0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (36)
  • R50 - R100 (204)
  • R100 - R250 (1,095)
  • R250 - R500 (220)
  • R500+ (30)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Poppie Viool en die Swartwoud-arende (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Poppie Viool en die Swartwoud-arende (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Poppie Viljoen is op pad na die Swartwoud Kinderhuis toe nadat eers haar ouma en toe haar oupa oorlede is. Sy is alleen. En al wat sy oorhet, is 'n viool wat al lank in die familie is. Van die oomblik dat sy by die kinderhuis aankom, hoor sy die gerugte oor spinnekoppe wat so groot is soos katte en oor die mensvreter-arende ... Poppie steur haar nie veel daaraan nie tot sy een aand voorgestel word aan professor Mancini, 'n pratende portret. Hy is eintlik 'n musiekonderwyser. Hy lei Poppie om te ontdek dat haar viool baie spesiaal is ... en dat die musiek van haar viool die krag het om mensvreter-arende se harte te verander sodat hulle uiteindelik weer mense word. Hierdie boeiende storie word pragtig vertel deur die bekroonde skrywer Jan Vermeulen. Die storie van Poppie Viool sal lesers herinner aan die krag van musiek en liefde!

Limericke Vir Die Lekkerte - Gr 5 (Afrikaans, Paperback): Philip de Vos Limericke Vir Die Lekkerte - Gr 5 (Afrikaans, Paperback)
Philip de Vos
R117 Discovery Miles 1 170 Ships in 5 - 10 working days

Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Die reeks poog om jong lesers die genot van lees te laat ontdek en hul visuele geletterdheid te ontwikkel deur interessante, boeiende tekste wat ryklik geïllustreer is.

Die tematiese inhoud sluit sensitiewe vraagstukke soos besoedeling, boelies en vigs in, maar dit sluit aan by die leefwêreld van die lesers met humor wat wyd gebruik word.

My Eerste Ysland-Avontuur (Afrikaans, Paperback): Riaan Manser, Murray Williams My Eerste Ysland-Avontuur (Afrikaans, Paperback)
Riaan Manser, Murray Williams; Translated by Nandi Lessing-Venter; Illustrated by Martinus Van Tee
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Riaan Manser, Suid-Afrika se gunsteling-ontdekker, is op sy moeilikste en koudste avontuur nog – ’n kajakvaart rondom Ysland!

In hierdie avontuur sluit Dan Skinstad, wat dapper die uitdagings van ligte serebrale verlamming trotseer, by Riaan aan. Saam pak hulle ‘n kajakreis deur die ysige water van Ysland aan, waar hulle massiewe golwe, stormagtige winterweer en selfs ‘n aktiewe vulkaan trotseer.

Met stories wat jou hare sal laat reggop staan, en illustrasies wat jou sal laat skaterlag, vang hierdie boek die hart van avontuur vas teen die ontnugterende, beeldskone agtergrond van Ysland.

Maak jouself gereed vir ‘n avontuur wat jou hart uit jou borskas sal laat spring van opwinding!

Klaskameraad Studiegids: Oefenvraestelle - Betower, die Drama (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Klaskameraad Studiegids: Oefenvraestelle - Betower, die Drama (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Compiled by Ronel Gouws
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Nadia het 'n geheim. Dit die rede waarom sy by haar ouma in die Magoebaskloof moet gaan bly. Hier ontmoet sy vir Poenk. Bos-Poenk. Geheimsinnige Poenk. Poenk wat haar leer hoe paddaeiertjies ruik. Wat haar wys wat daar kleure soos ritselgroen, bangmaakgroen, fluistergroen, kieliegroen en flikkergroen bestaan. Poenk wie se naam sy oor en oor in haar huiswerkboek skryf. Wat vir haar gedigte lees en vir haar sprokies vertel. Poenk wat self 'n geheim in hom ronddra.

'n Betowerende drama uit die pen van Fanie Viljoen.

  • Nasionaal voorgeskryf vir Afrikaans EAT Graad 10 (Drama)
  • Bevat agtergrondinligting oor die skrywer
  • Pre- en postlees-aktiwiteite en -vrae
  • Volledig uitgewerkte antwoorde
  • 'n Volledige woordelys
Lees is Maklik Graad 4 Vlak 4: Rampe! Natuurrampe van die wereld om ons (Afrikaans, Staple bound, 2nd ed): Beatrice Adimola Lees is Maklik Graad 4 Vlak 4: Rampe! Natuurrampe van die wereld om ons (Afrikaans, Staple bound, 2nd ed)
Beatrice Adimola
R98 Discovery Miles 980 Ships in 5 - 10 working days

In hierdie boek sal jy alles leer oor rampe wat ons wereld raak. Lees verder en vind meer uit oor vloede, aardbewings, droogtes, vulkane, siklone, peste, storms en siektes. Heinemann se Lees is Maklik-reeks bevat ‘n verskeidenheid stories vir die Intermediere Fase-leerder. Die leesboeke is ontwikkel deur taalspesialiste en onderwysers om die vaardighede in Afrikaans te bevorder en te verryk.

Die reeks dek ‘n verskeidenheid van genres: drama, komedie, avontuur, rillers, aksie, tradisionele stories, misterie en nie-fiksie. Elke graad bestaan uit 20 titels, ‘n totaal van 60 titels vir die Intermediere Fase met stimulerende leesstof vir lesse. Elke verhaal het opwindende illustrasies en aktiwiteite wat gebaseer is op die storie.

By Die Pretpark - Pienk Vlak (Afrikaans, Paperback): Thomas Nelson & Sons Ltd Thomas Nelson & Sons Ltd By Die Pretpark - Pienk Vlak (Afrikaans, Paperback)
Thomas Nelson & Sons Ltd Thomas Nelson & Sons Ltd
R141 Discovery Miles 1 410 Ships in 6 - 10 working days

Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic

Silwertand - Dolfie Weerwolfie 3 (Afrikaans, Paperback): Paul Van Loon Silwertand - Dolfie Weerwolfie 3 (Afrikaans, Paperback)
Paul Van Loon
R205 Discovery Miles 2 050 Ships in 5 - 7 working days

Hierdie hoogsgewilde Nederlandse reeks oor 'n jong seuntjie wat op sy sewende verjaarsdag 'n weerwolf word, is vir die eerste keer in Afrikaans vertaal! Kinders sal mal wees oor Dolfie en sy vriende se humoristiese avonture. 'n Opwindende reeks wat hope pret waarborg!

Dolfie bly baie lekker by Timmie en sy ouers. En al die hoenders in die buurt leef nog! Uit die bloute kry hulle 'n besoeker met 'n rillerbrief by hom. Die brief sê dat Dolfie by die man moet gaan bly. Dolfie mag nie meer by Timmie en sy ouers bly nie. Oupa Weerwolf is onrustig. Hy herken die berugte oom Silwertand …

Fiela Se Kind - Skooluitgawe (Afrikaans, Paperback, School Ed): Dalene Matthee Fiela Se Kind - Skooluitgawe (Afrikaans, Paperback, School Ed)
Dalene Matthee
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dalene Matthee se tweede roman uit die bekende en gewilde Knysnabos-trilogie. Die bruin vrou Fiela Komoetie het haar wit vondelingkind Benjamin met liefde en trots grootgemaak, tot die dag dat die sensusmanne hom kom haal het. Jare later is dit Benjamin / Lukas self wat worstel met die vraag: wie is ek?

'n Boelie, 'n Bangbroek en 'n Bende - Laerskool-Stories (Afrikaans, Paperback): Francois Van Rooyen 'n Boelie, 'n Bangbroek en 'n Bende - Laerskool-Stories (Afrikaans, Paperback)
Francois Van Rooyen 2
R110 R102 Discovery Miles 1 020 Save R8 (7%) Ships in 5 - 10 working days

n Boelie, ’n bangbroek en ’n bende gaan oor die fiktiewe lewens van kinders in Laerskool Steenbras en fokus op die hoofkarakter (Dewaldt) en sy vriende wat deel is van ’n bende. Dit is gebaseer op karakters en ware gebeurtenisse uit die skrywer se kinderdae en word op ’n vars manier vertel deur teks en illustrasies te kombineer. Die leser leer die bende ken deur al die manewales wat in een pouse gebeur. Daar is ook baie ander interessante karakters wat die leser boei, soos Jak (die boelie) en Elsa (die meisie wat hy bewonder).

Flippie Word 'n Vlieg (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Flippie Word 'n Vlieg (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Waarskuwing: Een van die hoofstukke in hierdie boek is superjiggie!

Sal jy daarvan hou om plekke te ruil met ’n VLIEG?

Natuurlik nie.

DIT SAL AAKLIG WEES!

Maar dis presies wat met Flippie Visagie gebeur. So, moet liewer nie die boek lees nie. Dit gaan jou NAAR maak. Rêrig-êrig naar!

Tania Brink Omnibus 1 (3-In-1) (Afrikaans, Paperback): Tania Brink Tania Brink Omnibus 1 (3-In-1) (Afrikaans, Paperback)
Tania Brink
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lees nou drie van Tania Brink se gewildste tienerliefdesverhale in een lekkerlees-liefdesomnibus!

My hart is vol graffiti
Lara het die perfekte ou. Maar wanneer sy en haar beste vriendin, ’n artikel vir ’n tienertydskrif moet skryf oor graffiti, ontmoet hulle ’n regte graffitikunstenaar wat hulle aan ’n nuwe wêreld bekend stel ...

My eerste soen en ander dinge wat jou uit die bloute kan tref
Toe Reza op haar blog vertel van haar rampspoedige afspraak met ’n ou van die seunskool, het dit onverwagte gevolge. Skielik kan sy uit honderde ouens kies ...

Ouens is nie pizzas nie
Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in ’n pizzarestaurant by die see, en dan ontmoet hulle twee aantreklike boeties … en dinge raak warmer as ‘n Meksikaanse pizza met ekstra chilli-sous!

Al Wat Ek Weet (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Al Wat Ek Weet (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Gabriel is vyftien jaar oud. Fifteen going on fifty, soos sy ma altyd geterg het. En ná haar dood weet hy skielik nie meer waar hy inpas nie. Die sielkundige wil hê hy moet oor sy gevoelens praat.

Maar hoe verduidelik jy vir haar dat dit die afgelope paar maande makliker geword het om met woede te cope as met snot en trane?

Hoe verduidelik jy dat jou kastige “gemengde bloed” jou anders as die res maak? Hoe verduidelik jy dat dinge net nie meer dieselfde tussen jou pa is nadat hy in ’n sielkundige inrigting opgeneem is nie, terwyl jy moet probeer aangaan met jou lewe? Hoe verduidelik jy waarom jy al twee keer jou polse met ’n knipmes probeer oopkerf het?

Daarom verloor Gabriel homself in die wêreld van performance poetry, waar jy jou woede in woorde kan omsit en dit vir ’n gehoor uitbasuin.

In hierdie wonderwêreld van woorde leer hy om sy hand diep binne-in sy rugsak vol woorde te steek en die woorde soos gloeiende kole vir ’n gehoor te gooi.

Dan ontmoet hy vir Sasha, wat mooier is as Sneeuwitjie en boonop ’n ding of twee van poësie weet ...

Skilpad, Skilpad En Ander Stories: Gr 2: Reader (Afrikaans, Paperback): Thomas Nelson & Sons Ltd Skilpad, Skilpad En Ander Stories: Gr 2: Reader (Afrikaans, Paperback)
Thomas Nelson & Sons Ltd
R94 Discovery Miles 940 Ships in 6 - 10 working days

Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic readers, providing a wide reading experience at similar levels of language. Learners are encouraged to take pleasure in becoming readers in their own right. Features and Benefits ? Promotes independent reading through graded learning ? Cross-curricular and multi-cultural themes ? OBE friendly

Tannie Gertruida Kom Kuier: pers: Gr 3: Reader (Afrikaans, Paperback): Thomas Nelson & Sons Ltd Tannie Gertruida Kom Kuier: pers: Gr 3: Reader (Afrikaans, Paperback)
Thomas Nelson & Sons Ltd
R99 Discovery Miles 990 Ships in 6 - 10 working days

Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic readers, providing a wide reading experience at similar levels of language. Learners are encouraged to take pleasure in becoming readers in their own right. Features and Benefits ? Promotes independent reading through graded learning ? Cross-curricular and multi-cultural themes ? OBE friendly

Vlerkdans (Afrikaans, Paperback, Reissue): Barrie Hough Vlerkdans (Afrikaans, Paperback, Reissue)
Barrie Hough
R215 R202 Discovery Miles 2 020 Save R13 (6%) Ships in 4 - 8 working days

So reg in vandag se tienertaal vertel die bekroonde Barrie Hough die verhaal van Wolfie, die sensitiewe standerd nege-seun wat vir hom 'n oorbel laat insit sodat hy soos 'n regte kunstenaar kan voel. Hy ontmoet vir Anton met die mooi lyf, 'n skitterende balletdanser. Maar dan word Anton siek. Die diagnose is vigs.

Spooksoeker (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Spooksoeker (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Warno Alberts is ‘n doodgewone ou wat in doodgewonde Sekelrivier bly. Behalwe dat hy geheime lêers het waarin hy die doen en late van spoke neerskryf. Daar is ook ‘n paar spoke wat hóm dophou ... Die boek bevat ‘n aantal spookstories met dieselfde hoofkarakter in al die stories.

Grotbaba (Afrikaans, Paperback): Susan Donaldson Grotbaba (Afrikaans, Paperback)
Susan Donaldson
R158 Discovery Miles 1 580 Ships in 5 - 7 working days

Broeps die grotbaba voel allenig en verveeld. Sy ma verf ure aaneen en sy pa jag pal vir kos vir die pot. Toe Broeps Mamma se verfkwas optel, is sy ouers smoorkwaad. Hulle dreig om hom te voer vir die groot, honger beer! Dan daag daar 'n vriendelike mammoet op . . . en Broeps maak 'n hele klomp nuwe vriende. ’n Heerlik ondeunde avontuurverhaal deur twee van die wêreld se voorste skeppers van kinderboeke, in Afrikaans vertaal deur veelbekroonde rympiekoning Philip de Vos.

SSS Omnibus 2 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers, Alet Steenkamp SSS Omnibus 2 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Nog vier koshuisavonture in een boek!

Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis.

Nog vier van die gewilde SSS-boeke verskyn nou saam in een omnibus:

Seesand, sonbrille en smokkelaars

Lindie-hulle kan nie wag om op Seesterbaai te gaan vakansie hou nie. Vyf dae van sand, see, son ... en daar aangekom, ontmoet hulle boonop twee sexy lewensredders! Maar alles is nie pluis op Seesterbaai nie - iemand is met skelmstreke besig wat Lindie-hulle in groot moeilikheid kan laat beland ...

Spoke, speurders en straatkafees

Parys. Die stad van romantiese straatkafees. Aantreklike ouens. En boonop die modehoofstad van die wêreld. Lindie en haar vriendinne kan nie wag vir die toer na Frankryk nie. Maar sommer op die lughawe begin dinge al skeefloop ... Wie is die geheimsinnige donkerkopman op die vliegtuig? En hoekom voel dit of iemand hulle in Parys agtervolg?

Skaduwees, skatte en skelmstreke

Die nuwe skooljaar skop op 'n besige noot af. Lindie se pa trou binnekort. Haar vriende oefen vir 'n padwedloop. En almal is opgewonde oor die Valentynsbal wat voorlê. Maar soos gewoonlik probeer Danelle om dinge vir Lindie-hulle moeilik te maak.En natuurlik is dit haar skuld dat Lindie en Gina douvoordag een oggend by die koshuis moet uitglip en by die grillerige begraafplaas gaan rondsluip. Wat hulle daar sien, is genoeg om enige iemand nagmerries te gee - 'n oop graf, en 'n hand wat uit die graf te voorskyn kom. Wat is by die begraafplaas aan die gang? En sal Lindie-hulle hierdie nuwe raaisel kan oplos?

Soene, sonroom en seestrome

Lindie en haar vriendinne, Gina, Mia, Talita en Andrea, beleef oudergewoonte hope opwinding en avonture in die Bergrif Meisieskool se koshuis. Gina smokkel twee oulike baba-konyntjies die koshuis binne, en dit is glad nie so maklik om hulle vir Matrone weg te steek nie. 'n Aand van skelm-fliek loop boonop skeef toe die kwaai nuwe wiskundejuffrou die vier vriendinne uitvang. En dan is daar die skreeusnaakse voorval met die luislang, wat selfs op YouTube beland ... Maar ten minste lê daar vir Lindie-hulle 'n fantastiese wegbreek-naweek in Durban voor. Mia speel in 'n sepie en hulle gaan almal die kans kry om ekstras te wees - en dit beteken hulle kan die hele naweek lank in hulle swemklere op 'n luukse boot in die son rondlê. Maar toe Mia per ongeluk met 'n geheimsinnige pakkie opgeskeep sit, begin die moeilikheid hulle agtervolg. Waarom kom soek twee geheimsinnige mans helder oordag in die koshuis na die pakkie? En waarom kry Lindie die gevoel dat hulle agtervolg word ...?

Die Uile in Die Kalahari (Afrikaans, Paperback, Reprint ed): Cor Dirks Die Uile in Die Kalahari (Afrikaans, Paperback, Reprint ed)
Cor Dirks
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 4 - 8 working days

Die lede van die Genootskap van die Groot Uil staar nuwe, vreemde bedreigings in die gesig … Philip Senekal, die leier van ’n vyftal vriende wat hulleself die Uile noem, oortuig sy pa om hulle almal saam te neem op ’n jagvakansie in die Kalahari. Maar die opwindende vakansie draai anders uit as wat hierdie seuns van Kranskop verwag het. Kort voor lank kruis hulle paaie met gevaarlike wilde diere en hulle moet uit verknorsings gehelp word. Wie is die geheimsinnige woestynman met sy onverstaanbare taal wat hulle elke keer help? En sal hy ook kan help wanneer die Uile deur ’n groep gevaarlike inboorlingpriesters ontvoer word?

Stamstories: Fase 15: Pak van 6 titels - Die kief-gerief wondermasjien, 'n klein bietjie moeilikheid, die spoke van... Stamstories: Fase 15: Pak van 6 titels - Die kief-gerief wondermasjien, 'n klein bietjie moeilikheid, die spoke van spitskop, die rot-brigade, die swakste span in die wereld, vissie visser en die droomkasteel (Afrikaans, Paperback, Boxed set)
Antoinette Stimie
R606 Discovery Miles 6 060 Ships in 2 - 4 working days

Die langer stories met minder illustrasies is bedoel vir meer gevorderde lesers en kan as addisionele leesboeke in Graad 3 en 4, of as Stamstories in Graad 4 en 5 gebruik word.

Z-A-K 4: Die Geheime Van Zenkion (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Z-A-K 4: Die Geheime Van Zenkion (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die lang reis na die planeet Zenkion is uiteindelik verby, maar vir Mitch Wilson is dit ’n antiklimaks omdat sy beste vriend, Lionel, dit nie saam met hom tot op Zenkion gemaak het nie. Min weet hy dat hy nog nie die laaste van Lionel gesien het nie.

Is die beweringe waar dat die mense van Deltaville iewers op Zenkion aangehou word? Sal Mitch en Lionel dit regkry om hulle gesinne weer te vind, en is Imke se Aarde-ouma ook daar?

Imke se pad kruis onverwags met die van haar pa, Drogan. Gaan hy haar probeer verhoed om saam met Mitchhulle terug te gaan Aarde toe as alles uiteindelik verby is? Wat gaan eintlik op Zenkion aan, en hoe pas die Aardbewoners in die prentjie?

Beleef die avontuur saam met die drie vriende en vind uit hoe die laaste stukkies van die legkaart inmekaarpas.

Theseus (Afrikaans, Paperback): Maritha Snyman Theseus (Afrikaans, Paperback)
Maritha Snyman
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days
CAPS Perfek - CAPS (Afrikaans, Paperback, School ed): Jaco Jacobs CAPS Perfek - CAPS (Afrikaans, Paperback, School ed)
Jaco Jacobs; Illustrated by Nicolene Louw
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Blonde hare ... Helderblou oe ...'n Skitterwit glimlag ...Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net ’n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het ’n plan ... Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.

Nog 13 Spookstories (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof, Fanie Viljoen Nog 13 Spookstories (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof, Fanie Viljoen
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Het jy senuwees van staal? Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te le en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap nie? Skrik jy nie vir stories oor gedaantes wat snags in die donker rondsluip nie? Dan is hierdie net die boek vir jou! Hierdie splinternuwe versameling bevat nog 13 verhale wat jou bloed yskoud sal laat word. So, maak toe die vensters, klim in jou bed... en maak gereed om die gedaantes te ontmoet wat snags in die donker ronddwaal.

Die Verlore Ystervarkpen - 'n Ndebeleverhaal (Afrikaans, Paperback): Janie Oosthuysen Die Verlore Ystervarkpen - 'n Ndebeleverhaal (Afrikaans, Paperback)
Janie Oosthuysen
R117 Discovery Miles 1 170 Ships in 5 - 10 working days

Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Die reeks poog om jong lesers die genot van lees te laat ontdek en hul visuele geletterdheid te ontwikkel deur interessante, boeiende tekste wat ryklik geïllustreer is.

Die tematiese inhoud sluit sensitiewe vraagstukke soos besoedeling, boelies en vigs in, maar dit sluit aan by die leefwêreld van die lesers met humor wat wyd gebruik word.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Payment Services Directive II - A…
Gabriella Gimigliano, Marta Bozina Beros Hardcover R6,727 Discovery Miles 67 270
Applied Business Statistics - Methods…
Trevor Wegner Paperback R1,003 Discovery Miles 10 030
Landslides in Sensitive Clays - From…
Jean-Sebastien L'Heureux, Ariane Locat, … Hardcover R5,203 Discovery Miles 52 030
Color Atlas of Emergency Department…
Catherine Custalow Hardcover R2,722 Discovery Miles 27 220
The Making of India - Geodynamic…
K.S. Valdiya Hardcover R6,628 Discovery Miles 66 280
Phosphor Handbook - Three Volume Set
Ru-Shi Liu, Xiaojun Wang Hardcover R13,870 Discovery Miles 138 700
Printed Biomaterials - Novel Processing…
Roger Narayan, Thomas Boland, … Hardcover R2,897 Discovery Miles 28 970
The Complete Anti-Inflammatory Meat…
Natalie Worley Hardcover R849 R733 Discovery Miles 7 330
Labour Relations in South Africa
Dr Hanneli Bendeman, Dr Bronwyn Dworzanowski-Venter Paperback R658 R550 Discovery Miles 5 500
The Theory of Moral Sentiments;, Or, an…
Adam Smith Paperback R604 Discovery Miles 6 040

 

Partners