![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Watter soort ou breek by ’n akwarium in? En verf graffiti teen die muur? Of gooi bottels en ander gemors in die dolfyntenk? Kevin Pieterse, dis wie. Kevin is moeilikheid met ’n hoofletter “M”. As straf vir sy vandalisme moet hy gemeenskapsdiens by die akwarium doen. Crystal kan nie glo sy moet die hele Desembervakansie in sy gesig vaskyk nie. Sy wens hy beland pens en pootjies in die haaitenk. Maar dan ontmoet Kevin vir Ginger die dolfyn. En dit is liefde met die eerste oog opslag ...
Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van
speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme!
Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van
speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme!
Sindikaat is ’n avontuurverhaal waarin drie vriende se lewens omvergegooi word wanneer die hoofkarakter, Paul, per ongeluk op onwettige smokkelgoed afkom. Hulle paaie kruis met die van die Chinese mafia. Die verhaal begin in Bloemfontein, waarvandaan Paul en sy vriende saam met sy lyfwag, Bossie, deur drie Afrikalande reis om van die moorddadige Chinese bende te vlug. Tydens hul reis deur Zimbabwe, Zambië en Namibië word hul lewe gereeld bedreig. Spannende aksietonele laat die adrenalien behoorlik pomp. Tussendeur al die aksie moet Paul, Karlien en Adriaan die uitdagings en probleme waarmee tieners daagliks worstel, oorkom. Seksualiteit, liefde, vriendskap en lojaliteit word op die manier by die aksie betrek in hierdie verhaal waarin die goeie die bose oorwin en geregtigheid seëvier.
Toring van Jasmyn speel in die kleurvolle strate van Istanboel af. Markus Combrink reis saam met sy pa, suster en "nuwe boetie'' Neil (hy trek in by hulle na sy ouers se dood), na dié Turkse stad. Terwyl hulle pa werk, verken die tieners die pragtige besienswaardighede en raak bevriend met twee plaaslike tieners, Meryem en Sahib. Daar is politieke onrus, en bomaanvalle deur plaaslike terreurgroepe dreig om die Combrinks se vakansie in ’n nagmerrie te omskep. Boonop worstel Markus met sy ouers se onlangse egskeiding en moet Neil die verlies van sy ouers verwerk. Wanneer Markus se suster egter ontvoer word, begin die poppe behoorlik dans. Die vakansie ontaard in ’n avontuur wat die Combrinks nie sommer sal vergeet nie.
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag ontdek hy iets eienaardigs in die tuin. Hy grawe en grawe. Fluit-Fluit waarsku hom om versigtig te wees, maar so byna krap Tjoppie Warrie Wurm se huisie heeltemal om! Gelukkig kan almal fluks help en Tjoppie kan sy nuwe skat saam met hom huis toe neem. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Met die aanbreek van die nuwe skooljaar, is Greg ywerig om die afgelope drie maande agter hom te sit ... veral een insident. Wat jy ook al doen, moenie vir Greg Heffley vra hoe hy sy vakansie spandeer het nie, want hy wil definitief nie daaroor praat nie. Ongelukkig weet Greg se ouer broer, Rodrick, van die geheim wat Greg graag wil wegsteek. Maar geheime het ´n manier om uit te lek ... veral as´n dagboek ter sprake is.
'n Storie oor obsessies. Arian en Estie is in Graad 11 in dieselfde skool. Na hulle op sosiale media vriende word, begin Estie vir Arian stalk: Aanlyn, en later ook in die werklikheid. Eers is hy vir haar net nog 'n misterieuse vreemdeling, maar soos wat sy hom dophou openbaar hy, onwetend, sy diepste geheime aan haar. Maar Estie het geheime van haar eie, wat sy ten alle koste verberg, selfs toe sy en Arian later vriende word: Geheime wat haar haar enigste vriend kan kos.
Die tingerige Wian is baie opgewonde wanneer hy uiteindelik in pleegsorg geplaas word en van die weeshuis kan ontsnap. Net jammer dat die oorgewig boelie, Pierre, saam met hom by dieselfde gesin gaan woon. Maar Wian se nuwe ouers is glad nie gaaf en ordentlik soos hy hom voorgestel het nie. Inteendeel, hulle maak hom doodbenoud. Veral toe hulle hom voorstel aan sy nuwe "suster", Cornelia - 'n massiewe, mak krokodil wat in die agterplaas woon.
Goue reeks is een van die heel bekendste en gewildste inheemse leesreekse met beproefde sukses oor dekades. Derduisende onderwysers en ouers het self daarmee leer lees – en dit werk steeds! Op publieke aanvraag is die volledige reeks nou weer beskikbaar. Dit volg ’n basiese benadering tot leesonderrig deur klank- en woordbouvaardighede en is gebaseer op herhaling, herkenning en inoefening. Goue reeks se hersiene uitgawe (2009) bied alles wat nodig is om jong leerders te ontwikkel in jong lesers.
Francis loves all animals and believe in the Good. Together with his best friend Donkey he travels through the world and speaks with animals and people, trying to make the world more beautiful. A beautiful picture book about the beauty and wonder of life.
Babette se pa gaan oorsee en sy moet by die vreemde tannie Theodora op Rustfontein gaan bly. Sy voel gou tuis, veral toe sy die aantreklike Tiaan en tannie Theodora se oulike hondjie ontmoet. Sy kan boonop haar sangtalent uitleef in die plaaslike teater se musiekproduksie. Maar alles is nie pluis in die dorp nie. Dit het iets te doen met die geskiedkundige begraafplaas op die bult en die legende van die meisie in die maanlig. Wie is die vrou in die swart lykswa wat Babette agtervolg? En waarom sien haar nuwe vriendin, Avani, ook die aaklige toneel wat een middag haar kamer afspeel? Babette moet veg vir haar lewe wanneer sy haar vasloop in 'n horde grillige zombies. Maar sal sy haar grootste vrese kan oorkom?
Ben gaan in sy heel eerste rugbywedstryd speel. Sy maag gee sommer so
’n wilde draai as hy net aan die wedstryd dink. In die wedstryd druk
Ben ’n uitstekende drie … maar onder die verkeerde pale! Sy hartjie
voel baie skaam oor hierdie fout, maar Pappa lees vir hom in die
Kinderbybel dat hy nie skaam hoef te wees vir foute nie.
'n Koei met 'n serpie, 'n spierwit donkie ... Jy sal kennis maak met splinternuwe karakters en menige avonture met hulle meemaak. Sluit by hulle aan op hul reise, deel in hul avonture en ontdek 'n skatkis van stories om jou na sprokiesland weg te voer. Lochner de Kock vertel al jou gunstelingsprokies! Kom luister saam! Die stories op die CD: Marcel die Dappere; Verrassing!; Die Lelike Konyntjie; Kakao die Apie; Albert en die Aartappel; Gallie die Krokodil; Wimpie die Wit Donkie; Bonte se Serpie; Soet Honne!; Annabel se Voeltjiekafee (Bonussnit).
Zoe oortuig haar tweelingsussie om na 'n somerskool te gaan, maar sy wil eintlik net die plaaslike spook ontmoet wat volgens legende op die kampus dwaal. Zoya mag net nie uitvind dat daar 'n spook is nie, want sy is doodbang! Sommer gou is Zoya se senuwees op hol . . . En dis nie net omdat mislike Queen Bee Beula byna ’n groot ramp veroorsaak nie. Kan dit wees dat die tweeling se ouer broer Zane se hart gebreek is deur die berugte kampusspook?
“Vandag bly jy by die tafel sit totdat elke krieseltjie spinasie op is!”
Alhoewel die eerste vier boeke in die wereldbekende Kronieke van Narnia met verloop van tyd drupsgewys en deur verskillende uitgewers in Afrikaans vertaal is, is Protea Boekhuis se publikasie van Die vaart van die dagbreker 'n eerste: Dis nie net die vyfde titel in die reeks se debuut in Afrikaans nie, maar ook die eerste van Kobus Geldenhuys se uitmuntende vertalings wat uiteindelik al sewe boeke in die reeks onder die Protea-vaandel sal verenig. In Die vaart van die dagbreker beland Edmund en Lucy Pevensie saam met hulle mislike nefie Eustace Scrubb aan boord van die dagbreker – die skip waarmee Prins Kaspian onderweg is na die eensame eilande op soek na die sewe lords van Narnia wat jare gelede spoorloos verdwyn het. Op die gevaarlike reis trotseer hulle allerlei uitdagings– maar die droom om tot by Aslan se land aan die einde van die wereld te seil bly groter as enige vrees vir die onbekende.
In Partytjiepret moet Dedrei boet vir haar sabotasieplan wat amper
daartoe gely het dat Dedrei nie aan die danskompetisie kan deelneem
nie. Sy moet help om die vloere van die kinderhuis te was.
'n Wit olifantjie, 'n hen wat wou kraai ... Jy sal kennis maak met splinternuwe karakters en menige avonture met hulle meemaak. Sluit by hulle aan op hul reise, deel in hul avonture en ontdek 'n skatkis van stories om jou na sprokiesland weg te voer. Lochner de Kock vertel al jou gunstelingsprokies! Kom luister saam! Die stories op die CD: Lea se Boom; Die Lied van die Hen; Tot Stinkie se Redding; Die Duisendpoot en die Slak; Frederik en Kuifie; Kameelperd en Sebra; Katryntjie Kekkel; Jabba die Wit Olifantjie; Meteoor die Drakie; Lenet se Ponie (Bonussnit).
Vuil Ferdie: Modder!
Om in Graad 7 in 'n nuwe skool in te stap waar almal reeds hulle klieks en klubs het, is genoeg van 'n nagmerrie. Dat die atmosfeer tuis nog meer gespanne moet wees as 'n skoolsaal voor 'n wiskunde-eksamen, is genoeg om enige ou 'n bietjie van die pad af te stuur. Maar hoe lank kan 'n mens op dun ys skaats voor jy val?
Volgens Clayton se pa en sy nuwe verloofde is hy 'n probleemkind. Hy word na 'n eksklusiewe rehabilitasiekamp vir tieners gestuur, maar dis nie net die streng sekuriteit en geheimsinnige personeel wat aandui iets is nie pluis nie. Clayton is vreesbevange vir die digte bome wat die kamp omring en snags sluip vreemde gediertes in die woud rond. En dan begin van die tieners verdwyn . . .
Nicci is 'n willewragtig op 'n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef 'n meisie het vir hulle weggery. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Donovan die legkaart inmekaar, en wat hulle uitvind toets hulle geloof in hulle medemens, en hulle eie waardes. Die boek daag ook geslags- en verhoudingstereotipes speels en slim uit. Nicci is ewe goed in ballet en bergfietsry, maar omdat sy 'n meisie is, verwag haar ouers en onderwysers dat sy vanselfsprekend ballet sal kies. Haar oë gaan ook oop oor die ou op wie sy verlief is, wat eintlik maar net 'n modelmooi meisie soek vir wie voorkoms en wat ander mense van haar dink, mees belangrik is. Sy vind in Donovan 'n ware vriend wat haar toelaat om haarself te wees.
Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is die kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: 'n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen ook 'n geheim met hulle saamdra. Kan dit wees dat al die kinders op Vreesbaai deur iets afgrysliks geterroriseer word? |
![]() ![]() You may like...
The Legend Of Zola Mahobe - And The…
Don Lepati, Nikolaos Kirkinis
Paperback
![]()
Networked Music Cultures - Contemporary…
Raphael Nowak, Andrew Whelan
Hardcover
R4,890
Discovery Miles 48 900
Reliability Modelling and Analysis in…
Unnikrishnan Nair, P. G. Sankaran, …
Paperback
Yoga For Sports Performance - A Guide…
Jim Harrington
Paperback
|