Dolfie Weerwolfie kom Suid-Afrika toe. Hierdie gewilde Nederlandse reeks oor ’n jong seuntjie wat op sy sewende verjaarsdag ’n weerwolf word, is nou vir die eerste keer in Afrikaans vertaal.
Toe Dolfie wakkerword is dit nog pikdonker. Die maan skyn deur die venster. Dis ’n spesiale nag. Sewe, dink Dolfie. Uiteindelik is ek sewe jaar oud! Dan skrik hy. Skielik het hy hare regoor sy lyf! Sy hande en voete is nou pote. En hy het sowaar ’n stert! Hy is … ’n weerwolf!
Hierdie reeks is perfek vir sterker lesers of as voorleesboek vir jonger kinders, dit kan vergelyk word met Kas vol monsters-reeks deur Jaco Jacobs wat ook grilstories oor, onder andere, weerwolwe bevat. Meer as 33 000 boeke is al in daardie reeks verkoop
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!