Vir Tillie, die beste atleet in haar graad, is daar min dinge so
frustrerend soos grootmense wat gedurig vreemde uitdrukkings
gebruik. Wie wil nou hoor van husse met lang ore as jy doodgewoon
gevra het wat vir ete is? Sy’s darem al te oud vir sprokienonsens
en simpel prekies! Maar dan begin Tillie se kat Krummel meteens
praat...en oortuig sy vir Tillie om saam met haar na die
towerwereld Tah te reis. In Tah, die land waar nuwe woorde deur die
woordenaar uitgedink en gemaak word, is 'n bose vloek besig om ou
en nuwe woorde een vir een in die gisterkolk te laat verdwyn. Sal
Tillie die woordenaar se opdragte kan uitvoer om die vloek te
verbreek – en so te keer dat Tah in 'n dorre woordwoestyn verander?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!