![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Die storie gaan oor Mattie, ’n dogtertjie wat op ’n plaas woon. Sy is die enigste kind en was altyd baie eensaam tot daar een aand iets ongewoon en fantasties gebeur het! Op, op na die Wolke en Die Koekiekasteel is die eerste twee stories in die reeks. Haar avonture word net meer en meer…Nonnetjie Uil neem Mattie na droomland om die diere se talentkompetisie by te woon. Vallie Volstruis, Olla die Olifant en Wanda Vark tree almal op voordat die ongeluk gebeur. Vind uit wat Sarel Seekoei doen voordat Dillie Donkie op die verhoog verskyn. Sal hy die kompetisie wen?
Die titel in hierdie fase verskaf 'n voortsetting van die populere "towersleutel"-stories uit Fase 5. Dit bevat sorgvuldig beheerde sinstruktuur, moedig voorspelling aan deur nou verwante teks en illustrasies, verskaf die ideale aanvangspunte vir onderwerpwerk en ontwikkel strategiee vir onafhanklike lees.
Hierdie onderwysersgids gee 'n volledige uiteensetting van hoe Fases 1-5 van die Oxford Storieboom gebruik moet word.
’n Seekaptein, ’n skattejag en spoke...
Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in 'n pizzarestaurant by die see. Anja steur haar soos gewoonlik nie aan al Zanelle se praatjies oor ouens of aan die tydskrifartikels wat sy lees nie – soos die een oor ouens en pizzas... Dan ontmoet hulle twee aantrelike boeties: Markus met die blonde hare en blou oe en Abrie, die geheimsinnige donkerkop. Zanelle se vermoede dat albei boeties op Anja verlief is, val op dowe ore. Maar dan gebeur daar iets wat Anja en Zanelle woedend maak vir die twee sexy broers… en dinge raak warmer as ‘n Meksikaanse pizza met ekstra chilli-sous!
Zinzi en haar kat, Saffraan, red 'n magdom magiese kreature! Hierdie reeks, bestaande uit ses titels, bevat al die regte bestanddele vir 'n opwindende leeservaring: magiese diere, monsters, avontuur en raaisels wat opgelos word met behulp van wetenskaplike eksperimente. In haar avonture word Zinzi bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. Elke meisie het immers 'n kat vir goeie raad nodig! Drake en malvalekkers In die eerste boek van dié reeks ontdek Zinzi 'n gloeiende foto en leer sodoende 'n groot geheim. Magiese diertjies wat beseer is, besoek Zinzi en Saffraan se skuur in die agterplaas op soek na hulp! Die eerste diertjie wat beseer is en in Zinzi en Saffraan se sorg beland, is 'n baba-draak. Sal hulle die drakie betyds kan help? Monsters en muf Die skuur in Zinzi en Saffraan se agterplaas is 'n veilige hawe vir beseerde, magiese diere. In die tweede boek in die reeks het Gorp, 'n bosmonster, hulp nodig. Gorp kry 'n bietjie skaam oor sy probleem, maar Zinzi verseker hom dat sy vinnig kan help. Wanneer Zinzi se eerste paar oplossings egter nie vir Gorp help nie, huil hy lang trane. Zinzi en Saffraan se hande is vol met 'n huilende monster terwyl hulle ook aan 'n goeie oplossing vir sy probleem probeer dink. Meerperdjies en borrels In die derde boek van hierdie reeks ontdek Zinzi en Saffraan dat die meerperdjies wat in die stroom woon in groot gevaar is. Die twee maats moet vinnig aan 'n plan dink om die stroom en die diere wat daarbinne woon, te help. Katjievlinders en ys 'n Groot sneeustorm veroorsaak baie moeilikheid vir die magiese diere wat in die woud bly in die vierde boek van die Zinzi en Saffraan-reeks. Zinzi en Saffraan probeer om die eiers van 'n katjievlinder te red, maar begaan 'n fout. Voordat die diertjies uitbroei, moet Zinzi en Saffraan hulle fout probeer regstel. Paddas en plante In hierdie boek ontvang Zinzi en Saffraan 'n besoeker, Pip, wat 'n vreemde voorwerp het: 'n gloeiende saadjie. Die drie vriende moet vinnig uitvind wat die saadjie nodig het om te groei voordat dit te laat is. Towerponies en kieme In die sesde boek van die reeks is daar 'n aardbewing wat Zinzi-hulle se huis laat skud. Of is dit eerder 'n eenhoring-bewing? 'n Baie groot, nuwe vriend daag met erge pyn by Zinzi en Saffraan op. Zinzi, haar ma en Saffraan moet spoedig 'n genesing bedink vir hierdie magiese vriend.
Soos 'n vuishou in die maag. So tref hierdie bundel kortverhale vir tieners jou. Van die bekendste skrywers in Afrikaans span saam vir 'n boeiende leeservaring. Al die stories in hierdie bundel het een ding gemeen - hulle is uit die perspektief van hedendaagse jongmense geskryf en takel kwessies waarmee tieners hulle sterk kan vereenselwig.
Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers – en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!
Kaapstad word deur 'n reeksmoordenaar geteister. Die Romeo-en-Juliet-moordenaar se slagoffers is almal tieners. Verliefde paartjies. En almal word op dieselfde manier gevind: die lyke langs mekaar neergele, hul hande inmekaargevleg. Die meisies het 'n steekwond aan die bors en die seuns is vergiftig. Terwyl die polisie probeer om die moordenaar vas te trek, beland ’n groepie niksvermoedende tieners in ’n gevaarlike web wat al stywer span..
Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers – en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!
Daar is meer as genoeg bewyse dat Elton April Laerskool Jakaranda se nommer een loser is: Sy Afrikaanse onnie dink hy gaan graad sewe dop, sy krieket-kit word gesteel, sy kamstige pel se waterbom-idee maak dat hy detensie moet sit en uitmis op 'n rugbyliga-game . . . maar dan is daar die nuwe rooikopjuffrou met die besem en die oranje klaskamer. Is sy regtig so mislik soos sy lyk? En wat op aarde beplan sy met die pampoenplantjies in haar klas?
Om 'n seevakansie by 'n eksentrieke, buierige ou alleen-man deur te bring, is geen opwindende vooruitsig vir 'n meisiekind soos Anita nie. Selfs al reken Rudi, haar jonger broer, die saak het meriete. Maar toe hulle op die lughawe afgehaal word deur 'n heel skaflike, brandermal tiener, kry die vakansie vir Anita 'n ander kleur. En toe sy in hul onkonvensionele gasheer se huis 'n boek ontdek waarin hy jare gelede vir haar ma geskryf het: Die belangrikste dinge in die lewe is onsigbaar, begin daar vir Anita 'n speurtog deur menseverhoudinge. Maar miskien sou dit tog Rudi wees wat die naaste aan die ou man van die see kom . . . Met Tien vir 'n vriend het Marita van der Vyver 'n fyn verweefde verhaal geskep rondom 'n kort maar deurslaggewende tydsgreep uit die lewens van die hoofkarakters. Dis 'n verhaal waarmee jong lesers heelpad kan saamloop.
Elmien droom daarvan om eendag ná skool ’n dokter te word. Maar waar sy vandaan kom, is dit ’n gróót droom. Hoewe 717 is die amptelike naam van die plakkerskamp waar sy die aantreklike Ruan ontmoet en uit die nare oom Bok se vatterige kloue moet probeer bly. ’n Onvergeetlike Aspoester-verhaal wat wys dat drome kan waar word …
Oeps, dit het weer gebeur: Kasterolix is ontvoer. Hierdie keer deur ’n wilde bende Gote. Asterix en Obelix moet inderhaas die grens na Germanië oorsteek om hul geliefde druïde te bevry. Maar in die proses om Kasterolix te red, veroorsaak Asterix en Obelix ’n hele reeks bende-oorloë onder die Gote … Asterix en die Gote is die derde boek in die gewilde Asterix-reeks.
Hierdie moderne sprokiesboek bevat 15 moderne sprokies deur topskrywer Janneke Schotveld. Hierdie verhale handel onder andere oor die kleine Oek, wat dapper genoeg is om die bos binne te gaan waar 'n gevaarlike reus woon. Oor die ridder wat besluit om die prins van haar drome uit die kasteel van sy ouers te bevry. Oor die heks, Hettie, wat 'n besem kry vir haar verjaardag, maar nie durf vlieg nie. Oor prinses Lupine wat haar bruidegom uit sewehonderd prins moet kies, maar geen skoenlappers in haar maag voel met een van hulle nie. En oor die koning wat daarvan hou om paddaboudjies te eet - totdat hy self skielik in 'n padda verander. Die koning se paddaboudjies is 'n bundel geestige en roerende sprokies wat net effens van die tradisionele sprokiesresep afwyk. Met elke verhaal is daar pragtige tekeninge van 'n ander top-illustreerder, waaronder Martijn van der Linden, Thé Tjong-Khing, Linde Faas, Milja Praagman en Annet Schaap.
In 2001 het ek 'n paar baie spesiale en brawe jong mense leer ken.
Hulle was almal vlugtelinge wat in Johannesburg gewoon het.
Vlugtelinge is mense wat hulle eie land moes verlaat, gewoonlik as
gevolg van oorlog. Soos wat ek hierdie jong mense beter leer ken
het, het meeste van hulle hulle lewensverhaal met my gedeel.
Hierdie is die storie van 'n reis waarop baie, baie kinders gegaan
het.
Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic readers, providing a wide reading experience at similar levels of language. Learners are encouraged to take pleasure in becoming readers in their own right. Features and Benefits ? Promotes independent reading through graded learning ? Cross-curricular and multi-cultural themes ? OBE friendly
Hierdie bundel bevat kortverhale van 'n aantal bekende skrywers, soos
Marita van der Vyver, Fanie Viljoen, Nathan Trantraal, Nanette van
Rooyen en Zelda Bezuidenhout. Jong stemme soos Mercy Kannemeyer, Almero
Welgemoed, Corinne Raath en Arleen Stone verskyn ook in die bundel. Die
bundel bevat stories wat so aangrypend is, jy sal als in een slag wil
klaarlees sodat jy iemand word wat verdrink in stories.
“Die laaste een in die see is ’n bolletjie snot!” roep ouma Mollie.
Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic readers, providing a wide reading experience at similar levels of language. Learners are encouraged to take pleasure in becoming readers in their own right. Features and Benefits ? Promotes independent reading through graded learning ? Cross-curricular and multi-cultural themes ? OBE friendly
Pampoenpit het ’n geheim … Sy hou glad nie van haar hare nie! Haar wilde, woeste krulle weier om getem te word. Sy kry dit ook nie weggesteek nie. Hoekom kan haar hare nie net soos die ander kinders s’n lyk nie? Maar op ’n dag ontdek sy dat jou verskille iets is waarop jy trots kan wees … ’n Treffende verhaal oor hoe om dit wat jou spesiaal maak, te vind. Die boek skakel in by debatte rondom die dra van hare op ’n natuurlike manier. Die verteenwoordiging van meisies in boeke is baie belangrik, en hierdie boek het ’n meisie as hoofkarakter.
|
![]() ![]() You may like...
|