0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (36)
  • R50 - R100 (204)
  • R100 - R250 (1,093)
  • R250 - R500 (221)
  • R500+ (30)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Die rooi planeet (Afrikaans, Staple bound): R. Hunt, A. Brychta, A. Stimie Die rooi planeet (Afrikaans, Staple bound)
R. Hunt, A. Brychta, A. Stimie
R94 Discovery Miles 940 Ships in 6 - 10 working days

Die Oxford storieboom is 'n opwindende aanvangsleesreeks waarin daar van die standpunt uitgegaan word dat selfs leerders wat nog nie gereed is om simbole te interpreteer nie, wel belangstel in stories en hierdie stories kan interpreteer en weergee. Die reeks maak gebruik van 'n holistiese taalbenadering en is so gestruktureer dat alle leerders daardeur gestimuleer word. Die boekies bevorder kinders se bewustheid van ritme en rym en help hulle om klankvaardighede te ontwikkel.

My ouma is 'n rock-ster (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs My ouma is 'n rock-ster (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Stephen Wallace
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Rikus se ouma is die hoofsanger van die gewilde rockgroep, Ouma! Sy is op die voorblaaie van koerante en tydskrifte, en gaan na partytjies toe saam met die staatspresident. Sy het selfs haar hare grasgroen gekleur en 'n rooi sportmotor aangeskaf! Dit is egter nie aldag maklik om die beroemdste ouma in die land te he nie, soos wat Rikus uitvind toe 'n skurk probeer om sy ouma te ontvoer …

Die Uile in Mosambiek (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Uile in Mosambiek (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 4 - 8 working days

'n Noue ontkoming met 'n haai klink soos genoeg drama vir een vakansie - maar vir die Uile is dit maar die begin van 'n veel meer spannende episode!

Die Alfa Van Alfaville (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Die Alfa Van Alfaville (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen; Illustrated by Luan Serfontein
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Een Alfa Romeo, twee seuns, hope aksie en avontuur!

Rikus moet by sy oom Jake gaan kuier die vakansie. Hy sien nie juis uit nie, maar ten minste het sy oom 'n cool werkswinkel waar hy karre regmaak. Iets maak egter nie heeltemal sin nie - waarheen verdwyn sy oom sommige aande? Rikus en sy vriend besluit om hom te agtervolg ...

Wat volg is 'n avontuur met 'n wit Spider Alfa Romeo, 'n beste vriend en 'n Russies-Afrikaanse ingenieur - 'n storie so aksiebelaai soos die jongste Marvel-fliek!

Môre As Ons Groot Is (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Môre As Ons Groot Is (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dramateks vir hoërskoolleerders (15+): Môre as ons groot is deur Fanie Viljoen. Dis matriekafskeid – die wonderlikste aand in elke tiener se lewe. Maar wat gebeur wanneer dit verby is? Wanneer selfs die after-party end kry? Vier jongmense staan op die grens van hulle grootmenslewe. Vanaand neem hulle afskeid van hulle skool - hulle vriende - hulle kindwees ... en dalk hulle drome. ʼn Kortfilm gebaseer op die teks verskyn in 2016. Fanie Viljoen se voorgeskrewe drama genaamd Betower die drama is tans by FET-skole voorgeskryf.

Magriet Hou Konsert (Afrikaans, Paperback): Melanie Tait Magriet Hou Konsert (Afrikaans, Paperback)
Melanie Tait; Illustrated by Linki Brand
R57 Discovery Miles 570 Ships in 7 - 11 working days

Haar verjaarsdag - ʼn hoender! Nina en Magriet is dadelik beste maats. Magriet gaan selfs elke dag ʼn eier lê. Maar iewers is daar ʼn eierdief ... In Magriet die stadshoender ontmoet lesers vir Nina en Magriet. Hierdie twee gaan saam op hope avonture. In Magriet hou konsert voer Nina en Magriet ʼn konsert op, maar Magriet se kekkel is weg ... Die Magriet-reeks is gebaseer op die ware avonture van die skrywer se dogter, Nin, en haar hoenders, Matilda en Siena.

Die verlore sleutel (Afrikaans, Staple bound): R. Hunt, A. Brychta, A. Stimie Die verlore sleutel (Afrikaans, Staple bound)
R. Hunt, A. Brychta, A. Stimie
R94 Discovery Miles 940 Ships in 6 - 10 working days

Die Oxford storieboom is 'n opwindende aanvangsleesreeks waarin daar van die standpunt uitgegaan word dat selfs leerders wat nog nie gereed is om simbole te interpreteer nie, wel belangstel in stories en hierdie stories kan interpreteer en weergee. Die reeks maak gebruik van 'n holistiese taalbenadering en is so gestruktureer dat alle leerders daardeur gestimuleer word. Die boekies bevorder kinders se bewustheid van ritme en rym en help hulle om klankvaardighede te ontwikkel.

Hansie En Grietjie - Geel Vlak: Gr 3: Reader (Afrikaans, Paperback): Thomas Nelson & Sons Ltd Hansie En Grietjie - Geel Vlak: Gr 3: Reader (Afrikaans, Paperback)
Thomas Nelson & Sons Ltd
R99 Discovery Miles 990 Ships in 6 - 10 working days

Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic readers, providing a wide reading experience at similar levels of language. Learners are encouraged to take pleasure in becoming readers in their own right. Features and Benefits ? Promotes independent reading through graded learning ? Cross-curricular and multi-cultural themes ? OBE friendly

Broers (Afrikaans, Paperback): Bart Moeyaert Broers (Afrikaans, Paperback)
Bart Moeyaert; Translated by Daniel Hugo
R75 Discovery Miles 750 Ships in 4 - 8 working days

Bart Moeyaert is die jongste van sewe broers op 'n ry. Daarom is die Belgiese koning sy peetpa en het hy 'n geskenk van die koninklike paleis ontvang: 'n goue beker en 'n goue lepel met 'n kroon en die letter B daarin gegraveer. Hy wonder nog steeds of die B vir Boudewijn of vir Bart staan. In hierdie versameling sketse vertel hy van al die avonture wat sewe broers kan beleef. Deur die verwonderde oe van die jongste word selfs die mees alledaagse gebeurtenis iets buitengewoons. Die broers bly deurgaans naamloos en word net aangedui as die oudste, stilste, opregste, verste, liefste, vinnigste en "ek". Die vertellings, waarin sy ma, pa en ouma ook figureer, is tegelyk fantasie ryk en lewensgetrou. Dit is 'n boek wat oud en jonk sal geniet: van tieners tot tagtigers.

Speurder Kwaaikofski 8: Vuilspel en Nat Voete (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 8: Vuilspel en Nat Voete (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus; Translated by Kobus Geldenhuys
R193 Discovery Miles 1 930 Ships in 2 - 4 working days

Olga is ontroosbaar: haar luukse motor is beskadig! Kwaaikofski kom gou agter daar is meer as een motor met krapmerke op. Die leidrade neem hom na die karwassery in Hoofstraat. Maar die eienaar en sy skropborsels en skoonmaakmiddels is dalk baie gevaarliker as wat hy lyk . . . Ouderdom 6-10 jaar.

Staal Burger (Afrikaans, Paperback): Fanus Rautenbach Staal Burger (Afrikaans, Paperback)
Fanus Rautenbach
R237 Discovery Miles 2 370 Ships in 2 - 4 working days

Die nimlike Staal Burger is ’n huishoudelike naam sedert hy as die held in ’n radioreeks tydens die laat 1970’s figureer het. Fanus Rautenbach (1928–2011) is in 2007 met ’n meerderheid van 27 000 stemme deur luisteraars gekies as die Afrikaanse Radiolegende van die afgelope 70 jaar. Mens, skrywer en humoris by uitstek, was Umfaanus van "Flink uit die vere"-faam 'n erelid in menige Afrikaanse huishouding. Uit sy pen verskyn 200 kortverhale, 23 boeke en 24 radiodramas/hoorbeelde (hy verower ’n Artestoekenning vir sy hoorbeeld oor Downsindroom) en 32 radiovervolgverhale – waarvan Staal Burger (in samewerking met Daan Retief) waarskynlik die gewildste is.

Speurder Annika los 'n raaisel op: Boek 4 (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Elmarie Botes Speurder Annika los 'n raaisel op: Boek 4 (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Elmarie Botes
R105 Discovery Miles 1 050 Ships in 2 - 4 working days

Annika is mal oor speurverhale en raaisels - en as sy in die omtrek is, gebeur daar altyd iets opwindends! Op ’n klasuitstappe na die museum ontdek Annika 'n geheimsinnige veer. Is dit dalk 'n belangrike leidraad?

Zackie Mostert: Omnibus 1 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Zackie Mostert: Omnibus 1 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus!

Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad!

Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou kulkunsies doen, spoke jag, probeer om ’n superheld te word of ’n plan moet maak om uit die skoolkonsert te kom – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven – en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak!

Vir die heel eerste keer verskyn vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus:

1. Zackie Mostert en die ongelooflike kulkunsie

2. Zackie Mostert en die (Byna) Baie Briljante Idee

3. Zackie Mostert en die super-aaklige soen

4. Zackie Mostert en die Gemaskerde Groen Gevaar

5. Zackie Mostert en die spokerige storie

Speurder Annika (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Elmarie Botes Speurder Annika (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Elmarie Botes
R115 Discovery Miles 1 150 Ships in 2 - 4 working days

Annika is mal oor speurverhale en raaisels - en nou is hier 'n regte, egte raaisel om op te los!

Storiekaros (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Storiekaros (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie bundel stories is ʼn karos waarmee jy jou kind opnuut kan koester. Daarmee saam kom die genadegawe om waarlik mekaar se harte te hoor. Om dit reg te kry het jy nie geld of goed nodig nie. Al wat nodig is, is om vir slegs 20 minute elke aand sonder die selfoon, TV en al die 1001 dinge wat jou aandag deur die dag opeis vir jou kind ʼn storie te lees. Die sleutel tot behoorlike lees- en taalvaardigheid begin lank vóór gr. R – by iets eenvoudig soos ʼn slaaptydstorie en jou onverdeelde aandag. ’n Ideale boek vir jou kleinding wat hou van stories, rympies en speletjies.

Zackie Mostert En Die Skreeusnaakse Plan (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Zackie Mostert En Die Skreeusnaakse Plan (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie ... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends ...

Zackie Mostert en die skreeusnaakse plan. Maak gereed om te ROL VAN DIE LAG! 'n Nuwe TV-kanaal vir kinders hou 'n groot talentkompetisie. Wie kan die snaaksste grappe vertel en die gehoor laat skaterlag? Die wenner kry 'n kans om op TV te verskyn! Zackie en Vincent kan nie wag om deel te neem nie. Hulle is immers briljant daarmee om grappe te vertel - en hulle gaan die snaaksste grappe op die hele planeet (of ten minste in Granaatstraat) probeer uitsnuffel! Maar Anton is vasbeslote om ook aan die kompetisie deel te neem. En hy gaan seker maak Zackie en Vincent staan nie 'n kans om te wen nie …

'n Humoristiese, toeganklike reeks boeke geskik vir beginner- en intermediêre lesers. Trefwoorde: humor, vriendskap, skool, boelies, avontuur, gesinne.

Blou Maandag (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Blou Maandag (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Jana haar oë oopmaak, weet sy sommer … vandag gaan ’n BLOU MAANDAG wees! Dit lyk asof ’n tornado haar hare getref het. Die hamster het haar huiswerk opgeëet. Daar is aspersies in haar kosblik. En dit is háár skuld dat die hele skool glo haar beste vriendin se kop is vol grillerige goggas! Boonop is vanaand die groot talentaand waarna Jana al weke lank uitsien. Sê nou dinge loop skeef op die verhoog? Hoe erg kan een Maandag wees?

Die Swakste Restaurant in die Heelal (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Die Swakste Restaurant in die Heelal (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

‘n Skreeusnaakse versameling skaterlagstories!

Kom eet by die Swakste Restaurant in die Heelal.

Vind uit wat gebeur as jy met supergom aan die mooiste meisie in die skool vasgeplak word.

Ontmoet die seun wat Arnold Schwarzenegger se springmielies geëet het.

Gee vir tannie Breggie ‘n ou soentjie – as jy dapper genoeg is!

Vind uit hoe ‘n mens toonkonfyt maak.

En ontdek hoe ‘n bol kougom die wêreld kan red ...

GIGGEL, GIL, BRUL, PROES, SNORK en SKATER van die lag met hierdie versameling skreeusnaakse stories uit die pen van die gewilde Jaco Jacobs. Hierdie bundel kortverhale bevat tien stories wat gewaarborg is om jong lesers se lagspiere oortyd te laat werk.

Gezina En Die Bruin Wind (Afrikaans, Paperback): Maretha Maartens Gezina En Die Bruin Wind (Afrikaans, Paperback)
Maretha Maartens 1
R175 Discovery Miles 1 750 Ships in 5 - 10 working days

"Dis Gina, Ouma, nie Gezina nie - Gina," dring Bokkie aan toe Ouma grootjie kom kuier.

Zackie Mostert: Omnibus 2 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Zackie Mostert: Omnibus 2 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus!

Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad!

Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou rugby speel, grillerige wurmkoekies bak om by die skool te verkoop of 'n klomp meisies baie, baie vies maak - waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven - en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak!

Kort op die hakke van die eerste omnibus, verskyn nog vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus:

6. Zackie Mostert druk 'n drie

7. Zackie Mostert en die geheimsinnige gedaante

8. Zackie Mostert en die wriemelende wurmkoekies

9. Zackie Mostert en die meisiemoles

10. Zackie Mostert en die baie beroemde hond

Sanri Steyn Omnibus 1 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Sanri Steyn Omnibus 1 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture - as daar nie ruimtewesens oorkant die straat intrek nie, probeer iemand die hele skool se kinders in zombies verander! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!

Vir die eerste keer is die eerste vier Sanri-stories nou in een lekkerlees-omnibus beskikbaar! Dit sluit in:

1: Doktor Zombos se geheime formule

Sanri droom daarvan om eendag 'n joernalis te word - en toe sy en haar ma na die klein dorpie Raaiselfontein trek, besluit sy om haar eie koerant te begin. Die Raaiselfontein Gazette sal propvol opwindende nuus wees. Maar sommer gou vind Sanri uit alles is nie pluis op Raaiselfontein nie. Waarom tree almal so vreemd op? En wat het die lekkergoedfabriek daarmee te doen? Saam met haar nuwe vriend, Markus, besluit Sanri om die geheim te probeer ontrafel …

2: Die aliens oorkant die straat

Toe daar nuwe intrekkers oorkant die straat is, begin Sanri se neus kriewel - soos altyd wanneer sy 'n lekker sappige storie ruik. Hoekom trek die nuwe mense een nag tydens 'n woeste donderstorm in? Waarom ry hulle met so 'n vreemde borrelkar? En waarom tree die twee kinders met hulle silwerwit hare so snaaks op? Sanri is seker hulle nuwe bure is aliens. Sy moet net die bewyse kry, anders kan sy vergeet daarvan om 'n storie daaroor te skryf.

3: Die seun met die superkat-kragte

Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe seun in hulle klas ontmoet. Felix tree baie vreemd op - hy klouter oor mure, eet regte vissies op sy pousebrood ... en hy het 'n ongelooflike geheim! Kort voor lank is daar groot moeilikheid op Raaiselfontein. 'n Nare rotskurk en sy weermag van rotte beplan om die dorp oor te neem.

4: Die spookmeisie van Raaiselfontein

Sanri is teen hierdie tyd gewoond daaraan dat vreemde dinge op Raaiselfontein gebeur. Toe brille links en regs begin wegraak, kry sy dadelik snuf in die neus. Dan maak Sanri en Markus kennis met 'n spookmeisie - en sy het hulle hulp nodig.

Thomas@sms.net: Boek 4 (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo [email protected]: Boek 4 (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo 1
R237 Discovery Miles 2 370 Ships in 2 - 4 working days

Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes 'n nagmerrieondervinding in 'n hyser en dan word hy vir 'n week lank geskors omdat hy die ou drel van 'n Piet Senekal geslaan het. Thomas se pa is so kwaad hieroor, dat hy hom verbied om naby enige rekenaar te kom en hom vir 'n week lank hok! Dit beteken dat Thomas die interhuisdans gaan misloop – sy enigste kans om vir Alex amptelik te vra om sy meisie te wees.

Skwiek (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Skwiek (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Hamster wat mense kan hipnotiseer? Hahaha! Dis onmoontlik! Op ’n dag kry Nathan ’n geheimsinnige boks voor hul woonstel se deur. Sy naam staan op die boks geskryf. En binne-in is ’n hamster. Hy is oulik en wollerig en sy naam is Skwiek. En hy is nie sommer ’n gewone hamster nie ... hy het ’n ongelooflike superkrag! Nathan vat vir Skwiek saam skool toe. Hy gebruik hom om die onnies en die skoolboelie te hipnotiseer! Dis groot pret! Maar dan vind Nathan uit Skwiek is op ’n geheime sending ... en ’n gevaarlike skurk is warm op hul spoor. ’n Skreeusnaakse, aksiebelaaide avontuur vol skurke, jaagtogte, geheime agente, kaaskrulle ... en hamster-hipnose!

Elle Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Elle Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die volgende drie boeke van Christien Neser se gewilde Elle-reeks is nou beskikbaar in ʼn omnibus. Hierdie titels is: Rocksusters, Duinebesies en Franse vlegsel.

Hokaai, Lulu (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Hokaai, Lulu (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen 1
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Geniet hope pret saam met Lulu en haar nuwe ponie

Die groot dag het eindelik aangebreek ... Lulu verjaar! Nie eens die nare tweeling van langsaan, Alet en Alex, kan haar dag bederf nie. Veral nie toe Lulu haar verjaardagpresent kry nie - 'n ponie!

Kort voor lank begin sy met rylesse. Eers gaan dit sukkel-sukkel, maar Lulu is in haar noppies toe sy hoor die ryskool beplan 'n piekniek in die veld. Al die ruiters en hul ponies mag spesiale kostuums dra. Lulu kan nie wag om 'n oulike kostuum vir haar en haar ponie te ontwerp nie! Sy droom immers daarvan om eendag 'n beroemde modeontwerper te word.

Maar dan loop die uitstappie onverwags skeef - en Lulu beland pens en pootjies binne-in haar grootste avontuur nóg!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Rethinking Thought - Inside the Minds of…
Laura Otis Hardcover R4,183 Discovery Miles 41 830
Round and Round Goes Mother Nature - 48…
Margaux Samson-Abadie Hardcover R521 Discovery Miles 5 210
Advances in Carbohydrate Chemistry and…
David C. Baker Hardcover R7,357 R6,154 Discovery Miles 61 540
Advances in Carbohydrate Chemistry and…
Derek Horton Hardcover R5,104 Discovery Miles 51 040
Advances in Carbohydrate Chemistry and…
David C. Baker Hardcover R7,836 R6,549 Discovery Miles 65 490
Recent Trends in Carbohydrate Chemistry…
Amelia Pilar Rauter, Bjorn E. Christensen, … Paperback R4,248 Discovery Miles 42 480
Machine Learning for Intelligent…
Jitendra Kumar Rout, Minakhi Rout, … Hardcover R4,604 Discovery Miles 46 040
History of the Shuey Family in America…
Dennis Boeshore Shuey Paperback R528 Discovery Miles 5 280
Cognitive Psychology - EMEA Edition
E. Bruce Goldstein, Johanna C. van Hooff Paperback R1,399 R1,199 Discovery Miles 11 990
Experience and Meaning in Music…
Martin Clayton, Byron Dueck, … Hardcover R4,076 Discovery Miles 40 760

 

Partners