdans (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Zinzi en Saffraan: Towerponies en Kieme (Afrikaans, Paperback): Asia Citro Zinzi en Saffraan: Towerponies en Kieme (Afrikaans, Paperback)
Asia Citro
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Zinzi en haar kat, Saffraan, red 'n magdom magiese kreature!

Hierdie reeks, bestaande uit ses titels, bevat al die regte bestanddele vir 'n opwindende leeservaring: magiese diere, monsters, avontuur en raaisels wat opgelos word met behulp van wetenskaplike eksperimente. In haar avonture word Zinzi bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. Elke meisie het immers 'n kat vir goeie raad nodig!

Drake en malvalekkers

In die eerste boek van dié reeks ontdek Zinzi 'n gloeiende foto en leer sodoende 'n groot geheim. Magiese diertjies wat beseer is, besoek Zinzi en Saffraan se skuur in die agterplaas op soek na hulp! Die eerste diertjie wat beseer is en in Zinzi en Saffraan se sorg beland, is 'n baba-draak. Sal hulle die drakie betyds kan help?

Monsters en muf

Die skuur in Zinzi en Saffraan se agterplaas is 'n veilige hawe vir beseerde, magiese diere. In die tweede boek in die reeks het Gorp, 'n bosmonster, hulp nodig. Gorp kry 'n bietjie skaam oor sy probleem, maar Zinzi verseker hom dat sy vinnig kan help. Wanneer Zinzi se eerste paar oplossings egter nie vir Gorp help nie, huil hy lang trane. Zinzi en Saffraan se hande is vol met 'n huilende monster terwyl hulle ook aan 'n goeie oplossing vir sy probleem probeer dink.

Meerperdjies en borrels

In die derde boek van hierdie reeks ontdek Zinzi en Saffraan dat die meerperdjies wat in die stroom woon in groot gevaar is. Die twee maats moet vinnig aan 'n plan dink om die stroom en die diere wat daarbinne woon, te help.

Katjievlinders en ys

'n Groot sneeustorm veroorsaak baie moeilikheid vir die magiese diere wat in die woud bly in die vierde boek van die Zinzi en Saffraan-reeks. Zinzi en Saffraan probeer om die eiers van 'n katjievlinder te red, maar begaan 'n fout. Voordat die diertjies uitbroei, moet Zinzi en Saffraan hulle fout probeer regstel.

Paddas en plante

In hierdie boek ontvang Zinzi en Saffraan 'n besoeker, Pip, wat 'n vreemde voorwerp het: 'n gloeiende saadjie. Die drie vriende moet vinnig uitvind wat die saadjie nodig het om te groei voordat dit te laat is.

Towerponies en kieme

In die sesde boek van die reeks is daar 'n aardbewing wat Zinzi-hulle se huis laat skud. Of is dit eerder 'n eenhoring-bewing? 'n Baie groot, nuwe vriend daag met erge pyn by Zinzi en Saffraan op. Zinzi, haar ma en Saffraan moet spoedig 'n genesing bedink vir hierdie magiese vriend.

Coucou, Lulu (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Coucou, Lulu (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Elsbeth Eksteen 1
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Drome word waar in die laaste boek in hierdie gewilde meisiereeks!

Uiteindelik word Lulu se grootste droom bewaarheid: sy gaan Parys toe vir haar eie modevertoning, en die grootste name in die modewêreld gaan haar klere modelleer! Die nare tweeling, Alex en Alet, daag ook onverwags op en Lulu is eers bang hulle gaan al haar planne in die wiele ry - maar dan loop iets GROOT verkeerd! Al die uitrustings wat sy gemaak het, raak weg en arriveer nooit in Parys nie! Lulu en haar vriende en familie moet inderhaas 'n plan maak, maar Lulu is op die punt om moed op te gee. Kan sy nog 'n suksesvolle modevertoning doen en haar drome laat waar word?

'n Reeks vir beginnerlesers, ideaal vir jong meisies wat 'n belangstelling in modeontwerp het.

Elke Hond Kry Sy Dag (Afrikaans, Paperback): Kimberlie Hamilton Elke Hond Kry Sy Dag (Afrikaans, Paperback)
Kimberlie Hamilton
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie is ’n boeiende versameling van meer as 30 verhale van werklike honde, insluitende filmsterre met pelse, honde wat graag help, wetenskapsupersterre en oorlogshelde. Hierdie heldhaftige honde is die sterre van hulle eie stories. Lees ook oor honde wat rekords breek, honde in die letterkunde, babahonde wat roem op die internet gewerf het en nog meer …

Antjie en die krimpvarkies (Afrikaans, Paperback): J. Coldwell, A. Stimie, G. Aalbers, C. Crosland Antjie en die krimpvarkies (Afrikaans, Paperback)
J. Coldwell, A. Stimie, G. Aalbers, C. Crosland
R128 Discovery Miles 1 280 Ships in 6 - 10 working days

Hierdie boekies bevorder leesstamina en selfvertroue. Leerders word ook aan 'n wye verskeidenheid van skryfstyle blootgestel.

Tweede Kanse (Afrikaans, Paperback): Stefan Enslin Tweede Kanse (Afrikaans, Paperback)
Stefan Enslin 1
R257 Discovery Miles 2 570 Ships in 2 - 4 working days

Jong Joe en Anna (albei 13) raak hartstogtelik verlief op mekaar. Maar dan tree die lewe tussenbeide en word hulle teen hul sin van mekaar geskei. Amper tien jaar later loop hulle mekaar weer onverwags raak, maar hul sterk band vanuit hul kinderdae is verlore. Sal hulle die lewe se baie hindernisse kan oorkom, en sal hulle ooit weer saam kan wees?

Dit is ’n storie oor lewe, grootword, regte en verkeerde keuses maak, vashou aan dit waarin jy glo, ouerskap en hantering van die dood. Wat egter die sterkste uitstaan, is die liefde.

Hierdie storie verken die moeilikhede wat tieners en studente daagliks in die gesig staar en leer ook jonk en oud om in liefde te glo ten spyte van hartseer.

Betsie, Meneer Tier en die Blou Maan (Afrikaans, Paperback): Sally Gardner Betsie, Meneer Tier en die Blou Maan (Afrikaans, Paperback)
Sally Gardner
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

'n Betowerende, sprokiesagtige verhaal deur meesterstorieverteller Sally Gardner Betsie se lewe is fantasties. Haar pa is 'n roomysmaker en maak die lekkerste roomys op aarde in elke geur waaraan jy kan dink. Haar ma is 'n meermin wat in die see bly en gereeld kom kuier. Maar Betsie het twee drome: Sy wens dat Meneer Tier se sirkus haar eiland sal kom besoek en sy droom oor roomys wat van towerbessies gemaak word en wat drome laat waar word … En dan daag Meneer Tier en sy Goebelgop sirkusakrobate op, en saam met 'n padda onder 'n towerspel, 'n eensame reus en Mamma en Pappa vertrek hulle op 'n sprokiesagtige avontuur: om die maan blou te kleur en towerbessies te soek. As hulle dit kan regkry, kan hulle 'n baie belangrike wens laat waar word … 'n Fabelagtige verhaal deur meesterstorieverteller Sally Gardner en pragtig geïllustreer deur Nick Maland se gedetailleerde prente. Gardner se verbeeldingryke beelde en liefde vir woorde vul elke bladsy met eksentrieke karakters, towerkrag en dapperheid - alles waarvoor 'n verbeeldingryke kind kan wens.

Zinzi en Saffraan: Meerperdjies en Borrels (Afrikaans, Paperback): Asia Citro Zinzi en Saffraan: Meerperdjies en Borrels (Afrikaans, Paperback)
Asia Citro
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Zinzi en haar kat, Saffraan, red 'n magdom magiese kreature!

Hierdie reeks, bestaande uit ses titels, bevat al die regte bestanddele vir 'n opwindende leeservaring: magiese diere, monsters, avontuur en raaisels wat opgelos word met behulp van wetenskaplike eksperimente. In haar avonture word Zinzi bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. Elke meisie het immers 'n kat vir goeie raad nodig!

Drake en malvalekkers

In die eerste boek van dié reeks ontdek Zinzi 'n gloeiende foto en leer sodoende 'n groot geheim. Magiese diertjies wat beseer is, besoek Zinzi en Saffraan se skuur in die agterplaas op soek na hulp! Die eerste diertjie wat beseer is en in Zinzi en Saffraan se sorg beland, is 'n baba-draak. Sal hulle die drakie betyds kan help?

Monsters en muf

Die skuur in Zinzi en Saffraan se agterplaas is 'n veilige hawe vir beseerde, magiese diere. In die tweede boek in die reeks het Gorp, 'n bosmonster, hulp nodig. Gorp kry 'n bietjie skaam oor sy probleem, maar Zinzi verseker hom dat sy vinnig kan help. Wanneer Zinzi se eerste paar oplossings egter nie vir Gorp help nie, huil hy lang trane. Zinzi en Saffraan se hande is vol met 'n huilende monster terwyl hulle ook aan 'n goeie oplossing vir sy probleem probeer dink.

Meerperdjies en borrels

In die derde boek van hierdie reeks ontdek Zinzi en Saffraan dat die meerperdjies wat in die stroom woon in groot gevaar is. Die twee maats moet vinnig aan 'n plan dink om die stroom en die diere wat daarbinne woon, te help.

Katjievlinders en ys

'n Groot sneeustorm veroorsaak baie moeilikheid vir die magiese diere wat in die woud bly in die vierde boek van die Zinzi en Saffraan-reeks. Zinzi en Saffraan probeer om die eiers van 'n katjievlinder te red, maar begaan 'n fout. Voordat die diertjies uitbroei, moet Zinzi en Saffraan hulle fout probeer regstel.

Paddas en plante

In hierdie boek ontvang Zinzi en Saffraan 'n besoeker, Pip, wat 'n vreemde voorwerp het: 'n gloeiende saadjie. Die drie vriende moet vinnig uitvind wat die saadjie nodig het om te groei voordat dit te laat is.

Towerponies en kieme

In die sesde boek van die reeks is daar 'n aardbewing wat Zinzi-hulle se huis laat skud. Of is dit eerder 'n eenhoring-bewing? 'n Baie groot, nuwe vriend daag met erge pyn by Zinzi en Saffraan op. Zinzi, haar ma en Saffraan moet spoedig 'n genesing bedink vir hierdie magiese vriend.

Dromers (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Dromers (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen 1
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dans is Byron Carelse se hele lewe. Dit is sy energie, sy passie, sy geluk ... sy vonk. Wanneer die ritme sy lyf beetkry, vergeet hy van die probleme wat by die huis op hom wag. Sy beste vriendin, Tasha, se altyd hy moenie toelaat dat ander mense sy vonk steel nie. Maar sy weet nie van die dinge wat by sy huis gebeur nie. En dalk is dit beter so. Wat sal sy van hom dink? Op ’n dag sien iemand Byron se talent raak. Hy kry saam met ’n groepie ander township-kinders die kans om deel te wees van ’n glansryke vertoning by die kunstefees. Die kans om groot drome te droom ... groter as die township waar hy bly. Maar wat doen jy as die lewe jou drome probeer steel? Hierdie splinternuwe jeugroman uit die pen van Fanie Viljoen is in eenvoudige, maklik verstaanbare taal geskryf – perfek vir trae lesers of lesers wie se tweede of derde taal Afrikaans is.

Vuil Ferdie: Eeuw! (Afrikaans, Paperback): Alan MacDonald Vuil Ferdie: Eeuw! (Afrikaans, Paperback)
Alan MacDonald
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In hierdie boek kan jy lees hoe Vuil Ferdie sy stinkerige hond probeer bad; vir sy juffrou groot laat skrik op ’n skooluitstappie en hoe Ferdie dit skelm regkry om self hand by te sit in die ontwerp van die nuwe skooluniforms.

Die rommelkoningin (Afrikaans, Staple bound): R. Hunt, A. Brychta, A. Stimie Die rommelkoningin (Afrikaans, Staple bound)
R. Hunt, A. Brychta, A. Stimie
R111 Discovery Miles 1 110 Ships in 6 - 10 working days

Die Oxford storieboom is 'n opwindende aanvangsleesreeks waarin daar van die standpunt uitgegaan word dat selfs leerders wat nog nie gereed is om simbole te interpreteer nie, wel belangstel in stories en hierdie stories kan interpreteer en weergee. Die reeks maak gebruik van 'n holistiese taalbenadering en is so gestruktureer dat alle leerders daardeur gestimuleer word. Die boekies bevorder kinders se bewustheid van ritme en rym en help hulle om klankvaardighede te ontwikkel.

Zinzi en Saffraan: Monsters en Muf (Afrikaans, Paperback): Asia Citro Zinzi en Saffraan: Monsters en Muf (Afrikaans, Paperback)
Asia Citro
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Zinzi en haar kat, Saffraan, red 'n magdom magiese kreature!

Hierdie reeks, bestaande uit ses titels, bevat al die regte bestanddele vir 'n opwindende leeservaring: magiese diere, monsters, avontuur en raaisels wat opgelos word met behulp van wetenskaplike eksperimente. In haar avonture word Zinzi bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. Elke meisie het immers 'n kat vir goeie raad nodig!

Drake en malvalekkers

In die eerste boek van dié reeks ontdek Zinzi 'n gloeiende foto en leer sodoende 'n groot geheim. Magiese diertjies wat beseer is, besoek Zinzi en Saffraan se skuur in die agterplaas op soek na hulp! Die eerste diertjie wat beseer is en in Zinzi en Saffraan se sorg beland, is 'n baba-draak. Sal hulle die drakie betyds kan help?

Monsters en muf

Die skuur in Zinzi en Saffraan se agterplaas is 'n veilige hawe vir beseerde, magiese diere. In die tweede boek in die reeks het Gorp, 'n bosmonster, hulp nodig. Gorp kry 'n bietjie skaam oor sy probleem, maar Zinzi verseker hom dat sy vinnig kan help. Wanneer Zinzi se eerste paar oplossings egter nie vir Gorp help nie, huil hy lang trane. Zinzi en Saffraan se hande is vol met 'n huilende monster terwyl hulle ook aan 'n goeie oplossing vir sy probleem probeer dink.

Meerperdjies en borrels

In die derde boek van hierdie reeks ontdek Zinzi en Saffraan dat die meerperdjies wat in die stroom woon in groot gevaar is. Die twee maats moet vinnig aan 'n plan dink om die stroom en die diere wat daarbinne woon, te help.

Katjievlinders en ys

'n Groot sneeustorm veroorsaak baie moeilikheid vir die magiese diere wat in die woud bly in die vierde boek van die Zinzi en Saffraan-reeks. Zinzi en Saffraan probeer om die eiers van 'n katjievlinder te red, maar begaan 'n fout. Voordat die diertjies uitbroei, moet Zinzi en Saffraan hulle fout probeer regstel.

Paddas en plante

In hierdie boek ontvang Zinzi en Saffraan 'n besoeker, Pip, wat 'n vreemde voorwerp het: 'n gloeiende saadjie. Die drie vriende moet vinnig uitvind wat die saadjie nodig het om te groei voordat dit te laat is.

Towerponies en kieme

In die sesde boek van die reeks is daar 'n aardbewing wat Zinzi-hulle se huis laat skud. Of is dit eerder 'n eenhoring-bewing? 'n Baie groot, nuwe vriend daag met erge pyn by Zinzi en Saffraan op. Zinzi, haar ma en Saffraan moet spoedig 'n genesing bedink vir hierdie magiese vriend.

'n Uil op die Voelhok (Afrikaans, Staple bound): Marlene Le Roux 'n Uil op die Voelhok (Afrikaans, Staple bound)
Marlene Le Roux
R159 Discovery Miles 1 590 Ships in 5 - 10 working days

Binne 'n kort tydjie kom Erna Rademeyer baie agter oor liefde en vriendskap: die verskillende vorme wat dit kan aanneem, die vreugde daarvan, maar ook die gevaar van verraad en misbruik. Sy kom nie met haar stiefpa oor die weg nie, terwyl haar eie pa - haar held - nog in die nabyheid is en sy vreugde het in die voelhok wat hy so spesiaal vir haar gebou het. Haar beste vriendin, die selfstandige, uitgesproke June, openbaar dat sy ook probleme het met haar stiefpa - maar baie meer skrikwekkend as Erna. Dan raak die twee meisies se vriendskap gekompliseerd as Erna uitvind dat sy en June op dieselfde seun verlief is. Sal die twee se vriendskap hulle help om in die lewe reg te kom? Die verhaal word gevolg deur 'n leesgids met: * inligting oor die outeur * 'n opsomming van die verhaal * woordverklarings van moeilike woorde * vrae oor die inhoud van die verhaal en letterkundige aspekte * antwoorde vir die vrae * 'n glossarium met letterkundige begrippe.

Die Meisie Wat Gedink Het Haar Ma Is 'n Meermin (Afrikaans, Paperback): Tania Unsworth Die Meisie Wat Gedink Het Haar Ma Is 'n Meermin (Afrikaans, Paperback)
Tania Unsworth
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Aangrypende, fantastiese avontuur buite en onder die water…

Stella is nog altyd die eenkantkind in die familie gewees. Sy loop in haar slaap en sy is bang vir die water alhoewel sy geboei is daardeur. Die grootste raaisel vir Stella is haar ma, wat oorlede is toe Stella agt jaar oud was. Wie was haar ma? Hoekom het sy vir Stella ‘n hangertjie gegee wat “die belofte van die see” genoem word?

Niemand kan vir Stella antwoorde gee nie omdat haar pa te hartseer is en haar ouma se geheue versleg. Dit is net deur die see te trotseer, dat Stella regtig die antwoord op haar grootste vraag kan uitvind: Was haar ma ’n meermin?

’n Aangrypende verhaal oor familie, verlies, vriendskap en ontdekking. Tania Unsworth meng fantasie en realiteit in ’n boeiende, poëtiese wyse wat steeds ’n vinnige pas het vir jong lesers. Hierdie is ’n boek wat enige leser sal meesleur met dieselfde magiese, emotiewe krag van die oseaan.

Halley se Komeet (Afrikaans, Paperback): Hannes Barnard Halley se Komeet (Afrikaans, Paperback)
Hannes Barnard 1
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Pete de Lange moet as tiener probeer oorleef in ’n klein Natalse dorpie gedurende die onstuimige tagtigerjare saam met sy nuutgevonde vriende: Petrus en Sarita. In ’n land wat bloei van rassekonflik is dit makliker gesê as gedaan. Pete en sy vriende het ’n wrede misdaad gesien en die skuldige is op hulle spoor. Sal reg en geregtigheid geskied in ’n land wat reeds polities verwronge is?

Bastian Blom En Die Pratende Portret (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Bastian Blom En Die Pratende Portret (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Linki Brand
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank ’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op die boonste verdieping.

Bastian versamel graag vreemde goed, soos:

  • valstande,
  • ou brille,
  • posseëls met vlermuise op, (Hy het nog net dertien – daar is nie baie seëls met vlermuise op nie.)
  • skilderye van katte, (Hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie.)
  • porselein-uile,
  • en boeke met spookstories.

Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!
CAPS Spring: Afrikaans huistaal (Afrikaans, Paperback, School ed): Fanie Viljoen CAPS Spring: Afrikaans huistaal (Afrikaans, Paperback, School ed)
Fanie Viljoen 2
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe ver sal jy gaan om die meisie van jou drome te beindruk? Wat sal jy doen om jou beste vriend se lewe te red? Rudi en Steven maak ’n snaakse video. Die soort dom video wat jy maak om ’n meisie te probeer beindruk. Kort voor lank het hulle hope aanhangers op YouTube. Hulle kry selfs ’n bynaam – die Vidiote. Maar dan ontmoet hulle vir Marco. Marco het planne. Opwindende planne. Gevaarlike planne. Planne om die Vidiote se toertjies beter en waaghalsiger te maak. En dan loop dinge skeef ... Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.

Rimpelstories: Wawiel vir Velile, 'n: Graad 6 (Afrikaans, Staple bound): M. van Aswegen Rimpelstories: Wawiel vir Velile, 'n: Graad 6 (Afrikaans, Staple bound)
M. van Aswegen
R117 Discovery Miles 1 170 Ships in 5 - 10 working days

Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Die reeks poog om jong lesers die genot van lees te laat ontdek en hul visuele geletterdheid te ontwikkel deur interessante, boeiende tekste wat ryklik geïllustreer is.

Die tematiese inhoud sluit sensitiewe vraagstukke soos besoedeling, boelies en vigs in, maar dit sluit aan by die leefwêreld van die lesers met humor wat wyd gebruik word.

Op Die Maat Van Maya (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Op Die Maat Van Maya (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Liefde op die maat van die musiek ...

Toe Maya en Joe mekaar een aand by ’n kuierplek raakloop waar hulle dieselfde Franco de Jong-liedjie sing, begin haar netjies-beplande lewe verander. Te danke aan Joe vergeet sy van haar eks, Mark, en die rampspoedige einde van hulle verhouding. Sy kry die geleentheid om in Joe se band te sing, en nou is sy nie meer so seker dat sy medies wil gaan studeer nie ...

Maar toe sy danksy Joe se band die kans kry om haar musiekheld, Franco de Jong, te ontmoet vind sy iets uit wat haar hele lewe in twyfel roep. Boonop is Mark se ma dodelik siek en sy begin al hoe meer tyd saam met haar eks, wat nog steeds vir haar lief is, spandeer.

Wanneer alles waarin Maya geglo het skielik uitmekaarval, moet sy leer om haar eie wysie te skryf.

Stalmaats Omnibus 3 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback): Lize Roux Stalmaats Omnibus 3 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Lize Roux
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die gewildste perdestories in Afrikaans!

Die immergewilde Stalmaats-boeke is nou in 'n reeks lekkerlees-omnibusse beskikbaar!

Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats!

Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats!

Jong perdeliefhebbers sal versot wees op hierdie reeks!

Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels:

- Sirkusperde

- Afskeidsrit

- Perdespeurders

- Rivierperde

- Stormnag

Hoe Om 'N Storie Stert Om Te Draai (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Hoe Om 'N Storie Stert Om Te Draai (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R193 Discovery Miles 1 930 Ships in 5 - 7 working days

Die vuurklip is gesteel, die vulkaan ontplof en die Uitwisserdrake se swaardkloue is reg vir aanval! Kan Harwarrus almal weer met 'n heldedaad red?

Lees is Maklik Graad 6 Vlak 3: 10 Dinge Wat jy Moet weet: Alternatiewe Energie in Afrika (Afrikaans, Staple bound, 2nd ed): M.... Lees is Maklik Graad 6 Vlak 3: 10 Dinge Wat jy Moet weet: Alternatiewe Energie in Afrika (Afrikaans, Staple bound, 2nd ed)
M. Smallhorne
R117 Discovery Miles 1 170 Ships in 5 - 10 working days

Energie is die krag wat sorg dat dinge gebeur: kerse brand, motors ry, bokke hardloop, tieners skop 'n bal. Energie is vir al die dinge nodig. Plante en diere het ook energie nodig om te groei. Krag is ons woord vir die koers waarteen ons energie gebruik. 10 Dinge wat jy moet weet oor alternatiewe energie in Afrika. Heinemann se Lees is Maklik-reeks bevat ‘n verskeidenheid stories vir die Intermediere Fase-leerder.

Die leesboeke is ontwikkel deur taalspesialiste en onderwysers om die vaardighede in Afrikaans te bevorder en te verryk. Die reeks dek ‘n verskeidenheid van genres: drama, komedie, avontuur, rillers, aksie, tradisionele stories, misterie en nie-fiksie. Elke graad bestaan uit 20 titels, ‘n totaal van 60 titels vir die Intermediere Fase met stimulerende leesstof vir lesse. Elke verhaal het opwindende illustrasies en aktiwiteite wat gebaseer is op die storie.

Baster (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Baster (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hondegevegte en doodsdreigemente!

Baster is die storie van Karel, ’n seun wat met honde kan praat, en Hêppie, ’n liefdevolle brak wat gedwing word om ’n straatvegter te word. Die verhaal vertel die storie van al die honde waarvoor Karel lief is, maar ook die hartverskeurende verhaal van die hondegevegte en geweld wat sy samelewing verskeur

Wetenskap Vyte (Afrikaans, Paperback): Leon De Villiers Wetenskap Vyte (Afrikaans, Paperback)
Leon De Villiers; Illustrated by Linki Brand
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Vyte-boek vir almal.

Wat is ‘n wetenskaap? ‘n Mens wat hou van vyte, word ‘n wetenskaap genoem. Jong wetenskape hou gewoonlik vyte in botteltjies aan en bêre dit onder hulle beddens.

Wat is ’n vyt? Wanneer ʼn mens goeters uitmekaar haal en dit weer bymekaar sit, bly daar baie keer ietsies oor. Daardie oorbly-ietsies is vyte.

Het jy geweet dat idees die mis van breinwurms is as hulle mense se ongedinkte gedagtes eet? Of dat kannibale skole uitgedink het? Of dat skape so slim is dat hulle van groen gras wol kan maak en sommer daarmee saam die seisoene veroorsaak? Dit is als vyte!

Wetenskaap bestaan uit ’n versameling speelse, onderste-bo wonderlike en snaakse vyte oor die mens, die aarde en die sommer nog baie ander dinge in die heelal. ’n Heerlike boek vol fiktiewe feite wat nuuskierige agies vir ure sal laat glimlag.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Kodaly Today - A Cognitive Approach to…
Micheal Houlahan, Philip Tacka Hardcover R4,063 Discovery Miles 40 630
On Writing - A Memoir Of The Craft
Stephen King Paperback R305 R272 Discovery Miles 2 720
Sitting Pretty - White Afrikaans Women…
Christi van der Westhuizen Paperback  (1)
R365 R337 Discovery Miles 3 370
Sennelier Soft Pastel Half Sticks…
R349 R323 Discovery Miles 3 230
Advances in Cancer Research, Volume 152
Paul B. Fisher, Kenneth D. Tew Hardcover R5,288 R4,426 Discovery Miles 44 260
Bug Club Guided Non Fiction Year two…
Julie Mitchell Paperback R308 Discovery Miles 3 080
Tumors and Tumor-Like Lesions of the…
Thomas M. Ulbright, Chia-Sui Kao, … Hardcover R6,182 Discovery Miles 61 820
Adjunctive Rehabilitation Approaches to…
Andrea L. Cheville Hardcover R2,257 Discovery Miles 22 570
Real Sadhus Sing to God - Gender…
Antoinette Elizabeth DeNapoli Hardcover R4,097 Discovery Miles 40 970
Consultative Hematology, An Issue of…
Fred J. Schiffman, Anthony Mega Hardcover R2,031 Discovery Miles 20 310

 

Partners