![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Hierdie heerlike boek bestaan uit drie titels: Projek Paddaprins, Projek Boontjierank en Projek Doringrosie. Al drie is nou saamgebundel vir meer genot en groter waarde vir geld. Angelette, Soekie en Toni is soort van maats. Hulle is nie, soos die meeste maats, saam op skool nie. Hulle bly nie eers in dieselfde buurt nie. Hulle is maats omdat hulle winkelkinders is. Hulle ouers het winkels in die winkelkompleks, Ninapark. Daar, in Ninapark, vind allerlei avonture plaas en enige een wat al ooit sprokiesverhale gelees het, sal besef: Elke avontuur klink amper soos ‘n sprokie! Meisies en seuns is die hoofkarakters. Dit beteken dat ʼn groot aantal lesers met Angelette, Soekie en Toni kan identifiseer.
’n Storie oor vriendskap, die verlede, vergifnis … en vere.
Superjoernalis Sanri Steyn skrik nie vir ’n geraamte nie … Sanri droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees … Superjoernalis Sanri Steyn. Daar is ’n nuwe seun in Sanri en Markus se klas, en hy het ’n buikspraakpop wat soos ’n geraamte lyk. Maar is Bennie Bene regtig net ’n pop, en is Jamahl werklik só ’n goeie buikspreker? Sanri is nie so seker daarvan nie. Toe Bennie Bene een aand verdwyn, help Sanri en Markus vir Jamahl om na hom te soek. Wat ondek hulle op Raaiselfontein se ou treinstasie en sal hulle dit kan regkry om vir Bennie te vind?
Lulu droom daarvan om ’n modeontwerper te word! Dan verskyn ’n vreemde reuk in Lulu-hulle se huis – ’n baba-reuk! Dis groot pret om vir hom babakleertjies te maak. Maar Greta, die nuwe meisie in die klas, dink sy is ’n baie beter modeontwerper as Lulu – en hulle besluit om ’n modevertoning te hou!
Wie is die grootste rebelle van almal? Katte, natuurlik! Vir te lank is daar te min gesê oor hoe ongelooflik katte is. Hierdie boek vertel die (ware!) verhale en geheime van vurige en kordate katte. Daar is verhale oor katte wat lewens red, katte wat muise in allerlei geskiedkundige geboue soos kerke en teaters vang, katte wat Hollywood-sterre geword het en selfs 'n brawe klein katjie wat die Nazi's om die bos gelei het. Tesame met die verhale van merkwaardige katte, is daar ook interessante feite oor mistiese katte en katte aan boord van skepe. Daar is ook meer inligting oor projekte en organisasies wat katte, en hul regte, beskerm. 'n Purr-fekte boek vir katliefhebbers! Hierdie is 'n niefiksietitel wat werklik deur enige katliefhebbers gelees kan word - nie slegs kinders nie.
Jangroentjie is 'n verhaalbundel wat veral bedoel is vir gebruik deur Afrikaanssprekende leerlinge tot ongeveer standerd agt. Dit wil hulle voorberei op die soort eis wat gestel sal word tydens die laaste twee jaar van die Senior Sekondêre kursus. Die werk wil hierdie voorbereiding op so 'n natuurlike en gesonde wyse moontlik probeer aanhelp, en gevolglik is literêre terminologie in die besprekings tot 'n minimum beperk. Eerder as om die leerlinge met 'n oormaat letterkundige begrippe te belas, word die lesers deur middel van 'n aantal vrae op die teks af daartoe gebring om hul deeglik rekenskap te gee van die verhale wat hulle lees.
Hoe-hoe-hoekom gaan al die uile dood? Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Daar is ’n probleem in Lea-hulle se dorp: die uile is besig om dood te gaan! Terwyl al Lea se maats net dink aan die opwindende nuwe restaurant wat oopgemaak het, probeer Lea en haar ouers uitvind wat die uile doodmaak. Vinnig kom hulle agter: die dorp het ook ’n muisplaag en almal probeer van die muise ontslae raak! Is hierdie dinge dalk alles verbind, en wat kan Lea doen om al die diere te red?
Die Oxford storieboom is 'n opwindende aanvangsleesreeks waarin daar van die standpunt uitgegaan word dat selfs leerders wat nog nie gereed is om simbole te interpreteer nie, wel belangstel in stories en hierdie stories kan interpreteer en weergee. Die reeks maak gebruik van 'n holistiese taalbenadering en is so gestruktureer dat alle leerders daardeur gestimuleer word. Die boekies bevorder kinders se bewustheid van ritme en rym en help hulle om klankvaardighede te ontwikkel.
By die Nova-weermagbasis word geheime weggesteek. Gevaarlike geheime. Iets is nie pluis op die weermagdorp Nova nie. Nadat Lucas een aand vreemde ligte in die naghemel gewaar, begin hy allerlei geheime oopkrap. Geheime oor besoekers uit die buitenste ruimte. Geheime waarby nie net Lucas nie, maar ook sy beste vriende en selfs sy gesin betrokke is. Gevaarlike geheime ... Die eerste drie titels in Fanie Viljoen se naelkou-wetenskapsfiksiereeks is nou in ’n omnibus beskikbaar: Die begin Iets is nie pluis in die dorpie Nova nie. Wat is die vreemde ligte wat Lucas en die res van sy gesin een aand op pad terug van vakansie sien? Waarom jok sy pa vir hom? Waarom is die weermag so geheimsinnig oor die projekte waarmee hulle agter hoë heinings besig is? En wat is die glibberige swart ding wat Lucas in die rivier gesien het? Voor hy sy oë uitvee, word Lucas en sy vriende deel van ’n wilde avontuurrit vol tergende – en gevaarlike – raaisels. Vuurdoop Dit is vir Lucas en sy vriende steeds onwerklik om te dink hulle is vroeër ontvoer. Deur ruimtewesens. Maar gelukkig is al vier van hulle nou veilig, en dinge op die weermagdorp, Nova, kan terugkeer na normaal. Als is egter nie pluis nie. Watter geheime skuil nog agter die hoë heinings van die Nova-eenheid? Wat sal gebeur as Lucas se pa uitvind die ruimtewesens het hulle geopereer? Wat beteken die vreemde aanvalle wat Lucas kry en wie is die geheimsinnige Sterreloper wat vir hom boodskappe stuur? En hoe lank voor die geheimsinnige ruimteskepe weer hul verskyning maak? Bloedbroers Lucas wens hy kan alles vergeet wat gebeur het ... Hy wil vergeet van die aand toe hy die eerste keer die vreemde ruimtetuig gesien het. Vergeet van die ruimtewesens wat hom en sy vriende ontvoer het. Vergeet van die vreemde voorwerpe wat daar op die ruimtetuig in hul koppe ingeplant is – en die vreemde kragte wat hulle daarna gekry het. Bowenal wil hy vergeet van die grusame vliegtuigongeluk waarin een van sy vriende dood is. Maar die Nova-weermagbasis is ’n plek vol geheime. Is Lucas en sy vriende gereed om die grootste geheim van almal te ontdek?
“Dis weird om te weet jy is ’n weerwolf. Maar dis ook cool.”
Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank
’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die
onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op
die boonste verdieping.
Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!
Waarom is Sasha vandag so stil? Sy luister … Na die gedreun en getoeter van die motors in die stad, die gezoem van stemme in die winkels, die rustige gekoer van die duif in die tuin … En ’n wonderlike plan begin in haar kop broei.
WARNO SAL MOET KEER, WANT NOU'S DAAR MÉÉR. MEER SKRIKKE. MEER SKOKKE. MEER SPOKE. Gedink jy kan nie verder verras word nie? O ja, jy kán … Dis tyd vir oorlog en die spooksoeker van Sekelrivier se aartsvyand, Henry, gaan alles in die stryd werp. Hy speel graag speletjies - en hy speel graag vuil. Niks wat Warno en Allies al geleer het, kon hulle gereed kry vir wat hier aankom nie. Nuwe onthullings. En nuwe gevare. Wat is die slangvrou se geheim? Hoe het Warno se pa gesterf? Watter wrede jong gedaante dwaal deur die dorp? En wat wag in die begraafplaas? Hierdie laaste Spooksoeker-boek is soos 'n wegholperd. Jy beter jou sit ken en klou vir al wat jy werd is! Hierdie boek volg op Spooksoeker #2 deur dieselfde skrywer en is die laaste boek in die trilogie.
Die titel in hierdie fase verskaf 'n voortsetting van die populere "towersleutel"-stories uit Fase 5. Dit bevat sorgvuldig beheerde sinstruktuur, moedig voorspelling aan deur nou verwante teks en illustrasies, verskaf die ideale aanvangspunte vir onderwerpwerk en ontwikkel strategiee vir onafhanklike lees.
SPOKE BESTAAN NIE.
Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic
Die Oxford storieboom is 'n opwindende aanvangsleesreeks waarin daar van die standpunt uitgegaan word dat selfs leerders wat nog nie gereed is om simbole te interpreteer nie, wel belangstel in stories en hierdie stories kan interpreteer en weergee. Die reeks maak gebruik van 'n holistiese taalbenadering en is so gestruktureer dat alle leerders daardeur gestimuleer word. Die boekies bevorder kinders se bewustheid van ritme en rym en help hulle om klankvaardighede te ontwikkel.
Die Oxford storieboom is 'n opwindende aanvangsleesreeks waarin daar van die standpunt uitgegaan word dat selfs leerders wat nog nie gereed is om simbole te interpreteer nie, wel belangstel in stories en hierdie stories kan interpreteer en weergee. Die reeks maak gebruik van 'n holistiese taalbenadering en is so gestruktureer dat alle leerders daardeur gestimuleer word. Die boekies bevorder kinders se bewustheid van ritme en rym en help hulle om klankvaardighede te ontwikkel.
Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers – en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!
Die titels in hierdie fase stel vier nuwe karakters bekend, fokus op gebeurtenisse waarmee kinders maklik identifiseer, bou voort op bestaande sigwoordeskat met prentleidrade om voorspelling aan te moedig en verskaf aanvangspunte vir kruiskurrikulere onderwerpwerk.
Dolfie Weerwolfie kom Suid-Afrika toe. Hierdie gewilde Nederlandse reeks oor ’n jong seuntjie wat op sy sewende verjaarsdag ’n weerwolf word, is nou vir die eerste keer in Afrikaans vertaal. Toe Dolfie wakkerword is dit nog pikdonker. Die maan skyn deur die venster. Dis ’n spesiale nag. Sewe, dink Dolfie. Uiteindelik is ek sewe jaar oud! Dan skrik hy. Skielik het hy hare regoor sy lyf! Sy hande en voete is nou pote. En hy het sowaar ’n stert! Hy is … ’n weerwolf! Hierdie reeks is perfek vir sterker lesers of as voorleesboek vir jonger kinders, dit kan vergelyk word met Kas vol monsters-reeks deur Jaco Jacobs wat ook grilstories oor, onder andere, weerwolwe bevat. Meer as 33 000 boeke is al in daardie reeks verkoop
Wenner - Maskew Miller Longman 2016 Letterkundeprys. "Dit is nie net Anebelle se mond wat oopval toe hulle by die kampplek aankom nie. Want dis groot. Wyd. En propvol niks.". Nadat agt tieners gekies is om aan die skool se beeldbouaksie deel te neem, word hulle gedwing om die wintervakansie in mekaar se geselskap deur te bring. Te midde van vreesaanjaende, maar ook ongelooflike ervarings, word onwaarskynlike vriendskappe gesmee en herinneringe vir 'n leeftyd gebou. 'n Heerlike oorspronklike stuk skryfwerk! Johan Hugo. 'n Boek met oorgenoeg inspirasie, kreatiwiteit en karakters waarin lesers hulleself waarskynlik sal herken; allesopgesluit in 'n lekker storie! Francois Bloemhof
'n Perd wat kan lees en somme doen?
Frankie se gesin is anders. Haar pa kom van Vlaandere, lyk soos Atilla die Hun, en hy praat nog steeds Nederlands - en soms 'n bietjie Frans as hy Frankie wil treiter. Hy ry met 'n Big Boy-bromponie en het sy eie kookskool. Haar ma het in die hippie-jare vasgesteek, dra batik-broeke en het die hele planeet en al sy bewoners lief. En Frankie? Sy is mal oor skaatsplank ry en kunsflieks. Sy wonder oor Milan, die geheimsinnige, stil ou in haar klas met die swart hare en bleek vel. En sy wonder oor die papier-rot en die Banksy-boek wat sy een oggend op haar balkon kry. Milan se pa is liewer vir syfers as vir woorde of ander mense. Hy is 'n wiskunde-onderwyser met 'n swartraambril en 'n strikdas. Min mense sal vermoed dat hy 'n swart gordel in judo het. En Milan? Hy neem kitaarlesse, hou van flieks, old school-musiek soos Pink Floyd en Led Zeppelin en sny snags stensils uit karton. Hy wonder wat deesdae met hom aangaan - is hy siek of verlief? Wat dit ook al is, dit het begin die oomblik toe hy Frankie by die Waterfront gesien het. |
![]() ![]() You may like...
EU Policymaking at a Crossroads…
Sybille M'Unch, Hubert Heinelt
Hardcover
R3,480
Discovery Miles 34 800
Managing Culture - Reflecting On…
Victoria Durrer, Raphaela Henze
Hardcover
R4,256
Discovery Miles 42 560
Marble Notebook A5 - Black Marble Wide…
Young Dreamers Press
Paperback
|