Alhoewel die eerste vier boeke in die wereldbekende Kronieke van
Narnia met verloop van tyd drupsgewys en deur verskillende
uitgewers in Afrikaans vertaal is, is Protea Boekhuis se publikasie
van Die vaart van die dagbreker 'n eerste: Dis nie net die vyfde
titel in die reeks se debuut in Afrikaans nie, maar ook die eerste
van Kobus Geldenhuys se uitmuntende vertalings wat uiteindelik al
sewe boeke in die reeks onder die Protea-vaandel sal verenig. In
Die vaart van die dagbreker beland Edmund en Lucy Pevensie saam met
hulle mislike nefie Eustace Scrubb aan boord van die dagbreker –
die skip waarmee Prins Kaspian onderweg is na die eensame eilande
op soek na die sewe lords van Narnia wat jare gelede spoorloos
verdwyn het. Op die gevaarlike reis trotseer hulle allerlei
uitdagings– maar die droom om tot by Aslan se land aan die einde
van die wereld te seil bly groter as enige vrees vir die onbekende.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!