“Die laaste een in die see is ’n bolletjie snot!” roep ouma Mollie.
Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer
net ouma Mollie noem – die grootse moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai.
Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid.
Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Dit begin toe ouma Mollie
soos ’n verdrinkende meermin in die bad lê. Gou laai sy vir Nina en
Blapsie, die basterbrak, in haar kar, Spokie. Hulle sit af see toe. Dis
waar hulle in GROTER moeilikheid beland, want ouma Mollie wil mos leer
surf. En sy wil die dolfyne voer. En ...
Nee, wag, jy moet maar self lees wat TOE gebeur.
Ai, as ouma Mollie net geluister het toe Simon Jantjies vir haar
waarsku dat daar ’n HAAI in die water is.
Oepsie! Die arme haai ...
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
My review
Thu, 25 Mar 2021 | Review
by: Hendrik V.
no review
Did you find this review helpful?
Yes (0) |
No (0)