![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Klara Klein het alles wat sy moontlik kan begeer. Maar alles is nie genoeg nie. Sy wil nog en nog en nóg goed hê! Op ’n dag besluit Klara sy wil ’n DINGETH hê, maar daar is net een probleem. Wat is ’n DINGETH? Mnr. en mev. Klein sal enigiets doen om hul dierbare doggie gelukkig te hou, selfs al beteken dit hulle moet by die kelder onder die biblioteek ingaan om ’n antwoord in die geheimsinnige Monsterklopedie te kry. Hul desperate soektog lei na die donker dieptes van die oerwoudagtigste oerwoud waar die vreemdste vreemde dierasies lewe. Maar gaan hulle ooit ’n DINGETH kry?
In Die laaste geveg – die sewende en laaste aflewering in Die kronieke van Narnia – keer Jill en Eustace terug na Narnia om die magiese land te red van ondergang. Die slinkse aap Swendel het die donkie warboel verlei om hom met 'n leeuvel te vermom en die diere en dwerge te laat glo hy is die ware Aslan. Chaos dreig en oorlog tussen die Narniane en die Kalormene is onafwendbaar. Sal die kinders Narnia van ondergang kan red? Die laaste geveg is danksy Kobus Geldenhuys se uitmuntende vertaling nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar.
Hulle is in dieselfde skool, maar lewe in twee teenoorgestelde wêrelde. Sy is vet en vaal; hy is ‘n joller en die skoolhartebreker. Deur ’n simpele insident vang en hou Evie per ongeluk Joshua se aandag. Tyd om haar te bekommer oor die lang lys gebroke harte op Joshua se kerfstok is daar nie, want om soos ‘n voëltjie te eet en terselfdertyd te oefen vir ‘n onmoontlike halfmarathon is blerrie harde werk. Tog begin die lewe baie interessant lyk. Maar dan daag Joshua se dinamiese, befoeterde ouer broer op om ‘n breek te neem van sy mediese studies en Evie se wêreld draai heeltemal op sy kop. Hierdie splinternuwe jeugroman is ‘n goed verdoeselde hardloopgids geskryf vir enige tiener wat moed, kennis of motivering nodig het om na ‘n paar tekkies te reik!
George en Harold het die grootste superheld in die geskiedenis van hulle laerskool geskep – en nou gaan hulle lewe aan hom gee! Ontmoet kaptein Onderbroek! Sy ware identiteit is só ’n groot geheim dat selfs hý nie weet wie hy is nie! Lees hierdie reeks deur dieselfde skrywer as Hondman. Skreeusnaaks en perfek vir eerste of trae lesers!
Die Otters gaan saam met hulle pa’s op ’n kampeervakansie na Moremi, ’n wildreservaat in die oostelike gedeelte van die Okavango-delta. Een pa nooi ’n studentevriend van hom en dié se seun Berrie ook saam. Sommer gou besef die Otters dat Berrie deel is van die Uil-bende, en dat hulle op hom kan staatmaak. Die pad na Moremi loop lang draaie deur vreemde plekke. Wanneer die viertal seuns op Maun ontvoer word, moet hulle die waterkanale by Matlapaneng in ’n mokoro aandurf en die woestynstreek, waar net die Boesmans woon, trotseer.
Greg Owen, voormalige hoofseun van Lawson Kollege en kuberkraker van formaat, is 'n eerstejaar-Matie na die jaar waarin sy gesin se lewe uitmekaar val. Sy pa en Dok Pienaar is ontmasker as die Baker en die Candlestick Maker van Project Nursery Rhyme en is agter tralies. Maar wie en waar is die Butcher? Greg sal nie kan rus tot die derde lid van die gewetenlose driemanskap aan die pen ry nie. As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe . . .
Die vyfde boek in die gewilde Asterix-reeks, in 'n splinternuwe, sprankelende Afrikaanse gedaante. Die Romeine rig ’n reuseheining op om die klein Galliese dorpie waarin Asterix en Obelix woon, af te kamp van die res van Gallie. Asterix gaan ’n weddenskap aan dat hy en Obelix die ganse Gallie sal toer en delikatessen uit dorpe sal saambring as bewys dat geen Romein hulle kan afsonder nie!
Kurt, sy suster Nieke en hul maats is in Gr 5 in Laerskool Bitterbos, en bly in die koshuis. Die nuwe skoolhoof waai soos 'n yskoue onweerswind by die eerste saalbyeenkoms in. Daar's 'n NW-taak wat moet klaarkom, as groepwerk! Toe Kurt-hulle se idee vir 'n sonkrag-oondjie TE goed werk en hulle 'n mini-ontploffing in die vierkant veroorsaak, word hulle na die hoof se kantoor ontbied - met verrassende gevolge . . .
Vir die vyf dapper vriende wat hulleself die Uile noem, is dit opwindend om na die skatte van 'n geheimsinnige, verlore stad in die Kalahari te gaan soek. Opwindend, ja, maar ook lewensgevaarlik. Want in die Kalahariwoestyn is die enigste bedreigings nie net die roofdiere en sandstorms nie, maar ook vyande wat self 'n oog op die buit het. Sal die Uile hierdie gevaarlike manne kan uitoorlê? En is daar werklik 'n verlore stad en skatte diep in die woestyn?
Dagboek van 'n dork is vir almal wat al ooit soos die grootste dork in die wêreld gevoel het. 'n Reeks oor Nikki Maxwell en haar lewe vol drama en dinge. Mackenzie wil haar rubriek gebruik om stories oor Brandon te versprei! Nikki besluit om by die koerant te werk om haar dop te hou! Maar later voel dit of SY hulp nodig het. Kan sy byhou en vir Mackenzie keer? Lees Nikki se dagboek en maak reg om die dork in jou ’n drukkie te gee!
Die heks en haar kat vlieg gelukkig deur die lug op haar besemstok. Maar dan kom raap die wind die heks se hoed, toe haar strik en toe haar towerstaf op. In die soektog na hierdie toor-noodsaaklikhede ontmoet die heks en haar kat talle hulpvaardige diere wat saam op haar besemstok wil ry. Maar is daar plek vir soveel diere op haar stok? En sal die nuwe vriende haar kan red wanneer gevaar dreig? ’n Verhaal oor die vreugde van vriendskap en om met ander te deel.
Dit is die jaar 50 voor Christus. Gallie is geheel en al in Romeinse besit… Geheel en al? Nee! Een dorpie vol ontembare Galliers bied hardnekkig weerstand teen die invaller ... en maak die lewe moeilik vir die Romeinse legioensoldate wat laer trek in die vestingkampe Skinkirum, Aquarium, Hiersitwarum en Casarum...
Die verskil tussen Arboreta en al die ander hekse in die wereld is dat sy nie 'n bose of nare heks is nie: Sy het nie moesies of ’n haakneus nie en vang ook nie kindertjies om in haar swart pot te kook later hulle beentjies af te suig nie. Sy wil veel eerder he dat kinders veilig en gelukkig in haar woud rondspeel. Arboreta is ’n gelukkige heks – maar daar is tog twee goed waaroor sy haar baie bekommer: Wie sal eendag die boomheks van die groot groen woud wees wanneer sy nie meer daar is nie? En wat sal gebeur as die houtkappers aanhou om so vreeslik baie bome af te kap, sonder om nuwes te plant? Miskien kan die groen dogtertjie wat op ’n dag die woud besoek, Arboreta help om die woud te red … maar hoe?
“ … daar is sekere vermoens wat alle Bergengele oor alle eeue heen in hul wese moes inweef. Vermoens soos die Dissipline van Feesviering (om elke klein vredesverdrag te vier), die Dissipline van Geheimhouding (om vir twee dekades aaneen die nasie sonder erkenning te dien, vermom as gewone werker) en die Dissipline van Gemeenskap en Afsondering. Vir ’n Bergengel is daar altyd die wisseling tussen binne en buite: of hy is ’n alleenloper wat tevrede is met sy eie geselskap, maar deur meegevoel gedryf word na die trop, of hy is ’n kuddewese wat moet leer om gelukkig te wees as ’n eenkantling. Om ’n Bergengel te wees, is om alleen deur die ondergrondse gange van ’n kapel te stap terwyl daar gesing word – jy hoor nie net die musiek en die stemme nie, jy hoor ook hoe dit eggo in die toekoms.” In Gabriellie het dertien jaar reeds verloop sedert daar enige teken was van ’n Bergengel en glo die jonger generasie byna nie meer aan die bestaan van die mitiese kreature nie. Eron Verberger, seun van die klokmakersegpaar Gibor en Alida Verberger, word egter gedwing om met nuwe oe na fantasie en werklikheid te kyk wanneer hy saam met sy pa op ’n lewensveranderende avontuur vertrek. Wie is die misterieuse Reenboogmaker met wie hulle pad elke nou en dan kruis? Is die brande wat deur die land trek werklik net vure van vernuwende “skoonbrand”, soos die Regiohoofde beweer, of is dit die gevreesde Vuurstorms waarvan die geskiedenis vertel? ’n Mistieke en allegoriese fantasieverhaal van grootword en groei wat tot volwasse sowel as jong volwasse lesers sal spreek.
Ryno die klein renoster leer van stropers wanneer ‘n olifantkoei doodgemaak word. Haar baba word verlaat deur die trop wat weghardloop van die gevaar. Baie diere sluit dan by Ryno en sy ma aan op hulle soektog na die matriarg van die trop van olifante. Die diere besluit om na ‘n kamp te gaan in die wildtuin om die mense te kry om hulle te help met die stropers.
Watter seun wat sy bendenaam waardig is, sal net staan en toekyk wanneer honderde duisende rande se diamante na 'n boot gesmokkel word? Toe Jorsie se ouers sy vier vriende saam see toe nooi, het hulle geweet dit sal nie 'n rustige vakansie wees nie. Maar die gevaar en opwinding wat sou volg, kon hulle nooit voorsien nie. Dit beteken natuurlik nie dat Jorsie, Philip, Vaatjie, Berrie en Hennie – wat hulleself die Uile noem – na moeilikheid soek nie, maar...
Bastian Balthasar Bux ontdek in ’n boekwinkel ’n geheimsinnige boek: Die eindelose storie. Opgewonde neem hy dit saam en word ingetrek in die wilde avonture van die helde Atréju en sy gevaarlike opdrag: om die ryk van Fantasieë en sy heerser die kinderlike keiserin te red. Wanneer Bastian besef dat hierdie fantasiewêreld in groot gevaar verkeer, ontdek hy dat hy die aangewese persoon is om dit te red. Kan Bastian die grens tussen realiteit en sy verbeelding oorkom om Fantasieë te red? En hoe verlaat mens ’n ryk wat geen grense het nie?
Om skool toe te stap saam met Mamma, Gogo en Tata is groot pret. Maar om hoog in die lug op Pappa se skouers te sit, is die HEEL BESTE! Op Pappa se skouers nooi jong lesers uit om saam met ’n seuntjie en sy pa skool toe te stap, waar hulle mekaar groet op ’n baie spesiale manier. Niki Daly het in 2009 ’n Molteno-medalje (Goud) ontvang vir sy bydrae tot kinderliteratuur in Suid-Afrika. In 2020 is hy met ’n SALA (South African Literary Award) bekroon vir It's Jamela!
Die Galliese hoofman Disvimygrix omhels die Romeinse kultuur met groot entoesiasme. Die Romeine sien dit as ’n gulde geleentheid en plant by hom ’n idee: Hulle vra hom om die Galliese hoofman Allamapstix uit te daag tot ’n stamhoofgeveg. Die hoofman wat wen, neem beheer oor die ander stam. Gewoonlik sou Disvimygrix nie waag om Allamapstix uit te daag nie, maar die druide, Kasterolix, is buite aksie. Obelix het hom raakgegooi met ’n menhir. Nou kan Kasterolix nie onthou hoe om die towerbrousel te maak wat hulle onoorwinlik maak nie. Daar is ’n groot kans dat Disvimygrix die groot stamhoofgeveg sal wen en beheer van Asterix se stam sal neem... |
![]() ![]() You may like...
The New Testament in its World - An…
N. T Wright, Michael F. Bird
Hardcover
The Greatest Prayer - Rediscovering The…
John Dominic Crossan
Paperback
Jesus Christ The Only Way - The Only Way…
Grace Dola Balogun
Hardcover
|