![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Hierdie titels is uiters geskik vir vrymoedige leesgenot. Die titel bevat swart-en-wit illustrasies en is in hoofstukke verdeel.
Greg Heffley verpes verrassings – veral op sy verjaardag. Maar hy sou
hom nooit die skokkende planne kon verbeel wat sy gesin hierdie jaar
vir hom in gedagte het nie.
Hierdie titel bevat skakels tussen die stories en ontwikkel leesstamina. In die eerste stel stories ontdek die hoofkarakters 'n geheime kamer. Die tweede stel stories fokus op Wim en Wilma en hul gesin.
In Julie 2009 het Manser ‘n volgende wêreldrekord gestel toe hy die eerste persoon was wat die wêreld se vierde grootste eiland, Madagaskar, per kajak omseil het - ook alleen en sonder hulp. Hierdie kolossale reis van 5000 km, wat hom elf maande geneem het, was volgens hom aansienlik meer veeleisend, beide fisies en geestelik. Hy moes uiterste eensaamheid oorwin terwyl hy verraderlike toestande verduur het, soos donderende golwe, siklone en ‘n skroeiende son wat, gekombineer met soutwater, hom amper lewendig gepekel het. Tydens sy omseiling het hy baie onvergeetlike noue ontmoetings met Madagaskar se seelewe gehad – boggelrugwalvisse wat meters van sy kajak af deur die oppervlak gebreek het, reuse-leerskilpaaie wat langs hom geswem het, en sy boot wat deur ‘n haai gestamp is. Riaan het in ‘n tydperk van uiterste politieke onrus in Madagaskar rondgereis en hy het 5 keer in die tronk beland, die laaste keer drie nagte op vermoede dat hy huursoldaataktiwiteite uitgevoer het. In April 2010 is Manser se pogings beloon met sy tweede toekenning, “Out There Adventurer of the Year 2009”. “Around Madagascar on my Kayak”, die boek waarin hy van sy wonderlike prestasie vertel, het ook lof ontvang.
Niekie is weg, en niemand gee om nie. Sy is immers bekend vir haar
impulsiewe kunstenaarstemperament en het al voorheen vir ’n paar dae
pad gevat om te gaan skilder.
Rufus en Xandr #disingewikkeld. Die nasleep van ’n apokaliptiese wolk. ’n Rooi Mazda Midge en Flip die hond. ’n Alternatiewe roete. ’n Sexy Duitser. ’n Geniale wetenskaplike. ’n 90’s mix tape. En chaos. Baie chaos.
Al wat Dienkie wil h, is om raakgesien te word deur Eddie, die ou wat sy by die gimnasium ontmoet het. Wat sy ni wil h nie, is die drama wat volg op ’n ontvoeringspoging. Want een van die skurke wat deel is van die groot hofsaak wat haar prokureur-ouers hanteer, hou juis van sulke bangmaak-tegnieke. Haar ouers besluit daar is net een oplossing: Sy moet na Parys, Frankryk gaan. Daar sal sy by haar vriendin Lea en haar ouers kan bly tot die hofsaak verby is. Maar Dienkie beland weereens – per ongeluk – in die middel van ’n situasie wat vir haar moeilikheid veroorsaak. Gelukkig is die aantreklike Sergio aan haar sy ...
Elke mamma het dit al beleef - as sy by die huis kom, het daar iets skeefgeloop. Maar die skuldige het spoorloos verdwyn ... Miko het ook iets doms aangevang. En nou is hy te bang om dit vir Mamma te vertel. Gelukkig help sy maatjie Mimikie hom uit die penarie!
Hoe ver sal jy gaan om die meisie van jou drome te beindruk? Wat sal jy doen om jou beste vriend se lewe te red? Rudi en Steven maak 'n snaakse video. Die soort dom video wat jy maak om 'n meisie te probeer beindruk. Kort voor lank het hulle hope aanhangers op YouTube. Hulle kry selfs 'n bynaam - die Vidiote. Maar dan ontmoet hulle vir Marco. Marco het planne. Opwindende planne. Gevaarlike planne. Planne om die Vidiote se toertjies beter en waaghalsiger te maak. En dan loop dinge skeef ...
Sophia ervaar al die verwarring wat die puberteitsjare meebring - buierigheid, teneergedruktheid, en die gevoel dat haar ma haar nie verstaan nie. Alles word vererger toe haar ma verlief raak, en Sophia gedwing word om te aanvaar dat haar eie pa dood is.
Die boek takel die kwessie van kindermolestering en dien om kinders in te lig en te bemagtig. Die gevaartekens van molestering word uitgewys en riglyne gebied oor hoe om in so ’n situasie op te tree. Kevin is gek oor stories van die dapper prins van Arabia wat teen drake veg. Maar sy ouer sussie, Abby, glo nie meer in sprokies nie. Abby s daar is’ndraak in hulle huis – een wat vir niks en niemand skrik nie. Maar wie kan dit wees?Gelukkig leer Kevin net wat om te doen om homself te beskerm.
'n Dag saam met die dolfyne op Duinebaai! Jana en Alisha is beste vakansiemaats en groot opwinding heers in Duinebaai - 'n nuwe glyplank is by die swembad opgerig! Jana, Alisha, Tiaan en Rudie is gretig om by die nuwe glyplank af te gly. Ongelukkig vir die maats is die res van Duinebaai ook opgewonde oor die glyplank en is dit stampvol by die swembad. Jana, haar ma en Alisha besluit om eerder roomys te gaan eet en daarna in die see te swem. Asof in 'n droom, swem en speel dolfyne saam met hulle. Dit is beslis die beste dag it! Hierdie is 'n reeks vir meisies, met 'n sterk fokus op humor, vriendskap, vakansiepret en avontuur.
Wat sal jy doen as jy onsigbaar kan raak? Kyle is moeg daarvoor dat die skoolboelie op hom pik. Denzel die Draak knou gedurig ander kinders af, terg hulle en vat hulle pousebroodjies. Toe Kyle 'n nuwe selfoon kry, laai hy n vreemde app af een wat belowe om jou onsigbaar te maak! Kort voor lank verander Kyle in 'n superheld: Kaptein Verdwyn! En hy besluit dit is tyd om die boelie n les te leer ... 'n Aksiebelaaide storie met 'n positiewe boodskap wat kinders kan bemagtig om hul man te staan teen boelies. Agterin die boek verskyn nuttige raad oor hoe om boelies te identifiseer en wat om te doen as iemand jou boelie.
Hoera vir heldhaftige honde Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregteaktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Lea en haar maats, Nikita en Hazel, is kliphard besig om gereed te maak vir die skool se groot honderatsheidskompetisie. Daar is net een probleem: Hik, die hondjie wat Lea gered het, wil net nie die toertjies leer nie! En Lea se ma het ges as Hik nie maniere leer nie, dan moet hulle hom opgee om aangeneem te word ... Om dinge erger te maak, vind Lea-hulle uit dat daar ’n hondemeule is wat honde in aaklige omstandighede teel net vir wins. Sy en haar maats moet iets doen om hulle te red voor dit te laat is.
Soms vind harte mekaar selfs oor eeue heen … Sewe maande n haar hartoperasie begin Madelaine Taaibosch vermoed daar is iets verkeerd. Sy is seker die skenkerhart wat in haar borskas klop, is 'n gebroke hart. Die dokters verseker haar daar is niks met die hart verkeerd nie, maar sy begin vreemde dinge sien. Dinge uit die verlede. Dinge wat in die toekoms gaan gebeur. Dis wanneer Madelaine op haar antieke hemelbed l dat die Franssprekende Camille verskyn en sy in die verlede terugreis. Dis wanneer sy Koba word en verlief raak op Buks, wat sterf wanneer hy haar tydens die Anglo-Boereoorlog teen die Engelse beskerm; dis wanneer sy Madelaine Taillefert word en haar lewe nog eens deur haar beminde, Hildebrand von Solms, gered word … En dan is daar Brand, die rekenaar- en geskiedenisboffin wat graag navorsing oor sy stamboom doen. Hy vind uit Buks was sy pa se oupagrootjie en dat Hildebrand von Solms ook een van sy voorvaders was. Brand se oorlede meisie se hart klop nou in Madelaine se bors … Terwyl Madelaine en Brand die geheime van die verlede stadig maar seker ontrafel, is hulle gewikkel in 'n stryd teen tyd voordat die hart in Madelaine se borskas ophou klop … Hierdie asemrowende jeugroman deur die bekroonde skrywer Jan Vermeulen laat die grense tussen droom en werklikheid, hede en verlede meesterlik vervaag in 'n wegholrit van 'n liefdesverhaal wat jou meesleur tot op die laaste bladsy. 'n Uitdagende, boeiende roman vir jong volwassenes; temas soos sterflikheid, orgaanskenking, tweede kanse, renkarnasie, tydreise en tienerromanse word ondersoek. 'n Vorige roman deur Jan Vermeulen wat die LAPA Jeugromankompetisie in 2015 gewen het, is Asem. *Geskik vir ouderdomsgroep 17+
Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!
Is jy gereed vir 'n middernagfees? Vampiere, weerwolwe, 'n zombie-poedel, besoekers uit die buitenste ruim, 'n monstertoilet ... Dit is net 'n paar van die vreemde en vreeslike goed op die spyskaart in hierdie heerlike bibberboek!
Soms voel dit net of daar ’n bietjie magic in die lug is ...
In hierdie boek sal jy die bekendste prinsesse ontmoet en deur hul verhale en die advies van ’n betroubare towertante te lees, sal jy leer hoe om uit die pad van bose hekse te bly, hoe om getroue vriende en sjarmante prinse te ontmoet.
Alles by haar nuwe skool is vir Zita vreemd. Die kinders, die kos die sport, selfs die skoolwerk. Sy verlang terug na Kieriekroek waar sy grootgeword het - 'n plek wat net soveel kleurvolle karakters het as wat hy swaarkry het. Dis net die gedagte aan Waldo by die nuwe skool wat Zita elke keer dromerig laat glimlag. Maar daar is 'n ding wat tussen haar en Waldo staan. Dieselfde ding wat tussen haar en haar ma en tussen haar en die nuwe skool staan. Dis die ding met haar pa.
Dit voel asof Thomas se lippe uiteindelik hul regte doel ontdek het … om Ella s'n te soen Thomas en Ella se wrelde is ligjare van mekaar verwyder. Sy lewe in 'n wreld van chauffeurs en rooi tapyte, satyn en prels. Hy is die bywoner in die buitekamer. Die ou wat die perfekte meisie rondry; ni die ou wat haar kry nie. Maar binne net ses weke kan baie dinge verander … Ella van der Spuy kan 'n klein entjie die toekoms in sien - 'n talent wat sy wens sy ni gehad het nie. Boonop is sy 'n ietwat rare verskynsel: 'n rykmanskind wat geen waarde aan geld heg nie. Toe sy aan die einde van haar graad elfjaar vir Thomas Edeling ontmoet, verander haar lewe ingrypend. Thomas het 'n passie vir motorfietse. Ella wil modeontwerp in Milaan gaan studeer. Thomas woon saam met sy familie op 'n kleinhoewe. Ella het amper nie familie nie. Om die waarheid te s, is Thomas alles wat Ella nie is nie. Tog is daar onmiddellik 'n vonk tussen hulle. En die gebeure wat in die ses weke na hul ontmoeting afspeel, kon selfs Ella met haar derde oog nie voorspel het nie. Hierdie besonderse jeugroman, vertel deur beide Ella en Thomas se perspektiewe, is 'n humoristiese en aangrypende verhaal oor 'n somer romanse tussen twee jongmense wat uit verskillende wrelde kom. Plaaslik val hierdie boek in dieselfde kategorie as Zelda Bezuidenhout se vorige jeugroman, As mens geluk kon proe. Dit kan ook vergelyk word met Die meisie op die dak deur Cecilia Steyn. Internasionaal val hierdie boek in dieselfde kategorie as kontemporre jeugromanses soos To all the boys I've loved before en Always never yours.
Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregteaktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Lea en haar klasmaats is op pad na ’n primaatskuiling toe om vir ’n paar dae as vrywilligers te werk. Sy kan nie wag nie, maar ’n paar van die seuns het heeltemal die verkeerde idee en dink sowaar die apies is troeteldiere! Boonop dwing Suna en Mpho vir Lea, Hazel en Nikita om al hulle werk ook te doen en hulle moet ’n kamer deel. Glad nie pret nie. Dan begin alles skeefloop: iemand het ’n paar van die apies gesteel! En net toe Lea uitpluis wat met hulle gebeur het, begin die bos brand ... |
![]() ![]() You may like...
Coastal Flood Risk Reduction - The…
Samuel Brody, Yoonjeong Lee, …
Paperback
Indentured - Behind The Scenes At Gupta…
Rajesh Sundaram
Paperback
![]()
The Asian Aspiration - Why And How…
Greg Mills, Olusegun Obasanjo, …
Paperback
Clinical Neurology of Aging
Martin Albert, MD, PhD, FAAN, Janice Knoefel, MD, MPH
Hardcover
R6,287
Discovery Miles 62 870
Technology, Users and Uses - Ethics and…
Joan Casas-Roma
Hardcover
Innovations in Soft Computing and…
Jayeeta Chattopadhyay, Rahul Singh, …
Hardcover
R4,382
Discovery Miles 43 820
|