0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (36)
  • R50 - R100 (203)
  • R100 - R250 (1,091)
  • R250 - R500 (224)
  • R500+ (30)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Z is vir Zackie: Die slymerige slakke - Die slymerige slakke (Afrikaans, Paperback, 2nd edition): Jaco Jacobs Z is vir Zackie: Die slymerige slakke - Die slymerige slakke (Afrikaans, Paperback, 2nd edition)
Jaco Jacobs; Illustrated by Alex van Houwelingen
R70 R66 Discovery Miles 660 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers – en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!

Magriet en Billie - Die Magriet-reeks (Afrikaans, Paperback): Melanie Tait Magriet en Billie - Die Magriet-reeks (Afrikaans, Paperback)
Melanie Tait; Illustrated by Linki Brand
R57 Discovery Miles 570 Ships in 7 - 11 working days
Mnr. de Beer se soete droom (Afrikaans, Hardcover): Lizette Duvenhage Mnr. de Beer se soete droom (Afrikaans, Hardcover)
Lizette Duvenhage; Illustrated by Lizette Duvenhage
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 2 - 4 working days
Jorsie die Worsie 1: Die Raaisel van die Lammervanger (Afrikaans, Paperback): Helene Booyens Jorsie die Worsie 1: Die Raaisel van die Lammervanger (Afrikaans, Paperback)
Helene Booyens; Illustrated by Helene Booyens
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ontmoet vir Jorsie, 'n klein worshond met 'n groot hart en 'n nog groter familie!

Maar wag, hy's nie sommer 'n gewone worsie nie ... terwyl sy neefs en niggies skoothonde is, is Jorsie anders. Hy's nie tevrede met 'n gewone hondelewe nie, hy wil 'n polisiehond wees!

Wanneer een van Jorsie se skaaphondmaats, se lammertjies skielik wegraak, is die dorp se drie polisiehonde nie baie lus om te help soek nie.

Jorsie kom gelukkig op 'n leidraad af ... Sal hy die raaisel kan oplos en die lammertjie veilig kan terugbring na die plaas?

'n Kas Vol Monsters Omnibus (6-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs 'n Kas Vol Monsters Omnibus (6-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Is jy braaf genoeg om die kas oop te maak?

Denver se kas is 'n geheime ingang na 'n kasteel vol monsters - en hope avontuur! Maak die kasdeure wawyd oop met hierdie 6-in-1 omnibus van al die gewilde Kas vol monsters-boeke!

Die Groen Hand

Daar is iets vreemds aan die nuwe huis ... In die middel van die nag hoor Denver iemand aan sy kasdeur klop. Toe hy ondersoek instel, ontdek hy iets wat sy hare laat regop staan! Maar gaan enige iemand hom glo as hy vertel wat hy gesien het?

Vampierfoto's

Die kas in Denver se kamer is die geheime ingang na 'n kasteel vol monsters. Denver en Meyer kan nie wag om weer die monsters te sien nie. Hierdie keer het een van die monsters hulp nodig. Maar om foto's van 'n vampier te neem ... kan 'n pyn in die nek wees!

Hollywood-mummie

Dit is glad nie so maklik om 'n Hollywood-ster te word nie - veral nie as jy 'n mummie is nie. Sal Denver en Meyer vir Toets kan help om 'n rol in 'n fliek los te slaan?

Weerwolfprobleme

Denver en Meyer het al hope pret saam met die monsters gehad. Maar daar is iets fout in die monsterkasteel. Flaffie die weerwolf is in 'n BAIE slegte bui. En as 'n weerwolf vies is, moet jy liewer nie met hom sukkel nie ...

Die perfekte monster

Een van die monsters in die kas het Denver en Meyer se hulp nodig. Frank is eensaam. Daarom besluit hy dis tyd om 'n meisie te kry. Maar om die perfekte meisie vir 'n groot groen monster te kry, is glad nie so maklik nie!

Kinderspeletjies

Al die monsters is op pad na 'n musiekkonsert. Denver en Meyer bied aan om 'n aand lank baba-oppassers vir 'n oulike monsterbaba te wees. Hulle moet met hom speel, hom kosgee en hom in die bed sit. Hoe moeilik kan dit nou eintlik wees ...?

Lees is Maklik Graad 6 Vlak 3: 10 Dinge wat jy moet weet: Uiterste weer in Afrika (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): M. Smallhorne Lees is Maklik Graad 6 Vlak 3: 10 Dinge wat jy moet weet: Uiterste weer in Afrika (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
M. Smallhorne
R117 Discovery Miles 1 170 Ships in 5 - 10 working days

Vloede, droogtes, ernstige storms, orkane – ons ervaar 'n toename in uiterste weer regdeur Afrika, en rondom die wereld. In hierdie boek sal jy meer leer oor uiterste weer. Heinemann se Lees is Maklik-reeks bevat ‘n verskeidenheid stories vir die Intermediere Fase-leerder. Die leesboeke is ontwikkel deur taalspesialiste en onderwysers om die vaardighede in Afrikaans te bevorder en te verryk.

Die reeks dek ‘n verskeidenheid van genres: drama, komedie, avontuur, rillers, aksie, tradisionele stories, misterie en nie-fiksie. Elke graad bestaan uit 20 titels, ‘n totaal van 60 titels vir die Intermediere Fase met stimulerende leesstof vir lesse. Elke verhaal het opwindende illustrasies en aktiwiteite wat gebaseer is op die storie.

Gerook (Afrikaans, Paperback): Eldridge Jason Gerook (Afrikaans, Paperback)
Eldridge Jason 1
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Cobie het lank uitgesien na die Desember-skoolvakansie. Om ’n paar weke by sy ouma op Vaalberg te kom bly, was egter beslis nie deel van sy vakansieplanne nie. Maar dié Weskusdorpie is nie heeltemal so vaal en vervelig soos sy naam sê nie ...

Is dit sy verbeelding, of hou iemand hom dop?

Wie is die geheimsinnige Lady Zee wat hom skielik op Mxit kontak?

En is dit waar dat Vaalberg saans ná sononder in ’n gevaarlike tik-nes verander?

Hierdie opwindende, spannende jeugroman stel die leser bekend aan ’n skemerwêreld van dwelms en tienergevare waaroor daar nog baie min in Afrikaans geskryf is.

Professor Fungus Omnibus 2 (5-In-1) (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Professor Fungus Omnibus 2 (5-In-1) (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

By Einstein se snor!

Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en keer 'n blikbrein wat buite beheer is, maak kennis met 'n klomp vreemde ruimtewesens, ontmoet 'n skurk met 'n nare breinspoel-plan, duik saam onderwater op soek na 'n eienaardige seegedierte … en veg saam teen 'n weermag tuinkabouters!

Vyf fantastiese Professor Fungus-stories in een boek!

  1. Professor Fungus en die robotkrisis
  2. Professor Fungus en die jelliemonsters van Mars
  3. Professor Fungus en die BreinDrein-eksperiment
  4. Professor Fungus en die diepsee-dilemma
  5. Professor Fungus en die vreeslik gevaarlike tuinkabouter

Hierdie boeke is deel van 'n reeks vir intermediêre lesers met 'n sterk fokus op wetenskap, humor en avontuur.
Thomas@sms.net KABV (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo [email protected] KABV (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes 'n nagmerrieondervinding in 'n hyser en dan word hy vir 'n week lank geskors omdat hy die ou drel van 'n Piet Senekal geslaan het. Thomas se pa is so kwaad hieroor, dat hy hom verbied om naby enige rekenaar te kom en hom vir 'n week lank hok! Dit beteken dat Thomas die interhuisdans gaan misloop - sy enigste kans om vir Alex amptelik te vra om sy meisie te wees. Die enigste voordeel van die paar dae by die huis, is dat Louisa, sy stiefma, hom kan help om voor te berei vir die toneeloudisie - die manlike hoofrol kry immers die kans om vir Alex te soen! Maar dan begin 'n reeksmoordenaar paniek saai in Kaapstad en dit lyk asof dinge nie heeltemal gaan uitwerk soos wat Thomas beplan het nie. Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.

Aksieheld Austin: Doodskreet van die dino's - Doodskreet van die dino's (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Aksieheld Austin: Doodskreet van die dino's - Doodskreet van die dino's (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Fanie Viljoen
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Thomas@ Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo Thomas@ Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus!

Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinder- en jeug boekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuur belaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot 'n TV-reeks op kykNET gelei. Die gewilde Thomas@-stories in nou in 'n reeks waarde-vir-geld-omnibusse beskikbaar. Hierdie omnibus bevat drie titels:

[email protected]

Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes 'n nagmerrieondervinding in 'n hyser en dan word hy vir 'n week lank geskors omdat hy 'n boelie geslaan het. Om alles te kroon begin 'n reeksmoordenaar paniek saai in Kaapstad ...

[email protected]

Dinge is in rep en roer oor die nuwe meisie in Thomas-hulle se klas: die aantreklike sepiester Fleur Vermaak. Hannes is dadelik tot sy ore toe verlief op Fleur, maar dit lyk asof sy net oë het vir een ou - Thomas! En Thomas sal nie daarvan droom om vir Alex te verneuk nie, maar Fleur is darem wraggies mooi ... Maar alles is nie pluis nie. Wie is die geheimsinnige man wat agter Fleur aan is? En wat is die nare geheim van Bailey se Bos, die plek waar die graad neges gaan kampeer?

[email protected]

Almal is baie opgewonde oor Thomas se kans om 'n sepiester te wees. Hy het immers 'n rol gekry in Die Malans van Marthaheim, die gewildste TV-reeks ooit! En sy mede-ster is boonop die aantreklike Fleur Vermaak. Maar kort voor lank begin Thomas vreemde dreigbriewe kry.

Die Bok Wat Sy Spring Verloor Het (Afrikaans, Paperback): Marleen Lammers Die Bok Wat Sy Spring Verloor Het (Afrikaans, Paperback)
Marleen Lammers; Illustrated by Gwendolyn de la Harpe
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wat is ’n springbok sonder sy spring? Net ’n … bok?

Wanneer arme Springbok sy spring verloor, moet sy vriende hom help om dit weer op te spoor – met skreeusnaakse gevolge.

’n Humoristiese en treffende storie oor dit wat jou spesiaal maak, en die krag van vriendskap.

Dieter en Madame Zenobia (Afrikaans, Paperback, Skool Uitgawe): Nelia Engelbrecht Dieter en Madame Zenobia (Afrikaans, Paperback, Skool Uitgawe)
Nelia Engelbrecht 1
R208 R195 Discovery Miles 1 950 Save R13 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dieter en Krynauw, twee graadneges, beland in die kloue van Madame Zenobia toe hulle op eie houtjie begin ondersoek instel na die vlaag diefstalle in die skool – hulle is veral bekommerd oor hulle rugbybeker wat verdwyn het. Maar Zaanlie en haar vriendinne is ook op die spoor van die dief en eintlik meer in die pad as van hulp.

Uiteindelik slaag hulle tog daarin om die problem op te los, maar nie voordat hulle angswekkende oomblikke beleef en amper vir Sydney, Dieter se babaskilpadjie, moet opoffer nie. Lekker skerp dialoog, humor en spanning.

Hierdie skooluitgawe van Dieter en Madame Zenobia is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal.

Die Verdwyning Van Seamus Smit (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Die Verdwyning Van Seamus Smit (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Seamus wakker word, is sy bene weg. Hulle het net verdwyn.

Hy kan nie vir sy ma daarvan sê nie, want sy sal heeltemal uitfreak en sy het vandag ‘n belangrike onderhoud. Hy wens hy het geweet wat om te doen. Is dit ’‘n siekte? Is hy besig om dood te gaan? Moet hy die ambulans bel of is dit normaal? Dalk is dit niks om oor te stres nie. Dalk gebeur dit met alle kinders as hulle dertien is en praat met niemand daaroor nie.

Dan begin die res van sy lyf te verdwyn.

Hy besef hy het probleme. Groot probleme. En daar begin die vreemdste dag van sy lewe .....

Pieter En Die Wolf (Afrikaans, Paperback): Thomas Nelson & Sons Ltd Thomas Nelson & Sons Ltd Pieter En Die Wolf (Afrikaans, Paperback)
Thomas Nelson & Sons Ltd Thomas Nelson & Sons Ltd
R170 Discovery Miles 1 700 Ships in 6 - 10 working days

Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic readers, providing a wide reading experience at similar levels of language. Learners are encouraged to take pleasure in becoming readers in their own right. Features and Benefits ? Promotes independent reading through graded learning ? Cross-curricular and multi-cultural themes ? OBE friendly

Sweef en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback, 5de Uitgawe): Adinda Vermaak, Marieta Nel Sweef en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback, 5de Uitgawe)
Adinda Vermaak, Marieta Nel
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die 30 splinternuwe kortverhale in hierdie bundel is geskryf deur 25 uiteenlopende skrywers – van bekende jeugboekskrywers soos Martie Preller, Leon de Villiers, Jaco Jacobs, Zulfah Otto-Sallies en Fanie Viljoen tot opwindende nuwe stemme soos Marietjie Vos en Christo Davids (beter bekend as Errol van 7de Laan).

Goue Reeks Vlak 7: Die tweede venster (Aanvullende boek) (Afrikaans, Paperback): Goue Reeks Vlak 7: Die tweede venster (Aanvullende boek) (Afrikaans, Paperback)
R62 Discovery Miles 620 Ships in 5 - 8 working days

Goue reeks is een van die heel bekendste en gewildste inheemse leesreekse met beproefde sukses oor dekades. Derduisende onderwysers en ouers het self daarmee leer lees - en dit werk steeds! Op publieke aanvraag is die volledige reeks nou weer beskikbaar. Dit volg 'n basiese benadering tot leesonderrig deur klank- en woordbouvaardighede en is gebaseer op herhaling, herkenning en inoefening. Goue reeks se hersiene uitgawe (2009) bied alles wat nodig is om jong leerders te ontwikkel in jong lesers.

Lea Gaan Skool Toe (Afrikaans, Paperback): Zuleka Smit Lea Gaan Skool Toe (Afrikaans, Paperback)
Zuleka Smit; Illustrated by Johann Strauss
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lea gaan skool toe is gebaseer op die suksesvolle Ben gaan skool toe boek en Ben-reeks deur Zuléka Smit wat by dogtertjies aanklank sal vind. Hierdie lieflike boeke word geïllustreer deur Johann Strauss en Lea sal sommer dadelik in almal se harte inkruip. Hierdie is die eerste boek in die nuwe Lea-reeks en fokus op Lea, wat net soos haar boetie Ben, ook nou moet skool toe gaan.

Lea hou so min van skool dat haar magie sommer pyn. Niemand by die skool wil met haar speel nie. Juffrou kondig ’n kunswedstryd aan ... miskien is daar ander maatjies wat ook soos Lea hou van teken?

Zuléka Smit se pragtige storie oor die onsekerheid van skool toe gaan is gebaseer op haar baie jare in die onderwys en ook haar ervarings met haar eie kinders.

Lisa Liefbesie se Sewe Verlore Kolle (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Lisa Liefbesie se Sewe Verlore Kolle (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers; Illustrated by Elsabe Ebersohn
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ontmoet Lisa Liefbesie, 'n pragtige liewenheersbesie met bloedrooi vlerkies en helder swart kolle. Sy is geliefd deur al die diere op die groot plaas waar sy woon. Maar op haar verjaarsdag gebeur iets skrikwekkends – haar mooi kolletjies verdwyn spoorloos!

Volg Lisa op 'n opwindende avontuur terwyl sy soek vir haar kolle.

Ontmoet vriende soos Kollehond, Bessie die Frieskoei, en Takelane Tarentaal, wat almal probeer help om die raaisel op te los. Sal Lisa haar kolletjies vind voordat haar verjaarsdagpartytjie verby is?

Tom Se Boek: pienk: Gr 1: Reader (Afrikaans, Paperback): Thomas Nelson & Sons Ltd Tom Se Boek: pienk: Gr 1: Reader (Afrikaans, Paperback)
Thomas Nelson & Sons Ltd
R77 Discovery Miles 770 Ships in 6 - 10 working days

Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic readers, providing a wide reading experience at similar levels of language. Learners are encouraged to take pleasure in becoming readers in their own right. Features and Benefits ? Promotes independent reading through graded learning ? Cross-curricular and multi-cultural themes ? OBE friendly

Wereld Van Wolwe 3 - Derde Mag (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Wereld Van Wolwe 3 - Derde Mag (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Jou pa is ’n moordenaar,” sis Wolfgang. “Hy moor my weerwolwe. Eendag gaan hy jou ook skiet. Wag maar, daardie dag kom.”

Joshua Reinders se lewe is ’n gemors. Hy dra ’n groot geheim: Hy is ’n weerwolf. En sy pa is ’n weerwolfjagter. Die spanning verhoog egter toe Wolfgang Lycaon in Droomhoek opdaag. Die afskuwelike leier van die Wêreld van Wolwe glo dat Joshua aan hom behoort. En hy wil die seun terughê. Of Joshua gaan sterf.

Maar sal dit werklik gebeur? Joshua sal vir sy lewe moet veg en van Wolfgang ontslae raak.

Daar wag egter nuwe geheime wat Joshua eers moet ontrafel: Hoekom het hy elke keer bloed aan sy hande as iemand in die dorp wegraak? Hoe is sy ma werklik dood? Wat is die derde mag?

Soen (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Soen (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R255 R239 Discovery Miles 2 390 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Peet Rautenbach is Algoa Hoër se hoofseun: hoogs intelligent en met baie talent in musiek, kuns en redenaars. Daar word sewe A's van hom verwag. Daarby is Peet 'n toegewyde, voorbeeldige seun in die oë van sy pastoor-ouers. Maar Peet het 'n swakte: sy obsessie met die blonde onderwyseres Scarlett Rose Reynolds. Dit maak die deur oop vir talle aanslae op hom, en wat hom uiteindelik amper sy lewe kan kos.

Pandora se boks (Afrikaans, Paperback): Nelia Engelbrecht Pandora se boks (Afrikaans, Paperback)
Nelia Engelbrecht
R244 R229 Discovery Miles 2 290 Save R15 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Na 'n tragedie wat die Kruger-gesin beleef, trek Olga saam met haar suster, Annelie, en hul pa, A.P., na 'n plattelandse dorpie. Hier moet hulle aanpas in 'n nuwe omgewing waar hul pa 'n skoolhoof is.

101 Diere Grappe (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs 101 Diere Grappe (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bekostigbare grappieboeke vir ure se skaterlagpret!

Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese nuwe reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat ’n volle 101 grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor olifante, erdvarke, koeie en ander snaakse diere, skaterlag-skoolgrappe en ’n hele klomp grappe wat sommer net heeltemal verspot is!

Wat is geel en rond en jaag bo-oor ’n rooi lig?

’n Suurlemoen sonder brieke

Wat is die beste manier om ’n apie te vang?

Klim in ’n boom en maak ’n geluid soos ’n piesang.

Wat kan erdvarke kry wat geen ander dier op aarde kan kry nie?

Baba-erdvarkies

Wat is geel en het vier wiele?

’n Piesang. Jammer, ek het gejok oor die wiele. v Klop-klop.

Wie’s daar?

’n Bazoeka.

’n Bazoeka wie?

’n Bazoeka uit die buitenste ruimte!

Daar is vier lekkerlag-titels in die reeks:

- 101 Diere-grappe

- 101 Klop-klop-grappe

- 101 Lawwe-grappe

- 101 Pouse-grappe

Padda en die voelgesang (Afrikaans, Hardcover): Max Velthuijs Padda en die voelgesang (Afrikaans, Hardcover)
Max Velthuijs; Illustrated by Max Velthuijs
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 4 - 8 working days

Een pragtige herfsdag ontdek Padda ’n pikswart lyster wat roerloos op die grond le. Baie bekommerd wonder hy en sy vriende wat die voel makeer. Padda en die voelgesang is 'n storie vol pret en pragtige illustrasies, maar bevat ook 'n lewensles. In hierdie treffende verhaal maak die diere op ’n eenvoudige dog mooi manier met die dood kennis en besef hulle hoe ’n groot voorreg dit is om te lewe.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Refractory Chronic Rhinosinusitis, An…
Abtin Tabaee, Edward D. McCoul Hardcover R2,245 Discovery Miles 22 450
Blackouts & Boerewors - Forty Bright…
Karl Tessendorf, Greg Gilowey Paperback R260 R240 Discovery Miles 2 400
Sino-Nasal and Olfactory System…
Thomas Heinbockel, Balwant Singh Gendeh Hardcover R3,347 Discovery Miles 33 470
65 Years Of Friendship
George Bizos Paperback  (2)
R391 Discovery Miles 3 910
The Economic and Financial Market…
Kieran McMorrow, Werner Roeger Hardcover R3,081 Discovery Miles 30 810
This Will Not Pass - Trump, Biden, And…
Jonathan Martin, Alexander Burns Hardcover R782 R699 Discovery Miles 6 990
Living Well Later in Life - Emotional…
Michael Townshend Hardcover R920 Discovery Miles 9 200
Disciple - Walking With God
Rorisang Thandekiso, Nkhensani Manabe Paperback  (1)
R280 R263 Discovery Miles 2 630
Long Island Rail Road - Babylon Branch
David D. Morrison Hardcover R750 Discovery Miles 7 500
The Ultimate Dash Diet Cookbook - Simple…
Natalie Puckett Hardcover R849 R733 Discovery Miles 7 330

 

Partners