![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Hekse maak amok in die woeste woud en daar skuil gevaar agter elke boomstam. Wens is ’n krygermeisie wat ’n kosbare Towerboek besit. Xar is ’n towenaarseun met ’n gevaarlike heksevlek op sy hand. Wens en Xar word van mekaar weggehou deur die hoogste muur wat jy jou kan voorstel. En die tyd word min … Maar hoe gaan die twee verby hulle ouers kom? Dit word ’n stryd van TWEE teen TWEE.
’Ie liewe is 'n dice game; ’ie dice rol soes hy rol en jy moet ’it ma’ vat, broe’. Jay en Alpha deel ’n wereld van armoede en bendes en het al twee sonder ’n pa grootgeword. Maar hulle paaie skei: Alpha bly die leier van die Lo$Boys, ’n klein bende in Manenberg, terwyl Jay ’n beurs kry om in Kaapstad te gaan studeer. Vir Jay is dit ’n nuwe begin, maar dan word dinge meteens kompleks wanneer sy pad met die van ’n weggooibaba kruis. Kort voor lank is die situasie nie slegs kompleks nie, maar ook gevaarlik. Waarheen gaan ’n student met ’n baba? Die welsyn en polisie vertrou hy nie, maar sy opsies is beperk. Sou hy dit in Manenberg kon waag? Terwyl ’n bendeoorlog dreig?
Die vyfde in Willem D. Kotzé se gewilde T’sats-reeks. T’sats se seun Tkô!lie moet bewys dat hy ’n man is voordat hy die mooi Ta!mi as vrou kan vat. Hy moet manalleen ’n eland soek, hom met sy gifpyl skiet en agter hom aan hardloop, totdat die eland dood neerval. Dan eers kan Tkô!lie die eland vir Ta!mi wys en ’n kerf op sy boogstok kry as bewys dat hy ’n jong jagter is wat ’n vrou kan vat. Maar die Kalahari word geteister deur ’n ongekende droogte. Die elande trek weg na groener dele en Tkô!lie se groep moet uitmekaar gaan om te kan oorleef. Só word Tkô!lie en Ta!mi geskei. Hoe gaan Tkô!lie sy eland skiet en weer vir Ta!mi opspoor in die uitgestrekte Kalahari?
Die sesde boek in die gewilde Asterix-reeks, wat groot en klein wereldwyd bekoor. Caesar beskuldig Cleopatra daarvan daar haar volk agteruitgegaan het. Cleopatra is woedend, en beveel dadelik haar beste argitek om binne drie maande 'n spoggerige nuwe paleis vir Caesar te bou. Om so 'n onmoontlike taak te verrig, benodig die argitek dringend die hulp van Kasterolix en sy towerkuns.
Jou ses gunstelingplaasstories nou in een boek! Boer Frans se plaas le lekker knus langs ’n klein stroompie ver van die stad af. Op die plaas bly baie diere gelukkig saam. Lees in hierdie pragtige boek met sy kleurvolle illustrasies van al die diere se avonture. Stories in hierdie bundel: Gertjie se uitstappie; Hansie vlieg weg!; Manie Muis skrik groot; Boel en Dolla; Ses stoute varkies; ’n Indringer op die plaas.
Iwan is die jongste en ook die luiste van drie seuns. Op ’n dag stuur sy pa hom om takke in die woud te gaan afbreek en daar kom hy ’n blinde man teë. Dié man sê vir hom dat hy eendag die tsaar van Rusland sal word. Al wat hy moet doen, is om op die bakoond in die huis te lê, net sonneblompitte te eet, en met niemand te praat nie … vir sewe jaar lank! Die jare gaan verby en uiteindelik begin sy groot reis na die Witteberge, ’n reis vol avontuur en gevare. Hy kom teen die bose Og te staan, kruis paaie met die rower Batur en reken met ’n heks af. So trek hy deur seisoene en landskappe, en telkens moet hy ’n nuwe struikelblok op pad oorkom. Maar Wanja glo vas in die voorspelling van die blinde man en hou voet by stuk. Sou die ou man die waarheid gepraat het?
Jakkals word wakker met 'n stert wat nie wil swaai nie. Is sy dalk siek? Kan 'n hond se stert net skielik breek? Haar mense is bekommerd, maar dis Lolliepop, Jakkals se beste maat, wat raai wat fout is. Hulle twee swem mos graag in die dam, waar Jakkals duik en rol soos 'n wafferse walvis. Al wat Jakkals nodig het om beter te word, is iemand wat verstaan, soos Lolliepop! Die scenario van troeteldiere wat hulle eienaars soggens kom wakker maak, is aan baie huishoudings bekend, en kinders sal maklik hiermee identifiseer en assosiasies maak. Die teikenmark (3 – 7 jaar oud) kan op dié ouderdom al met ander simpatiseer en veral wanneer assosiasies gemaak word met gebeure of karakters wat vir hulle emosionele betekenis inhou. Jakkals se dilemma sal jong verbeeldings aanwakker om redes en oplossings te probeer vind. Kreatiewe denke word ook so gestimuleer. Die skrywer maak dit verder vanuit die staanspoor duidelik dat die ouers (volwassenes) nie Honds verstaan nie, en in hierdie geval dus nie sal kan help nie. Deur op ’n kind te fokus om die saak te beredder, word kinders (’n jong voorleesgehoor) dadelik by die verhaal betrek. Kleuters sal hulle aan die kant van die kind en Jakkals skaar en die verhaal enduit, en waarskynlik herhaaldelik, wil hoor om by die oplossing en gelukkige einde te kom. Ten spyte van Jakkals se bekommernis, slaag die skrywer daarin om met humor en kreatiewe taalgebruik die verhaal lig en positief te hou. Humor stimuleer kreatiwiteit en waar baie boeke deesdae opvoedkundige of morele boodskappe oordra, is Die hond met die stert sonder swaai ’n lekker storie met baie geleenthede vir prettige interaksie tussen voorleser en kind om aangename boek- en leesherinneringe te skep. Alle lesers het ’n paar boeke uit hulle vroeë kinderjare wat kosbare herinneringe oproep. Prenteboeke kan lewenslange boekliefhebbers skep.
George en Harold is gewoonlik verantwoordelike kinders – wanneer daar amok is, is George en Harold gewoonlik daarvoor verantwoordelik! Hierdie keer boemerang hulle jongste poets en hulle skep per ongeluk ’n hele weermag tandetoilette. Gelukkig ken hulle ’n superheld wie se onderbroekrek ’n gevaarlike wapen is. Dit lyk na nóg ’n opdrag vir Kaptein Onderbroek! Lees hierdie reeks deur dieselfde skrywer as Hondman. Skreeusnaaks en perfek vir eerste of trae lesers!
'n Karavaanpark klink dalk na 'n idilliese plek om te woon, maar Kruhan
Malherbe dink nie so nie. Die plek is vol eienaardige mense en daar's
geen vriende nie. Een nag volg Kruhan twee otters tot anderkant die
riete, na waar 'n vriendelike seun op 'n vlot sit en braai. Timma is
die vriend waarop Kruhan gewag het! Terug in die karavaanpark hoor hy
stories van mense wat verdwyn het: die eienaar se kleindogter, en
ses jaar vantevore, ’n elfjarige seun. Kan Timma help om die raaisels
op te klaar?
Die mense van Nandi se dorp leef in vrees vir Nabulela, die gulsige monster wat in die diep meer hou. Toe die meisies van die dorp vir Nandi 'n wrede streep trek, beveel die opperhoof hulle as straf om Nabulela se vel vir hom te bring. Dit kan hulle net regkry as hulle die monster uitoorle ... Hierdie Nguni-volksverhaal is 'n uitstekende voorbeeld van ons land se verhaleskat.
Bettina Valentino is mal oor kuns wat sommer van die mure af spring en mense in die oë pot soos ’n senuweeagtige ninja. Dis net jammer sy is in Laerskool Son-en-See waar die kunsjuffrou die hele tyd aan Bettina knaag om netjieser te werk, haar verfkwaste skoon te maak en om te dink aan mooi kleure soos ... pienk. Wanneer die skool ’n nuwe kunsonderwyser kry, begin dinge INTERESSANT raak. Meneer Mathys loop kaalvoet rond om die energie uit die grond te tap. Sy lesse is inspirerend en hy wys hulle dat kuns kan uitdaag, skok en verras. Met meneer Mathys by die skool, lyk dinge skielik wonderlik en Bettina se lewe is net te wonderlik ... totdat ’n paar ou suur ouers probeer om vir meneer Mathys uit die skool geskop te kry. Gou moet Bettina en haar kunsvriende probeer om die smerige situasie te omskep in ’n kunswerk.
Die druk laai op teen Greg Heffley. Sy ma dink videospeletjies maak souskluitjies van sy brein, en sy wil hê hy moet die kontroles wegpak en sy “kreatiewe sy” verken. En asof dít nie vreesaanjaend genoeg is nie, is Halloween om die draai. Sy lewe is ’n riller! Dan ontdek hy ’n pakkie suurwurms, en dit gee hom ’n plan. Kan Greg sy ma paai met sy eie fliek, en kan dit hom sommer ook ryk en beroemd maak? Of gaan sy wit leuentjies hom inhaal en sy sorge vererger?
Die storie gaan oor Mattie, ’n dogtertjie wat op ’n plaas woon. Sy is die enigste kind en was altyd baie eensaam tot daar een aand iets ongewoon en fantasties gebeur het! Op, op na die Wolke en Die Koekiekasteel is die eerste twee stories in die reeks. Haar avonture word net meer en meer…Nonnetjie Uil neem Mattie na droomland om die diere se talentkompetisie by te woon. Vallie Volstruis, Olla die Olifant en Wanda Vark tree almal op voordat die ongeluk gebeur. Vind uit wat Sarel Seekoei doen voordat Dillie Donkie op die verhoog verskyn. Sal hy die kompetisie wen?
In die Vallei van die Windmeulens het die mans, vroue en kinders soos al die ander mans, vroue en kinders in die wereld geleef. Tot die dag wat die volmaakte masjiene opgedaag het. Danksy die volmaakte masjiene was alles van daardie dag af volmaak. Dit was slegs nodig om ’n knoppie te druk om in ’n volmaakte wereld te leef. Dit was van daardie dag af dat almal ophou droom het. Maar het almal ophou droom?
Vir 'n meedoenlose smokkelbende is die bome langs die Limpoporivier die ideale plek vir hul skelmstreke en hulle verwag nie dat vyf dapper seuns van Kranskopc en ’n man wat gebrei is deur die Kalahariwoestyn, met hulle paaie sal kruis nie. 'n Vakansie langs die Limpopo hou ongetwyfeld avonture vir die Uile-bende in – veral omdat hul goeie vriend Wadda, die woestynmens, saamgaan. Maar die afgelee boswereld is nie net vir die vriende aanloklik nie. Wanneer honger krokodille boonop tot die gevaar gevoeg word, moet Philip en sy vriende vinnig dink en optree.
Sê die woord “kabouter” en mense dink aan koddige mannetjies met gepunte pantoffels, ondeunde laggies en appelwange wat net in sprokies en kinderverhaaltjies bestaan. Verder van die waarheid kan dié opvatting nie wees nie: Dis eerder ’n growwe belediging vir regte kabouters, wat hul klein postuur ten spyte, die mens in alle opsigte een oor is. Ja, kabouters bestaan. Hulle woon en werk en leer en leef hier onder ons neuse – en weet baie meer van ons af as ons van hulle. Vra maar vir Wil Huygen en Rien Poortvliet, wat met dié omvattende boek ’n unieke blik gee op die lewe en werke van kabouters (met die kabouters se toestemming, natuurlik!), en antwoorde vind op vrae wat tot nou toe net in jou verbeelding bestaan het.
Vir Tillie, die beste atleet in haar graad, is daar min dinge so frustrerend soos grootmense wat gedurig vreemde uitdrukkings gebruik. Wie wil nou hoor van husse met lang ore as jy doodgewoon gevra het wat vir ete is? Sy’s darem al te oud vir sprokienonsens en simpel prekies! Maar dan begin Tillie se kat Krummel meteens praat...en oortuig sy vir Tillie om saam met haar na die towerwereld Tah te reis. In Tah, die land waar nuwe woorde deur die woordenaar uitgedink en gemaak word, is 'n bose vloek besig om ou en nuwe woorde een vir een in die gisterkolk te laat verdwyn. Sal Tillie die woordenaar se opdragte kan uitvoer om die vloek te verbreek – en so te keer dat Tah in 'n dorre woordwoestyn verander?
Caesar het 'n boek geskryf! Ja, sowaar! Hy het sy kommentare oor die Galliese oorlog neergepen. Maar sy slinkse uitgewer, Sinus Apocrivus, het ander planne met die manuskrip. Is Caesar se “Kommentare oor die Galliese oorlog” nog volledig, en hoekom word die kopiiste skielik opgesluit? Is dit dalk omdat hulle iets weet wat die res van Gallie nie mag weet nie, en wat die hele ryk gaan skud? Wanneer een van die kopiiste ontsnap met 'n papirusrol onder die arm, is die gort gaar!
|
![]() ![]() You may like...
|