“Dis weird om te weet jy is ’n weerwolf. Maar dis ook cool.”
Joshua Reinders se lewe het ’n wilde draai gegooi. Hy weet nou hy is ’n
weerwolf.
Maar dit bring ook ’n nuwe probleem: Sy pa mag glad daarvan uitvind
nie, want hy jag weerwolwe. Netnou skiet hy ook sy eie seun.
Joshua moet nou leer hoe om die weerwolftransformasie, sy TWEEDE ASEM,
te hanteer. Hy kan nie altyd vir volmaan wag voor hy in ’n weerwolf
verander nie. Nie met al die nuwe gevare wat in Droomhoek opduik nie.
Soos Gio, sy vorige pel, wat nou saans op hulle huis se dak rondsluip.
En die vreemdeling met die donker verlede wat in Droomhoek opdaag.
Bo dit alles pla ’n groter vraag vir Joshua:
HOEKOM IS HY ’N WEERWOLF?
Die antwoord lę diep in die Droomwoud.
En Joshua moet dit daar gaan kry.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!