![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Jani is ʼn nuuskierige en avontuurlike meisie wat mal is oor die
buitelig.
Na die naelbyt-avonture in Hartklop, is die gevaar nog lank nie verby
nie. In ’n desperate poging om Colden uit mal koningin Melody se kloue
te hou, roep Zander ’n Forya en’ tarna, ’n Elwe-grootwordritueel. Die
vriendegroep word geskei en dis die begin van ’n nuwe avontuur en soeke
na antwoorde deur die hele Tír na hÓige.
Wat het geword van elke man vir homself?
Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic readers, providing a wide reading experience at similar levels of language. Learners are encouraged to take pleasure in becoming readers in their own right. Features and Benefits ? Promotes independent reading through graded learning ? Cross-curricular and multi-cultural themes ? OBE friendly
Sanlamprys vir jeuglektuur: goud (2005) MER-prys vir jeuglektuur (2005) "Ek maak vir jou die hel oop," lees die SMS wat Chris Burns een reënerige aand in Bloemfontein aan sy pêl Kerbs stuur. Net 'n vingerfout, maar in die loop van die volgende paar dae word dit ’n afgryslike werklikheid. Burns help vir Kerbs om by sy ma se motor in te breek. Die goed wat hulle steel, gaan verkwansel Kerbs by 'n pandjieswinkel - hulle het die geld nodig vir die BreinBliksem-rockfees wat by die Allemanskraaldam gehou gaan word.
Dit gaan oes met Greg Heffley. Sy beste vriend, Rowley Jefferson, het hom verlaat, en om op sy ouderdom nuwe vriende te maak, is glad nie maklik nie. In sy soektog na voorspoed besluit Greg om te waag en sy lot aan die toeval oor te laat. Sal die dobbelsteentjies in sy guns val, of is Greg bestem om ’n ongeluksvoël te bly?
Tydens een van die koudste en natste somers in jare, besluit Polly en Digory om die soldervloer van hulle ou ry verdiepinghuise te gaan verken. Versigtig klouter hulle oor die dakbalke en al met die lang tonnel af wat hulle blyplekke aan die lee huis langsaan verbind. Digory is seker hulle gaan 'n bende gevaarlike misdadigers daar betrap en dan 'n beloning kry. As 'n huis al vir soveel jare leeg staan, moet daar tog een of ander geheim wees, nie waar nie? Dis daarom amper 'n teleurstelling toe hulle maar net op Digory se oom Andrew in 'n geheime werkkamer afkom. Maar dan laat 'n wilde eksperiment vir Polly soos mis voor die son verdwyn – en ontaard die vervelige somer in 'n naelbytavontuur.
Die avonture van Keegan, Samier en Samia gaan voort! Keegan kry die geleentheid om 'n plakkaat te ontwerp wat sy gunstelingskrywer se nuwe strokiesprent adverteer - en die wenner kan die boek se bekendstelling bywoon! Hy is vreeslik opgewonde ... maar die skool se boelie, Brent Petersen, dreig om al sy planne in die wiele te ry ... Hierdie reeks vul 'n belangrike gaping in die mark vir diverse en verteenwoordigende stories vir beginnerlesers.
Glo my, as jy op die ingewing van die oomblik ’n skaap by ’n kerkbasaar steel, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie ... Luan se vakansieplanne is in hulle peetjie. In plaas daarvan dat hy by die huis gaan rondsit, PlayStation speel en saam met sy pelle kuier, moet hy Karoo toe gaan. Op ’n road trip. Saam met sy eksentrieke fotograaf-ouma wat ’n fotoboek oor windpompe wil publiseer. Dit is sy straf omdat hy en sy vriende een aand iets aangevang het wat hulle in groot moeilikheid laat beland het. Op pad deur die Karoo ontmoet hy vir Lana, wie se pa al die pad van Bloemfontein na Kaapstad met sy fiets ry om geld vir kankernavorsing in te samel. Lana wat nie vleis eet nie, mal is oor boeke en hom (sonder dat sy dit weet) oortuig om ’n skaap te steel. Luan leer ken vir die eerste keer werklik sy ouma – die hardekwas-predikantsvrou wat al die jare ’n geheim saam met haar ronddra. En die belangrikste van als: Hy leer homself ken. Kort voor lank verander ’n vervelige rit deur die Karoo in ’n onvergeetlike reis ... Hierdie humoristiese, hartroerende tienerboek uit die pen van Jaco Jacobs sal jou anders laat kyk na die dinge wat die lewe die moeite werd maak.
Boer Frans se plaas le lekker knus langs 'n klein stroompie ver van die stad af. Op die plaas bly baie diere gelukkig saam. Lochner de Kock vertel van al die diere se avonture op boer Frans se plaas. Stories op die CD: Gertjie se uitstappie; Hansie vlieg weg!; Manie Muis skrik groot; Boel en Dolla; Ses stoute varkies; 'n Indringer op die plaas.
Vuil Ferdie: Tande!
Hierdie splinternuwe reeks bevat pragtige volkleurillustrasies en wemel van stories, ryme, liedjies en leersame elemente. Die boek word vergesel deur 'n oudio-CD. In Boek 1 ?is daar syfer- en letterpret, kleure, vorms, prentstories, geluide en rympies vir kleuters om hul eie liggaam te leer ken. Kom luister, lees en leer saam!
Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic readers, providing a wide reading experience at similar levels of language. Learners are encouraged to take pleasure in becoming readers in their own right. Features and Benefits ? Promotes independent reading through graded learning ? Cross-curricular and multi-cultural themes ? OBE friendly
’n Sirkusbaas roep Kwaaikofski se hulp in: Sy suster, Vanessa, is die ster van die vertoning, maar ewe skielik maak sy elke keer dieselfde fout. Gewoonlik is haar toertjies foutloos en Kwaaikofski ruik lont. Hy sal gou moet uitvind wie besig is met aapstreke in sirkus Zampano. Nog ’n heerlike avontuur in hierdie baie gewilde reeks!
Lotta kan nie skool toe gaan nie, want sy het waterpokkies. Dis baie vervelig so alleen by die huis. Maar dis ook g'n wonder nie – sy het mos geen stokperdjies nie. Al se haar ma sy het een: Fluitspeel. Gmf! Lotta en Chantelle dink saam 'n lang lys cool stokperdjies uit: Valskermspring, duik saam met haaie, dinosourusse se geraamtes opgrawe, en nog baie meer. Maar hulle weet ongelukkig nie hoe doen 'n mens sulke goed nie. Maar dit maak nie saak nie, want hulle twee gaan nou beroemd word. Hulle gaan hoofrolle kry in 'n fliek met Zack Zeeman, een van die coooooolste filmsterre in die hele wereld. (Dis in elk geval wat Chantelle dink!) Solank daardie simpel Berenice en haar maats net nie weer in hulle pad staan nie...Dit is die een katastrofe na die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings!
Marmerprinses handel oor 'n tienerdogter, Wilmien, wat verlief raak op die nuwe onderwyser by die skool, mnr. Paul le Roux. Tussen die verlief-wees deur moet sy leer vir haar matriekeindeksamen, deadlines as redakteur van die skoolkoerant hanteer, en afreken met haar skateboarder-vriend en buurman, Chris, wat heimlik ook verlief op haar is. Al waaraan Wilmien kan dink is Paul le Roux, en die geur van sy naskeermiddel... Sal sy kan wegkom van die feit dat hy getroud is met kinders?
Die karakter Fanie het reeds in Fanie se veldskooldae en Fanie word grootwildjagter in almal se harte gekruip. In hierdie boek, die derde in die Fanie-trilogie, neem die outeur die leser op nog ’n boeiende avontuur. Soos in die vorige boeke is daar weer ’n sterk Afrika mens as vaderfiguur. Die Afrikaans-Engels problematiek kom ook weer ter sprake en die Anglo-Boereoorlog is ’n belangrike tema in hierdie verhaal. Verder moet Fanie uiteindelik besluit wie die meisie van sy hart is: Die Engelse nooi Jekkie, of die Boerenooi Soekie?
Die avonture van Keegan, Samier en Samia gaan voort! Daar is 'n nuwe meisie in die skool en Keegan hou baie van haar. Samier en Samia is egter glad nie beïndruk dat Alysha beter as Samia in alles is nie, en Keegan sukkel om die vrede te behou. Hierdie reeks vul 'n belangrike gaping in die mark vir diverse en verteenwoordigende stories vir beginnerlesers.
Aandag, alle onderwysers wat CAPS-boeke vir volgende jaar moet kies! Wil jy graag boeke deur ons drie heel gewildste kinder- en jeugboekskrywers in die klas behandel? Wat van ’n supergewilde Thomas@-boek om jou graadneges aan die lees te kry? Of slaan jou graadagts se asem weg met Jaco Jacobs se Perfek (waarvan tienduisende kopieë reeds verkoop is) of die lekkerleesboek Vis en tjips, wat beloof om net so gewild soos die topverkoper Suurlemoen! te word. En Fanie Viljoen se splinternuwe jeugboek Spring sal hulle laat naels kou tot die einde! Hier is LAPA se CAPS-goedgekeurde boeke vir graad 7, 8 en 9. Die CAPS-uitgawes van hierdie gewilde boeke bevat volledig uitgewerkte vrae en hope prettige aktiwiteite!Graad 7 EAT: Zackie Mostert druk ’n drie (Jaco Jacobs)Graad 8 EAT: Perfek (Jaco Jacobs)Graad 9 EAT: Spring (Fanie Viljoen)Graad 7 Huistaal: Gevaarlike lopies (Jaco Jacobs) Graad 8 Huistaal: Vis en tjips Graad 9 Huistaal: [email protected]
Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic |
![]() ![]() You may like...
New African thinkers: Agenda 2063…
Olga Bialostocka, Thokozani Simelane
Paperback
ruth weiss - Beat Poetry, Jazz, Art
Estibaliz Encarnacion-Pinedo, Thomas Antonic
Hardcover
R3,177
Discovery Miles 31 770
From Telenovelas to Netflix…
Joseph Straubhaar, Melissa Santillana, …
Hardcover
R3,133
Discovery Miles 31 330
|